Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.
Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.
Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.
Volleyball
Die krieket was maar teleurstellend om te volg. Ek het maar besluit om nie verder daarna te kyk nie. Ek volg maar deesdae volleyball....
Geert, neef stem heelhartig…
Geert, neef stem heelhartig saam. Al jare lank ń Beach volleyball fanatic. Tydens die Olimpiese spele is die spel van ongelooflike gehalte.
volley ball
Lyk na 'n aanskoulike spel, wat ooglopend voordele inhou om van nader te beskou.
Ons sou geweet het
As hy nog hier was sou ons direk na die eindfluitjie van hom gehoor het. ![]()
Skerpioen
OOO ons beweeg nou op nie goeie grond. Ek het toevallig nie n All Black onder steuner en soos wildehont te oud om te emigreer. Maar ek wil nie.
Nee ek los liewer, anders word my rekening toe gemaak.
Ek hoop ons kom terug Saterdag en neek hulle op. Ek sal maar heerlike volleyball kyk,






Droogte
Daar laat die reën ons in die steek. Ons kolwers ook.