Ek lees hul is besig om n nuwe tentdorp op te rig tussen Skukuza en Lower Sabie by die Nkuhlu picnic plek. Hulle gaan binne volgende 2 maande oopmaak. Ek weet nie of dit onder Sanparks gaan val of privaat bestuur nie
Tent dotp
Môre Geert
Ek is baie bekommerd dat elke Jan rap en sy maat in die wildtuin wil belê. Van oorsese hotel groepe tot nou 'n tentdorp.
Is dit vir besoekers/toeriste/kampeerders of vir permanente renoster stroper inwoners.?
Is Kruger besig om sy karakter te verloor, of het dit al so ongemerk. Ek dink laasgenoemde
Armgat kampeerders dra…
Armgat kampeerders dra hopeloos te min by om vir die park finansieel van waarde te wees. Selfs ons vleis en houtskool word saamgevat, kamp so goedkoop moontlik. Of is ek dalk uniek?
Die tent is vir my duidelik nie n "woninig" nie. Dit het n uitsig oor water en die struktuur is nie van die goedkoopste moontlikheid nie. Tentchalets is niks nuut nie, en daar is 100de 5 ster voorbeelde, die wat ons al in gebly het was baie luuks. Treffend is die baie lae inpak op die omgewing tydens konstruksie.
Die se gaste betaal n premie vir die verblyf.... en eet in n restaurant..en vlieg bes moontlik in... en gebruik n gehuurde motor... en gaan op duur gamedrives. Dit is in my beskye mening wat die nommers laat werk, en n paar ander industriee ook laat werk. Werkskepping is ook daar. En op die manier sal die park hopelik berykbaar bly, en ons kampeerders dit ook kan gebruik.
In Botswana het hul heel weggedoen met die kampeerder en word toegespits op die gaste met Dollars en Euro's. Hopelik sal dit nie gou hier gebeur nie.
Herman...
Middag vriend
Slaan jy darem 'n vieslike spyker in. Die ene wat in Euro's en dollars gespel word.
Armgat kampeerders wat alles agterop hulle ou Hiluxe en Cruiser's inkarwei, dra weinig by tot 'n ekonomiese inspuiting van Kruger. Ons koop nie eers water in hulle winkels nie.
Dan, deesdae ontsien die Kapenaars mos die ou bietjie diesel om die 2000km te sleep tot in Kruger. Hoe kan die plek dan nou oorleef.
My skoondogter werk vir die internasionale Mariott-hotelgroep, en is van mening dat dit 'n super luukse hotel is, wat by Krugerhek opgerig word.
Ag wat, hulle moet maar aangaan...............
.............met verskillende vorme vam luukse akkommodasie aan dié wat dit verkies en dit kan bekostig. Miskien suurdruiwe, maar ek soek geen ander akkommodasie in die Wildtuin nie as ons eie, lekker ingerigte woonwa - alles silwerskoon en presies soos ons daarvan hou, ons eie. Alles ingepak op dieselfde plekke tydens ons reis en oorslaapplekke en in die verskillende kampe in die Wildtuin. Om dié rede sal die Wildtuin nie vir ons sy karakter verloor nie - die werklike karakter lê in die wildkyk ervarings, pieniekplekke en saans se braaivleisvure in die kampterrein.
Die ouens wat hou van die luukse trein-akkommodasie oor die Sabierivier of die masseersalon in die nuwe Skukuza hotel of die nuwe tented camp by Nkulu moet maar hulle geld waarin hulle rol, daar blaas - dit pla my nie in die minste nie en as dit SANParke finansieël help om te oorleef, fantasties !
Len...
Middag ou maat
Ek stem saam ,maar is doodsbenoud dat die wildtuin oor ontwikkel word. Ek wil darem nog bosse, bome, diere sien, en grondpaadjies kan ry. Ek wil nog grondpaadjie ry, op laagwaterbruggie stop, en diere en voëls soek en en hoor.
Dit voel vir my dat binnekort is dit net lughawens, golfbane, hotelle, tentdorpe en teerpaaie. Hopenlik darem nie in my lewe nie.
Wessel.....
.............ek weet nie van jou nie, maar in my lewe sal oor-ontwikkeling nooit plaasvind nie. Daar is nog talle en talle dele in die Wildtuin waar nog geen toeris hulle voete neergesit het nie, byvoorbeeld wes van Mopani , Bababala en Shingwedzi en ook oos van Punda en suid-wes van Letaba.
Die nuwer tipe toeris wat Wildtuin toe gaan soek meer jolplek eerder as 'n behoefte na natuurlewe en so moet ons mekaar maar vind - waar hulle jol-behoeftes bevredig word en ons klompie wat 'n behoefte het aan die natuur en die rustigheid daarvan. Ek glo dit sal met tyd uitsorteer waar elkeen tuis gaan voel.
Privaat
Dit wil voorkom of dit privaat maatskappy is wat hierdie gaan hanteer. Daar was blykbaar 2017 tender uitgesit om Nkuhlu to bestuur met 15x tenthuise. As dit dieselfde mense is wat die picnic plek en winkel/resturant opgegradeer het, kan dit seker net voordelig wees, want die plek is regtigwaar baie mooier en nicer as n paar jaar terug. Daar is ook paar jaar terug klomp solar paneel afdakke opgesit....wonder of dit deel vorm van hele projek, dat hierdie fasiliteit heeltemaal off the grid van KNP se krag gaan hardloop?
R 5000.00 per nag self…
R 5000.00 per nag self catering!! Blikskottel dit klink na ń redelike hmm... unieke ervaring. Sjees vir so klompie per dag klim jy op n skip en eet en drink jou knuppelduk. Sonder die gevaar van Olifante en leeus.
Beslis bedoel vir ...
... die super-rykes en buitelanders met Dollars, Ponde en Euro's. Hierdie outjie sal maar kamp in sy eie ou tentjie - en dan verkieslik nog tydens die gryskop-afslagtyd ook.
Ek was bevoorreg om verskeie van die duur aangrensende lodges aan die Krugerwildtuin te ervaar - danksy 'n internasionale werkgewer wat daarvoor betaal het. Lekker!!! Maar die lekkerste bly nog om my eie ding te doen op my eie manier te doen.
Stem Chris, kamp is baie…
Stem Chris, kamp is baie lekkerder as so half glamping doen.
In my " heyday" het ek gewerk aan wat geword het die " Top resort" in die wêreld. Vonnie die eerste gas wat ontvang is, en ons het heel lekker gebly in n luukse Villa, met fyn kossies om te peusel.
Moet sê dit is nie te versmaaie nie, maar my pay , wat heel ok was, kon ek seker in die toekoms as paying guest, net n aand met n maand cheque bespreek.
Weer eens seker suurdruiwe, .................
..............maar al sou ek dit kon bekostig, nie vir my nie dankie. Ek is egter baie bly SANParke woeker met konsessies aan instansies met diep sakke wat bereid is om te investeer om buitelanders met valuta hierheen te lok. Bo en behalwe die gawe konsessie-inkomste betaal hierdie besoekers ook die broodnodige natuurbewaringsfooi sonder om akkommodasie vir ons gewone ouens te beset.





Tent
Tenthuis