Meesgeliefde en ek het gisteraand 'n kussingkongres gehou en laat en diep gesels. Ons is afgetree en gaan die B&B ding doen ipv kamp. Op plekke waar daar nie akkommodasie is nie, sal ons iewers 'n boswa of 'n teardroppie gaan huur vir die paar dae.
Ons is die pionierstipe wat sou kan afgetree lewe in 'n teardroppie of selfs in 'n wizz tentjie, sonder drama. Mens pas mos aan. So vra mense my hoekom juis 'n teardrop. En ek dink Vaganbond, EdgeOut en Jetstream maak oulike goedjies. 'n Warm, droe bed en deure wat kan sluit, dakke wat nie lek nie d=want dis monocoque gebou. Reg onder aan Maslow se driehoekie staan hulle ingeteken. Iemand laat weet, NEE, daar moet sitplek wees binne. Hoekom? As ek wou binne wees, het ek in my woonstelletjie gebly 32 trappies bokant straatvlak, soos 'n mossie in 'n nessie. As ek kamp, leef ek buite en sy ook. Ons maak vuur bite vir hitte, kuier en kos. Ons het in die drie jaar van woonwalewe net een keer 'n vangsel elwe in die gasoond gaargemaak, baie lekker, ek sal dit altyd onthou. En van 1963 af, toe dit nuut was, tot en met vandag, is daar net een keer kosgemaak binne die Gypsey, en dit net uit nuuskierigheid. Want ons het 'n gasoond met vrier branders ook, van Ariston. So, hoekom binne jou slaapkammer gaan kosmaak? En baie groot twent laat maak, twee meter wyere as die normale en daar was seker so dertig vierkante meter vloerspasie daarin. Klerekas, groot staanyskas, die voormelde stoof, satelliet TV, mikrogolf, elektriese ketel, en dies meer. Maar koffie is gemaak met pitefluit op die kole, net in die ergste stormweer is die elktriese ketel gebruik.
Ons leef nie in die tent of die woonwa nie. Ons braai wors vandag en eet worstelpot more. Dis as daar baie wors oorgebly het, dan gooi jy wortelwieltjies daarby, braai eers ui in die worsvet, en so 'n handvol rosyne en daar prut die worstelpot. wors+wortel-worstel. Of ons maak boontjiebredie met boeliebief en spar se groenbone, as daar nie vars is by die oopmarkie nie. Ek sit en praat myself lus vir nog 'n week of sewe se kamp iewers.
Maar dit gaan nie binne wees nie. Het gisteraand na sleeppaleise gaan kyk; dit was soos forumlede voorgestel het, Enkulu 4, UEV25, Gecko Extreme, Okapi, en ander, grander goete. Mens kan 'n hele paleis saamsleep, kompleet met 'n toring, inwondende spook en 'n vuurblaasdraak. Maar dis nie vir ons nie.
Ons is die soort wat fyn tafel dek vir kerrie-eiers op toast, of wat kristalglasies gebruik by sardyne op roosterbrood, of wat 'n noenmaal kan maak uit ou brood en worsvet. We aren't computer people; we don't complicate things.
'n Warm bed agter 'n toe deur - dis al wat ek nodig het vanaf 60 - 95+. Die paleisdraak en inwonende spook moet maar elders gaan uitkamp.
Ek het geen kommentaar nie.................
..................want my aanbevelings sal nie pas by Rusty se uitkyk op die lewe nie.
Al wat ek wel kan sê is, Rusty geniet wat jy en jou vrou ook al wil doen op julle gekose manier.
Rusty doen so
Wat julle gelukkig maak doen voort en bly saam gesels hier oppie forum![]()
My soort mense
Rusty en sy vrou klink na my soort mense. Ek sal (en het baie in my dae voor gesin) buite slaap onder ‘n muskietnet waar daar malaria is en sonder een waar daar nie is nie. Salomien het nie grootgeword met reis nie, maar dit gou leer geniet saam met my. Ons eerste toer saam was juis Kgalagadi toe waar ons sommer agter in my Colt Trailbuster se kappie geslaap het - droog en met ‘n klap wat kan toemaak. Daar was gaas met velcro voor die vensters geplak om die muskiete uit te hou. Ons was eers by Witsand anderkant Olifantshoek, toe Twee Rivieren, Mata Mata, Nossob en Mabuasehube.
Ek het verlede week by Nossob so traandruppel wa gesien met lekker 15” wiele. Dis ‘n oulike konsep, en ek is seker dit sleep baie lekker. Terwyl ek met ‘n gesin kampeer pas die Kavango my egter soos ‘n handskoen. Dit is groot genoeg om in regop te staan en aantrek, slaap lekker en ons het verlede week vir 6 aande sonder enige 220V gestaan en heeltyd koue bier, warm water vir was, ligte en gevriesde vleis gehad.
Ek sien op Gumtree daar is iemand in Durbanville wat hulle Conqueror Commander uithuur vir R1000/dag. Ons vriende het een geleen vir ons pas afgelope toer, en dis ‘n netjiese, stewige wa. Die voorste bed is net nie vir lang mense gemaak nie.
Wildehont, het julle dalk by…
Wildehont, het julle dalk by Nata oorgestaan Desember 1996?7?8?. Flaminke gaan kyk ?Daar was n jong couple wat agter in n bakkie gekamp het, en die dubbelbedmatras was beslis die belangrikste item.
Strikvraag oppas
Môre Chris S
Moet liewer nie op forum antwoord nie!!!![]()
Boomslaap
Op 'n dag op die skougronde op die dwarstak van 'n plataanboom geslaap. Die beste was nog agter die waterval, in die spelonkie, skuins onder die Thomas-hut daar by Worcester. Kyk op GoogleMaps.
Nodat ek ouer en herhaaldelik beroertebeseer is, wil ons nie leeus in die kleinhuisie verdra nie en dus is Mabuasehube of Polentswa buite die kwessie. Nie eens met 'n leeuseil aan nie. Mens kom op 'n punt waar ongerief okay is, maar veiligheid eerste. Kgalagadi se leeus is te beneuk vir hierdie shumba.
Ek hoor van lekker kampeerplekkies by Rawsonville en Robertson. Die soort plek waar jy jou slaapsak langs die Smalblaar of die Holsloot neergooi en sterretjies kyk.
Steenbokkie buite Beaufort, oorkant die vliegveld, was lekker. Daar het zebra, springbok, takbok en wildebees sommer kom kennis maak. Paradys met woestyn annerkant die draad.
Smilin Thru by Parys was net so lekker vir 'n kampie maak. Ons was op soveel plekke van Agulhas tot Alldays, St Lucia tot Nigramoep, Letaba Ranch tot Simonstad.
Mens kan ons landjie tog so waardeer, veral as jy diff locks het om uit die slaggate agter die Boerworsgordyn te kom. Moenie met low profiles stad toe gaan nie. Jy kan goed oorkom.
Ons het baie slange ervaar, veraal wyfie boomslange (hulle is bruin) en adders van elke soort. Een het saam met ons in die Gypsie gewoon vir drie jaar, snags die skottelgoed laat rinkel. Ons kon die ding net nooit betrap en uitsettingsbevel bedien nie.
Nata
Wildehont, het julle dalk by Nata oorgestaan Desember 1996?7?8?. Flaminke gaan kyk ?
Ek pleit onskuldig (vir daardie tydperk). Ons was met die Colt Mabuasehube, Savuti, Sentraal-Kalahari, Chobe en Vic valle toe (nie alles op een toer nie) maar nooit by Nata nie. Toe ek toere gedoen het in Botswana van begin Oktober 98 tot einde Januarie 99 was Nata lodge ons basis tussen toere. Op die eerste dag van ‘n twee-week toer het ons na die flaminke gaan kyk by Nata Sanctuary. Een dag het ek lelik daar vasgeval. Dit het ure se grawe en takke aandra gekos om weer uit te kom. Ek moes ook die modder met ‘n stok tussen die groewe op die bande se loopvlak uitgrawe om bietjie vastrap te bewerkstellig.





Rusty...
Môre Rusty
Dit klink my of julle kussingkonferensie tot 'n goeie besluit gekom het.
Dit is nou om NIE 'n nuwe sleeppaleis aan te skaf nie. As die kamplus egter te groot raak, soek 'n goeie gebruikte teerpadwa, sonder die luukses. Daar is legio beskikbaar wat vir jou 'n warm bed agter soliede mure gaan gee..
Al gaan julle nie kampeer nie, hou gerus aan gesels op die forum