Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.
Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.
Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.
Hulle verkoop goedkoop…
Hulle verkoop goedkoop Springbok klere.
HAHA. Uitverkopings is gewoonlik as die produk nie verkoop nie of niemand dit wil he nie.. ![]()
Wie is gert Viljoen?
HAHA Chris. Amper was hy…
HAHA Chris.
Amper was hy my Hero.
Jy kan my sommer Zack noem.![]()
Nee man ....
.... jy moet maar Gert Viljoen bly. Al die ander Zack's wat ek ken is Bok "supporters" ![]()
7-1 spelers op die bank
Ek het nooit besef dat die keuse van spelers op die bank só 'n debat kon ontlok het nie. Word die samestelling van hierdie impak-spelers in die rugby-reëls voorgeskryf ?
Glad nie
Word die samestelling van hierdie impak-spelers in die rugby-reëls voorgeskryf ?
Nee, maar dit het al in 2019 wenkbroue laat lig toe ons 6-2 gekies het. Nou is daar menings dat wêreld rugby die reëls moet verander om ons te verhoed om 7-1 te kies. Belaglik.
Gert Viljoen ...
... het jy toe daarin geslaag om vir jou een van daai sissie-groen Ierse truitjies te kry?
Nie eintlik beter nie
daai sissie-groen Ierse truitjies
Ek moet eerlik wees dat die Checkers truie waarin die Bokke vandag weer gaan speel nie eintlik beter is as Ierland s’n nie. Wanneer trek ons weer die lang strootjie sodat ons in ons regte truie kan speel? Ek sou sê die wêreld kampioene moet voorkeur kry sodat die res in hulle weg klere kan speel.
Punte weggooi
Libbok se skopwerk is al geruime tyd probleem....selfs skool laaities skop meer suksesvol pale toe
Ek weet bittermin van rugby, maar weet wel dat dit n wen kon wees as jy nie punte weggooi nie. Gee hom maar nog n kans tot hy ons uit die RWC skop
Dit is 'n neiging om die ref…
Dit is 'n neiging om die ref te blameer, maar wragties, die aap het Ierse foute nie raak gesien nie, obstruisies, vuil spel en baie ander Ierse foute dood eenvoudig mis gekyk.
Ek vermoed daar is half tyd bietjie met hom gesêls, want hy het toe darem een oog oop gemaak.
Kom ons vat dit op die ken
Geen twyfel dat die beter span op die aand se spel die wedstryd gewen het nie. Ons kom maar net 'n bietjie terug aarde toe na ons onlangse oorwinning oor die All Blacks.
Dr Danie Craven het doerie jare al gesê dat jy eers jou skopper kies en dan die res van jou span. Libbok kan soms briljant skop (hy't dit in die VRK gewys), maar is nie bestendig genoeg nie. En moenie vir Pollard weggooi nie - hy't ookal verskeie afdae met sy skopskoen beleef, Ons benodig 'n betroubare skopper soos 'n Morné Steyn van ouds.
Met die stel van die bal vir die doelskop na Kolbe se drie, het ek vir my skoonseun gesê dat die bal links verby gaan wees, want dit was duidelik dat die bal nie reg gestel was nie. En dit was inderdaad so. Libbok het te veel bleddie tierlantjies en rituele voor elke aanloop. Hy maak 'n mens se senuwees op met bykans elke skop wat jy vrees dat hy nie binne die vereiste tyd gaan skop nie.
Ek herhaal - Ierland het verdien om die wedstryd te wen.
Geen kommentaar....
Ek gaan niks kwytraak nie, want ek is nie 'n rugbykenner nie. Julle kan vroëe reen verwag, ek het gisteraand vir 1ste keer in jare na die wedstryd gekyk.
My 2 sente, deesdae se rugby is nie vir my aanskoulik nie.
Nie die 1ste keer
Dis nie die 1ste keer dat bokke verloor teen Ireland weens swak skopwerk nie....November in Dubblin ook verloor teen hulle agv swak skopwerk. Ons kort n Naas Botha....iemand waarop mens kan staatmaak.....nie iemsnd waarop jy moet hoop dat hy nie n afdag het nie. SA het oor die 60miljoen inwoners....uit dit moet daar seker êrens iemand wees wat darem meer akuraat kan skop? Ons sit met die wêreldbeker en wil dit verdedig, maar kan nie pale toe skop nie?
HAHA toe bars die ou…
HAHA toe bars die ou bubbletjie in ou Rassie se gesig. Miskien moes hy weer sy disco ligte gebruik het om die Iere te probeer stop. Ek sien die Ref word nou ook sommer uitgesonder as 'n sondebok. Komaan mense probeer 'n verskil maak en verloor soos 'n man sonder verskonings en vingerwys.
Baie geluk aan die Iere wat ek ondersteun het. Julle is baie beter as die ou knieknakkerkies met hulle sogenaamde bom squad. Julle moes net in die 4de min pale toe geskop het vir ektra punte. Dan was die ou bokkies vinniger geknak soos 'n strooitjie.
Sterkte aan die Mighty ALL Blacks met die reeks. Ek en miljoene in Suid Afrika ondersteun julle
Gert Viljoen ...
... dit klink my jy's nie net 'n All Black ondersteuner nie, maar 'n ondersteuner van enige ander land wat teen Suid-Afrika speel? Waar't jou afsku aan die Bokspan dan sodanig ingeskop dat elke ander opponent eerder jou ondersteuning geniet?
Ek gee graag eer en erkenning waar en wanneer dit hoort. Daarom dat ek (sien hierbo) vir Ierland alle eer gee vir hulle oorwinning. Hulle't op die aand se spel dit verdien. So gee ek jou gunstelingspan ook alle eer vir die wyse waarop hulle meeste van die tyd speel.
Ek het in 'n era grootgeword waar opponente applous gekry het wanneer hulle dit verdien het. Ek dink aan my kinderdae toe ek saam met my pa menige toerspan-wedstryde teen Boland op Wellington gaan kyk het. Dit was nog die jare van lang toere. Boland het gewoonlik 'n weeksdag-wedstryd gekry. Boland Stadion was dan gepak. En die toerspanne, wat amper sonder uitsondering gewen het, het applous gekry vir enigiets goeds wat hulle op die veld gedoen het. Doodse stilte het geheers as die opponente pale toe skop (soos steeds die geval is by Britse en Ierse klubwedstryde).
Maar dit daar gelaat - ek verstom my net oor die amperse (beskryf ek dit as?) haat teenoor 'n mens se eie land se span.
Ek herhaal - Ierland het…
Ek herhaal - Ierland het verdien om die wedstryd te wen.
Ons almal weet dit voor en na die tyd. Elke speler in die span het 'n werk om 100% reg te doen. Die Bokke se skoppers doen beslis hulle spanmaats geen guns nie. As die Bokke wil goeddoen of die WB wen sal hulle vinnig 'n goeie skopper moet kry en hulle arrogansie moet los dat daar genoeg skoppers in die span is. Almal van die 15 spelers op die veld kan pale toe skop maar daar moet een skopper wees wat se slaagsyfer 100% is. Dis hoe jy rugby wen.
Kniekankkerjie Lyk my jy is…
Kniekankkerjie
Lyk my jy is een van hulle. Miskien eendag langs 'n kampvuur sal ek jou vertel. Op die oomblik deel ek daai info nie met knieknakkers nie
Nog 'n Dingetjie ou …
Nog 'n Dingetjie ou "knieknakkerjie".
Toe die All Blacks teen Namiba gespeel het het jy die Namibiers ondersteun. Net so het ek en ander ook keuses wie ons ondersteun.
Waar't jou afsku aan die All Blacks dan sodanig ingeskop dat elke ander opponent eerder jou ondersteuning geniet?
Ek praat Dinsdag verder. Gaan nou eers verder braai.
Huh?
Waar't jou afsku aan die All Blacks dan sodanig ingeskop dat elke ander opponent eerder jou ondersteuning geniet?
Ek weet nie hoe jy daardie aanname maak nie - ek het nog nooit so-iets gesê nie. Meestal is ek maar baie apaties as enige ander spanne teen mekaar speel. My ondersteuning vir Namibië is bloot omdat ek verskriklik lief vir die land se sy mense is. My verbintenis met Namibië kom oor baie jare. Ek besoek die land bykans jaarliks. Die mense praat my taal en ons Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners en Afrikaans-sprekende Namibiërs deel basies dieselfde kultuur. Namibiërs is vir my soos my eie mense.
A.g.v. die feit dat my kinders al vir 20 jaar hier in Roemenië woon - en my kleindogter is n gebore Roemeen - het ek baie affiniteit met dié land. Maar as hetsy Namibië of Roemenië teen Suid-Afrika speel is my bloed groen.
Ek glo egter dat ons sal "agree to disagree" oor hierdie onderwerp. Sukses met jou span word jou toegewens. Maar ek hoop dieselfde vir myne.
Ou knieknakkertjie (of is dit nou kniekankertjie, want ek sien ek word beide genoem).





Smaak my ...
... enige span wat teen die Bokke speel is die regte span vir Gert Viljoen.
Ek het so 'n ou Blou Bul-vriend. Hy 'support' enige ander span wat teen die WP/Stormers speel.