Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -6 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago

Ondersteuning aan Kampforum Lede

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek begin hierdie gesprek om ondersteuning aan ons lede op te dra. 🙏

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 08/11/2022 - 16:39

Chemo vandag voltooi.

Chirurgie die 28ste Nov om blaas en dinge naby te verwyder.

Stupid dinge vir n anders " bullet proof " lyf.

Die is maar net vir almal se inligting, so moet nie daarop reageer nie asb.

En dalk gaan ek sterk genoeg wees om April Kgalagadi toe te gaan.

Groete.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 08/11/2022 - 17:48

... ek gaan nie reageer nie behalwe om te sê ek vertrou dat dinge sal goed afloop. Sterkte.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 30/11/2022 - 07:48

Wessel, baie dankie vir jou terugvoering.

Ek het gisteraand van Yvonne verneem dat die vyf en 'n half uur operasie goed afgeloop het. Die arts was heel tevrede daarna

Dra ook ons "sterkte wense" oor aan Yvonne. 🙏🏻

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 02/12/2022 - 07:47

Goeie môre vriende, weet iemand dalk hoe dit met Herman gaan na die operasie?

Ek hoop ons lees binnekort hier van homself, en dat alles goed gegaan het.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 02/12/2022 - 11:47

Middag vriende

Soos genoem die operasie was 'n sukses. 

Blykbaar het daar 'n komplikasie ingetree, en Herman moet dalk nog so 7 dae in hospitaal bly, voordat hy kan huistoe gaan. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 03/12/2022 - 09:01

Ek het vanoggend (Saterdag) met Herman gepraat.  Hy is nog in die ICU en sê dit was 'n moeilike klompie dae sedert die operasie, maar dit gaan nou al beter.  Hy is vol vertroue om vandag uit die ICU ontslaan te word en sal dan nog 'n paar dae in die hospitaal moet bly vir waarneming voor hy huis toe kan gaan.

Dis baie goeie nuus.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 07/12/2022 - 06:32

Môre almal

Ek het vergeet om te noem, Herman sou gistermiddag oorgeplaas word vanaf die ICU uit. Hy seg dat sy arts baie tevrede is met sy herstel. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 08/12/2022 - 14:46

Herman het vanoggend vir my 'n boodskap gestuur :  hy is ontslaan en oppad huis toe !  Hy is baie moeg maar baie gelukkig om te kan huis toe gaan.

Mooi Herman, ons het geweet alles gaan goed afloop.  Lekker slaap in jou eie bed vanaand.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 08/12/2022 - 14:49

Ek en Ralie dink aan jou en Yvonne. Sterkte my maat.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 08/12/2022 - 19:41

Dankie vir die terugvoering Len. 👏🏻

Die is goeie nuus neef, sterkte met die herstel by die huis.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus