Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -1 hour ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -4 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -9 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -15 hours ago

Feruarie 2023 ATKV Buffelspoort

Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem
Submitted by Josef Willem on
Forums

 So het ek toe Bufflespoort besoek en hier volg my eerlike resensie plus n ekstra inligting en vrae volgens n debat wat ek gevolg het op FB.

Met aankoms is ek gegroet deur vriendelike sekuritiet en bevestig dat ek wel bespreek het om daar te kom.

Daarna word ek verwys om in die lyn te stop en dan na ontvangs toe te gaan en finale papierwerk te kry.

.

 

 

 

 

 

.

 

 

 

Het toe vir my verduidelik waar die kamp plekke is en my staanplek gekry, darem nie te ver van die badkamers af nie, seker so 60-80 meter om te loop. Het toe kamp op geslaan en daar begin my vakansie.

.

Het toe eers lekker lunch gemaak, lekker ge eet, mense rondom my gaan ontmoet en begin gesels en lekker vriende gemaak. kamp is omtrent leeg, gesamentlik in blok A en B nie meer as tien kampeerders nie, baie rustig.

Besluit toe om n bietjie te gaan swem, heerlikheid, is dit darem vir jou n ent om te loop en nog opdraende ook maar ok ons is oppad.

.

.

.

.

.

.

.

.

.

.

So het ek toe die hele week lekker gekamp, was lekker warm gewees en eers teen donderdag begin toe trek en koud raak maar die res van SA kry koud en kry baie reen.

Sondag oggend het ek kamp op geslaan teen tien uur, om 12 uur kom n ander persoon in met n karavaan en het vooraf gereel om te hoor of hy vroeer kan inkom want hulle kom van ver af. het goedkeuring gekry, so ry hulle toe na hulle staanplek toe, staanplek A.A, en wat kty hulle? twee VX Landcruisers op hulle staanplek, eers 5 uur die middag kom verwyder die mense hulle voertuie en die mense kan nou kamp opslaan. so die storie is so, die mense het in chalets gebly en het toe die voertuie sommer op n kamp plek gaan karkeer en die res van die dag gaan geniet, de duiwel wie daar moet kamp, want hulle het R30K vir die naweek spandeer want hulle is n klomp Christene wat n kerk kamp gehad het en 5 chalets bespreek het, en jou punt is? omdat jy n kerk kamp gehad het het jy die reg om te doen net wat jy wil?

Donderdag aand trek daar n bussie in en gaan na blok D toe, vandat hulle gestop het is die lawaai verskriklik, dromme wat geslaan word, klink of die iempies oppad is tot na 11 in die aand is dit die geraas, mense begin kla en niks word omtrent die saak gedoen nie. Die ander kultuur kom weg met moord.

Vrydag middag trek daar vir jou n klomp Land cruisers, Hilux en Ford mense in, seker tien voertuie, hulle slaan kamp op so in die reen, maar hulle trek n laer rondom hulle op, n klomp jong mense, eerste bier word oop gemaak en slaan verder kamp op, vinnig, binne 30 minute is hulle almal lekker in gerig, die musiek speel, ordentlike musiek dat die hele kamp kan saam luister, van boere musiek tot golden oldies speel.

So daar is die wedersydse respek, oorkant in blok D is die dromme van die Iempies wat oppad is en dan hierdie groep jong mense, teen 7 uur in die aand word die musiek sagter gesit en hulle as groep geniet hulle self, die n geskree of lawaaierige groep nie, respekteer die om jou en hulle sal jou respekteer tipe van houding, ek haal my hoed af vir daai groep mense.

Ek sal verseker wil he dat Buffelspoort bietjie aandag moet gee aan hulle badkamers, nie die skoonste of mooiste nie, alhoewel daar toilet papier is en papier om jou hande af te droof is die badkamers vuil en het n bietjie aandag nodig, n bietjie verf sal ook goed wees.

Die opwas area is ok maar kan ook beter en as jy jou skottelgoed klaar gewas het en jy trek die prop uit dan word jou voete nat want die pype gaan af en dan word die water weg gevoer soos n tipe van n "piepie Krip" vir mans, sou eerder se koppel dit met pype op tot op die einde.

die Stort hokkies is lekker groot en jou klere bly droog terwyl jy stort, van die stort koppe kan gerus bietjie ontkalk word sodat hulle weer lekker kan spuit maar ek sal weer daar gaan stort.

Ek was teleurgesteld in die Swembaddens, die buite koue swembaddens is lou warm en nie koud nie, die warm swembad buite is warmer as die onder dakse warm swembad. daar was baie min vermaak terwyl ons geswem het of net gele en rus het. oor naweke wemel die plek met mense maar deur die week is dit lekker rustig. 

Ek wil gou hier praat oor kostes ook, ek het vir die hele week gekamp, sondag tot sondag, ek lees op n FB groep van baie baie mense kla oor dit so duur is om te kamp by die ATKV. 

Kan iemand dit vir my verduidelik asb, of ek is onnosel of my wiskunde steek my in die skande. hoe kan jy R235 per dag vergelyk vir n staanplek en ander plekke vra R130 per persoon of n fixed rate van R400-600 per nag? ek vra maar net! 

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 23/02/2023 - 15:59

Middag Josef Willem, bly om te hoor jy het dit hoofsaaklik genietyes

Ek is egter verbaas om te verneem van die ablusie blokke wat nie baie netjies en skoon was nie, ons het al BAIE daar gekamp en het net een keer nodig gehad om te gaan kla. (Ons klagte was 'n stort kop wat weg was) Ons gebruik ons eie opwas en nie die oord sin nie, dus kan ek nie daarop reageer nie.

Daar is baie mense wat kla dat ATKV duur is, maar ek dink dit is mense wat nie weet waarvan hulle praat nie, suur druiwe, of nie lede wat piek seisoen wil gaan.

Weesgerus is net-net laer geprys as ATKV Buffelspoort, mits jy lid is van die weduwee en wees fonds, of 'n pensionaris is.

Ek is nie seker of Tommie nog daar is, en die oord bestuur nie, maar hy is 'n uitstekende bestuurder en tree op as daar klagtes is, veral lawaai en dronk lappe.

Ons sal dit waardeer as jy die resensie kan invul, dit help baie om mense se sienings daar op te soek.

PS, bly om weer van jou te lees hier, jy moet nie so skaars raak nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 23/02/2023 - 16:05

Middag Josef

Ek is bly jy het jou week daar geniet. Ek was donkiejare gelede by die oord, al is dit net 40km van my af.

Ek hoop jou opbouende kritiek oor die oord, word aangespreek. Jy het mos seker die vorm ingevul en ingegee.

In Brits is ons maar te bly om elektrisiteit en water tegelyk te hê, om te kan stort. Dit het om 'n groot kopspeld in jou stortsakkie te dra, dan steek mens daai verkalkte gaatjies lekker oop. Amper los ek die "l" uit die woord verkalkte uitlaugh

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 23/02/2023 - 16:05

Wat die swembaddens betref, die eerste swembaddens as jy deur die ingang van die pret area gaan , is die koue swembaddens, die oop swembaddens tussen die onderdak en die "MC-afdak / roomys ens" area verkoop punte is medium warm. Die onderdak swembad is veronderstel om baie warm te wees, soveel so, dat ek nie graag daar swem nie.

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Thu, 23/02/2023 - 16:22

Ek het sommer die gesprek verdubbel en sommer in die resensie ook geplaas.

die swembaddens bo by die ingang is nou nie meer koud nie maar lou, die buite swembad wat langs die onderdakse swembad is is nou warmer as die onder dakse swembad, is nogals nie lekker om in so vuurwarm swembad buite te swem nie. ek sal sê die die onder dakse swembad en die koue swembaddens is die selfde temperatuur.

Moet sê, die oord het gladnie beurtkrag nie omdat hulle op die selfde lyn is as  die myn en het gladnie water probleme beleef nie, en die manne is ook nie bang om water te spuit om die kamp groen te hou nie.

Ek het die vormpie ingevul en kom ons kyk of hulle dit sal regstel. Ek het oor die algemeen lekker gekamp en sal weer gaan, volgende keer sal ek net verkies om enige staanplek te vat in blok A van nr 1-23, die ander staanplekke lyk ook lekker maar jy gaan erge middag son hê, nr 1-8 is naby aan ablusie blok en die ander is n entjie, nr 18-21 is in die hoek en dink as groep kan dit lekker wees want dit sal baie privaat wees.   

Oom Wessel, om n kopspeld te saam te vat kan werk maar die mense wat die ablusie blokke diens kan dit mos maar doen, nou moet ek daar onder n stort kop gaan staan vir 5 minute om dit skoon te maak, maar bly nog steeds n goeie idee!

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Thu, 23/02/2023 - 16:23

Die warm swembad onder die  dak is nie naastenby so warm soos Eiland sin nie, Eiland bly maar net die Rolce royce van kampe

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 23/02/2023 - 17:14

As Kapenaars het ons nog net eenkeer by Buffelspoort gekamp, en dit was einde April 2016.  Dit was heerlik en ons het geen probleme ervaar nie  -  dit was oor 'n naweek en die kamp was stampvol.  My enigste klagte was die lastige blouape.  -  ek kan nie verstaan dat oordbesture (inkluis in die wildtuine) nie 'n aap-probleem waar mense probeer ontspan, onder beheer kan kry en hou nie.

.

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 24/02/2023 - 06:24

Na aanleiding van Josef se terugvoer, wil ek graag die volgende deel van ons ondervinding daar verlede jaar  die naweek van die 15-17 Julie. Ek het hulle telefoniese geskakel en alles toe op skrif gesit. My aanlyn terugvoering ook gegee.

Tot en met vandag het nog niemand eers my gekontak of per epos geantwoord.

Die eenheid was ook 'n opgedateerde luukse eenheid.

 

Ek verwys graag na ons telefoniese gesprek vroeër en wil net die volgende onder julle aandag bring:-

Ons was bespreek in eenheid 29 hierdie naweek.

  • Daar was ‘n verskriklike reuk in die eenheid toe ons ingegaan het vrydag. Gister ontdek my vrou ‘n pan in die oond , vol vrot bloederige water.
  • Die dreinpyp by die zink was los en die braaipanne onder die pype was vol water. Ek het die pype myself weer vasgedraai.
  • Die wasbak in die badkamer se prop haak vas indien dit ingesit word. Sukkel om dit weer te “release”.
  • Die yskas vries alles, al is dit op nommer 1 gestel. Van die vrieslaaie het ons gesukkel om oop te maak.
  • Die TV en DSTV remotes werk gladnie. Ons moes die TV aanskakel op die TV self en die kanale van DSTV op die dekodeerder verander.

Met alles inaggenome hierbo, was ons verblyf wel aangenaam, aangesien dit ook gepaart gegaan het met my vrou se 60ste verjaarsdag. Ons is eintlik karavaan kampeerders maar het die naweek besluit om eerder van ‘n eenheid gebruik te maak.

Vriendelike groete

Hennie Botha

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus