Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -7 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -8 hours ago
Hael November 2026 Geert -8 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -13 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -13 hours ago

Smalle na Oom Paul se tuin Julie ‘23

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Dis nog nie naby genoeg om slapies te begin tel nie, maar oor vier weke is ons DV oppad Potchefstroom toe van Kambro af. Ons vriende wat saam was Kgalagadi toe het gister kop uitgetrek. Riël wil nie sy Penta so ver sleep nie, en dit gaan te duur wees om ‘n wa te huur. Dit is dus net ons vier Smalletjies.  
 

So lyk ons program:

29 Junie Worcester na Kambro

30 Junie Kambro na Potchefstroom 

2 Julie Potchefstroom na Phalaborwa 

3 Julie Phalaborwa na Shingwedzi 

9 Julie Shingwedzi na Tsendze 

14 Julie Tsendze na Potchefstroom 

15 Julie Potchefstroom na Victoria-Wes

16 Julie Victoria-Wes na Worcester 

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 03/07/2023 - 07:19

Noudat ek by die deur is sien ek wat die probleem is. Hier is net een dame aan diens. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/07/2023 - 07:22

Ek het skoon vergeet dat ek ook sou kon ingaan met my wildekaart. Staan toe en nonsens gesels met ander kampeerders, plaas van om 'n draai te gaan ry.

Het jy bespreek vir 'n draad staanplek of nie?

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 03/07/2023 - 07:36

Verbasend hoe besig dit is. Soos ek hoor en lees klink dit of dit hierdie vakansie baie meer besiger is as vorige jare. Hier het ons laasjaar vroeg oggend ingegaan by Phalaborwa in die middel van Julie skool vakansie....toe was dit net ons en die kar voor ons gewees. Dit was ongeveer 6h45.  As mens mens nou hoor die verskil in besoekers rye

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/07/2023 - 15:13

Teen die draad, by die kragpunt. Lyk of jy nog koeltebome ook gekry het. 

Nou mag jy maar 'n koue of 2 sluk vir die harde werk

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Mon, 03/07/2023 - 15:33

Is dit baia besig Wildehont? Dit is vol bespreek so dit is seeker maar besig.

Ons is van die 13de daar. Vir 5 nagte. Dan verder noord.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 03/07/2023 - 17:57

....................nou vir 'n lekker kuier.  Daardie kragpaaltjie het beter dae geken  -  hoop nie dis die Prado se skuld nie ! Bly oor die foto, ons kan dus nog 'n paar verwag terwyl julle daar is !

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 04/07/2023 - 20:43

Ek wonder of die Smalle daar in Shingwedzi al in die bed is ?  Hulle wil sekere môreoggend met hek-oopmaaktyd op 'n wildrit gaan.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Wed, 05/07/2023 - 10:19

Sorted. Ek het skeef gelees. Diesel Electric is waar mens dit vir R50 kan kry.

Dankie Smalle. Sal by hulle n' draai maak.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 05/07/2023 - 11:14

Die leeus en hiënas het gisteraand weer meer geraas as die snorkers in die kamp (hier is gelukkig net twee). Ons het hulle gaan soek vanoggend en gevind. Een hiëna en 19 leeus. 16 van lg het twee ou buffels omsingel gehad, en ons het gedink ons bloeddorstigheid gaan bevredig word. Die een buffel het hulle egter weggejaag, toe loop hulle maar na ‘n veilige afstand. Ons sal vanmiddag weer gaan kyk of hulle iets kry.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 05/07/2023 - 11:15

Daardie kragpaaltjie het beter dae geken  -  hoop nie dis die Prado se skuld nie 

Ons het hom so kom kry smiley 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 05/07/2023 - 12:08

Prado gesmeer, of is dit sy olie wat die leeus so lok. Negentien leeus bymekaar moet 'n pragtige gesig wees. 'n Foto sal natuurlik toon dat jy nie spekskiet nie.

Hoe het jy by 19gekom, die pote getel en deur 4 gedeellaugh

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 05/07/2023 - 17:07

..............dit was 'n fantastiese gesig, veral vir Shingwedzi waar daar nie altyd groot leeutroppe vookom nie, of is ek verkeerd ?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 06/07/2023 - 13:21

Na nog ‘n aand van leeus wat brul en hiënas wat kattemaai, het ons vroeg in die pad geval. Eers was daar net leeuspore, en toe ‘n groot geluk. ‘n Luiperdwyfie met ‘n welpie. Ons het net betyds daar gekom voor sy, en toe die jongeling dieper tussen die mopanies en lang gras in is. Mense wat van voor af gekom het, het gesê die trop leeus van gister is weg. Ons het deurgedruk en is ryklik beloon. Die trop wat intussen aangegroei het tot 25, was in die Shingwedzi rivierbedding aan beweeg. Na ‘n ruk het ‘n maanhaar by hulle aangesluit. Ons en twee ander karre het hulle stuk-stuk gevolg tot die pad weggeswaai het van die rivier af. ‘n Hele ent verder waar dit weer langs die rivier geloop het, was ‘n paar buffels. Die leeus het in twee verdeel. Ons het nie gesien hoe hulle een buffel stroomaf jaag nie, maar wel toe hulle dit weer terug stroomop jaag voor ons. Die buffel het geswenk teen die wal uit toe dit in die maanhaar en so agt ander leeus vasloop. Twee leeus het op die buffel se rug gespring, maar hy het hulle afgeskud toe hy deur die bosse weghardloop vir die res. Wat ‘n belewenis!

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 07/07/2023 - 14:03

Toe ek in toerisme gewerk en meer as helfte van die jaar in die bos was, het ek baie foto’s geneem. In 2008 lei ek ‘n intergenerational toer met Amerikaanse grootouers en hulle kleinkinders. Na drie aande se kampeer in Chobe sien ons ‘n luiperd reg langs die pad in ‘n dooie boom oppad uit. Een tienjarige se ouer sussie vra hom waarom hy nie foto’s neem nie. Sy antwoord was; I’m taking pictures with my mind”. Ek voel nou ook so. Dis die soort foto’s wat nie uitgevee kan raak nie, en wat geld nie kan koop nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/07/2023 - 14:22

Mmiddag Chris s

Ek het ook al gevind dat mens sommer net moet kyk. Partymal sukkel mens so om kamera te fokus, te zoem, stil te hou, en dan woeps is die oomblik weg.

Veral in mopaniebos omgewinglaugh

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus