Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 minutes ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -18 minutes ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago

Flop kampervarings

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek dink dit kan nogal 'n lekker onderwerp wees om vir jouself of iemand anders se kamp-floppe te lag.  Ek sal sommer hieronder begin :-

 

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 19/03/2023 - 17:56

..............ons kuier in die Wildtuin.  Hierdie kamp-trippie wil ek so gou as moontlik van vergeet en wil nooit weer 'n herhaling daarvan hê nie.

Ons eerste aand is in Maroela net buite Orpen.  Ons wou net oornag en al wat 'n battery is laai want die volgende klompie dae is ons by Balule sonder elektrisiteit.  Ons het 'n staanplekkie gekry om te oornag en die kampie is tjok-en-blok vol. 

Probleem nr. 1  :  Ek koppel gou die kragkabel aan die kampkrag, maar o weë, die krag skop aanmekaar uit (en sommer van die ander kampeerders s'n ook).  Na 'n lang gespook en met verlengde koorde na 'n ander kragpaal, selfde storie.  Ek begin soek binne-in die karavaan, vind niks fout nie en gooi toe maar tou op. Gelukkig werk ons ligte met 12V en die yskas asook vrieskassie kan ook met gas werk.  Ek wou ook seker maak dat die karavaan se battery volgelaai is sodat ons die "novers" ook by Balule kon gebruik.

Probleem nr. 2 :  Ons ry noord via Satara met ons Exclusive teerpad-wa en neem per ongeluk die S90 (40km grondpad afdraai na Balule) in plaas van 'n bietjie verder aan die S91 (5km grondpad).  Omdraai met ons wa is onmoontlik en ons moes maar deurdruk om met 'n stof-belaaide wa by Balule te arriveer.

Probleem nr. 3 :  Ons kampvriende is al daar en wag ons in.  Ek wil gou afhaak en dan met die "mover" onsself staanmaak.  Ek vergeet om die handrem vas te trek, die noodremkabel is reeds ontkoppel, en die "mover" is nog nie geaktiveer teen die bande nie.  En met die afhaak hardloop die Exclusive agteruit tot in 'n boom !  Gelukkig minimale skade.

Probleem nr.4 :  Word vervolg.................

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 19/03/2023 - 18:24

... dat ek al self 'n noemenswaardige kampflop oorgekom het nie. Ek herinner my wel aan 'n voorval in my kinderjare.

Ons het gewoonlik tydens die Desember skoolvakansie in Hermanus by Die Mond gaan kamp. Ons het met twee tente gekamp - 'n groter groene en 'n kleiner witte. Die groen tent was my ouers se slaapplek en ook kombuis. Ons kinders het in die kleiner wit tent geslaap.

Beide tente was nog die ou huis-vorm tente met 'n lang nokpaal wat op beide ente deur vertikale pale ondersteun is. Vir dié lang houtpale se vervoer was daar 'n "carrier" op die Zephyr se dak.

Een jaar, toe ons op Hernanus aankom, word daar ontdek dat ons nie die groot tent se pale op die "carrier" gesit het nie. Ons tuisdorp, Tulbagh, is nie net 'n hanetreetjie van Hernanus af nie. Maar nietemin was daar nie 'n ander keuse as om terug te ry om die pale te gaan haal nie. Ons was eers donkeraand terug op Hermanus.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 19/03/2023 - 18:26

Probleem nr. 4 : Ek was nog eintlik in 'n herstelfase na 'n onlangse buik-operasie.  Ons het nog nie ons tentafdak opgeslaan nie en ek staan binne die Exclusive se deur en betrag die mooie Wildtuin daarbuite.  Skielik word ek flou en val voor-oor na buite tot op die grond  -  gelukkig was 'n stoel en grondnette al in posisie.  My kamppêl storm nader,  ek kom na 'n rukkie by en hy help my tot op die stoel.

Probleem nr.5 :  Net voor storttyd kom die kampie-opsigter om mee te deel dat die ablusie nie warmwater het nie omdat die gas gedaan is.  Geen probleem nie, ek het mos 'n kontrêpsie aanmekaar gesit sodat die Exclusive gas-warmwater kan hê (Ons model s'n het net 'n elekriese geyser).  My kamppêl operate die mobiele gas-geysertjie aan die buitekant en ek spring onder die stort in.  Heerlike warmwater en ek het lekker gestort.  Met die uitklim sien ek die vloer buite die badkamer is onder water. Na ondersoek kom ons agter dat die elektriese

geyser wat ek met 'n kraan aan die uitloopkant afgesluit (om nie koue water in die sisteem in te stoot nie) tot gevolg gehad het dat die waterdruk daarbinne opgebou het en die geyser het op 'n naat gebars. (Ek moes eerder die kraan aan die toevoerkant geplaas het dan kon die druk in die geyser nie opgebou het nie).  Ons moes toe maar die geyser uithaal en het vir die res van ons kamp geen warnwater gehad nie, ook daar waar daar wel krag was !  So lyk my gas-"megafter" geyser :

.

 

 

Probleem nr. 6 : Ons volgende kamp is Letaba en nog steeds skop ons krag die kamp-krag af. Ek en my pêl begin toe deur middel van eliminasie elke g

kragpunt toets en heellaas spoor ons die probleem op !  Kan jy glo, die kragkabel na my skootrekenaar veroorsaak 'n kortsluiting en daar is die probleem toe opgelos !

Ons is toe na Shingwedzi en het sonder enige voorval lekker gekamp.

Probleem nr 7 : Ons is toe na Punda waar ons gesukkel het om staanplek te kry.  Sonder dat ons dit weet, het ons toe op 'n klipbank gereed gemaak om kamp op te slaan.  My elktriese boor kon nie hond-haaraf maak om 'n tentpen in te kry nie.  Uiteindelik het dakspykers die ding gedoen. So lyk ons staanplek op die klipbank  -  g'n wonder dit was die enigste oop, beskikbare staanplekke :

.  En toe kom die blouape, hordes van hulle  -  regte peste.  Ons was uit vir 'n wildkyk en met die terukom sien ons die resultaat van die blouape se kaperjolle op ons tent tot die bure hulle verjaag het :-

.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 19/03/2023 - 19:01

En ek het gedink probleme kom in 3e.  Sewe agter mekaar is darem teespoed op sy beste, sal my na drank dryf.

Ek het een keer baie jare gelede nie die kragprop uitgetrek nadat afgehaak is nie....Nooit weer dieselfde fout herhaal nie.....

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 19/03/2023 - 19:59

Naand vriende

Wees tog versigtig met afhak en effense afdraende na agter. 

So sleep ek in op Balule, kry effe ongelyk staanplek, maar dis mos teen die draad, dus is dit prima. Trek eers wa op die wig met die bakkie, en begin afhak, trek handrem op en klippe agter wiele. 

Met die dat hak loskom, loop die wa agteruit en trek daai kabel snaarstyf. Geen speling om af te haal nie. Nou tel ek die wa se hak op met die neuswiel, sodat bakkie se bal onderin kan gaan. Nou met 'n handrat en koppelaar moet ek terugstoot sonder om te stamp, net om kabel te ontspan. Wel, ek het dit reggekry, maar paar struike het gevrek van my geswets..

Tot groot verleentheid die volgende;

staan in Satara, en ontmoet Chris B die eerste keer. So kom hy help die oggend met my aanhak om te vertrek. Teen die tyd het my hand-slinger neuswiel se draad ge-"strip" en wil nie die wa optel nie. Slim Jan het mos 'n elektriese neuswiel ook, so ek sit dit in. Nou wil ek met die elektriese neuswiel die wa nader bring tot oor die hak. Wil nie werk nie, wiel draai net in grond en wa staan stil. Dom Strydom het nooit die wa se handrem laat skiet nie. Ek hoop maar tot vandag toe dat Chris B nie my blaps gesien het of onthou nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 20/03/2023 - 06:10

Môre vriende

Ek het in 1995 my eerste wa nuut gekoop, 'n Fleetline XL. Met ons 2de vakansie gaan ons wildtuin toe, saam met vriende. 

So kom ons in Skukuza aan, en tipies met van 'n gesin met klein kindertjies, wil mammie so naby moontlik aan die ablusieblok wees. Ek wil so 'n mooi wye draai maak om my staan te kry. Ek haal aan, en begin om 'n links draai te maak, en ek hoor 'n onderaardse geluid. Klim uit, en wat sien ek, ek het my splinternuwe Fleetline se regterkant teen 'n braaier oopgesny. 

Soos die kar gestaan het met die draaislag, kon ek nie die braaier in die regter spieel sien nie. Die skottelskaar sny deur die dun buitewand, deur die isolasie tot teen die binnekant se hout. Seker 'n snit van omtrent 'n meter.

Daardie dag het ek geleer dat almal uitklim, almal help kyk terwyl ek die wa regtrek/stoot op 'n staanplek. Mens moet sekermaak waar elke boom, paaltjie, braaier, kraan en gevaar is.  

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 20/03/2023 - 11:00

My seun vertel die volgende storie. 'n Klompie jare gelede koop hy en sy vrou hul eerste karavaan, 'n mooi opgepaste Sprite Super Sport.  Sy vrees was die agteruit stoot met die karavaan en hulle het 'n afspraak gahad om saam met twee gesinvriende te gaan kamp. Beide vriende kon baie goed agteruit stoot met 'n karavaan en hy wou nie afsteek nie. 'n Paar naweke vroeër oefen hy gereeld sy agteruit stoot vernuf totdat hy voel hy sal nie vir sy vriende terugstaan nie.  By die kampterrein aangekom wou sy vriende weet of hulle vir hom die Super Sport in plek kan terugstoot, maar nee sê hy dis sommer kinderspeletjies, hy kan dit self doen.  Hy bekyk toe die staanplek met plaveisel vir die tent en moet toe agteruitstoot in die vorm van 'n L.  Hy ry eers 'n entjie vorentoe en beweeg toe agteruit na links en parkeer perfek langs die plaveiblok.  Hy klim selftevrede uit, maar o weë,  die karavaandeur is aan die verkeerde kant, nie by die plaveiblok nie !

Sy vriende spot hom tot vandag toe.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 20/03/2023 - 11:25

Ek was laasjaar genooi om n naweek by n oord gratis by te woon....met paar ander verpligtinge. Dit was nice van oord, maar toe ek agteruit stoot, ry ek in n boom vas....skade toe amper R7000. So die "gratis" naweek het toe n duur naweek uitgedraai.

Waar ek lekker bollie gevoel het was by Dolphin. Ek het pas my nuwe movers op my vorige karavaan gesit. Ek en my kampbure het nog gesels die vorige nag oor die gerief daarvan. Die volgende oggend toe ons vertrek, wou ek so bietjie brag met die movers, want daar staan toe 3 ouens wat wou sien hoe mover werk....ek parkeer ekstra ver weg dat ek verder met mover moet ry. Maar die movers sukkel.....karavaan wil nie draai nie, ouens help my toe om aann trekhaak te trek net om karavaan dwars te kry. Toe hy eers dwars is met hengse gesukkel wil hy skaars voorentoe. Weereens span die manne hul kragte in om die karavaan vorentoe te kry tot op haak. Toe ek die karavaan gehaak het, kom ek agter dat handrem al die pad nog op is. Dis eintlik so n eenvoudige fout wat ek gemaak het, maar ek het so stupid gevoel 

0
Lyttelton

Hein

Mon, 20/03/2023 - 13:13

Idee was om gou die wa uit te sleep Ronwil toe by Warmbad, so gesê so gedaan, daar aangekom,alleen, trek in op staanplek wat ietwat van 'n helling het en het kombinasie ook na links gedraai en gestop.Tel woonwa( Sunway) met neuswiel op(trek nie handrem op) maar wa kom nie los van kar se hak agv die steiltetjie,klim in die kar en sit hom in trurat(outomaties) en raai wat, wa kom los en begin pad vat, ek spring uit en hardloop wa in,trek handrem op  en toe is die kar op my,ek spring oor die disselboom en kar loop langs die disselboom af tot binne in voorste sitbank. Kar(270 cdi MB) lig kapoet,buffer gekrap en wa nie meer waterdig en het klein deurtjie aan voorkant

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 20/03/2023 - 13:30

......ek sien al in my gedagtes hoe jy rondhardloop en spring om die twee bewegende goed tot stilstand te bring !

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 20/03/2023 - 15:29

....aan die bal??? Nou moet die tegniese manne help hiermee.

Ek lees Hein se verhaal, en besef dat ek ook menigmaal sukkel om die 2 van mekaar los te kry. As alles blykbaar nie redelik inlyn is nie, sukkel ek ook. 

Wat moet mens doen, die wa se klou heen en weer draai, terwyl mens die wa lig met die neuswiel, OF moet die wa of die voertuig vorentoe en agtertoe "gewikkel word.

Soms is dit so erg dat ek bakkie saam met wa oplig. 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 20/03/2023 - 17:22

Ons kamp in Salt Rock op die onderste terras en dit is die eerste keer dat ek die movers gebruik. Hak die wa af en gebruik die movers om die wa op sy plek te kry. Teen hierdie tyd was die bank aan die bokant vol mense wat na die gedoente kyk. 

Mooi klaar en wil die tent inryg toe ek agterkom dat die deur aan die verkeerde kant is. Met rooi gesig en Elmarie wat nie kan ophou lag nie die wa omgedraai.  Toe  sê een van agies nogal dankie vir die "entertainment".

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 20/03/2023 - 17:24

Net so gesukkel by my , dit voel asof dit om de vrek nie gaan loskom nie. Lig die gatkant van die kar net so hoog soos n Toyota HiLux sin op, maar niks gebeur nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 20/03/2023 - 19:39

Naand vriend

Nou het ek gehoop jy sal met 'n logiese praktiese oplossing vorendag kom. 

Ek wonder of die tong in die klou vasbyt onder die ring [gleuf], keep in die bal se onderkant. Ek is net bekommerd dat mens 'n neuswiel se draad kan opfoeter met daai gewig se optel.  

Ek het al oorweeg om bietjie ghries/vaseline aan te smeer. laugh

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 20/03/2023 - 20:21

Die haak is geneig om aan die bal te klou as die wa na agtertoe neig terwyl die sleepvoertuig stilstaan.  Met die agtertoe trek van die wa (presies soos in Hein se geval, afdraande effens na agter), haak die voorste lip van die haak onder aan die tekstang-bal vas.  As die sleepvoertuig 'n rapsie agtertoe beweeg word met die karavaan handrem opgetrek, sal die kop loskom van die bal.

Ek het die gebruik om 'n rapsie motorfiets ketting-olie (in 'n spuitkannetjie) in die hak te spuit voor ons iewers heen vertrek. (Hierdie olie vergader nie stof nie).

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 21/03/2023 - 06:55

....maar ketting-olie aan my bal spuit. laugh

Dankie Len, jy's reg dit gebeur altyd wanneer die wa agtertoe wil neig. Dit sal makliker wees om Grompie effe terug te trek, as om wa met die hand vorentoe te trek.

Dalk moet ek 2 handvatsels agter aan Grompie monteer, dan kan Marie die neuswiel slinger draai en ek kan die bakkie rondpluk. Wel, sy kan die swaarste takie doen van die tweelaugh  

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 21/03/2023 - 09:53

Dankie Len vir die reghelp. ek wou nog vra of dit klere vlek.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 22/03/2023 - 14:48

Dit gebeur as die wa se sleepstang (dis nou die deel wat vorentoe en agtertoe kan beweeg en die rem aktiveer wanneer dit agtertoe beweeg) tot heel voor uitgetrek is. Dan haak die koppelstuk van die wa se vroulike gedeelte aan die onderkant van die sleepvoertuig se bal (toevallig die manlike gedeelte in die geval) vas en kan nie daarvan afgly nie. Die vashaak vind aan die voorkant (sleepvoertuig se kant) van die bal plaas. 
 

As die wa se sleepstang nie al die pad vorentoe uitgetrek is nie, kan mens die effense beweging daarvan vorentoe waarneem soos wat jy die neuswiel se slinger draai en die koppelstuk oplig. Onthou, as jy die wa se koppelstuk se handvatsel optrek om dit te ontsluit, trek jy die gedeelte wat dit ontsluit op aan die agterkant van die bal. Dis waar die gedeelte is wat oplig - binne aan die agterkant van die vroulike gedeelte op die wa se koppelstuk. Al wat dit dan kan vashou is as die wa se koppelstuk nie vorentoe kan beweeg om van die bal af los te kom nie. 
 

Dit gebeur gewoonlik as die laaste beweging om jou wa in plek te kry op die staanplek vorentoe was, en die staanplek nie skuins genoeg is om jou wa effens te laat vorentoe loop nie. Mens ry mos nie dan vinnig genoeg dat die stilhou die wa se sleepstang terugdruk nie. Stoot dus maar bietjie terug, sommer met ‘n klip agter die wa se wiel om dit in plek te hou waar jy dit staan gemaak het (myne se handrem werk nie agtertoe nie - ons het al daardie debat gehad op die forum). Dan haak die wa maklik en glad af sonder om die bal te bespuit. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus