Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Oppie strand Geert - Ballito Wessel Strydom -1 hour ago
Vroeg oppie strand Geert - Ballito Geert -2 hours ago
Geert, Geert - Ballito Johann L -2 hours ago
Rona, November 2026 Johann L -2 hours ago
Reenbui Geert - Ballito Geert -3 hours ago
Turbulensie Geert - Ballito Rona du Plessis -10 hours ago

Die Ekologie

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on

Na aanleiding van Wildehont se versoek, kopieer ek sy inset na 'n nuwe gesprek lyn,  dit kan 'n baie interesante draad propvol waardevolle inligte bevat.

Die bachelor troppe bestaan uit ramme wat oud genoeg geraak het om ‘n dominante se posisie te bedreig en uit die trop geskop is. Hulle sluit by ‘n trop met net ramme aan, waar hulle deurlopend mekaar toets deur koppe te stamp. Voor paartyd tydens die rut raak hulle bronstig en veg in alle erns om dominansie te bepaal.
 

Die dominante ram maak ‘n harem bymekaar en merk sy gebied met ‘n mishoop waar hy gereeld mis en urineer. Hy verdedig die gebied ook teen ander ramme, jaag hulle weg en paar met die ooie in sy harem. Omdat hy baie energie bestee en nie genoeg tyd kry vir wei nie, verloor hy kondisie en word vervang deur ‘n sterker ram. Die proses kan ‘n paar keer herhaal word in een paartydperk. Weereens is die beweegrede dat net die sterkste diere moet voortplant sodat die sterkste gene oorgedra word en die spesie sterk bly. 
 

Op wildplase waar ramme uitgeskiet word is die voortplantingskoers ook aansienlik hoër as in die reservate waar nie gejag word nie. Dis omdat die ramme minder hoef te baklei en meer tyd het vir paar. 

Attachment Size
Alles oor weerlig 562.44 KB
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 31/05/2022 - 12:19

Hoekom voel dit vir my of hierdie winter kouer gaan wees?  Of is dit omdat ek ouer word?

Jy is beslis nie die enigste een wat so voel nie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 21/11/2022 - 22:06

Erens, so paar jaar gelede, n foto geplaas van die vlermuiswoonstelblok hier by my groentetuin. Het dit saamgeflans met inligting van goeie webwerwe, aangepas vir hier. vir meer as twee jaar het die gestaan sonder n enkele intrekker, of dan 'squatter". Wel, daar is 12 woonstelle, en almal het intrekkers gekry!!

vlermuishuis

Behalwe dat die paal nog regop staan, kan die vlermuismis om die paal  gesien word!

MIS

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/11/2022 - 05:34

Môre neef Herman

Goed om van jou te hoor . 

Het jy enige lokaas gebruik, of wat so die rede wees.

Ek het egter die probleem om van vlermuise ontslae te raak. 'n Paar het onder ons stoep kom woning soek. Hulle kruip deur die kleinste gaatjies om te bly.

Die probleem is dat hulle soms nie hulle radar [sonar] aanskakel nie, en dan woeps is hulle in by die sitkamerdeur. Wat 'n gesukkel om hulle dan weer buite te kry. Ek het nou maar outydse motbolle op die strategiese plekkies gesit, en dit lyk of dit help.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 22/11/2022 - 07:08

Wessel nee, nie lokaas nie. Die goedjies besluit self of die blyplek reg is. As jy eendag tyd het, gaan lees so bietjie op omtrent vlermuise. Een kleintjie per jaar, ingewikkelde sosiale strukture, etc. Hulle is beskerm onder ons wet en sommiges is baie bedryg. Ongelukkig vir vlermuise is hulle klein, en nie so sigbaar soos oa Renosters nie, so onder ons mense gee nie om nie, en dus ook nie nodige beskerming nie. Soos bv motbolle in hulle blyplekke te druk Wessel!!devil As dit nie vir die paar armsaliges is wat honderde oa muskiete snags vang nie, was ons terug op DDT !! My groentetuin het min probleme met insekte, en muskiete weet ek nie van nie. Groete.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 22/11/2022 - 07:43

Ek het my huis aan die noorde- en westekant laat "clad" - m.a.w. dit lyk van daardie kante af soos die styl waarin houthuise algemeen deesdae gebou word. My huis is van klinkerstene gebou. En ten spyte van "cavity" buitemure, dryf die sterk noordwestewind in die winter die vog dwarsdeur die mure. "Cladding" aan die reënkante het daardie probleem opgelos. Die "cladding" (Nutec materiaal) word aan die mure geheg m.b.v. houtbalkies wat teen die mure vasgeheg word. Daar is dus 'n spasie van ongeveer 3 cm tussen die muur en "cladding". En die "cladding" begin aan die westekant eers sowat 40 - 50 cm van onder af.

Toe ons onlangs van Roemenië af terugkeer, het my buurman, wat na my huis omgesien het, my aandag op die "droppings" op die plaveisel gevestig. Daar is net genoeg spasie vir vlermuise om agter die "cladding" in te kruip en 'n lekker skuilplek te geniet. Ek sien hulle nie in- en uitgaan nie, maar hulle "evidence" is duidelik op die plaveisel onder die "cladding" te sien. Ek is verstom hoe laag hulle dus moet duik om in hulle skuilplek in te gaan. Ek laat hulle maar eers begaan.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/11/2022 - 08:22

Herman, nou help gou man, wat moet ek doen om my stoep 'n verkeerde blyplek vir die vlermuise te maak. Dit is nou sonder motbolletjieslaugh

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 22/11/2022 - 09:16

Kry n vlermuishuisie en sit dit erens teen n muur vas Wessel. Jy kan dit maklik self bou, internet het planne, ook te koop. Is die gaatjies wat hulle gebruik sigbaar , kan jy saans na hulle uit is ietsie instop om dit toe te maak. Die sal neef natuurlik aanbeveel nadat jy die huisie opgesit het. Jy kry sommer n klomp "punte" by die Groen Garde as jy vertel van jou vlermuishuis.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 22/11/2022 - 11:22

Ek hoor vanoggend oor die radio 'n gesprek met 'n navorsings-professor in ekologie.  Volgens hom moet die natuur eerder sprinkane bestry as die spuit met gifstowwe.  Volgens hom bestuur die natuur sprinkane onder andere deur bye en perdebye wat die sprinkane takel vir kos  -  ook die hordes sprinkane eet nou wel die gras tot op die grond af (soos beeste en skape), maar intussen bemes hulle die veld aansienlik vir die veld om weer lowergroen te herstel.  Hy is 'n voorstaander daarvan en talle karoo-boere weier reeds dat sprinkane op hulle plase bespuit word.

Ek wonder wat sê die gifkenners onder ons hiervan.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 22/11/2022 - 11:51

Die klein insekvreters verorber elke nag tot ‘n duisend muskiete. Die groter vrugte vlermuise speel ‘n belangriker rol as voëls in saadverspreiding. ‘n Voël sal in die dieselfde boom bly sit en vreet en mis, so die sade val onder die boom (wat niks help nie). Vlermuise beweeg voortdurend, so teen die tyd dat die boom se saad uitkom is dit al ver van die boom af.

Ongelukkig het die media vir vlermuise ‘n negatiewe beeld geskep. In stories is hulle altyd deel van die bose, terwyl hulle ons in werklikheid groot gunste bewys. En habitat vernietiging - veral ten opsigte van slaapplek- is een van die groot redes waarom hulle getalle afneem. Ongelukkig is die groot windmeulens wat krag opwek ook gevaarlik vir hulle. Nie omdat die lemme hulle tref nie - hulle gebruik eggolokasie (direk vertaal) en kan dit vermy. Maar die vortex wat die lemme skep laat die stomme goedjies se longe bars. Die insekvretertjies is bitter klein. Hier onder is een in my hand wat ek by Mata-Mata opgetel het. 
 

A

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 22/11/2022 - 15:16

... wie is die gifkenners onder ons? Nietemin, van sprinkaanbeheer weet ek min. Maar ek dink dit vra baie van 'n Karooboer om net toe te kyk hoe sy kosbare weiding verorber word deur swerms treksprinkane.

Die meer algemene insekdoder wat baie keer gebruik is het aan die groep sintetiese piretroïdes behoort. Dit is hoogs effektiewe middels vir insekbeheer, maar is ongelukkig nie selektief nie. M.a.w. voordelige insekte bly ook in die slag - en dit is sleg vir die ekologie.

In sommige gevalle is insek-groeireguleerders gebruik. Die maatskappy vir wie ek gewerk het, het sodanige middel vervaardig. Dit is 'n chitien-inhibeerder wat voorkom dat die sprinkaan nie kan vervel na die volgende stadium nie. Dit is noodsaaklik dat dit op die baie jong voetgangers gebruik word. Die middels is nie baie populêr nie, want die sprinkaan vrek nie dadelik nie en kan steeds bly vreet totdat dit in die volgende stadium moet ingaan.

Dié middel het meer sukses behaal in muskietbeheer waar dit in muskiete se broeiplekke toegedien word met weinig negatiewe effekte teenoor ander akwatiese organismes.

Ekself het egter nooit met hierdie middels te doen gehad nie. Ons het 'n spesifieke afdeling gehad wat hierin gespesialiseer het. Ek het 'n kollega gehad wat 'n ekspert op hierdie gebied was. Hy't dit altyd verpes om Madagaskar toe te gaan. Hulle het van tyd tot tyd groot sprinkaanprobleme. Maar hy't nooit teruggekeer sonder een of ander maagprobleem nie. Toe ek streeksbestuurder geword het vir Sub-Sahara Afrika was ek veronderstel om ook daar besoek af te lê, maar ek het altyd 'n "geldige" rede gevind om nie te gaan nie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 22/11/2022 - 22:20

Verlede jaar was hier n vreeslik swerm sprigkane oor ons area. Dit het letterlik dae aangehou. Saans het die spul gaan sit, en dan is n poging aangwend om n klompie te vergiftig. Die swerm was meer as 50km in lengte, so die beskrywing van "Farting against thunder" is seker die resultaat wat beryk was met die bakkiespuite.  Ongelukkig het die gif die koudbloediges, skilpaaie, paddas en akkedisse  ook gedood. Warmbloediges was ongedeerd.

Wat Len noem van die bemesting is waar, die swerm se mis het letterlik op die aarde gereen, dit lyk soos muis-mis korreltjies, net growwer, nie goed verteer nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 23/11/2022 - 07:49

Hy't dit altyd verpes om Madagaskar toe te gaan. Hulle het van tyd tot tyd groot sprinkaanprobleme. Maar hy't nooit teruggekeer sonder een of ander maagprobleem nie. 

Hy moes nie die paddaboutjies geëet het wat by die straatmark in Antananarivo verkoop word nie. Ek het nog iewers ‘n foto van ‘n klompie afgeslagte paddas wat oopgespalk teen ‘n stuk karton in die son lê by die mark.

Ek het net een keer tydens my twee besoeke maagwerkings gehad, en ek vermoed dis omdat ek in ‘n hotel met die kraanwater tande geborsel het.

Die kos in Madagaskar was nie besonders lekker nie, maar solank kos gaar genoeg en warm is behoort dit nie marakkas te maak nie. Daar is natuurlik uitsonderings. Ek eet bv nooit weer spinasie by ‘n restaurant nie. Dit daar gelaat.  

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 23/11/2022 - 07:53

Môre Chris

Ek eet nie spinasie nie, ook nie in my eie huis nie. Hoender is steeds bekostigbaar, al is ek afgetree.laugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 24/11/2022 - 12:03

Ek het dit dat die naam en kleur kom van die Kalahari sand wat deur die rivier vervoer word na die kus. Daar word dit deur seestrome Noord vervoer en deur golf aksie op die kus uitgespoel en mettertyd deur die wind binneland toe gewaai om deel te raak van die duine in die Namib-Naukluft Nasionale Park (wat Sossusvlei insluit).

Die proses vind al vir miljoene jare plaas, en verklaar ook waarom daar diamante in die see langs die Weskus Noord van die Oranjerivier se mond is. Die diamante kom ook uit die Kalahari (dink bv aan die ryk neerslae in die kimberlietpyp by Kimberley), en is deur die rivier vervoer see toe. Aangesien dit swaarder as sand is bly dit nie in suspensie nie en sak uit na die bodem. Daar suig hulle dit met pype saam met die sand uit op bote om dit te myn. Of hulle het, ek weet nie of daar nog genoeg oor is vir kommersiële doeleindes nie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 24/11/2022 - 13:23

Daar word nog gemyn, maat van my se seun is skipper op so boot. Nogal opvallend wat se netjiese rygoed die manne daar in Alexanderbaai se dorpie het...

Met die wat Wessel nou die dag gepraat het van die gewigtige klomp water wat by Augrabies verbyloop, het ek gaan oplees, en met n goeie vloed kan daar hier by die 4kg "sand"/m3 water wees.  Nou weet ek waar die woestyn sy sand kryyes Wat ook eienaardig is, dalk weet Chris die antwoord, is hoekom die Namib woestyn nie noord van die Kunene gaan nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 24/11/2022 - 15:16

Mens is geneig om te dink ‘n woestyn moet sanderig wees. Oor die algemeen word ‘n gebied wat minder as 250mm reën per jaar kry beskou as ‘n woestyn. Mens kry klippies woestyn, sand woestyn en selfs woestyn wat plantegroei bevat. Gewoonlik is die verdamping meer as die reënval, en gevolglik is woestyne baie droog. Daar is ook jare waarin woestyne geen reën kry nie. 
 

Die Namib woestyn strek eintlik van Suid van die Oranje in die Karoo na Noord van die Kunene in Angola. Groot gedeeltes is heeltemal sonder grond, met moeder gesteentes op die oppervlak. Soos vroeër genoem kom die sand in die Namib-Naukluft NP nie van plaaslike bronne af nie, maar meestal vanuit die Kalahari.
 

Al reën dit min tot niks in die Namib vloei twee permanente riviere daardeur (die Oranje en Kunene). Langs die riviere lyk dit uiteraard nie orals na wat ons as woestyn in ons koppe het nie. Die Namib kry ook baie vog uit mis wat van die koue Atlantiese oseaan kom, en baie organismes het aangepas om uit die mis vog te onttrek. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 24/11/2022 - 16:11

... dat jy my aandag daarop gevestig het hoe ver die Namib inderwaarheid suid en noord strek. Ek het die volgende skakel gaan naslaan - met interessante inligting.

https://en.wikipedia.org…

Terloops - dit is al op die forum verduidelik, maar hoe doen mens daai "skakel" ding, waar jy net op die blou "skakel" kan druk om na die betrokke webblad geneem te word? Verduidelik weer 'n bietjie vir die ouballie.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 24/11/2022 - 17:09

Middag Herman

Die hoeveelheid bogrond wat saam wegspoel is dan nie so erg [?] nie. Slegs 4kg in ton water.

Teen 4500m3/sek beloop dit steeds 32ton bogrond/uur. Nou klink dit weer baie, gereken teen die aantal dae wat die rivier vloei.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 24/11/2022 - 18:13

My vraag vir Chris verkeerd gestel. Daar is sandduine suid van die Kunene, maar nie Noord van die mond nie. Dit klink vir my, na wat Chris ons meedeel, So ly ek af, dat die seestrome Noord vloei van die Oranje, dus die sand duine, en dalkies het die Kunenerivier n teenwerk in op die stroom ??

Ken van die Klippieswoestyn waar van die Welwitchia groei, dit is n bitter harde wereld om te leef.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus