Dis nog nie naby genoeg om slapies te begin tel nie, maar oor vier weke is ons DV oppad Potchefstroom toe van Kambro af. Ons vriende wat saam was Kgalagadi toe het gister kop uitgetrek. Riël wil nie sy Penta so ver sleep nie, en dit gaan te duur wees om ‘n wa te huur. Dit is dus net ons vier Smalletjies.
So lyk ons program:
29 Junie Worcester na Kambro
30 Junie Kambro na Potchefstroom
2 Julie Potchefstroom na Phalaborwa
3 Julie Phalaborwa na Shingwedzi
9 Julie Shingwedzi na Tsendze
14 Julie Tsendze na Potchefstroom
15 Julie Potchefstroom na Victoria-Wes
16 Julie Victoria-Wes na Worcester
Ok maar lekker dom ekke
Ek het skoon vergeet dat ek ook sou kon ingaan met my wildekaart. Staan toe en nonsens gesels met ander kampeerders, plaas van om 'n draai te gaan ry.
Het jy bespreek vir 'n draad staanplek of nie?
Besig
Verbasend hoe besig dit is. Soos ek hoor en lees klink dit of dit hierdie vakansie baie meer besiger is as vorige jare. Hier het ons laasjaar vroeg oggend ingegaan by Phalaborwa in die middel van Julie skool vakansie....toe was dit net ons en die kar voor ons gewees. Dit was ongeveer 6h45. As mens mens nou hoor die verskil in besoekers rye
Lekker plek
Teen die draad, by die kragpunt. Lyk of jy nog koeltebome ook gekry het.
Nou mag jy maar 'n koue of 2 sluk vir die harde werk
Mooi Chris..................
....................nou vir 'n lekker kuier. Daardie kragpaaltjie het beter dae geken - hoop nie dis die Prado se skuld nie ! Bly oor die foto, ons kan dus nog 'n paar verwag terwyl julle daar is !
Shingwedzi en die Smalle
Ek wonder of die Smalle daar in Shingwedzi al in die bed is ? Hulle wil sekere môreoggend met hek-oopmaaktyd op 'n wildrit gaan.
Brad Harrison prys
Sorted. Ek het skeef gelees. Diesel Electric is waar mens dit vir R50 kan kry.
Dankie Smalle. Sal by hulle n' draai maak.
Vinnige verslag
Die leeus en hiënas het gisteraand weer meer geraas as die snorkers in die kamp (hier is gelukkig net twee). Ons het hulle gaan soek vanoggend en gevind. Een hiëna en 19 leeus. 16 van lg het twee ou buffels omsingel gehad, en ons het gedink ons bloeddorstigheid gaan bevredig word. Die een buffel het hulle egter weggejaag, toe loop hulle maar na ‘n veilige afstand. Ons sal vanmiddag weer gaan kyk of hulle iets kry.
Wat het jy aan ....
Prado gesmeer, of is dit sy olie wat die leeus so lok. Negentien leeus bymekaar moet 'n pragtige gesig wees. 'n Foto sal natuurlik toon dat jy nie spekskiet nie.
Hoe het jy by 19gekom, die pote getel en deur 4 gedeel![]()
Maggies ChrisS,................
..............dit was 'n fantastiese gesig, veral vir Shingwedzi waar daar nie altyd groot leeutroppe vookom nie, of is ek verkeerd ?
Goeie oggend
Na nog ‘n aand van leeus wat brul en hiënas wat kattemaai, het ons vroeg in die pad geval. Eers was daar net leeuspore, en toe ‘n groot geluk. ‘n Luiperdwyfie met ‘n welpie. Ons het net betyds daar gekom voor sy, en toe die jongeling dieper tussen die mopanies en lang gras in is. Mense wat van voor af gekom het, het gesê die trop leeus van gister is weg. Ons het deurgedruk en is ryklik beloon. Die trop wat intussen aangegroei het tot 25, was in die Shingwedzi rivierbedding aan beweeg. Na ‘n ruk het ‘n maanhaar by hulle aangesluit. Ons en twee ander karre het hulle stuk-stuk gevolg tot die pad weggeswaai het van die rivier af. ‘n Hele ent verder waar dit weer langs die rivier geloop het, was ‘n paar buffels. Die leeus het in twee verdeel. Ons het nie gesien hoe hulle een buffel stroomaf jaag nie, maar wel toe hulle dit weer terug stroomop jaag voor ons. Die buffel het geswenk teen die wal uit toe dit in die maanhaar en so agt ander leeus vasloop. Twee leeus het op die buffel se rug gespring, maar hy het hulle afgeskud toe hy deur die bosse weghardloop vir die res. Wat ‘n belewenis!
Omtrent....
....gelukkig om so katte te kry.
Geniet die wille tuin
As Chris Kanselleer begin.................
................Engels praat, moes dit sowaar 'n ongelooflike gesig gewees het. Baie bly vir julle onthalwe en tog 'n bietjie jaloers !
Ons sal wag vir foto-bewyse.
Gebrek aan foto’s
Toe ek in toerisme gewerk en meer as helfte van die jaar in die bos was, het ek baie foto’s geneem. In 2008 lei ek ‘n intergenerational toer met Amerikaanse grootouers en hulle kleinkinders. Na drie aande se kampeer in Chobe sien ons ‘n luiperd reg langs die pad in ‘n dooie boom oppad uit. Een tienjarige se ouer sussie vra hom waarom hy nie foto’s neem nie. Sy antwoord was; I’m taking pictures with my mind”. Ek voel nou ook so. Dis die soort foto’s wat nie uitgevee kan raak nie, en wat geld nie kan koop nie.






Die probleem
Noudat ek by die deur is sien ek wat die probleem is. Hier is net een dame aan diens.