Ek begin die gesprek na aanleiding van Chris S se inset, waar hy noem sy vriend se Penta sleep onstabiel. My eie swaer se Penta was ook onstabiel agter sy Pathfinder. Sodra hy op 100km/ht kom, het die wa net begin swaai. Hy was 'n ervare ou woonwa sleper.
Ek wonder net of mense nie ingedagte swaar goed agter onder die dubbelbed, en daar langs pak nie.
Ek het 'n 2001 Palma gesleep, sonder enige stabiliseerders en nooit enige swaai probleme ervaar nie. Ons het egter net droograk en beddegoed onder dubbelbed gepak. Bo op was die plastiese tafel en 5 stoele.
Wie sukkel met dieselfde probleem??
Sakkie sand
Middag Chris
Moenie bekommer nie. Maak net seker die wa se bande is lekker gepomp 2.5bar], en dat swaar goed [pale, tent, spaarwiel] voor is. As jy bekommerd is, sit krat/sakkie met sand voor by die deur.
Ek het van 1997 tot 2006.............
...........'n penta gesleep met 'n Nissan Sani V6, veral tussen Roodepoort en die Wildtuin, KZN-suidkus en veral tusse Harare (Zim) en Suid-Afrika. Selfs ook 'n paar keer met ons eerste Pathfinder tussen Brackenfell en Hartenbos. Nooit ooit 'n stabiliteitsprobleem gehad nie. Selfs eenkeer in Zimbabwe waar ek 'n groot trok op Zim se swak paaie teen 100kpu verbygesteek het en een van die Penta se bande het gebars - selfs toe het die Penta loodreg agter die Sani aangekom, sonder om te swaai tot ek kon stop.
My geheim bly nog al die jare vandat ons SUV's as sleepvoertuie gebruik dat alle swaar goed, vrieskas, tente en grondseile/nette, stoele en tafels kom agter in die sleepvoertuig en beslis, net ligte los goedjies onder die dubbelbed wat agter in die Penta gemonteer is.
Chris Kenseller, jy behoort geen probleem te hê nie, jou seun sleep mos ook gereeld met 'n Hu-Lux.
Ek het die Penta moeiteloos…
Ek het die Penta moeiteloos gesleep tot in Grabouw. Ek, sowel as my seun, gebruik 'n Tando. Of dit enige bydrae lewer? Ek weet nie, as ek luister wat die ouens sê wat nie glo aan stabiliseerders nie. Julle ken my ou storietjie van die oubaas wat leeupoeier gestrooi het. Dalk strooi ek ook maar leeupoeier, maar ek sleep met 'n meer geruste hart wanneer ek my Tando gebruik.
Stabiliseerder
My vriend met die onstabiele Penta gebruik ook ‘n stabiliseerder. ‘n Ander vriend sleep ‘n Swing met ‘n Ranger, en ry myns insiens heeltemal te vinnig daarmee maar ervaar geen onstabiliteit nie. Hy sê dat hy dit wel ervaar wanneer hy met sy Everest (vorige reeks T6) sleep. My Penta vriend sleep ook met so ‘n Everest, maar het geen onstabiliteit ervaar met die Commander wat hy geleen het vir Kgalagadi nie.
Iemand het hom aangeraai om te kyk of die Penta se as nie dalk geskuif het nie. Ek dink nie hy het dit al gedoen nie. Ek weet nie watse soort as het die 2005 Penta, en of dit kan skuif nie. Ek ken net my Kavango se soliede staal as, en dit sleep stabiel. Die enigste keer wat dit nog effens heen en weer beweging getoon het was Oujaarsdag 2022 toe ek per ongeluk bietjie vinnig gery het teen afdraendes tussen Swellendam en Ashton. Sedert die Prado nuwe vere en lugsakke gekry het is die kombinasie so stabiel soos Switzerland, selfs teen 120kph op die spoedmeter. Ek gaan egter nie weer so vinnig sleep nie.
Ranger, Everest
Ek wonder as 'n wa swaai met 'n voertuig[Everest] en nie met 'n bakkie [Ranger] nie, kan die fout nie by die woonwa gesoek word nie.
Nou wil mens begin dink dat die Everest dalk te lig geveer is agter. Tog het dieselfde Everest nie met die Commander geswaai nie. Ek vermoed dat die Commander swaarder druk op die Everest as die Penta.
Moontlik is bakkies maar net stabieler slepers as ander voertuie, dalk omdat hulle meer vrag kan dra, wat dit veiliger maak.
Ek is geleer dat 'n sleepkombinasie op 'n afdraende baie maklik onstabiel raak. Ek sal uiters selde 'n vragmotor op 'n afdraende wil verbysteek. Die "los" loop van jou kombinasie en die warrel wind van die trok, kan mens onkant vang.
Stem saam................
..............wanneer 'n mens sleep, steek jy nooit 'n ander voertuig verby op 'n afdraende nie - nooit !
Penta onstabiel
Ek het n' tweede handse 2012 Penta vir 3 jaar gesleep. Hy was van dag een af onstabiel. Na n' ongeluk met n' boom stomp in Tsendze kom ek agter die as is gebuig. Om dit te bepaal meet van elke wiel na die middle van die trek bal en ek sien toe daar is n' 2cm verskil.
Die as is verwyder en deur Al-Ko reg gemaak. Die onstabielityd was iets van die verlede.
Kyk of jou woonwa se as gebuig is.
Gebuigde as
Middag Paul
Met 'n gebuigde as, het die wa se bande nie skeef afgeloop nie?
Ek is seker dit geld ook vir enige wa met dieselfde tipe as.
Middag Wessel
Ja die bande het effens skeef afgeloop. Bygsê in daai jaare het ons nie baia gesleep nie. Ek het toe nog gewerk en dus met verlof weg gegaan.
My Penta sleep soos 'n ding…
My Penta sleep soos 'n ding wat vas ge-super glue is agter die Kia. Niks swaar word in die eiland bed gepak nie, en ja ek weet baie beskou dit as 'n "overkill" maar ek sleep nie eers uit my erf uit sonder die stabiliseerder nie![]()
Johann................
..............dit sal baie interessant wees as jy op jou volgende trippie 'n proefneming sal maak om sê vir 20km sonder jou stabiliseerder te sleep - dit behoort te bevestig dat 'n Penta 'n uiters stabiele sleepwa is.
Vir jou gemoedsrus kan jy weer daarna die stabiliseerder koppel.
More Len, dit het al met my…
More Len, dit het al met my gebeur.
Was by Buffelspoort en het vergeet om die "rem" te sluit, toe ons in Randfontein vir diesel stop, sien ek die sluit hefboom is nooit gesluit nie.
Die Yellow Blade het 'n rem wat moet gesluit word om die skyfrem te sluit, hoop ek maak myself duidelik?
Die Penta was so stabiel, ek kon dit nie agterkom nie.
Môre almal
As my Penta reg gepak was het hy na die as herstel so stabiel soos wat jy kan will hê gesleep.
Met my Exclusive gebruik ek n' Straight Liner. Ek het al vergeet om hom oor te haal laat hy werk en het dit glad nie agter gekom nie. Ek sleep net lang afstand met die Straight Liner geinstaleer. My Exclusive met sy dubble as is die stabielste van al my woonwaens wat ek gehad het. Jy kan hom ook pak soos jy will, hy raak nie onstabiel nie.
Mens moet nie staat maak op n' stabiliseerder om onstabieliteid uit te skakel nie. Daar moet fout wees as die woonwa onstabiel is.
Aircon posiesie
Wessel, waar is die aircon se outoor unit gemonteer?
Ek het verneem dat n' Penta onstabiel raak as dit agter op die woonwa gemonteer is.
Aircon posisie
Môre Paul
Ek het nie 'n Penta nie, dus moet daai manne jou asb antwoord.
My Kavango se eenheid is in 3 komponente. Daar hang onder die wa iets wat blaas en raas as dit werk, en in neuskas is 'n eenheid wat doodstil is. Ek het geen idee wat die funksie van die 2 goete is nie
Ek weet net as ek die afstandbeheer druk, maak dit koud.
Daar is heelwat mites..............
...............oor 'n lugversorger op die stert, veral dat dit die wa laat swaai, maar sonder uitsondering vergeet hierdie skool van denke om die ekstra gewig agter op die stert uit te kanselleer met 'n soortgelyke gewig iewers aan die voorkant van die karavaan.
(Niks met die swaai uit te waai nie, maar dit sal dwaas wees om 'n Penta se lugversotger op die stert te monteer want dit is teenaan die dubbelbed en baie lastig snags met die aan- en afskakel van die eenheid).
Slegs 'n waarneming
Paul, ek sien maar so in die woonwaparke dat die eenhede meestal voor in die neuskas monteer is. Dit beteken uiteraard dat kas seker maar moet oopstaan tydens gebruik.
Die vraag is, is dit veilig om so iets by gasbottels te hê??
Neuskas
Wessel, daar behoort nerens gas lekasie te wees nie en as jou gas aan is is daar omtrend nooit krag vir die aircon nie.
Die kas moet oop wees tydens gebruik vir die verkoeling van die outdoor eenheid.
My 9000 btu outdoor eenheid weeg 26Kg. Nogal baia wat mens sal moet kompenseer in die neus as hy agter op die woonwa is.
Las en Mag arm wet
Paul, onthou die hefboomwet;
las x lasafstand = mag x magafstand.
Afstande soos gemeet van jou as af.
As 2 afstande gelyk aan mekaar is, bly die kompensasie gewig 26kg.
Onthou ek het 'n boswa. Ons gas is altyd oop vir stoof en geiser, ongeag die beskikbaarheid van elektrisiteit.





Ek hoop nie ...
... ek sukkel môre om my seun se Penta vir hom op Grabouw te kry nie. Sy wa staan mos hier by my huis aangesien sy erf uiters karavaan-onvriendelik is. Ek het darem een keer sy Penta gesleep - Caledon toe en terug om dit deur die padwaardigheidstoets te kry nadat hy dit tweedehands gekoop het. Ek het ook saam met hom gery toe hy die wa op George gaan haal het. En hy't die Penta nou reeds 3 keer wildtuin toe gesleep. En die donner sleep vinnig - té vinnig - sonder enige swaai probleme.