Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -51 minutes ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -59 minutes ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago

Mei Algemene gesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Môre vriende

Die nuwe maand het blykbaar almal onverhoeds oorrompel. Die ervare en kundige "ouderlinge" is so besig dat die junior outjie nou maar die gespreklyn open.

Laat loop asb. met insette en saam gesels.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 04/05/2023 - 10:49

Na aanleiding van Len se opmerking oor roetines, en hoe syne verskil van Chris B s'n, gooi ek ook my 2c in die armbeurs.

Ons probeer ook hard om vorige aand alles gepak te kry, maar o griet, as ek sien, is daar maar altyd so 'n hoop laaste minuut inlaai goete. Meestal kussings, en dames tassies.

Daar is nie tyd dan vir klets, en deelname aan forumgesprekke nie. Dis raakvat, pak, alles sluit aan wa, en hak. Niks jaag ons werklik nie, maar as ons vêr wil sleep, so 500km, dan wil ek graag so 8h00 wegkom. Dan net die wa se bande pomp by garage, en in die pad val. 

As ons by kompleks uit is, stop ek om seker te maak die wa is ordentlik gehak, en handrem af. Draai dan ook water na my huisie toe vir gemoedsrus.

Elke bleddie snaaksie geluidjie die 1ste halfuur pla my, en dan begin ek ontspan.

 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 04/05/2023 - 11:18

 

" Elke bleddie snaaksie geluidjie die 1ste halfuur pla my, en dan begin ek ontspan"

Na jare se sleep met verskillende waens bly daardie eerste uur maar vir my ongemaklik. Natuurlik is die pad tussen Durban en Pietermaritzburg ook 'n groot bydrae veral met al die padwerke om meer lane te maak.

Met die hoeveelheid van swaar vragmotors op die pad en die betonmure aan elke kant is dit maar vasknyp om tot by Pietermaritzburg te kom en kan dan eers begin om te ontspan. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 04/05/2023 - 11:19

Ons roetine is eenvoudig. Ek pak alles wat my verantwoordelikheid is klaar, en dan wag ek vir die res van die gesin om klaar te kry. Hoe langer hulle vat, hoe warmer raak ek onder die kraag, maar ek het geleer om stil te bly. Ek gee altyd vir Salomien ‘n beplande vertrek tyd van ‘n halfuur vroeër as wat ek eintlik wil ry. Dan hoop ek maar ons kom ‘n halfuur later weg as wat ek eintlik wou. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 04/05/2023 - 14:59

Image

Image

Vanaf MSN - Rangers het foto geneem in KNP waar besoekers mooi fotos van leeu sighting wil neem

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 04/05/2023 - 16:03

Ons gaan môre vir ons los mikrogolfoond 'n gestoffeerde sak laat maak. Ons ry so 'n kleinerige oond saam, en die word onder die agterste bed gebêre.

Tot hede het ons dit in sy oorspronklike boks gekarwei, maar dis tyd vir iets beter. Ek sal foto neem sodra ons dit gekry het.

Die oond het 'n baie voortreflike kamp kenmerk. As daar nie 220V is nie, moet ek braailaugh

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 04/05/2023 - 17:04

Hoe langer hulle vat, hoe warmer raak ek onder die kraag, maar ek het geleer om stil te bly.

Klink bekend...laugh

Ek bly ook maar deesdae stil, want ek het n paar kampe terug ook ongeduldig begin raak en toe die een daarna was hulle betyds en toe moes hulle vir my n uur wag

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 05/05/2023 - 08:15

Hier het gisteraan 'n lekker 10mm ⛈ geval. 👍🏻🙏🏻  Hulle voorspel al die hele week 30% kans vir reën.

Geniet julle naweek en braai, die wat weg van die huis is geniet dit voluut. 🏕🔥🥃🥩

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 05/05/2023 - 08:17

Daai eerste klompie km bly maar 'n ding. soos Jan sê, elke geluid wat "anders" is laat mens se komkommerspier saamtrek. Na die "blow-out" van 'n band op die Fleetline tussen Warden en Harrismith op die N3 'n klompie jare terug is ek nog meer sensitief. Die aankoop van 'n banddruk stelsel het darem effe meer gemoedsrus gegee met die wat ek nou weet wat aangaan met die Fleetline se bande. Die proses aan my kant is dat ek die aand voor ons vertrek die Fleetline haak en die spul regtrek sodat ek net by die hek hoef uit te ry, selfs dan doen ek maar weereens 'n 1ste parade inspeksie (dink dis wat ons dit in die ou SAW genoem het?), maak weer seker alles is behoorlik gehaak, ligte werk steeds, ensovoorts. Die eerste Ultra City is sowat 20km van die huis af waar ek aftrek en weer alles nagaan, oa die temperatuur voel van die wiel vellings (net om seker te maak daar is nie laer probleme nie). Daarna sleep ek maar teen slegs sowat 90km/h vir die volgende 20-30 km waarna ek dit opstoot na sowat 105 - 110km/h...en dit bly die sleepspoed tot by die bestemming. By elke stop word alles weer nagegaan, wiel temperatuur gevoel. Die spul irriteer Ma natuurlik baie, maar my standaard antwoord aan haar is dat ek reeds met vakansie is en nie lus is vir probleme nie (en natuurlik dat dit 'n ruil transaksie tussen my en haar is, ek sleep soos ek goed dink, en in ruil trek ek vir haar by byna elke plek af met toilet geriewelaugh...dink dis mos regverdig! - as ek my sin kon hê sou ek miskien net een of twee maal aftrek. Wat 'n man darem nie alles moet doen om sy huwelik te laat oorleef nie! En oor bietjie meer as 'n maand is dit weer die jaarlikse Scotties tyd, ons vertrek die 18de of 19de Junie en kom eers weer terug 'n maand later.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 05/05/2023 - 08:44

Miskien 🤷🏼‍♂️

Ek het nou al paarkeer by die bestemming agter gekom ek het nooit die ketting oor die hak gehang nie. ☹🤔

Miskien vertrou ek te maklik als is reg want ek is nie so gestel om kort-kort als na te gaan nie en vir die eerste klomp km stadig te ry en luister nie.  As ek op die oop pad kom is dit tussen 90 en 100km/u waar ek die ST stel en terug sit.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 05/05/2023 - 09:07

Môre vriende

Tog vreemd, die gewoontes wat mens optel en aanleer. Lank gelede toe ek 'n groentjie was, en jaarliks voor Desember uittog, my wa laat diens het, het ek net gehaak en laat waai. Absolute vertroue en geloof [?] in die vakmanskap. Nooit eers gedink dat laers kan warm word nie.

Nou vandat ek weer woonwa sleep, en op 'n ander plek laat diens, en 'n forumlid is, is ek meer ingestel op sulke gebeurlikhede. Ek vermoed die forum gesprekke het my gesensiteer vir moontlike skeefloop dinge. 

Onlangs wa laat nagaan, en slegs die remme was gestel. Soos reeds genoem, terug by die huis voel alles net te warm na my sin. Die werkwinkeleienaar het dit tuis kom regstel. Nodeloos om te sê, die 1ste 30km sleep Marakele toe, was senutergend. Na 30km gestop en gevoel, en alles was koud. 

Dit gee absolute gemoedsrus, nou weet ek die wa is reg vir Junie se Kruger rit, en later Kaap om Namakwaland toe. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 05/05/2023 - 11:22

Probleem is ek was nog altyd paranoies oor veiligheid en dit het erger geword danksy my "verblyf" in die kernkrag besigheid. Lekker irriterend vir my vrou as ek elke aand voor slaaptyd 'n paar keer seker maak alles is behoorlik gesluit! Moet byvoeg, die probleempie van my raak erger soos ek ouer raaklaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 05/05/2023 - 12:28

....nou weet ek wat my probleem ook is. Daai stap en kyk of hek, deure gesluit is, en ketel afgeskakel.

Dit gaan effe beter deedae vandat ek in klein kompleks bly.

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 05/05/2023 - 12:56

Wessel. ek dink dis wat die kern bedryf aan mens doen....veiligheid word so in mens ingedril dat dit deel van jou DNS word. Jy onthou seker ook die storie dat met ELKE vergadering daar deur die voorsitter altyd gesê moet word waar die nood uitgange is asook wat die verskillende noodseine beteken ongeag of almal teenwoordig al jare daar werk of nie. Ons het ook altyd 'n vrywilliger gehad (wat aangewys word ongeag of hy/sy dit wil doen of nie!) 'n 5 minute veiligheidsverwante gevalle studie moes voordra....daai was die dae! 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 05/05/2023 - 13:04

daai vergadering voorbeeld en gevalle studie voordrag was darem rerig tydmors.

Laat ons liewer nie verder hier galbraak nie, maar sommige rompslomp was darem net oordadig.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 05/05/2023 - 15:45

Middag Nico

Ek vind jou inset oor die oord interressant. Julle is oor die 100 waens wat daar gaan staan vir 'n langnaweek. Blykbaar geskied die byeenkoms jaarliks.

Wat is die geskiedenis en rede daar agter? Hoekom kom julle juis daar bymekaar, is dit bloot net maklik, naby en bereikbaar vir almal? Ek kan nie aan enige rede dink hoekom julle in die middel van Pretoria 'n langnaweek wil deurbring nie. Daar is soveel plekke in die natuur, soos Dinokeng, Pilansberg ensovoorts waar mens kan saam kuier.

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Fri, 05/05/2023 - 20:17

Wesel ons het elke 4 jaar Rally SA waar aldie klub se streke saam kamp in een kamp. Dit was laasjaar by Kaya Manzi. Die 3 jaar tussen in hou ons Goefy Games. Ons het hom aangebied en die rede vir die park was prys ons het 5 nagte gebly vir R1100 en goed gelee om al die ou transvaal streke te trek. Ons het ook 4 waens van natal suidkus af getrek wat kom kamp het. So paar stats ons was 112 waens 347 mense en 12 streke in die kamp.

Die streek wat die naweek aanbied moet die park kies en alles reel. Ons was 10 pare wat alles gereel het en aangebied het.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 06/05/2023 - 07:21

Ek wonder wie was hy. Die oord is darem nie in die middel van Pretoria nie. Dis net skuins anderkant die berg van waar ek grootgeword het in Wonderboom. In die laat 70’s was daar nog dassies, bobbejane en apies in die Magaliesberg oorkant ons huis. Daar is selfs een keer ‘n luiperd raakgery op die N1 naby Zambesi afrit. Ek het ook ‘n ratel gesien naby ons huis so laat as 1998. En ‘n muskeljaatkat het kleintjies gekry in ons bure se plafon.
 

Bly die witkruis arende nog op die krans agter Joos Becker? As ek reg onthou het hulle verder Wes getrek Florauna se kant toe. Hulle prooi het seker op geraak soos die area verder ontwikkel het. Ons het baie strikke in die berg gekry toe hulle oorkant die pad van ons huis af begin bou het in die vroeë 80’s. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 06/05/2023 - 07:44

Môre Nico

Ek het nou eers gaan lees op die internet. Sjoe, wat 'n organisasie!!!! Lank gelede, in 1997 met my 1ste woonwa, het ek aan SAWA ---Suid Afrikaanse Woonwa assosiasie behoort, die plaaslike groep was Bosveld SAWA. Is dit dieselfde organisasie wat steeds bestaan. 

Ek het so 'n paar kampe meegemaak, later as gas van lede. Weens veranderde omstandighede het my betrokenheid gekwyn.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus