Die braai en geniet van boerewors is deel van kampering. Nou het ek gewonder hoe ervaar en hanteer mede-kampeerders hulle boerewors :-
- Hou jy van dik of dunner boerewors ?
- Koop jy jou b/w by dieselfde slagter/supermark ?
- Koop jy jou b/w by die huis of by jou vakansie-bestemming ?
- Het jy 'n probleem daarmee om b/w te vries voor dit gebraai word ?
- Braai jy altyd meer b/w as nodig sodat daar 'n ietsie om aan te peusel die volgende dag ?
- Wat braai jy eerste, die b/w of tjops/steaks ?
- Gebruik jy 'n toeknyp-rooster of draai jy self die wors een vir een om ?
- Verkies jy om b/w opgerol te braai of afsonderlike stukkies ?
- Verkies jy jou b/w tydens die aand se braai, die volgende oggend vir ontbyt of beide ?
- Wanneer jy kamp, braai jy altyd op vuur of soms met gas of in 'n pan ?
- Wat kos b/w per kilogram vandag by jou tuis-verskaffer ?
Dit sal nogal interessant wees om verskillende opinies waar te neem.
Hou jy van dik of dunner…
Hou jy van dik of dunner boerewors ?Dik
Koop jy jou b/w by dieselfde slagter/supermark ? Verskeie plekke.
Koop jy jou b/w by die huis of by jou vakansie-bestemming ? Waar ek wil braai
Het jy 'n probleem daarmee om b/w te vries voor dit gebraai word ?Ja enige gevriesde vleis verloor sy smaak
Braai jy altyd meer b/w as nodig sodat daar 'n ietsie om aan te peusel die volgende dag ?Gewoonlik ekstra
Wat braai jy eerste, die b/w of tjops/steaks ? Wors laaste
Gebruik jy 'n toeknyp-rooster of draai jy self die wors een vir een om ? Toeknyp rooster
Verkies jy om b/w opgerol te braai of afsonderlike stukkies ? Opgerol
Verkies jy jou b/w tydens die aand se braai, die volgende oggend vir ontbyt of beide ?Beide
Wanneer jy kamp, braai jy altyd op vuur of soms met gas of in 'n pan ?Hout vuur
Wat kos b/w per kilogram vandag by jou tuis-verskaffer ?Vanaf R100
Dit sal nogal interessant wees om verskillende opinies waar te neem.
Dis nou maar wors!!!!
ek is nie so slim met copy en paste soos Geert nie maar hier is my antwoorde;
1] ons koop net die dikker weergawe
2]altyd by dieselfde slagter
3] ons sleep al ons vleis en wors van die huis af saam. Ek moes Aprilmaand op Bonnievale bietjie aanvul, en die wors was sleg. Dit het 'n asyn smaak gehad
4] Nee wat, vleisprodukte is soms maande gevries voordat ons dit braai
5] Gewoonlik bly daar stukkie oor vir padkos of ontbyt
6] Die vleis wat ek die aand wil eet, word laaste gebraai sodat dit sappig en warm in bord beland
7] As ons kampeer, op 'n oop rooster. By die huis in 'n toeknyp rooster
8] Ek braai dit soos gekoop, opgerol, effe oopgetrek of die los stukke
9] Die gebraaide wors is meestal vir die volgende dag, of dae.
10] ek braai verkieslik oor 'n vuur, maar as dit reen sal ek die gasbraaier gebruik onder die tent
11] R110/kg
Baie interesante onderwerp…
Baie interesante onderwerp met baie siening, ek dink.
Ek eet nie graag stukken (wors / maalvleis ens) vleis nie, maar my vrou eet net wors.
- Hou jy van dik of dunner boerewors ?
Ons koop meestal die duk wors, ek is weer lief vir dun skaapwors.
- Koop jy jou b/w by dieselfde slagter/supermark ?
Ons koop by 'n plaasboer hier naby Heilbron so ver as moontlik.
- Het jy 'n probleem daarmee om b/w te vries voor dit gebraai word ?
Nee, ons vries byna altyd ons vleise, ons koop gewoonlik groot maat.
- Braai jy altyd meer b/w as nodig sodat daar 'n ietsie om aan te peusel die volgende dag ?
Vir my is gebraaide wors eers die volgende dag lekker, ek braai dus altyd ekstra
- Wat braai jy eerste, die b/w of tjops/steaks ?
Braai alles saam.
- Gebruik jy 'n toeknyp-rooster of draai jy self die wors een vir een om ?
Maak nie vir my saak nie, as ek op netjiese rooster braai, is dit oop, as die rooster verdag lyk, genruik ek my eie.
- Verkies jy om b/w opgerol te braai of afsonderlike stukkies ?
Hier verskil ek drasties van meeste, ek haat dit om met 'n masiewe stuk wors te sukkel.
- Verkies jy jou b/w tydens die aand se braai, die volgende oggend vir ontbyt of beide ?
Ons braai net saans.
- Wanneer jy kamp, braai jy altyd op vuur of soms met gas of in 'n pan ?
Ek braai omtrend net op kole vuur, maar sal die gas inspan as dit reen.
Ek het Vrydagaand die…
Ek het Vrydagaand die heerlikste boerewors rolletjie by die skool se kersfees funksie geeët! Hier in Valhalle naby ons is daar 'n hele paar plekke wat die lekkerste boerewors maak! Die mense hier is baie ernstig oor braai en 'n lekker stuk wors MOET ook op die rooster wees.
Braai lekke man
- Hou jy van dik of dunner boerewors ? DIK wors bly maar n wenner
- Koop jy jou b/w by dieselfde slagter/supermark ? Meeste van tyd vat ons wors van af ons gunsteling slaghuis saan op vakansie
- Koop jy jou b/w by die huis of by jou vakansie-bestemming ? Meeste van huis
- Het jy 'n probleem daarmee om b/w te vries voor dit gebraai word ? Nee, maar nie te lank nie
- Braai jy altyd meer b/w as nodig sodat daar 'n ietsie om aan te peusel die volgende dag ? Braai sodat daar nog oor is vir oggend ete die volgende more
- Wat braai jy eerste, die b/w of tjops/steaks ? Steaks en Tjops saam en dan die wors Gebruik jy 'n toeknyp-rooster of draai jy self die wors een vir een om ? Een vir een met tang
- Verkies jy om b/w opgerol te braai of afsonderlike stukkies ? Beide reg vir my
- Verkies jy jou b/w tydens die aand se braai, die volgende oggend vir ontbyt of beide ? Aand
- Wanneer jy kamp, braai jy altyd op vuur of soms met gas of in 'n pan ? NET VUUR
- Wat kos b/w per kilogram vandag by jou tuis-verskaffer ? Tussen R100 en R 120Ek is baie lief vir n stuk goeie boere wors waar Berdien meer n hoeder skaap tjop mens is braai bly maar deel van ons of hoe
My wors
- Hou jy van dik of dunner boerewors ? Dun
- Koop jy jou b/w by dieselfde slagter/supermark ? Joey’s wanneer ons Kaap toe gaan, andersins PnP se Grabouw worsie. Stilbaai slaghuis se wors is ook baie lekker maar ons was lanklaas daar
- Koop jy jou b/w by die huis of by jou vakansie-bestemming ? Tuis, behalwe in Stilbaai
- Het jy 'n probleem daarmee om b/w te vries voor dit gebraai word ? Glad nie. Vat dit gevries saam op vakansie ook
- Braai jy altyd meer b/w as nodig sodat daar 'n ietsie om aan te peusel die volgende dag ? Nie doelbewus nie
- Wat braai jy eerste, die b/w of tjops/steaks ? Gewoonlik eers ‘n worsie vir die kinders (en ons peusel saam)
- Gebruik jy 'n toeknyp-rooster of draai jy self die wors een vir een om ? Toeknyp
- Verkies jy om b/w opgerol te braai of afsonderlike stukkies ? Die wors wat ons koop is in ‘n spiraal. As jy hom breek verloor jy vet en raak dit droog.
- Verkies jy jou b/w tydens die aand se braai, die volgende oggend vir ontbyt of beide ? As daar iets oorbly in die wildtuin loop dit mooi tydens die volgende oggend se wildrit.
- Wanneer jy kamp, braai jy altyd op vuur of soms met gas of in 'n pan ? Vuur
- Wat kos b/w per kilogram vandag by jou tuis-verskaffer ? So R100
Praat op die vuur
Hier in Pretoria is n slaghuis wat van tyd tot tyd n boerewors bonanza hou. Hulle verkoop dan boerewors spot goedkoop. Die terugvoer van kliente op FB het my besluit om ook maar te probeer. Ek het Oktober by hulle 10kg gekoop teen R55 / kg. Die wors is vreeslik lekker om rou daaraan te proe. Op die vuur mis ek egter die vet wat altyd so "lekker praat" op die kole....die wors braai basies gaar sonder enige "ge-sis" en rook, maar is tog lekker.
Hulle het tans weer n bonanza aan, maar prys het nou opgegaan na R75/kg
Daai praat...
op die vuur is soms lastig.
Ek haat dit wanneer my vuur so 'n dooie kol het, waar die vet en water uitgedrup/spuit het. My kampbraaier is effe klein en dan verloor ek heelwat hitte.
Te warm vuur
Dis natuurlik net my mening, en ook waarom ek nie ‘n spiraal wors opbreek voor dit gaar is nie. As die vuur te warm is (of die rooster te laag) bou te veel druk in die wors op en bars dit. Dan loop al die lekker sous uit. Ek hou van sappige wors.
boerewors bonanza ...
Nou ❓
Hoekom deel jy nie met ons nie ?
Ek wil nog hier by hulle 'n draai gaan maak. Op die gesig blad praat hulle baie goed van dié plek. 🤷♂️

Impala pap !!!!
Middag al julle mede vleisvreters
Nou is ek so lus vir 'n braai, ry sommer IMPALA slaghuis toe vir 'n lekker 21 dae verouderde steak, boereword en pap daarby.
Hoe sê die spreekwoord; Impala pap sit huppel in die knuppel, of so iets![]()
Len sal nie omgee nie
Wat eet julle saam met braaivleis en boerewors.
Lekker braaipap, met tamatie/uie sous en ook natuurlik Kaapse braaibroodjie en rooiwyn!!!
Lekker braaipap en boerewors…
Lekker braaipap en boerewors is die beste - maar my mense hou mos nie van pap nie so ek sien dit baie min.
My voorkeur is..............
............wors saam met braaipap (veral krummelpap) met 'n bietjie tamatie-smoor daaroor. Dan word dit afgerond met 'n braaibroodjie (met tamatie en uie, sonder kaas - kaas maak dit te draderig).
As hierdie gereg in die middag of aand geniet word, spoel ek dit af met 'n koel (nie koud nie) glasie rooiwyn in die winter of 'n glasie yskoue witwyn in die somer of alternatiewelik, 'n lekker koue bier. En net vir die rekord, ys word NIE by wyn gevoeg NIE, dis 'n Gauteng-gebruik om wyn af te water.
Wors Braai …
- Hou jy van dik of dunner boerewors ?
Dik & Dun (vandat ek Jan Braai se wors begin gebruik het) - Koop jy jou b/w by dieselfde slagter/supermark ?
Verskillende slaghuise en paar supermarkte....sekere supermarkte vermy ek as dit by wors kom. - Koop jy jou b/w by die huis of by jou vakansie-bestemming ?
Vat gewoonlik al ons vleis saam. - Het jy 'n probleem daarmee om b/w te vries voor dit gebraai word ?
Nee, maar gewoonlik die eerste voor dit gevries word braai ek. - Braai jy altyd meer b/w as nodig sodat daar 'n ietsie om aan te peusel die volgende dag ?
Probeer net genoeg braai. - Wat braai jy eerste, die b/w of tjops/steaks ?
Steaks & Tjops, as ek hoender braai, gaan dit n ruk voor wors op. - Gebruik jy 'n toeknyp-rooster of draai jy self die wors een vir een om ?
Nee, dit is 'n Kaapse gewoonte, een vir een met tang. - Verkies jy om b/w opgerol te braai of afsonderlike stukkies ?
Probeer dit reguit maak voor ek dit vries maar as dit gerol gevries was bly dit so. - Verkies jy jou b/w tydens die aand se braai, die volgende oggend vir ontbyt of beide ?
Aand, wat oorbly is vir die volgende dag, gewoonlik vir ontbyt. - Wanneer jy kamp, braai jy altyd op vuur of soms met gas of in 'n pan ?
Altyd VUUR ! - Wat kos b/w per kilogram vandag by jou tuis-verskaffer ?
Tussen R100 en R 120
Van ek Jan Braai se wors begin gebruik het sal ek van dit oorhou (ongevries) tot die volgende braai wat Woensdag en Vrydag gewoonlik is. Sy wors word nie gevries by die plek waar dit verpak word nie en word ook so die land vol versprei.






Wors
Omdat wors so duur raak, is ons geneig om meer ander vleis te eet....soos Vark fillet is tans goedkoper as boerewors en gaan vir my beter af. Wors is altyd lekker op vuur as hy begin "praat" en die hele buurt lusmaak vir braai