Môre vriende
Die nuwe maand het blykbaar almal onverhoeds oorrompel. Die ervare en kundige "ouderlinge" is so besig dat die junior outjie nou maar die gespreklyn open.
Laat loop asb. met insette en saam gesels.
Dankie vrinne..............
......vir al die bemoedigende boodskappe wat ek opreg waardeer - tot 'n oproep uit Punda Maria !
Gelukkig werk die baie sterk medikasie om die pyn te onderdruk baie goed, maar dit veroorsaak iewat disoriëntasie en lighoofdigheid - eerder dit as gister se pyn. Ek drink drie verskillende kursusse, aldrie Skedule 5 medisyne ! Die sere moet nog hulle verskyning maak en oopbars voor genesing kan plaasvind.
Ek wag nog vir my mediesefonds se goedkeuring vir die PET-CT scan.
Len, die scans wat ek gekry…
Len, die scans wat ek gekry het, is deur die onkoloog gereel. My mediese fonds het n aparte Onkologie voordeel wat jaarliks loop. Ek glo joune sal ook so wees.Dit is n aansienlike bedrag, en die scans, chemo, ondersoeke is daaruit betaal.
Hallo Herman...........
Jy is reg, my mediesefonds werk presies ook so. My vorige PET-scans is deur my chirurg gereel omdat daar nie 'n onkoloog betrokke was nie en alle koste is deur my onkologie-voordeel betaal.
My chirurg het nou 'n onkoloog betrek en sy reël nou die PET-CT scan.
My mediesefonds is Bankmed wat deur Discovery geadministreer word. Ek raai jy is by Discovery en daarom kom die prosedure ooreen.
Discovery Len... En ek kan…
Discovery Len... En ek kan nie hulle genoeg ophemel met die diens wat ek die afgelope jaar ontvang het nie. Ongelooflik is n slegte beskrywing. Makelaar het genoem dat Discovery met Onkologie baie goed werk, en dit was ook so. Van dag een af wat die kanker diagnoseer is, het ek geen bybetalings gehad nie, nie bloedtoetse, scans, hospitale, chirurge,teaters, narkotiseuers, 9dae in icu waar n toegewyde suster 24 uur per dag by jou bed is. Selfs nie die dieetkindige, fisioterapeutof spesiale dieet nie.
Nou betaal hulle ten volle die goete wat ek teen my lyf dra elke dag, ook uit Onkologievoordeel, en die beloop sowat R5 000.00 per maand.
Herman, ek het presies.......................
................dieselfde ervaring gehad sedert my kanker-ervaring 12 jaar gelede begin het, insluitend vier buik operasies. Ek is so dankbaar vir 'n goed-geadministreerde mediesefonds.





Sterkte Len
Ek het ook so jaar terug Gordelroos gekry en sukkel steeds daarmee. Sterkte vir jou Len met al die dinge.