Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.
Nee wat, ...
... ek bly weg van sulke "events" tensy ek soek na iets spesifieks. Andersins kom ek net in die versoeking om iets te koop wat ek nie regtig nodig het nie.
Ek kom buitendien genoeg in Grabouw. Gister die kleinseun geneem om te gaan stem. Vanoggend na my jarelange GP in Grabouw vir my jaarlikse bloedtoetse en volgende Dinsdag weer Grabouw toe vir kleinseun se leerlinglisensie-toets. O ja, en dan volgende Saterdag of Sondag die kleinkinders huistoe neem as pa en ma terug is vanaf Hentiesbaai.
Skoondogter het gister 'n steenbras van 10.1 kg gevang - die manne bietjie ore aangesit.

Hentiesbaai se visse
Daar vang jy maar alles van die strand af. Vir steenbras gebruik jy spesifieke aas. Hulle is baie lief vir sandkrap, maar hierdie een is op tjokka gevang. Ek droom nog daarvan om 'n groot steenbras by Henties te vang. As ek genoemde tipe aas ingooi, met die hoop vir steenbras, vang ek gewoonlik net haaie. Aanvanklik is jy baie opgewonde as die "ding" daar voor vat en jou laat bontstaan om jou lyn styf te hou. Maar as hy na 'n tydjie begin noordwaarts swem, in die rigting van Angola, kan jy amper 100% seker wees dit is 'n sloephaai (spotted gully shark) sommer kortweg genoem 'n "spotty". Hulle gee jou gewoonlik 'n hengse "fight" tot sommer in die vlak water - wat natuurlik hierdie ouman gewoonlik heeltemal "pê" maak. So 'n groot steenbras (soos die een op die foto) vat aanvanklik baie lyn soos wat hy diepsee toe mik. Maar hulle raak gouer moeg en gee later amper heeltemal oor - totdat hy in die vlakwater kom. Dan wil hy weer omdraai, maar teen daardie tyd is een van jou mede-hengelaars reeds gereed om hom te "gaff".
My skoondogter het oor die jare gewys dat sy 'n gerekende hengelaar is. Maar as ek so luister na hulle sukses tans, klink dit nie of dit heeltemal goed gaan met die visvangery nie.
olie prys vandag
Die impak van Demokrate se wen in VSA het goeie effek alreeds op olie prys gehad. Huidige prys vir 'n vat Brent ru-olie is ongeveer $96.
Dalk kan Rona solank haar Kaapse rit begin beplan.
Chris B
jislaaik sy trek groot visse....
Ek luister na Beegees, baie lief vir hulle. Alhoevwel hulle Chris B en oom Len en oom Wessel se era is....
Dont shed a tear on me that is not your style. Ek moet nou saterdag n begrafnis bywoon......My pa wat baie vroeg in my lewe oorlede is. Na 50 jaar verlang ek na hom as ek na my klein kinders kyk. Sy suster is oorlede. Maar ek gaan. Ten spyte dat ons van die onderdorp was. (in hulle taal) Ek wil graag my pa se broers sien.
Lekker aand almal.
My toer is op R37 per liter gepeg. Budget. Onthou accountants budget tot die sent. So die prys daal dan is daar meer vir Nederburg se Baronne.....
Grabouw buitelug skou
Wesel, ek mag dalk gaan, maar ek gaan n Amarok toets bestuur. Say no more....
Dromme
Sienende dat ons in gewone geasprek is. Behalwe as ek sou Country krieket gespeel het n Engeland, sou my volgende beroep n drommer gewees het.
Onthou my ma was musiek onderwyser gewees. Ek bekyk na die verskillende drummers en het agter gekom hule bepaal die ritme en spoed.....
En almal of meestal van hulle, van Phil Collins, Ring Starr, Fleetwood Mac, Larry Mullen (U2), Bryon (bee gees). Hulle het n besondere talent gehad. Hulle linkerhand kon dieselfde doen as regter hand. Interesant ne.
Wessel jy sal die biologiese naam meer verduidelik as ek. BIO...
Slaap al die ou toppies na die stemmery
Slaap al die ou toppies na die stemmery
Goeie hout...
....Amarok toetsbestuur!!! Maak net seker dis nie die met die "wet belt" nie. Ranger en Amarok het vir 'n goeie rede van masjiene verander.
Ekskuus, gaan jy 'n nuwe koop???






Grabouw buitelug skou
Dis die naweek weer die buitelug skou in Grabouw, woonwaens, tente , 4x4's en alles tussen-in.
Chris B, gaan loer gerus daar rond, die nuwe ECHO Kuiseb boswa word ook geskou.
Die dag toe ek my wa gaan haal by ECHO, nadat movers opgesit is, wys hulle my die wa. Moenie in aaklige kleur vaskyk nie, mens kan dit ook in ander kry.
Bederf jouself, jy het mos 'n 4x4 bakkie.