Ek begin hierdie onderwerp ten einde 'n foto te plaas van ons forum se eie Neil Diamond - ala Servaas Verster. Maurits het my gevra om die foto namens hom te plaas. Hy kan self verder kommentaar lewer. Servaas is links op die foto. Ek ken hom en sy beter helfte, Martie, vanaf hulle Nedbank, Kleinmond-dae.

Brits is droog
Môre vriende
Die ouens wat wil kampeer moet oorweeg om na Btits omgewing uit te wyk. Dit lyk volgens die voorspellings of dit dalk eers na die langnaweek kan reën hier.
Maksimum temoerature steeds warm, bokant 28C die hele week.
Ongesond klink lekkerder as gesond
Ek lees graag soggens die aanhaling van een of ander bekende in my dagblad, Die Burger. Vanoggend s'n is 'n aanhaling van Mark Twain: Al manier om gesond te bly is om te eet wat jy nie wil nie, drink waarvan jy nie hou nie en doen wat jy eerder nie wil nie.
Hoor jou ChrisB maar die…
Hoor jou ChrisB maar die lewe is darem te kort om so vervelig te oorleef!
Ek stem ....
.... Grootwind. Dit is hoekom my opskrif lees dat ongesond lekkerder klink (of liewer 'is') as gesond.
Nuwe regering liedjie...
Volgens 'n inset in die Daily Maverick is die volgende glo 'n gewildr liedjie wat hulle neurie;
Let's fight again,
like we did last summer.....
Laaang naweek
Môre vriende
Niemand raas nie, dus is almal seker besig om voor te berei om die naweek te gaan kampeer.
Ons bly by die huis, besig om stoom op te bou vir Kruger toer einde Mei.
Rustig tuis
Ons is ook rustig tuis en gaan nêrens die langnaweek nie. Toe ek nog werkend was het ons graag oor die tydperk (27 Apr - 1 Mei) gaan kamp in Karoo Nas Park.
Ek is so stadigaan besig om my goedjies bymekaar te sit vir ons kort toertjie wat (DV) volgende Donderdag begin. Intussen wag daar nog my jaarlikse mediese "check-up" môre en dan wil ons sommer gaan boerewors koop by Joey's in die Strand. My worsvoorraad loop laag en verskeie pakkies (wat ek "vacuum") moet saamgaan op ons toertjie. Ek is lekker vol strooi as dit kom by boerewors. 'n Ander een wat ek ook met vrymoedigheid gekoop het, was Oranje Slagtery in Porterville se boerewors - maar ek kom nie meer daar sedert ek afgetree is nie.
Grootbrak
Ek raak nou al moeg vir die N2. Ons was die Maart langnaweek by Jongensfontein, minder as twee weke gelede in Hartenbos, en ons ry DV oormôre Grootbrak toe tot Maandag. Die keer bly die Prado en Kavango tuis, en ry ons sommer met die RAV.
Ons bly in ‘n Lekkeslaap naby De Dekke, en gaan Vrydag na ‘n troue toe by De Vette Mossel. Nadat ek so koud gekry het by Hartenbos voorverlede naweek, is ek nie hartseer om die Kavango tuis te los die komende naweek nie. Soos Wessel voel oor warm kry voel ek oor koud kry. Ek raak sommer huilerig in die winter.
Jy laat my dink ...
Soos Wessel voel oor warm kry voel ek oor koud kry. Ek raak sommer huilerig in die winter.
... aan 'n hele klompie jare gelede toe ons nog vir die volle wintervakansie (mid 90's) Eiland Spa toe gegaan het. Aldam was nogal redelik gereeld een van ons oorstaanplekke. En o donkie - daar word dit darem waaragtig koud in die winter.
Een jaar, toe ons terugkeer (m.a.w. in Julie) staan ons weer daar oor. Voor slaaptyd gaan ons toe stort om o.a. lekker warm te word. Ek het 'n lekker warm stort gehad. Maar daar was fout aan die dameskant met geen warm water nie. Ralie maak toe die fout en trek heeltemal uit alvorens sy die warm kraan oopdraai. Sy staan daar in haar Evas-gewaad en bibber terwyl sy wag vir die warm water, wat toe nooit warm word nie. Toe ek by die karavaan kom, tref ek 'n huilende, bibberende vrou aan. Ek moes noodgedwonge vinnig 'n plan maak. Gelukkig was die oord maar leeg en ek het gaan wagstaan by die manskant sodat sy gou 'n lekker warm stort daar kon neem.
Laat my nou dink, baie…
Laat my nou dink, baie loodgieters ken nie die regulasies nie, links is warm, regs is koud. Self al baie moes wag dat die "warm" kraan se water moes warm word, net om agter te kom die ou wat die werk gedoen het weet nie van die regulasie nie.![]()
Dieselfde kleur krane
Middag Johann
Net so raak ek sommer skuins befoeterd as ek twee krane met dieselfde kleurkode in 'n stort sien, dan weet ek dit gaan ruk vat om warm kraan te kry.
Meestal in oorde se ablusies is die regulasie elkgeval nie gevolg nie.
"warm" kraan ...
My huis sin is andersom, regs is warm.
which is an international standard. Hot Left, Cold Right.
"The Age Old Question" skakel.
“Hot tap should always be on the left so blind people know. Although in some homes parents prefer it on the right if it’s the furthest away from the edge of the bath in order to prevent young children reaching it.”
And…
“Hot tap should be the tap furthest away so a child can’t reach it and turn on.”
There’s that kid issue again, although I’m still not really sure if it’s actually an issue or people just assume it will be.
“On the LEFT – which is an international standard. Hot Left, Cold Right. (That’s not politics!) I believe this is in building practices regulations.”
Is it an international standard? I decided to look into this and what I found harks back to a couple of hundred years ago.
Why Is the Hot Water On the Left? - It’s All About History!
Apparently the position of the taps dates back to the 19th century when indoor plumbing was first introduced. Water was brought into the home by way of hand pump, and that obviously only supplied cold water. Since the vast majority of people tend to be right handed it made sense for the pump to be placed on the right hand side of the sink. So, when hot water was introduced, the logical conclusion about where to put this new tap was simply on the opposite side of the cold water tap – the left!
So, the common sense answer is that the hot tap is on the left because people are mostly right handed and the cold tap is used the most often. Or is it? That’s another article altogether!
👋🏻 Môre sê, geniet jou ☕🫖
Vandag opvolg by die Kardioloog voor hy oorsee gaan. Hy wil my dien voor einde Mei se op.
Hierdie voertuig sal mooi werk hier by ons ?
Warm / koue krane
Ek dink in net 1% van gevalle waar ons openbare ablusies gebruik het of by hotelle/gastehuise/selfsorg-kamers is die warmkraan aan die regterkant en nie aan die linkerkant nie. Ek glo nie dit is 'n wetlike reël nie, maar bloot net 'n aanvaarde gebruik van loodgieters om die warmkraan of die "mixer" links te koppel. Al die huise wat ek besit / besit het is so gekoppel.
Dit is 'n loodgieters…
Dit is 'n loodgieters regulasie dat warm links moet kom, net soos wat dit 'n elektriese regulasie is dat die lewende draad links moet kom.
Die rede vir elektriese regulasie is om die die voer / lewendige draad af te skakel dmv skakelaars en gevaar van skok ens te minimaliseer.
Die reel is rooi regs en blou links op 'n prop, (as jy die prop bedraad is die prop om gedraai) sodra jy die prop om draai, gaan die rooi na links in die muur prop in.
Ek stem nie...............
..............saam met Johann nie dat dit 'n loodgieters "regulasie" is nie. Sover ek weet het elke munisipale owerheid sekere neergelegde regulasies waaraan voldoen moet word, maar dit kan nie deur wetgewing afgedwing word nie. Dis miskien deel van elke munisipaliteit se bou-regulasies, maar ek twyfel. "Wetgewing" geld vir die hele land.
Maar ek is nie 'n kenner nie en dit sal interessant wees as iemand in die konstruksiebedryf soos Neef Herman, ons kan adviseer wat die korrekte standpunt is.
Daar is nie so "regulasie…
Daar is nie so "regulasie nie Johann. Ek was vir donkie jare in die bouberyf, en het met menigte klerk van werke, argitekte, bouinspekteurs etc selfs op staatskontrakte gewerk, en nog nooit het enige van hulle n probleem daarmee gehad nie. In die dae toe pypwerk nog 22 en 15mm gegalvaniseerd was, was dit regtig onmoontlikom die altyd te kon doen, Met die pype was n " cross over nie moontlik nie. Onthou die pype word in die steenwerk ingesny, en as jy n badkamer of kombuisuitleg het , dan eindig jy op met so hier en daar n omgekeerde opset. Die dae se krane het darem n duidelike rooi of blou merk gehad. Elke kraan het nogal in sy sakkien blou en roou merk spaar bygehad, net vir ingeval.
Met die koms van mengers was dit n ander storie, en daar moet die pypwerk met koud die menger regs ingaan, jy kan nie die merkers op meeste mengers verander nie. Gelukkig teen die tyd is met koper gewerk, en om te "cross over" kon jy so ietsie in die pyp buig. Ek sien deesdae word Pex pyp gebruik , vra ek die loodgieter, hoe lank hou dit, en hy antwoord gewaarborg vir 10 jaar.... in my lewe sal ek nie waterpype inbou wat net 10 jaar gewaarborg is.
Krane links of regs.
Middag almal, dit is vir my maar dieselfde as ,, moet die toilet papier se punt voor oor die rolletjie hang of moet hy agter hang,, . Ek glo ook nie daar is n spesifieke regulasie wat sê hoe dit moet wees nie , anders as met elektisiteit , wat n heelwat gevaarliker situasie is.
Toilet papier...
moet verkieslik vorentoe hang, vir raakvat.
Mense met katte in die huis hang dit andersom, kat se kind kan dit dan nie afrol nie.





Maandagoggend 06:15
Goeie môre vrinne ! Ek sukkel al vanaf 04:30 om verder te slaap en die rede : dit reën nog steeds heerlik hier by ons in die Kaap en ek het nie nog leë watertenks beskikbaar om hierdie kosbare voggies op te vang nie. Ek het ongelukkig nie nog plek om verdere tenks staan te maak nie. Dis nog donker hier by ons en ek kan nie sê hoeveel reën het nog geval nie.
Gisteraand se weervoorspelling het gesê groot reën lê vandag voor vir die Kaapstad Metropool.
Gegewe die gesukkel om te slaap het het ek pas Die Burger dwarsdeur gelees - nie veel nuus nie, behalwe verslagdoening oor die verskeie floppies van ons regerende party die afgelope klompie dae.