Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -1 hour ago
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -13 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -13 hours ago

Mei Algemene gesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Môre vriende

Die nuwe maand het blykbaar almal onverhoeds oorrompel. Die ervare en kundige "ouderlinge" is so besig dat die junior outjie nou maar die gespreklyn open.

Laat loop asb. met insette en saam gesels.

Ek het ook so jaar terug Gordelroos gekry en sukkel steeds daarmee. Sterkte vir jou Len met al die dinge.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 01/06/2023 - 20:28

......vir al die bemoedigende boodskappe wat ek opreg waardeer  -  tot 'n oproep uit Punda Maria !

Gelukkig werk die baie sterk medikasie om die pyn te onderdruk baie goed, maar dit veroorsaak iewat disoriëntasie en lighoofdigheid  -  eerder dit as gister se pyn.  Ek drink drie verskillende kursusse, aldrie Skedule 5 medisyne !  Die sere moet nog hulle verskyning maak en oopbars voor genesing kan plaasvind.

Ek wag nog vir my mediesefonds se goedkeuring vir die PET-CT scan.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 02/06/2023 - 12:39

Len, die scans wat ek gekry het, is deur die onkoloog gereel. My mediese fonds het n aparte Onkologie voordeel wat jaarliks loop. Ek glo joune sal ook so wees.Dit is n aansienlike bedrag, en die scans, chemo, ondersoeke is daaruit betaal. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 02/06/2023 - 12:56

Jy is reg, my mediesefonds werk presies ook so.  My vorige PET-scans is deur my chirurg gereel omdat daar nie 'n onkoloog betrokke was nie en alle koste is deur my onkologie-voordeel betaal.

My chirurg het nou 'n onkoloog betrek en sy reël nou die PET-CT scan.

My mediesefonds is Bankmed wat deur Discovery geadministreer word.  Ek raai jy is by Discovery en daarom kom die prosedure ooreen.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 02/06/2023 - 15:14

Discovery Len... En ek kan nie hulle genoeg ophemel met die diens wat ek die afgelope jaar ontvang het nie. Ongelooflik is n slegte beskrywing. Makelaar het genoem dat Discovery met Onkologie baie goed werk, en dit was ook so. Van dag een af wat die kanker diagnoseer is, het ek geen bybetalings gehad nie, nie bloedtoetse, scans, hospitale, chirurge,teaters,  narkotiseuers, 9dae in icu waar n toegewyde suster 24 uur per dag by jou bed is. Selfs nie die dieetkindige, fisioterapeutof spesiale dieet nie.

Nou betaal hulle ten volle die goete wat ek teen my lyf dra elke dag, ook uit Onkologievoordeel, en die beloop sowat R5 000.00 per maand.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus