Miskien n dom vraag vir party van julle. Ek wil graag weet wat is die verskil tussen n smart en intelligent laaier? Tweedens wat dink julle van die laaiers van omtrent R300 wat by Takelot gekry kan word. As ek n itelligent laaier koppel aan n battery kan ek dit pemanent aanlos? Ek praat van loodsuur batterye. Dankie. Maurits
Ek is in die mark vor 25Amp…
Ek is in die mark vor 25Amp charger vir my wa. Wat stel julle voor
Ski
Môre Nico[?]
Ek is nie slim met die goete wat vrylik op die mark is nie. Ek het uit nood by PBE vir my 'n stelsel laat insit. Dit kan natuurlik;
220v na 12 v laai
en sonpanele na 12v laai
Na my mening is die belangrikste om eers te besluit wat die stelsel alles moet kan doen. Dan moet jy besluit of jy sonpanele wil gebruik, en hoeveel totale Watts.
Sommige laaistelsels het 'n maksimum beperking wat dit kan hanteer.





Slim laaier/beheerder
Middag Maurits
Ek vermoed 'n slimlaaier is ook maar 'n intelligente laaier. Wat wil jy doen daarmee.
As jy byvoorbeeld jou voertuig se battery in goeie kondisie wil hou, kan jy so 'n laaier daaraan koppel. Kyk by 'n battery plek of 'n Midas vir 'n CTEC laaier. ek dink National Luna verkoop ook so iets.
Die ding het omtrent 7 fases;
1] ontswawel
2]toets of battery kan gelaai word
3] laai dan met maksimum stroom tot ~80% vol,
4] dan verlaag dit die stroom totdat 100% vol is
5] toets of battery lading kan hou
6] "float" hou battery op volle volts
7] Puls fase, hou battery op 100% kapasiteit.
Jy kry laaiers wat al 3 tipe batterye kan laai, loodsuur [kar], AGM, en Lithuim tipes. Ek sal nie 'n R300 laaier naby my batterye vertrou nie.