Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -15 minutes ago
Sjoe November 2026 Johann L -29 minutes ago
Sjoe November 2026 Geert -34 minutes ago
Nee wat, ... November 2026 Chris Boucher -56 minutes ago
ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -2 hours ago
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago

April - Algemene gesels

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Ek begin hierdie onderwerp ten einde 'n foto te plaas van ons forum se eie Neil Diamond - ala Servaas Verster. Maurits het my gevra om die foto namens hom te plaas. Hy kan self verder kommentaar lewer. Servaas is links op die foto. Ek ken hom en sy beter helfte, Martie, vanaf hulle Nedbank, Kleinmond-dae.

Servaas

Brits

Wessel Strydom

Fri, 14/04/2023 - 16:17

Middag Chris B

Ek het nou eers my splinternuwe B-stone gaan meet. Iets is baie vreemd, myne meet ook 8mm en het nog gladnie geloop nie, dis 'n nuwe spaarwiel.

Dan het jy baie goed gedoen met 35000kilo's sonder enige afloop van jou bande. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 14/04/2023 - 16:57

As Toyota die Dunlop as standaard toerusting op sy voertuie sit, dan glo ek nie ek het rede om te glo dat dit om ondeurdagte redes gedoen word nie. Myns insiens het hulle getoets wat werk vir die voertuig tov bepalende faktore ie padhouvermoe  tov voertuig gewig.?? Terloops, my oorspronklike Dunlops het van Japan gekom.

So vinnig werk dit uit dat ek dan huidiglik25 sent per kilometer aan bande spandeer met die Dunlops. Bokkerol in die groter prentjie.

Ja, ek het al BF Goodridge op n Disco 3 laat sit, en die padgeraas was effe rof na my smaak. Natuurlik baie macho gelyk.

Jy kan n paar Indiese bande koop wat 100 000km doen op jou bakkie, en dalk nog goedkoper as die res. Dit is nou waneer lewensduur die belangrikste besluit is omtrent tipe band.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 14/04/2023 - 17:35

Tog insiggewend hoe ooreenkomste tussen bandeverskaffers en voertuie oor jare verander. 

Toyota het lank met Bridgestones uit fabriek gekom. Nou blykbaar weer Dunlop's, Grompie het ook verlede jaar Maart met dit uit fabriek gekom.

Jetta's het vir lange jare met Continentalls uit fabriek gekom.

Ek stem saam met Herman, moenie jou bekommer oor Dunlops nie. Ek sal dit egter nie koop nie, maar ook verniet op 'n skinkbord aanvaar. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 14/04/2023 - 18:08

Ja Wessel....

Wat ek moet herhaal, en het dit al voorheen genoem. As ek by my hek uitry, is dit draaie, en reguit stukke pad is skaars. So leer mens aan om heelwat vinniger as die Gautenger in die draaierige en bergpasse te leef. Toe ek nog jonk en vinnig was, en net naweke plaas toe gekom het, het was , die slegste  20 000 op n stel Michelin bande.  Firestones het so 30 00km gedoen, die standaard op Mitsubishi Colt 2,8 . Het jaarliks sowat 100 000km afgele, en elke jaar die bakkie vervang. Landrovers met Continentals sowat 50 000, maar Landys is stadig oor die algemeen en moet netjies om die draaie gevat word vir regop bly.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 14/04/2023 - 20:00

Ek het tans die derde stel Suid-Afrikaans-vervaardigde Dunlop Endura bande op my Exclusive en oor 17 jaar se sleep nog nooit 'n pap band gehad nie.  Dit is die tipe bande waarmee my Exclusive uit die fabriek gekom het en ek het dit net weens ouderdom vervang - loopvlak het nog soos nuut gelyk.

My Mercedes (en ook my vorige Mercedesse) het uit Duitsland hier aangekom met Perelli bande waaroor ek geensins opgewonde kan raak nie.  Ek vervang dit onmiddellik met Dunlop Max bande, billik geprys, dwarsdeur die hele land beskikbaar en wat my aanbetref, baie betroubaar.

Op my Pathfinder het ek gedink ek doen die regte ding en het 5 Cooper bande teen 'n helse koste aangeskaf.  Baie teleurgesteld en wat my aanbetref, nie waarde vir geld nie.  Twee van die bande het vinnige afgeloop en ek moes dit vervang. TygerWheel & Tyres het vir my Hankooks teen 'n spesiale prys aangebied wat die beste by die oorblywende twee Coopers gepas het.

Terwyl ons in Zimbabwe gewoon het, het ek Dunlop Trakgrip bande op my Nissan Sani SUV gebruik en eweneens op hulle vrot paaie, nooit 'n pap band gehad nie.

Die feit dat Dunlop plaaslik vervaardig word sonder om die band-profiele vir jare aaneen nie noemenswaardig verander nie, dat dit oral beskikbaar is en dat dit baie billik geprys is, maak dit vir my 'n aantreklike kopie.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 14/04/2023 - 20:08

.... nou waar presies is die draaierige bergpaaie, waar jy so windmaker esse gooi. Ek dog jy is op die grond Swartbergpas pad.

Moenie bekommer, ek wil nie GPS koordinate hê nie, sodat ons nie almal gelyk daar sal opdaag nie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 14/04/2023 - 21:31

Indien n passer op ons huis gedruk word. en jy skaal 50km radius op jou kaart, dan word n sirkel getrek deur Oudtshoorn, De Rust, Calitzdorp en Prince Albert.  Die paaie in al die rigtings is effe anders as tussen Pretoria en Bronhorstspruit. As ons "stad" toe gaan, maw George, sowat 100km, is dit eerste standaard 50km draaie en dan die 50km met die Oteniqua pas in. Gaan ons Knysna toe, is Kaaimanspas, en Kaytersnek verder by sowat 160km.  Waneer ons die agterpaaie  vat, is daar 7 passe tussen George en Knysna, en tyssen ons en George die Montague pas, ook nog, behalwe die normale 50km draaie. Hoop dit sit lig op die pad Wessel !

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 15/04/2023 - 06:59

Môre Herman

...stuur vir spioenering. Dalk is my kaart en joune se afstande/skale verskillend, maar dit lyk of jy daar in omgewing van Grootkraal en Matjiesrivier bly.

Het jy onlangs Montagupas gery??

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 15/04/2023 - 10:03

Dit is interessant om te sien watter plekke binne 'n 50 km radius van Neef se huis val. Dit het my laat dink om iets soortgelyks te doen om te sien watter plekke val binne 'n 50 km radius vanaf Kleinmond. Ek doen toe Neef se "passertoets" met 'n padkaart. Ek het vermoed dat plekke soos Hermanus, Gansbaai, Caledon, Grabouw en Somerset-Wes/Strand sal binne so 'n 50 km radius val. Maar 'n mens misgis jou met sommige plekke omdat padlangs en soos die kraai vlieg, nogal kan verskil. Só is ek verbaas om te sien dat selfs Franschhoek en Stellenbosch binne 'n 50 km radius van my af is. En synde Neef nou 'n klompie bergpasse noem wat binne sy 50 km radius val, het ek ook daarna gekyk. Weliswaar beskik my 50 km radius nie oor sulke skouspelagtige passe soos wat Neef daar by hom noem nie - maar as ek sou besluit ek het lus om passe te gaan ry, kan ek ook 'n hele klompie hier by ons insluit op 'n roetekaart. Ek noem n paar:

  • Shaw's Pas - deur die Hemel-en-Aardevallei tussen Hermanus en Caledon
  • Houwhoek- en Sir Lowry'spas op die N2 tussen Botrivier en Somerset-Wes
  • Highlandspas tussen Kleinmond en Grabouw (gruispad)
  • Clarence Drive tussen Rooi-els en Gordonsbaai - seker een van die mooiste kuspaaie
  • Viljoenspas tussen Grabouw en Villiersdorp
  • Van der Stelpas tussen Botrivier en die Vyeboomvallei (gruispad)
  • Franschhoekpas tussen die Theewaterskloofdam en Franschhoek
  • Helshoogte tussen Stellenbosch en Franschhoek

Van die Wes-Kaap se grootste opgaardamme val ook binne my 50 km radius, naamlik beide Steenbrasdamme, die Bergrivierdam asook die Theewaterskloofdam.

M.a.w. mooi wêreld om te verken - en fantastiese wynplase om te besoek. En dan wil ek elke keer ver ry om te gaan kuier en vakansie hou. Ek is mos simpel man. Dis tyd dat ek 'n ordentlike plaaslike toertjie onderneem.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 15/04/2023 - 10:09

Wonder wat gaan ek kry in daai radius ?  Beslis meer karavaan parke as by julle. 😉🤫🤔

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 15/04/2023 - 11:14

Jy praat reg Chris. Ons dreig al jare om so lekker wynplaas toer doen, en heelwat wynproe en lekker eet in te pas. Ek sal nou nie in Calitzdorp vashaak nie, daar is drie uitstekende plase, Wessel se kennise, maar bietjie wyer gaan. Verlede jaar het ons by die suidelikste wynplaas is SA  Strandveld aangedoen, en het hulle lekker wyn. Label se "First sigting"

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 15/04/2023 - 12:21

Geert, "copy" die boodskap, dan klik jy op die aanhaal teken links van die gesiggie "emotion"

Hoe haal mens iemand se skrywe aan soos voorbeeld?

Hou vir jou 'n nuwe skoon lyn onder dit oop as jy op jou foon of tablet is.  Klik in die aanhaal area en "paste" die boodskap dan daar in.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 15/04/2023 - 12:43

Ek sukkel ook Willem.

Hou vir jou 'n nuwe skoon lyn onder dit oop as jy op jou foon of tablet is.  Klik in die aanhaal area en "paste" die boodskap dan daar in.

Dankie vir die tutorial, hoop ek onthou nousad

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 15/04/2023 - 12:53

Middag Chris B

Soos jy tereg noem, Clarence Drive is baie mooi.

Net so is Helshoogte-pas 'n riller op die beste van dae. Dit was my koshuis gedurende my studiejare.

Buite jou 50km radius is daar nog Baineskloof pas ook, tussen Wellington en Wolseley. Lekker ene vir Shaun om te ry met sy toer.

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 15/04/2023 - 12:57

Geert, "copy" die boodskap, dan klik jy op die aanhaal teken links van die gesiggie "emotion"

 

Hoe haal mens iemand se skrywe aan soos voorbeeld?

Hou vir jou 'n nuwe skoon lyn onder dit oop as jy op jou foon of tablet is.  Klik in die aanhaal area en "paste" die boodskap dan daar in.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 15/04/2023 - 16:05

Ek loop gister 'n ou skoolmaat van my raak by Supa Quick toe my mahala nuwe Dunlops opgesit word. Hy woon ook in Kleinmond, maar die plek waar ons mekaar die meeste gesien het die afgelope paar jaar, was in Tsendze waar hy gereeld op staanplek 25 kamp met sy tent. Hy noem toe dat hy ook sy Honda CRV na Supa Quick wil bring vir 'n "check-up" voordat hy eerskomende Donderdag die pad wildtuin toe vat. Hy en sy vrou ry jaarliks met sy kar wildtuin toe en kamp baie basies net met hulle tent, 'n klein opvoutafeltjie, twee stoele en twee kampbeddens. Maroela, Tsendze en Punda is altyd op hul reisplan van ongeveer 3 weke in die wildtuin.

Ek begin toe dink - waarom gooi ek nie ook ons Howling Moon boogtent, 'n gazebo, tafel en stoele, afblaasmatras en die basiese benodigdhede in en vat die pad wildtuin toe nie (karavaanloos). Ons het dit al drie keer gedoen - die eerste keer 'n week in Satara, 'n paar jaar later 'n week in Shingwedzi en die laaste keer 'n week in Berg-&-Dal. En dit was elke keer vrek-lekker. En dit klink my mammie ontvang die idee goed om só wildtuin toe te gaan - hopelik vir sowat 3 weke (dalk 'n week elk in 3 kampe). Oorslaap heen en terug sal dan in Lekkeslaap-plekke wees. Skielik sien ek ook uit na 1 Junie om plek te bespreek vir Mei 2024.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 15/04/2023 - 17:52

laugh Ou grapgat. Dit sal beslis met die Hilux wees. Die ou Honda'tjie het darem te min pakplek om genoegsame kampgoedjies saam te piekel. En dis darem te veel van 'n ou plat karretjie om in die wildtuin rond te ry. En die klein wieletjies sal nie heeltemal deug op die gruispaaie nie. Maar dat ons minder brandstof sou gebruik is nie altemit nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 15/04/2023 - 19:02

Naand  vriend

Nou begin daai brein weer reg werk. 

Hou asb 'n ordentlike kussingkonferensie [ontleen aan Rusty], en dink nou net aan die onontbeerlike gemak van die ou lady. 

As dit veilig is om tot in willetuin te ry, is dit net so veilig om met woonwa ook te kom. 

Onthou as hoof van die huis, het jy die veto stem. Ek gebruik myne soms op lang afstand uit die garage uitlaugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus