Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -1 hour ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -4 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -9 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -15 hours ago

Forever Resorts

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Ek het my seun (en vriende) se besprekings vir die komende winter-skoolvakansie hanteer. Ek is verbaas om te sien hoedat die tariewe verskil by die onderskeie oorde van Forever Resorts. Ek het gedink dat die Laeveld oorde, weens die populariteit van die Laeveld in die winter, heelwat duurder sal wees as ander oorde in dié dele van die land wat kouer is in die winter en waarskynlik nie so populêr nie. Maar dit blyk dit is andersom.

Hulle slaap op 23 Junie oor by Forever Gariep. 'n Gewone staanplek sou R520 kos. Dit is verstaanbaar dat die sogenaamde "luukse staanplekke" meer kos, naamlik R860.

Die volgende aand slaap hulle oor by Forever Loskop. Dit kos vir 4 persone R560.

Op 4 Julie, wanneer hulle uit die wildtuin vertrek, staan hulle vir 1 aand by Forever Swadini. Aanvanklik het Forever vereis dat hulle vir minstens 2 aande moet bespreek. Maar nadat ek verduidelik het dat hulle net die een aand beskikbaar het tussen hulle wildtuin- en Eiland Spa-vakansiebesprekings, was hulle tegemoetkomend om net 1 aand se bespreking te aanvaar. Maar dit is waar my verbasing inkom. Swadini se tarief is slegs R250 vir die nag.

Hulle aanvanklike gedagte was om by Phalaborwa uit te gaan indien hulle vir 3 Julie kon plek kry by Satara - tans is hulle by Skukuza bespreek en beplan om by Orpen uit te gaan. En Forever Phalaborwa sou slegs R390 gekos het vir 4 persone (in die winter-skoolvakansie!).

Soos reeds gesê is ek verbaas dat die twee Laeveld oorde se tariewe soveel goedkoper is as Gariep en Loskop. Ek dink dat R250 per nag (vir 4 persone) is 'n "bargain" vir Swadini ('n lieflike oord).

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 19/04/2023 - 17:10

Wat vir my ook baie aangenaam is van Forever, is hulle bespreking en kanselasie stelsel. Ons het laasjaar voor ons by wildtuin ingegaan het, eers oorgestaan by Forever Blyde rivier en toe daarna by Forever Phalaborwa. Eers kon ek nie plek kry by Phalaborwa nie....toe bespreek ek 4x nagte by Blyde Rivier. 10 dae voor die tyd, kry ek n kanselasie by Phalaborwa. Vra toe vir Blyde om 4dae te verminder na 3 dae en geld oor te plaas na Phalaborwa. Met vriendelike diens het hulle dit so gedoen. Toe kry ek nog n addsionele dag in Letaba en vra Blyde 2 dae voor aankoms of ons die dae van 3 na 2 kan verminder. Weereens geen probleem nie, maar hulle het gevra of ek die krediet daar by hulle wil spandeer hetsy in die winkel of in hul restaurant.....ons het krediet op ons brekfis in hul restaurant gebruik. Lekker om met hulle besigheid te doen

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 19/04/2023 - 20:26

Ons wou ook al Swadini toe gaan maar wow dis regtig goedkoop Chris en dis mooi wereld daar nie te ver van Phalaborwa , Tzaneen af nie

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/04/2023 - 06:24

...Forever Oorde.

Ons het nog net gekampeer by Gariep, Swadini en PBorwa. Gaan nou weer voor die hek slaap by laasgenoemde.

Goeie diens ervaar. Die aand van 29Mei kos R175 vir ons staanplek, seker maar met pensioenaris afslag ingewerk. Ek voel soos sommige regerings amptenare, effens krimineel.

Ek vermoed Badplaas se ligging en tipe dagbesoekers maak dit minder aangenaam. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 20/04/2023 - 07:03

Klink my daar was 'n omeswaai in Forever oorde?

Ons was lede van die destydse Aventura en het wonderlike ervarings gehad, veral by Badplaas en Swadini, vroeër ook by Warmbad. 

Iewers in 2019 het ek navraag gedoen by Warmbad vir staanplek, die kwotasie was meer as R1000.00 per nag buite seisoen vir ons twee. So jammer ek het dit delete en nooit weer by Forever navraag gedoen nie.

Die prys was per staanplek en dan bo op nog per persoon, wat vir my belaglik was.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/04/2023 - 07:13

Môre vriende

Ek vermoed die verskil in tariewe is 'n funksie van gewildheid. Die Laeveld oorde, wat sukkel om besoekers te trek, bied dan die laer tariewe aan. Onthou Swadini en P.Borwa is vêr van die Rand, en word seker maar min besoek in buite seisoen tye. 

Gariep trek baie oorslaap besoekers in skoolvakansies, en is oorvol in Desember. Loskop se ligging naby Gauteng maak dit uiters gewild.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 20/04/2023 - 10:53

Toe Chris Boucher die gesprekslyn begin en ek dit lees besef ek met ‘n skok dat ons oor net meer as twee maande vertrek op ons toer Kruger wildtuin toe. Ek het gaan kyk na Forever Phalaborwa vir die aand voor ons Shingwedzi toe ry. Ongelukkig is dit nie vir ons ‘n opsie om oppad iewers heen vir net een aand in die Kavango te slaap nie. Dit kos te veel uitpak en terugpak. Dis nou maar die nadeel van ‘n boswa; dis nie soos ‘n Exclusive wat jy aan jou sleepvoertuig gehaak los en as jy inklim is die bed klaar opgemaak so jy borsel net tande in die Exclusive se badkamer en gaan slaap nie. Die vaste verblyf by Forever Phalaborwa is taamlik duur vir ons vier.

Ek het dus op Lekkerslaap gaan kyk, en wag vir terugvoer vanaf ‘n gastehuis wat sommer naby die Phalaborwa SPAR is. Terwyl ek hier tik kom ‘n SMS van Lekkeslaap af deur wat bevestig dat Kambro anderkant Britstown vir ons plek het vir die eerste aand van ons toer. Daarna sal ons twee aande by die skoonouers in Potchefstroom deurbring voor ons Phalaborwa toe ry vir een aand voor ons Shingwedzi toe gaan vir ses, en dan Tsendze vir vyf.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 20/04/2023 - 11:07

Man, ek kry sommer so 'n kriewel in my agterent. Ek lief Kambro. Ons het ook nog nooit daar gekamp nie, maar verskeie kere reeds in hulle huisies oorgebly. Skitterend! El weet nie of Wilma dit steeds doen nie, maar die ou vars tuisgebakte broodjie wat jy by aankoms ontvang was altyd lekker.

Hier by ons reën dit tans lekker. Terwyl ek net-nou so voor die kombuisvenster staan en kyk na die berg agter ons huis, sê ek vir Ralie dat ek sien uit na ons rit met die N2 na Groot Brak oor 2 weke. Maar my hart trek met 'n punt om Karoo toe te ry. Wel - ons is eersdaags daar ook. Maar ek is baie gek oor die stuk N1 vanaf Hexriviervallei tot Drie Susters. Ons gaan darem Karoo beleef in die Bergkwaggapark en Karoo Nas Park en dan die N1 vanaf Beaufort terugvat huistoe.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 20/04/2023 - 11:46

Ons het verlede jaar ook daar gebly en ek bespreek met ‘n geruste hart weer. Ons het egter nie ‘n broodjie gekry nie. angry
 

Smaak my ons gaan mekaar net mis in Grootbrak. Ons ry 27 April daarheen vir ‘n troue en kom 1 Mei weer terug. Ons Lekkeslaap egter, en gaan nie kampeer nie. As ek reg onthou gaan julle Ebb & Flow toe en ry dus net verby Grootbrak?

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 20/04/2023 - 12:16

.... ons sou aanvanklik op 7 Mei Ebb & Flow toe vertrek, maar ry nou op 4 Mei reeds tot in Groot Brak waar ons 'n woonstel huur vir 3 aande.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 24/04/2023 - 07:59

Wil die Smalle rerig nog 'n broodjie ontvang 

Gelukkig is my buise geknip en omgesoom, so ons gaan niks in die oond sit nie.  

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 28/04/2023 - 07:34

Weer fotos gesien van Swadini nou wonder ek hoe sal die weer daar Maart , April , Mei wees 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 28/04/2023 - 07:53

Koos Mol (wat voorheen aan die forum deelgeneem het) het my vertel hoedat die stormsterk wind soms in daardie kloof kan afkom en byna alles voor hom platvee.

My seun gaan kamp toe (nadat Koos my dit vertel het) eenkeer tydens die winter-skoolvakansie by Swadini toe hy nie by Eiland Spa kon plek kry nie. Daar aangekom, het sy kampbuurman (wat 'n lankstaner was) hom gewaarsku om sodanig op te slaan sodat hy voorbereid is indien hulle wel die stormsterk wind beleef - wat geblyk het goeie raad te wees.

My skoondogter het vertel dat dit klink soos 'n trein wat in die kloof aankom voordat die wind jou tref. Hulle het maar, weereens op aanbeveling van die buurmaan, skadunet-omheinings en alles wat kan wegwaai vooraf weggepak toe hulle die dreuning in die kloof hoor.

Toe ek 'n paar dae terug vir hulle plek bespreek het vir die een nag nadat hulle uit die wildtuin gekom het, het my seun dadelik gesê dat hy hoop nie dit is die een aand waartydens Swadini se berugte wind waai nie.

Dit gebeur klaarblyklik maar sporadies, maar dit klink my as dit die slag gebeur is dit maar rof.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 28/04/2023 - 08:55

Môre vriende

Genadiglik was ons dit nog elke keer gespaar. Ons was oor die jare al 'n paar keer daar, en het dit nog nooit beleef nie.

Ek wonder nou, kom die wind van die damwal se kant af, en hoe staan mens om die skade te beperk??

Shaun: Kyk op YR weer en Accuweather vir langtermyn vooruit voorspellings. 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 28/04/2023 - 09:08

Ons was as ek reg is 2022 laas daar maar sien nou dat Swadini regtig mooi is ook gehoor by kollegas wat daar was en die Swadini ding binne my wakker gemaak het die wind regtig sterk kan waai as hy deurkom 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 28/04/2023 - 09:24

Ons gaan van maandag wat kom in Shutdown in by werk ,sal 12 ure werk gaan kyk voor ons Eiland toe gaan dalk n naweek draai maak by Swadini ek waardeur Wessel vir headsup met Accuweather 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus