Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Oppie strand Geert - Ballito Wessel Strydom -1 hour ago
Vroeg oppie strand Geert - Ballito Geert -2 hours ago
Geert, Geert - Ballito Johann L -2 hours ago
Rona, November 2026 Johann L -2 hours ago
Reenbui Geert - Ballito Geert -3 hours ago
Turbulensie Geert - Ballito Rona du Plessis -10 hours ago

Huiskrag tydens beurtkrag

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on

Beurtkrag

Ek geniet nogal die vrede en donker tydens beurtkrag maar daar is ander oorwegings noudat ons weet beurtkrag gaan deel van ons daaglikse lewe wees vir 'n geruime tyd. 

  • Skade aan yskaste en diesmeer
  • Gebrek aan sekuriteitstelsels tydens beurtkrag
  • Gebrek aan produktiwiteit tydens beurtkrag
  • Gebrek aan noodsaaklike toerusting tydens beurtkrag
  • Ens, ens, ens...

Gelukkig is hier 'n klomp vernuftige mense op die forum, en het ek gedink ons kan mekaar bietjie raad gee oor hoe om die probleme te systap.

Wat skade aan yskaste betref het ek die toestel raak geGoogle. Weet iemand of dit doeltreffend is? Dis nie vreeslik duur nie. https://www.takealot.com….

Dan sal ek graag ook menings wil hoor oor 'n bekostigbare, betroubare kragopwekkertjie vir tuisgebruik tydens beurtkrag. Ek besef dat dit nie so eenvoudig is nie, aangesien dit afhang van wat mens alles wil dryf.

By ons is dit hoofsaaklik my vrou se twee iMac rekenaars (omtrent so 600W maksimum) sodat sy en haar assistent kan aanhou werk tydens beurtkrag. Ek kyk na 'n modelletjie soos die Ryobi 2000W Inverter generator https://www.takealot.com…

Dit moet 'n inverter generator wees aangesien dit krag moet voorsien aan rekenaars, en ek is nie lus vir 'n raserige een nie, so ek is bereid om die premie te betaal vir 'n stiller een. Nou is my vraag, moet mens die kragopwekkertjie deur jou huis se DB laat koppel of kan jy hom direk gebruik? Verder, is die model hierbo aan te beveel of is daar 'n beter opsie? (bekostigbaarheid in ag geneem).

Enige ander voorstelle of raad kan ook maar hier gegooi word. Byvoorbaat dankie.

Hieronder ook aangeheg 'n PDF vannaf Neef Herman met groter solar opsies:

Attachment Size
SYSH1800-PLUS-003.pdf 634.84 KB
Preparing for Load Shedding_0.pdf 150.09 KB
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 17/11/2022 - 07:17

Die inverter en battery is beide 5 Kw. 

Nee, ons gebruik nie die warmwatersilinder en/of stoof/oond tydens beurtkrag nie. Maar alle ander elektriese apparaat word wel gebruik. Sou ons iets wil op 'n stoofplaat wou doen, gebruik ons 'n induksiestofie of gasstofie. Ons warmwatersilinder "loop" op 'n tydskakelaar en skakel slegs vir 1 uur op 'n dag aan - 04:00 tot 05:00. Dit gee meer as genoeg warm water vir my en Ralie om soggens te stort en selfs 'n tweede stort in die aand, sou dit nodig wees.

Ralie kook water op die induksiestofie vir dinge soos skottelgoedwas. Ons het al baie aangepas wat elektrisiteitsgebruik aanbetref - toe te skryf aan beurtkrag, maar ook kragbesparing.

Gisteraand was die battery teen 20:00 volgelaai toe beurtkrag inskop. Teen 22:00, toe Eskom weer aankom, was die battery op 93%. Ek vind dit net baie geriefliker as om die generator te gaan aanskakel.

Die hele "do" het my 'n klompie geld gekos, want ek moes eers my hele DB bord vervang omdat die oue nie aan standaarde voldoen het nie. Die installeerders van die stelsel verlang 'n CoC vir die huis se elektrisiteit alvorens hul bereid is om voort te gaan met installasie, waarvoor ook 'n CoC uitgereik word.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 17/11/2022 - 09:30

.....................dit is maar die algemene tendens om gesofistikeerde batterykrag-stelsels by huishoudings te laat installeer.  Ek sien dit by talle huise in ons kompleks, by ons vriende en familie.  Ek het my ou eenvoudige stelseltjie (bladsy 1 van hierdie gesprekslyn) 8 jaar gelede teen ongeveer R6 000 ingebruik geneem en moes net die batterye 'n paar maande gelede vir die eerste keer vervang teen R4000.  Ek oorweeg dit ook om "to keep up with the Joneses" met 'n meer professionele opset, maar die koste daaraan verbonde het my vir eers daarvan laat afsien.  'n Nuwe vol outomatiese stelsel gaan my niks meer gee as wat ek nou het nie.  Al wat ek doen tydens beurtkrag en weer daarna is om twee kragproppe om te ruil na die inverter en daarna weer terug na Eskomkrag.  Sou beurtkrag tydens slaaptyd plaasvind doen ek niks nie.  My eenvoudige stelseltjie gee vir ons lig in elke vertrek in die huis, volle TV- en dekodeerder- gebruik en radio beskikbaarheid.  Ons het ook inverter-krag in my studeerkamer en my rekenaar, drukker en WiFi router werk probleemvry.  Ons het genoeg warmwater via 'n solar paneel op die dak en vir kookdoeleindes het ons 'n gasstoof.  Ons het twee yskas/vrieskaste en 'n kisvrieskas en nie een van hulle ontvries tydens 'n beurtkrag periode nie.

Ek sal maar wag met 'n meer gesofistikeerde stelsel sou my huidige een die gees gee.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/11/2022 - 11:23

Middag vriende

Ek het geen stelsel in die huis nie. Indien die krag afgaan, het ons battery-ligte. Gasstofie vir koffiewater en kos ontdooi.

Ander Brits forumlede moet my nou nie gaan "split" nie. Ons het baie selde beurtkrag. Ek vermoed dit is omdat ons op dieselfde lyn as die hospitaal is.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 17/11/2022 - 12:21

Ek vermoed dit is omdat ons op dieselfde lyn as die hospitaal is.

Wessel, ek is die selfde maar hospitale kry ook beurtkrag.  Ek het gedink by ons ook maar die hospitaal hel lankal toe gemaak.  Ek vermoed ons is op 'n "ring feed". 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 17/11/2022 - 14:17

Ek sommer gou 'n foto geneem van die netjiese werkie wat die ouens verrig het met die nuwe DB bord en inverter en battery.

Kleinmond

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/11/2022 - 15:16

Middag Chris B

Ek weet nie waarna ek kyk nie. Is daai groot swartkas heelonder, die battery?? Wat ia sy kapasiteit in Amp.hr?

Ek raai die bloukas is die Victron stelsel. 

Wat is die omsetter?

  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 17/11/2022 - 16:56

.. jy vra té tegniese vrae vir hierdie tegnologies-gestremde. Ek kan nie een van jou vrae antwoord nie. Ek vertrou maar net die ouens wat vir my die installasie gedoen het en reken ek behoort met my normale kragverbruik (ligte, TV, 3 x ys/vrieskaste, mikrogolf ens) - stoof en warmwatersilinder uitgesluit - 6 ure + se sorglose gebruik te hê.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 17/11/2022 - 17:08

Wessel ek gaan aanneem dit is 'n 52V battery.

Die sommetjie kan dus so lyk:

W = I x V

5000 wat = 52 x 96,15

Dan sal dit 'n 52V  96 ah battery wees.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 18/11/2022 - 08:20

... na aanleiding van jou vraag het ek gou die kwotasie gaan naslaan. Die inverter is:

Victron MultiPlus-II 48/5000/70-50 4000 W Inverter/charger

en die battery is: 

BN 52V-100-5.2k BP Blue Nova Back-up Power Unit

As daardie terme vir jou enigiets beteken.

Ek kan net weer bevestig dat dit nogal lekker is om nie eens te weet wanneer beurtkrag inskop nie. Gisteraand, om en by 18:25, het ek eers weer onthou dat ons beurtkrag reeds om 18:00 begin het. Ons krag was die afgelope nag weer 02:00 - 04:00 af. Gewoonlik het die wekker-radio langs die bed afgeskakel en wanneer die krag weer aankom is die tyd op die radio verlore. Ek hou nogal daarvan om in die nag te loer hoe laat dit is. My wekker-radio bly nou 24/7 aan. En die battery is vanoggend al weer volgelaai - reg vir die volgende beurtkrag-fase tussen 10:00 - 12:00 en vanaand weer van 18:00 - 20:00. Laasgenoemde is gewoonlik die tyd wat ek die "generator" sou aanskakel, want dit is ontspantyd - o.a. voor die TV. Dan is die ys/vrieskaste eers afgeskakel en eers weer aangeskakel as die "generator" se "switch over" skakelaar aangeskakel is. Dan hou ek maar die straatligte dop om te sien wanneer Eskom weer aankom ten einde die kaste eers weer af te skakel voordat ek oorskakel na Eskom. Dit blyk iets van die verlede te wees.

Ek het gister 'n addisionele kwotasie gekry vir die moontlike installasie van solarpanele. Ek kou nog 'n bietjie daaraan. Maar met Eskom se dieselbegroting wat in sy moer is en ons van vanoggend af in Fase 4 plaas - asook die donker prentjie wat vorentoe geskets word van Eskom se opwekkingsvermoeëns - wonder ek kliphard of ek nie dié "bullit" ook moet "bite" nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 18/11/2022 - 08:51

Chris julle is gelukkig daar, ons straat ligte hier werk nou al meer as 5 jaar nie meer nie. Ek het die DA lid vir ons gekontak, moes ongelukkig vir hom lag. Hy beweer dit is 'n transformater wat buite werking is, en die nuwe is glo op pad🤣🤣

Dit is twee dinge.

1. Die dag / nag skakelaars werk nie en,

2. Die lampe wat geblaas het word nie vervang nie.

Die ligte het dag en nag gebrand, dit was waar ons klagtes begin het,  en ook dood geloop het.  

Klomp imbecile onkappele spul wat net sit en in oes.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 18/11/2022 - 08:54

Ek het gister 'n addisionele kwotasie gekry vir die moontlike installasie van solarpanele.

Maak seker julle huis se dak kan die ekstra gewig dra. Maak ook seker dat die Victron ‘n hibriede inverter is wat sonkrag en 220V kan meng sodat die sonkrag nie weggegooi word nadat die battery vol gelaai is nie maar gebruik word om minder munisipale krag te koop.  

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 18/11/2022 - 09:06

Môre Chris

Nee my vriend, my verstand staan eers in eerbied stil. Die vervaardigers het 'n manier om inligting aan te bied sodat net die goed ingeligte en ervare ouens, dit verstaan.

Die belangrikste is, dit werk perfek, en jy is meer as gelukkig.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 18/11/2022 - 09:23

.... die dak sal ongetwyfeld die gewig kan dra. 8 panele sal verdeel word in 4 elk op twee onderskeie dakke wat beide noord front. Die een waarop al 8 sal pas is ongelukkig aan die oostekant 'n groot deel van die oggend in skadu gehul a.g.v. 'n hoë muur van die dubbelverdieping-gedeelte van die huis wat die vroeë deel van die oggendson afskerm. Vier panele sal dan op die westelike deel van die dak geplaas word. En die dak wat heeldag in die son is, is te klein om al 8 te akkommodeer.

Die inverter is beslis 'n hibriede een. Dit was een van die vereistes wat ek gestel het vir ingeval ek later sonpanele wil byvoeg.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 18/11/2022 - 09:57

... t.o.v. die plasing van die sonpanele - sou ek daarmee voortgaan.

Kleinmond

Dit is die agterkant (noordekant) van my huis. 4 van die panele sal op die dak (daar waar die binnebraai se skoorsteen is) kom. Ongelukkig is daar nie genoegsame spasie vir al 8 nie. Die ander 4 sal dan (meer regs) op die rooidak-gedeelte geplaas word.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 18/11/2022 - 10:23

Netjies Mnr Boucher, ek sien jy het jou huiswerk ordentlik gedoen. Daar is soveel fly-by-nights en selfs bekende elektrisiëns wat mens ‘n gat in die kop probeer praat aangaande sonkrag en inverters want almal het nou op die bandwagon gespring en maak lekker geld.
 

As jy as ‘n installeerder geregistreer is kry jy al die toerusting vir goedkoper by die verskaffer, so hulle (installeerders) maak lekker geld uit die markup en baie van hulle doen ‘n kokkelol installasie om die prys vir jou aantreklik te laat lyk, as jy dit vergelyk met wat jy sou betaal het vir die toerusting as jy direk by die verskaffers koop (want jy kry nie die afslag nie). Mens moet dis versigtig wees. 
 

Julle moet net mooi dink itv oorkapitaliseer op daardie dubbelverdieping met sy trappe wat die knieë so kou wink

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 18/11/2022 - 10:26

Die ander 4 sal dan (meer regs) op die rooidak-gedeelte geplaas word.

Gaan daardie rooi dak nie in die boom se skadu wees in die winter nie? Onthou die son sit nou naby aan sy hoogste en julle bly ver Suid. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 18/11/2022 - 10:28

Julle moet net mooi dink itv oorkapitaliseer op daardie dubbelverdieping met sy trappe wat die knieë so kou wink

... maar ek wil maar net die ongerief van "kragloosheid" gespaar bly. Hopelik hou die knieë nog vir 'n lang tyd se normale gebruik van die trappe. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus