Ek beskou myself nie as 'n koskenner nie, weet bittermin van kosmaak af, maar braai graag. Ek is ook geen kenner van braai nie en het al dikwels gewonder of daar nie beter en lekkerder maniere van braai is nie.
Ek braai met 'n gewone toeknyp rooster op meestal hout kole en soms met brikette. Ek draai aanmekaar die rooster om met skaaptjops wat gaar moet wees en steaks wat medium moet wees.
My annerhelfde is die vleiskenner in ons huis en sy doen die grootmaat aankope, staan selfs langs die blokman en sê hoe sy dit opgesny wil hê. Ons koop ons skaapvleis by 'n plaaslike slagter wat sy skape van Robertson af kry.
Terug by die braai van skaaptjops : Soos gesê, ek weet nie veel van kosmaak nie en strooi maar net sout en Robertsons Steak & Chops Spice weerskante op die vleis na 'n paar draaie en "thats it".
Wat kan ek beter doen met die voorbereiding en die braai van skaaptjops ?

Nouja, nou ou "Stroomop" se beurt :
Ek hou van van beide gelyktydig in my bord en albei smaak heerlik - en ek verkies ook twee-tand skaap.
Soos belowe!
hier is die fotos van die speserye en Coke!

gooi vir hom toe met die speserye.


smeer die speserye in die vleis in.

laat le vir n dag.

2 ure voor braai gooi jy die coke oor.

En daar braai ons vir hom.
Op skool was daar n ding…
Op skool was daar n ding omtrent Coke saam n Aspro tablet wat jou lyf glo saf gemaak het. Dit was vroeg 70's toe Coke nog Coke was,(kokaine) en n Aspro vir als gewerk het. Tot vir sooibrand op vleis wat jy te veel gespice het.
Wat die onnies vir ons vertel het, is gooi n stukkie vleis in n glasie coke, en los hom oornag. So maak ek toe. My oge het groot gerek toe die stukkie vleis so blekerige, papperige amper jellie was.( Ek vergroot nou n bietjie, maar dit was op pad soontoe glo ek stellig)
Dus reken neef die Coke werk soos n meat tenderiser met n soet na-smaak.![]()
.
Ek dink n groot beginsel van…
Ek dink n groot beginsel van braai tjops is hier buite rekening geplaas!
Om enige van bogenoemde te doen moet mens eers die lotto wen om die hero van die dis, skaaptjops, te kan bekostig.
Wat in die lewe is `n twee…
Wat in die lewe is `n twee tand skaap?
Ek dink ek weet wat n hamel…
Ek dink ek weet wat n hamel is.
Dit is n ram wat op sy ooi verneuk het, toe sny sy die ram se knaters uit.
Oom Neef, Aspro, ek onthou…
Oom Neef,
Aspro, ek onthou n advertensie van Aspro clear.
Dit was n advertensie van wat die manne die wyfies moet voer as hul se hul het kopseer?
Oom Len,Long time no see,…
Oom Len,
Long time no see, PS, my Navara het nou 320 000 kilos op die klok.
Vergewe asseblief,
Ek sou se een van oom se stappe moet wees om daai lee bottel Robertson`s spice op die foto te hervul. Lee bottel spice gaan nie doen nie.
Gebruik sommer no name brand van Spar of daai "six gun" spice sakkies wat mens saam die braaipakke kry om die bottel te hervul. Niemand sal weet nie. ![]()





Ek stem
Ek is net nie by my huis, waar ek bykans uitsluitlik my binnebraai gebruik, toegerus om 'n staanrib te kan maak nie. My binnebraai is te klein daarvoor. Ek laat my rib opsaag in "riblets" - dieselfde dikte wat ek my tjops laat opsaag. Dan word my "riblets" so gepak dat dit van die sykante af braai - m.a.w. nie vetkant of beenkant nie. Sodoende braai ek die vet lekker "crispy".