Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -1 hour ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -4 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -9 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -15 hours ago

Humor.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Ek plaas maar die onder die weenhoekie, want ek ween oor my bydra tot die forumlaugh

Soos wat nou weer gesien is, mens lewer 'n inset met wat jy (wat die inset skryf) as bietjie humor beskou, word deur 'n ander persoon as 'n aanval / sarkasme of soort gelyk gesien.

Vir my is humor so deel van my bestaan, dat ek beswaarlik myself as ernstig kan beskou.

Kyk nou net weer na wat nou weer gebeur het, ek het die inseet as 'n humor / grap / aanmoediging gesien, 'n ander persoon het dit as sarkasties / aanval gesien, en intussen is twee mense nou "kwaaaivriende"

Ek het nie meer vrymoedigheid om insette te lewer nie, selfs ek en Arie was op 'n stadium "kwaad vir mekaar" oor my opmerkings, maar ek het hom darem persoonlik na die tyd (betyds) om verskoning gevra, wat hy ook dadelik, met 'n grap, aanvaar het.

Hierdie aanhaling onder, is presies wat al so baie onnodig gebeur het.

As jy teruggaan en kyk na Herman se verskillende bydraes op die forum sal jy sien hy het altyd iets humoristies om by te voeg om die gesels op te kikker.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 12/07/2023 - 17:30

.................ons is maar almal mense wat natuurlik nie volmaak is nie.  Dis maar die lewe dat mense verskillend reageer en as daar later meer duidelikheid is, is die probleem uit die weggeruim.

Ek is oortuig daarvan die misverstand is uit die weggeruim.

0

Ek hoor jou (oom) Johann en weet presies waarvan jy praat.  Ek bedoel nou nie wat nou hier gebeur het op die forum nie (praat somer so in die algemeen) en weet nie eers wat jy gese het of wie het hulle vererg vir jou nie maar moet nie dat dit jou terughou om deel te neem of insette te lewer nie.  Die beswaardes moet maar oor dit kom.  Jy het dalk net 'n eelt raakgetrap.

Jy is ook een van die meer gereelde bydraers op die forum en lewer altyd waardevolle insette. Doen so voort.

Ek gaan roep nou vir Spekkies vir hullewinkwinklaugh

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 12/07/2023 - 17:46

Dankie Johann. Ek is heeltemal skuldig in die saak,

Van my kant af geen kwade gevoelens nie. Nou verstaan ek beter dat my humor nie altyd raakgesien word nie.  Dalk beskou sommiges dit as kinderagtig, small minded of bloot idiotiese gebabbel. Dit is ongelukkig deel van my, of dit nou beduidend is van n laer as gemiddelde intellektuele vlak, weet ek nie.

Gaan ek jou gou iets vertel Johann. Jy tugtig ons gereeld "grappiger gewys natuurlik"oor ons slegte spelling. Kan ek jou vertel, jy spel net so donners sleg!!! Ek hoop jy kan saam lag oor die aanmerking.

Groete.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 12/07/2023 - 17:58

Herman, ek het my spelling in graad 2 op gegee, dit was moeiliker as somme maakwink

Gerrit, ek dink ons ons almal mis vir uncle Spekkies, ek het altyd sy humor het my soos 'n skoen gepas.

Len, ek hoop jy is reg, dat die hele misverstand nou agter die rug of (rig) is.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 12/07/2023 - 20:34

.....gaan maklik verlore of skeef. Ek het al gevind dat selfs oor 'n foon, waar geen gesigsuitdrukking betrokke is nie, dit ook verlore gaan.

Ek het net weer besef dat die lewe te kort en onvoorspelbaar is, om so gatwipperig te wees. Soos my ou studente vriend so 10 dae terug opmerk;

Daar word nie net in ons bos gekap nie, die byl kom al in ons ry af.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 12/07/2023 - 21:18

Praat die man met die laphoedjie .

Wessel jou afbeelding van die oompie wat sulke droe slukke gee in die Johannesburg se middestad verkeer, is vir ewig in my kop vas. Sonder n foto. priceless.

Met die herfsblaar saamtrek, kry ek en Wessel mekaar op n wildrit daar bo op die Karoo N park se vlaktes. En net daar wys hy my hoe lyk oompie agter die stuurwiel as hy in die stad se verkeer is. Die mense maak n pad oop vir die Omie !!!

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 13/07/2023 - 13:09

...moet so effe verweer wees, maar skoon!!! Dan moet jy die rand so bietjie opkrul na bo, gehoor. Dan lê jy so effe vorentoe oor die stuur. Wel, dit werk vir my in die Hiluxlaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 15/07/2023 - 10:36

Môre Chris B

Daar het heelwat plooie bygekom die week. 

Marie slaan laas Maandagoggend soos 'n os neer. Kyk alle rigtings, en haal nie asem nie. Lang storie kort----reguit hospitaal toe met haar.

Gistermiddag is sy ontslaan. Sy het toe erge griepvirus ingekry wat reguit bors toe is. Waarom sy flou geval het, weet ons nog nie. Gastroskopie het getoon dat sy nie 'n maagseer het nie, slegs maagwand ontsteking. 

My week het dus bestaan uit hospitaalbesoeke, genadiglik in die dorp. Sy is nou op bedrus en ek moet glo mooi na haar bors[te] kyk.  Dit doen ek met graagtelaughdevil

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 12/09/2024 - 18:59

My mentor, besigheidsvennoot en bitter goeie vriend is vadag oorlede. Kanker het hom ingehaal. Wat ń man was hy nie, mal oor die bos, ongelooflike humorsin, en 100% lojaal, geen voorgee nie, blou is blou.  Die wat hom geken het, het hom Kaptein genoem rondom die vuur saans. 

Hy het sy eie glas hier by my vir sy " brandy" gehad. So goedkoop dik glas. Ek het nou een geskink vir hom. Blikskottel, ek voel niks lekker nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 12/09/2024 - 19:27

Nie lekker om iemand wat só spesiaal was te verloor nie. Drink maar sy dop ook en waardeer elke slukkie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 13/09/2024 - 07:46

Sterkte daar, nooit lekker om afskeid te neem nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 13/09/2024 - 14:46

...ek is altyd sprakeloos as dit by sulke insette kom. 

Sterkte met vriend wat weg is, ek is 100% seker dat hy vir altyd in jou hart en gedagtes 'n Kaptein plek sal hê. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus