Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.
Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.
Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.
Ek beskou myself..............
..............ook nie as 'n kenner nie, maar mis geen wedstryd op TV waar die Bokke en/of Stormers/WP speel nie. Gisteraand se wedsryd was puik met 'n volgepakte Twikenham-skare wat saam gesels het. Ek glo die spul Engelse het vir die Bokke geskree, want die ge-cheer het die hele wedstryd aangehou.
Wat ou Manie L betref, sy gesukkel met die skopskoen verlede week het nie die keurders ontsenu nie - gisteraand se wedstryd het bewys hulle gevoel was reg. Ek glo sy selfvertroue het nou die regte medisyne gekry en voortaan behoort dit goed te gaan.
Ek is ook mal oor my rugby,…
Ek is ook mal oor my rugby, soms sommer net in die sop omdat ek net sit en kyk sonder om iets te doen. Die Bokke se gees en spel is op 'n goeie plek, maak ook foute maar probeer hard om dit weer reg te stel. Ek dink ons staan 'n goeie kans in die WB, sal net voete op die aarde moet hou en nederig bly. Duidelik hou die All Blacks nie van Onder druk speel nie en hou ook nie van in hul gesig te speel nie. Hoop die Franse het opgelet in die klas en is reg om die AB weer 'n pak te gee.
Pure plesier
Gisteraand voor die wedstryd sê ek vir Salomien ek kan nie onthou wanneer laas was ek so op my senuwees nie. Maar wat ‘n verassing! Ek weet nie of ek of die NZ span meer verbaas was nie. Die Springbokke het die res van die spanne ‘n les gegee in hoe om NZ te neutraliseer, en hulle toe boonop behoorlik ore aangesit.
En moenie vir my kom vertel NZ het die wedstryd gegooi nie. Hulle is te trots en te lief vir rugby. Dit was die geweldige druk wat die Springbokke toegepas het. Ek het nog nooit ‘n NZ span so verbouereerd gesien nie. En vol foute. Hulle kon glad nie hulle normale spel patroon volg nie. Pure bokplesier!
As 'n groot All Black…
As 'n groot All Black ondersteuner lek nog steeds wonde na die game. Dissipline en foute het die game gekos. Op WB vlak kan geen span met 13 of 14 man teen 'n ander span oorleef nie. Daar is net te veel gate en jy moet die hele tyd verdedig wat foute veroorsaak agv druk. Verskonings is daar maar min. 'n Span met karakter moet kan verloor ook om op die ou einde 'n regte Kampioen te kan wees.
Die positiewe is dat die All Blacks as 'n nuwe jong span kan en sal opstaan. Dis net weer 'n kwessie van tyd om die Bokke soos in 2017 met 57-0 te vertrap. Meeste van julle het seker hierdie rekort vergeet.
Wat my verstreur aan die een kant is die rugby reels wat daagliks verander. As jy nie elke seisoen 'n reelboek nader gryp en opswot nie dan verstaan jy nie meer die game so lekker nie. Wat my bangmaak is WR se reels wat kopbeserings probeer beperk. Ek stem 100% saam met dit maar rugby bly 'n kontak sport. As hulle so aangaan sien ons verpligte kop beskerming binnekort in rugby. Ek dink een van die grootste vrese van afrigters is dat 'n sleutel speler per ongeluk kontak maak met 'n oppinent se kop en dan vir 'n paar games gestraf kan word. Geen span kan dit bekostig in 'n WB nie.
Da wa ek woon ...
... is ok mense wat die All Blacks support. Ek kan dit in a way vestaan want hulle het deurgeloep onner apartheid. Wat ekkie kan verstanie is lat die helfte van die Springbok team is nou van hulle se mense, ma stieds support hulle die All Blacks. Ek moet sieke vestaan as da anne mense is wat oek die All Blacks support, maar daai's a tough ienietjie vir die klein ertjie tussen my ore. Ampe erger as 'n man wat innie Kaap gebore en gegroot het wat virrie Bulls cheer, offe Jo'burger wat virrie WP of Stormers support. Ek verstanie nie. Ek skit net my kop.
Ek wil nie die topic kaap…
Ek wil nie die topic kaap nie maar,
Die wit All Black ondersteuners groei daagliks hier in my omgewing, Chris. Dit het seker met ongekeerde appartheid te doen. Hoekom is dit reg vir die een groep maar verkeerd vir die ander? Daar is miljoene redes daarvoor en elkeen is seker geregtig om vir sy span van keuses te skreeu.
Wat maak dit saak as iemand 'n ander span ondersteun? Dit gaan oor die spel Rugby. Ek as 'n Ford man kan ek mos nie kwaad wees vir mense wat Toyota ry nie want die lewe gaan oor "keuses". Jou eie.
Almal kla uurliks oor Eskom krag probleme, Veiligheid, Rand wat waarde verloor, Bricks Probleme, Potholes, Poskantoor en munisipaliteite wat nie werk nie en nog duisende ander goed wat alreeds platgeval het maar alles is 100% solank die Bokke net wen. Hiermee skuld ek my kop maar ek aanvaar mense verskil en maak ander keuses.
Ek val jou nie aan nie maar hierdie is seker iets om ook aan te dink.
En nou ....
.... zip ek maar eerder my bek toe ter wille van forum-vrede.
Franse ondersteuner
My voorsate was van Franse afkoms, lank, lank gelede. My ou vader was baie trots daarop. As die Franse rugby gespeel het, het hy so snaaks gerpaat, en Roquefort kaas geeet dat niemand met hom kon huishou nie.
Maar die dag as die bokke teen die Franse uitgedraf het, was hy biltong en beskuit. Maw sy lojaliteit was eerstens hier.
Terloops, ek gaan weer vir Japan skree in hulle wedstryde. Ek hoop net nie hulle foeter die bokke weer op nie!!
Ek het ook my tweede en derde spanne ...
.... maar dalk oor baie simpel redes. Ek hou van Skotland - net oor hulle mooi volkslied. Namibië lê my baie na-aan die hart omdat ek lief is vir die land. Roemenië omdat dit my kinders se tuisland is. Maar in my hart is ek 'n Bok.
Die grootste NZ…
Die grootste NZ ondersteuners klub buite NZ is hier in Worcester. En dit maak dit ekstra lekker as die Springbokke so oortuigend met hulle afreken. Want dan is dit doodstil in Hoogstraat na die wedstryd. Ek kan ook nou verstaan waarom daar so baie wit varing blare in ons dorp is. Soos ‘n bruin kollega van my (wat die Springbokke ondersteun) dit stel; mense (hier plaaslik) wat die AB ondersteun, hou nie van verloor nie. Hulle is seker maar spyt dat hulle die afgelope naweek die AB ondersteun het.
Dis net sport, maar ek was al in NZ en het gesien hoe ernstig hulle rugby opneem. Dis ‘n redelike landelike gemeenskap buite die paar stede. En al het ‘n dorp net ‘n petrol pomp is daar steeds ‘n rugbyveld. In die stede speel mense rugby op elke stuk gras wat groot genoeg is. Rugby is hulle geloof, en hulle is die beste daarin. Maar ons weet vir wie is hulle die bangste, en Vrydag het ons gesien hoekom.
Vir die Bok ondersteuners…
Vir die Bok ondersteuners wat dit nie geweet het nie
Baie interessant
Dankie Skerpioen vir daardie stukkie inligting.
Ek hou van die storie agter…
Ek hou van die storie agter die storie. Dis eintlik jammer die Springbok HK het verlore gegaan, dis nou net 'n Zulu dans. Die simboliek agter HK's is nogal interresant.
Die All Black HK het baie gebruike soos by sport, begrafnisse, troues, eerbewys aan persone, ens. By rugby word die HK gedoen om hulle demonansie, krag, trots en eenheid te wys op so 'n intermiderende wyse. Die ander kant wys respek vir hulle opinente of vyande.
Ek is bly jy is rustiger vandag. Ek aanvaar mense vat hulle rugby ernstig op.
Ek sal baie daarvan hou as…
Ek sal baie daarvan hou as die Bokke hulle "War Cry" of "Zulu Battle Cry" weer doen. Elke Suid Afrikaanse skool doen tot vandag nog hulle unike "War Cry" wat hulle as 'n skool simboliseer en sterkmaak.
Hier is nog iets om te lees.
Skerpioen
Nee, ek was darem nog nooit onrustig nie. Ek het maar net gewonder hoedat 'n Bloemfonteiner 'n All Black-ondersteuner kan wees. Soos reeds genoem verstaan ek die bruinmense se affiniteit met die All Blacks a.g.v. die geskiedenis toe hulle vir enige ander buitelandse span teen die Bokke ge-"cheer" het. En as my pa 'n All Black ondersteuner was (asook dalk my oupa en ander familielede) is dit amper logies dat ek ook 'n All Black- ondersteuner sal wees. Dalk neem dit hulle 'n paar geslagte om dié lojaliteit af te skud. Maar ek moet sê dat die oorgrote meerderheid van my dorp se bruinmense is Bok-ondersteuners. Dit sommer net terloops.
Om aan te sluit by bogenoemde. Twee van my oud-kollegas is onderskeidelik Vrystaters in murg en been. Die een woon al vir jare in Pretoria, waar beide van sy seuns gebore is en grootgeword het. Hulle pa is egter 'n lojale Cheetah-ondersteuner en daarom is die twee seuns ook. Die ander oud-kollega het om een of ander rede 'n WP-ondersteuner geword. Beide sy seuns het in Delmas grootgeword, maar hulle is nes hulle pa WP-ondersteuners.
Ekself is 'n getoë Bolander. Ek het daar grootgeword, my klubrugby daar gespeel en ook vir etlike jare 'n skeidsregter gewees. Boland-rugby sien hoegenaamd nie meer daarna uit soos wat ek dit beleef het nie. Maar in my hart bly ek 'n Bolander. Omdat WP/Stormers maar ons Wes-Kaapse span in die groter kompetisies is, is ek uiteraard 'n ondersteuner van hulle. Alhoewel dit lanklaas gebeur het, het ek altyd ten alle tye die WP/Stormers ondersteun, behalwe as die WP teen die Boland speel. Laasgenoemde staan gewoonlik nie 'n kans teen die WP nie, maar dit is waar my hart en siel is.
My seun het op 'n stadium oorweging gegee om na Australië te emigreer. My woorde aan hom was "onthou as jy daar gaan woon omdat Suid-Afrika om welke rede ookal nie meer na jou sin is nie, word jy 'n Australiër. Moenie daar op 'n pawiljoen gaan sit met jou Springboktrui as die Bokke daar speel nie. Dan verraai jy jou land wat jou 'n nuwe lewe gebied het". 'n Niggie van my het etlike jare gelede met haar gesin Australië toe verhuis. Haar man het daardie motto van die begin af gehad.
Maar soos genoem - ek is rustig oor jou keuse om die All Blacks te ondersteun. Ek het maar net gewonder wat die rede daaragter is. Omdat jy verkies om vir wenspan te ondersteun? Ek wonder steeds.
Jy erken duidelik die All…
Jy erken duidelik die All Black is 'n wenspan. Mooi Man. Grap net
Dit gaan nie vir my om 'n wenspan te ondersteun nie. Dis nie waarom ek die All Blacks ondersteun nie. Ek hou van hulle manier van rugby speel. Hulle "dink" op hulle voete en speel hardloop rugby, nie stampkar rugby nie. Hulle toor met 'n bal soos hulle die bal beheer. Dit gaan nie net oor ligaam grootte nie maar oor hoe vinnig jy uit die blokke kom. Vinnig en groot is die antwoord in meeste posisies. Soos Jonah Lomu. Sterker as 'n stut en vinniger as 'n vleuel. Die altimate rugby speler.
Die ander kant waarvan ek hou is dat jy jou posisie moet verdien al is jy die kaptein. All Black bestuur sal jou maklik oorsien of uitlaat as jy iets verkeerd doen of nie op vorm is nie. Dan die ander groot punt. Hulle maak voorsiening vir nuwe bloed en jong spelers in grootmaat. Kyk na die huidige AB span daar is baie nuwe bloed met min ou manne. Volgens my is jou goeie rugby tyd op 30 al lankal verby. En so kan ek aangaan.
Daar is baie Bok spelers waarvan ek hou. Die Bok span kan baie sterker wees as die regte spelers gekies word maar soos jy weet is die 'n nuwe "Fight" want mense verskil met hulle keuses.
Ek is wel n groot Vrystaat ondersteuner al maak hulle verloor soms deel van hulle gameplan. (HaHa---Grap net) Ek moet wel bieg ek en my vriende gaan kyk nie meer rygby op die staduim nie. Die toeskouers is besig om te kwyn en almal sal eerder tuis kyk. Ek is 'n groot sportman en het Vrystaat kleure in 4 sporte (Light Tackle, Diepsee, Silhouette en Boogskiet) en Protea klere al 4 keer gekry. Nationale kleure Jaarliks. So ek hou van sport en weet wat dit vat saam met opoffer om international te kan deelneem. Tans skiet ek Kleiduif vir fun en geniet dit meer as die kompiteerende kant. Jag jaarliks tientalle keer en skiet in seisoen weekliks duiwe en eende. So ek is baie besig en hou van biltong en droee wors.
Jy moet eers kan verloor voordat jy kan wen. Jou hoogmoed en arrogansie is jou grootste vyand want wenners is persone wat hulle ego's kan beheer en die ekstra myl kan stap om sportmangees te bevorder. In al die sportsoorte waarmee ek my besig gehou het sien ek daar is 'n groot tekortkoming aan "Metal Traing" in Suid Afrikaanse sporte. Dis waar die All Black en Australia ons ligjare voor is in al hulle sportsoorte. Hieroor kan ek boeke skryf.
Ek stem nie saam nie
onthou as jy daar gaan woon omdat Suid-Afrika om welke rede ookal nie meer na jou sin is nie, word jy 'n Australiër. Moenie daar op 'n pawiljoen gaan sit met jou Springboktrui as die Bokke daar speel nie. Dan verraai jy jou land wat jou 'n nuwe lewe gebied het
Ek is in Pretoria gebore, en het die grootste deel van my lewe daar gewoon. Ek bly dus ‘n Bul tot ek doodgaan. Ek woon nou nege jaar in Worcester, maar daar is nie ‘n manier dat ek ooit vir die WP sal skree nie. Al kry hulle nul, bly ek ‘n Bul.
Ek sal nie emigreer nie, ek wil nie en is te oud al wou ek. Maar as ek sou, sou ek ‘n Bok ondersteuner gebly het. Ongelukkig is dit so dat met die moontlike uitsondering van Amerika, waar amper almal immigrante is, mens in ander lande ‘n immigrant bly. Die Aussies, Kiwis en Engelse praat bv van ons as Saffers.
My skoonsuster wat nou al amper vier jaar in NZ woon het onlangs die nare ervaring gehad. Sy het gewerk by ‘n plek waar mense mediese ondersoeke laat doen vir vlieg lisensies. Toe ‘n onbeskofte vrou ontevrede is met iets wat my skoonsus haar inlig ingevolge die neergelegde prosedures, sê sy; “Why do I have to be assisted by a foreigner?” Vreemdelinge haat is nie uniek aan SA nie.
Wat ons landsgenote wat die AB ondersteun betref vermoed ek Mnr Boucher se aanname is in die kol. Dis mense wat nie hou van verloor nie. Hulle sal gereeld daarop wys dat hulle die AB ondersteun omdat hulle goeie rugby speel. Dit laat my dink aan my kinders toe hulle kleiner was. Soms as ons bv rugby kyk en ek skree vir die Bulle, en lg raak agter met die telling, dan het die kinders gesê hulle is in die ander span - net omdat dit lyk of daardie span gaan wen.
Ek vermoed Chris Jnr gaan dalk ‘n WP ondersteuner word. Hy is immers hier gebore en al sy maatjies skree vir die WP. Maar vir nou skree ons almal saam vir die Bulle. Ons het ‘n tradisie; elke keer as die Bulle punte aanteken speel ek die nasionale Bloubul lied (soos dit op Loftus genoem word), die deel oor die Bloubul wat nie van die vloer af eet nie. En my kinders sing hartelik saam. As die Springbokke speel, speel ek elke keer wat hulle punte aanteken Hie’ kommmie Bokke. Die kinders (en ek en Salomien) geniet die tradisie baie.
Ons het ongelukkig nie ...
... 'n WP/Stormers-lied wat by die Blou Bul-lied kan kers vashou nie. Al is baie van dié lied se woorde nou juis meer van toepassing soos die Bulle vanjaar gespeel het nie, bly dit 'n lekker lied om saam te sing (al is ek nie 'n Blou Bul-ondersteuner nie). Maar dit is 'n interessante tradisie wat jy het.
Wildehond jou stelling is…
Wildehond jou stelling is reg met "Dis mense wat nie hou van verloor nie."
All Black ondersteuners hou nie van verloor nie want WEN is 'n ingeboude gewoonte wat aangeleer word met tyd. Geen "Wenner" hou van verloor nie. Onthou om te verloor is om laaste te kom. Hoe meer jy WEN hoe makliker is dit volgende keer. Jy werk hard daarvoor. Die dag as ons verloor kom ons net volgende keer twee keer harder terug en raai---Ons WEN
Lyk my al die Bok ondersteuners hier weet in hulle harte die All Black is beter as die Bokke. Stats sê ook so. Dit maak my bly want julle kan ook sulke swart mooi rugby klere vir julle koop. Ek ondersteun die Mighy All Blacks al met twee hemp sizes. Van Large na 2 XL. Dis al meer as 17 jaar wat ek gelukkig is met die All Blacks en hulle spel. Ek verf sommer my boot en karavaan swart. ![]()





Kyk ook nie so baie sport…
Kyk ook nie so baie sport meer nie, maar toe ek so paar weke gelede die koerant kry met die span keuse, met al die bekendstes en almal het al naam gemaak, geweet hier kom n ding. Die ondervinding is daar. Dit was nou n gepolishde span !! Al die vrese van Manie Libbok is begrawe, so van akkuraat sy balle plaas het selfs raksie van Joel Stransky gekry.
Op n stadium amper begin jammer voel vir die All Blacks, die bloed het gevloei, letterlik,, blou oge. Hulle swakste spel nog, skrums, lynstane hantering en dissipline was in n warboel. Maar, hulle verdediging is puik, en die res sal hopelik gou regkom. En daar is baie talent in hulle agterlyn, dit was duidelik met die 3 balle wat by die vleuels uitgekom het.
Ek gaan elke game van die wereldbeker kyk, sal seker nie weer die span saam in aksie sien nie.