Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hentiesbaai se visse November 2026 Chris Boucher -10 minutes ago
Kgalagadi leeus Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -28 minutes ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Sjoe November 2026 Johann L -3 hours ago
Sjoe November 2026 Geert -3 hours ago
Nee wat, ... November 2026 Chris Boucher -4 hours ago

Augustus maand algemene klets

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Goeie môre almal, dis alweer 'n nuwe maand, en hopenlik is die winter verby in Britslaugh

Sterkte aan almal vir die maand wat voorlê, sommige gaan blomme kyk, en ander mag moontlik effe minder lekker ervaar. 

Mag dit net goedgaan met almal, en veral die wat 'n draai by hospitale en dokters moet maak.

Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 14/08/2023 - 08:40

Swaai is miskien nie die regte woord nie maar ek kon voel daar is "beweging" wanneer voertuie verby kom van agter af. 

Het vir Elmarie gevra of sy dit voel maar sy het gesê sy kom niks agter nie. 

Miskien is ek maar net fyngevoelig smiley maar dit gebeur net as voertuie my verby kom. Anders sleep die wa lekker en het al baie km gesleep sonder om ongemaklik te voel. 

Glo daar is niks met my kombinasie verkeerd nie want sonder die Tando sleep dit sonder probleme behalwe as groterige voertuie my verby kom. 

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 14/08/2023 - 09:40

Hello Jan

Ek probeer jou nie oortuig dat daar met jou kombinasie fout is nie. Ek gesels sommer saam, met hardop dink.

Ek aanvaar jy sleep al jare woonwa, maar die Classique is iets nuuts. Moenie jou laat lei oor die banddruk wat bokant die wiel geplak is nie. Kyk eerder na die spesifikasie in fynskrif op die band se sywal. Dit behoort vir jou die drakrag van die band teen 'n sekere druk, te gee. 

Ek het my Palma wat bakkiebande [c-gradering] gehad het, koud 3.5bar gepomp, want dit kon tot 4.5bar gepomp word om ongeveer 850kg te dra. Nadat ek bakkiebande op my Palma gesit het, het selfs die effe wieg baie afgeneem.

Ek is egter oortuig dat mens daai groot trok se wind effek altyd sal voel, al is daar nie noemswaardige/merkbare beweging nie.

 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 14/08/2023 - 12:23

Wessel nee verstaan............................heeltemal en vertêl ook maar net wat ek ondervind. As ek iets verkeerd doen wil ek graag dit regmaak of voorkom.

Die plakker op die Classique wys 350Kpa en ek pomp dit altyd so koud. Het wel 195 in plaas van 185 bakkie bande op juis om bietjie meer gewig te kan dra.

Stem saam dat die wind maar die groot faktor is want met die terug sleep het ek dit nie ondervind nie.

Soos Chris sê sal maar altyd die Tando gebruik vir my gemoedsrus.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 15/08/2023 - 08:54

Na aanleiding van 'n gesprek onder "Strydoms Namakwaland toer", die volgende;

dis so jammer dat gewone sêkondêre teerpaaie in sommige dele van land so totaal verwaarloos is. Ek dink aan die paaie in omgewing van Dullstroom, Lydenburg, Origstad. Dan rondom die Kendal, Ogies, Carolina en Hendrina omgewing,

Ek sien eerder kans om teen Kalaghadi spoed, met afgeblaasde bande die pad Nossob toe te sleep, as om bogenoemde paaie teen teerpad snelhede te sleep. 

Ons sal eerder groot ompaaie op hoofpaaie ry, of plekke totaal vermy, as om die risiko van teenspoed te vermy. Dan praat ons nog nie eers van lewens-veiligheid nie.

Ek het byvoorbeeld verlede jaar Pietersburg- Tzaneen- Mica gesleep tot by Swadini, om by Orpen hek in te gaan.  

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 15/08/2023 - 09:27

dis so jammer dat gewone sêkondêre teerpaaie in sommige dele van land so totaal verwaarloos is

Die R-roetes word deur die betrokke provinsiale regering onderhou. Dis waarom daar merkbare verskille tussen die gehalte van die roetes in verskillende provinsies is.
 

Ons is baie gelukkig in die Wes-Kaap. Ons R-roetes word nie net goed onderhou nie, maar word ook verbreed teen opdraendes om verbysteek te vergemaklik en veiliger te maak. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 15/08/2023 - 17:32

Middag vriende

Hoe rof is 'n opspoorstelsel op jou voertuig battery. Ek het mos nou 2 van die goete in Grompie.

Grompie het nie beweeg vir 14 dae nie, en dit lyk of battery so effe gedreineer is. Ongelukkig het ek nie gemeet voordat ek die laaier gekoppel het nie.

Ek sal maar in toekoms as Grompie in onbruik is, liewer elke naweek die laaier opsit, maar eers meet.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 15/08/2023 - 18:30

Eerlikwaar weet ek nie eers hoe n opspoorstelsel werk nie. Hoe en waar dit krag kry as die kar afgesit is, geen idee nie. Daar is nie drade , vreemde drade, ingesit vanaf battery nie. Wessel die Toyota staan somtyds vir 4 weke sonder start, en ek het nog nie iets agter gekom nie. 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 15/08/2023 - 18:39

Terloops, was gister by Onkoloog, hy het die scans en bloedtoetse van verlede vrydag  bekyk en die uitslag is.... my lyf is nog skoon.

Die week voor die 4 maande scan gedoen word, en dan gaan sit en die man in die oë kyk en hoor hoe lyk dit.. is hel op n mens se kop. Jy loop heeltyd en dink, What if.

Het vir Jurgie, net gister, n nuwe klein Webertjie gekoop wat n hoër deksel het wat n hoendertjie sal akkommodeer.  Groete.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 15/08/2023 - 19:28

...ek is so bly saam met jou, ek gaan nou 'n dop gooi!!!!! Nie oor die Webertjie nie, oor jou toetsuitslae.

Ek glo daai is 'n sielewroeging, om te gaan vir die toetse, en dan die uitslag in te wag.

Ek wil graag glo dat jy skoon gaan bly

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 16/08/2023 - 08:01

Ek kan nie nou ‘n dop gooi nie want ek werk nog, maar ek klink ‘n virtuele glasie op Oom Neef se goeie gesondheid. Dis puik nuus. Ek sien hy beplan reeds sy volgende toer met die nuwe Weber. Dalk sluit hy nog by Wessel aan in Karoo NP eersdaags. 

0

Dis baie goeie nuuws Herman. Ons is saam met jou verlig. So iets kan erg met mens se kop smokkel. Sal self 'n doppie op jou klink vanaand.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 16/08/2023 - 13:01

Middag vriende

Ek is eintlik baie spyt dat ek nie gister Grompie se battery gemeet het, voor ek dit begin laai het nie.

Volgens Tracker trek hulle stelsels so 20mAmp, hopenlik nie kontinu nie.Die goet het glo 'n rugsteun battery, wat wanneer moet werk, weet ek nie.

Gestel egter dat die stelsels [2] kontinu 20mAmp trek, dan oor 14 dae beloop dit 13.44 Amp.hr As dit vloei uit Grompie se 65 Amphr is die pappery gedreineer tot 79% of volgens my tabelle ongeveer 12.2Volt.

Die vraag is nou, sou Grompie aangeskakel het met so lae spanning?? Wat seg die tegniese elektriese manne wat diesel voertuie ry.??

Herman: As die battery dus van groot kapasiteit is, gaan 'n enkel opspoorstelsel dit nie so erg kou nie. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 16/08/2023 - 13:31

Herman ons is saam met jou dankbaar, ek gooi nou onmidelik 'n vol glas Coke en geniet dit saam met die doppe wat gegooi is.

my lyf is nog skoon.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 16/08/2023 - 13:50

Wessel, ja die opspoor stelsels trek wel bietjie. Hou egter in gedagte dat selfs daarsonder trek die voertuig op sy eie ook bietjie as hy "af" is, oa. om die basiese funksies, en alarm lewendig te hou. Hou op stres, as dit jou pla start daai tipper so af en toe en ry ommie blok, in alle geval goed om seker te maak alles wat olie nodig het is gesmeer en beskerm en die bande bly rond! Selfs my destydse Territory het op 'n stadium 'n battery gehad wat ingegee het agv die rugsteun battery van die Tracker wat na baie jare se diens ook nie meer wou nie. Lyk my jy is uiters verveeld en dink nou aanhoudend nuwe "probleme" uit! LMGA!

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 16/08/2023 - 15:16

...lyk my ek sal so moet maak, of elke naweek maar die CTEC laaier koppel. Ek sal die volgende paar weke nie om die blok ry nie, maar sommer om 'n paar provinsies.laugh

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 16/08/2023 - 16:02

Daar is dinge wat krag gebruik wanneer ‘n kar staan. As my voertuie staan sonder dat die kinders ‘n dak liggie aangelos het, sukkel ek egter glad nie na twee weke (of selfs drie) om dit weer aan die gang te kry nie.
 

Ek het egter nog nooit ‘n opsporingstelsel in ‘n voertuig gehad nie, en het ouer voertuie wat nie al die nuwe slim tegnologie in het wat waarskynlik meer krag trek nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus