So lees ek vanoggend `n Maroela media berig oor misdaad in die polisie of eerder van misdadige polisiemanne.
Byna 5500 in hegtenis geneem seder 2019-20. Darm was daar net 383 ernstige misdade waarvoor lede in hegtenis geneem is (Dis nu ook maar net die wat gevang is)
84 Vir moord
109 Vir roof
79 Vir verkragting
29 Vir veediefstal
4 Vir transito rooftogte
78 Vir ontvoering
En dan die troosprys volgens die agbare minister geen polisieman was in hegtenis geneem vir betrokkenheid by plaasmoorde nie. Weereens dit beteken nie dat hulle betrokke was nie hulle is net nie gevang nie.
Vroeër jare sou jy jou kinners leer om hulp te vra van die polisie maar nou???? ek weet nie
Jammer om dit te sê maar die land is in sy moer !!!!
Ek voel so want dit vat aan my lyf want gister middag is by my ingebreek my 14 jaar oue Jack russel doodgeslaan met `n graaf en garage oopgebreuk vir fokkol want niks is gesteel nie..
Alarms kameras elekriese heinings reaksie alarm maatskappy niks help meer nie. Ek wil nie eers na die beeldmateriaal van die kameras kyk nie. Ek is moerig verby !!!!
Sterkte vir jou. Ek sien…
Sterkte vir jou. Ek sien jou seer en verstrasie
Ek stem 100% saam met jou brief. Die polisie kan nie meer vertrou word nie want hulle is van die grootste skelms. Dis jammer dat almal in hulle diens nou oor dieselfde kam geskeer moet word maar dis seker hoe die lewe is. Die polisie se primere plig is om landsburgers te beskerm saam met hulle eiendom en hulle slaag NIE daarin nie. Daai stats wat jy gee is 10000x erger want nie almal word uitgevang nie. Dis al keer op keer bewys dat die polisie betrokke is by plaasaanvalle. As jy dit nie weet nie sluit aan by boere vereningings om die regte stats te kry.
Ek moes ook Saterdag my ou Boelie uitsit na 11 jaar se vreugde. Die kanker het haar vinnig binne twee weke opgeeet. Ek kan nie glo hoe leeg is 'n huis sonder my varkie nie.
Die duiwel is verseker los in Suid Afrika. Alles is soos jy sê--moertoe. Wat ek nie verstaan of wil verstaan nie is dat almal huil oor wat aangaan in die land maar alles is 100% reg solank die ou Bokkies net wen. Dis seker hulle laaste en enigste plesier of vashou aan 'n land of mislukte staat. Maar nou ja --almal het sy eie keuse oor wat hy doen of hoe hy dinge sien.
Ek sê altyd my eie veiligheid is in my hande. Ek doen alles om dinge veiliger te probeer maak vir my en my gesin. Moet nie slaplê as dit oor veiligheid gaan nie. Skelms word slimmer en geweldadiger by die dag.
Voel vir jou....dis nooit…
Voel vir jou....dis nooit lekker as dit gebeur nie. Dalk ook 'n les hieruit te leer? Het hulle die graaf saamgebring of was dit ene wat in die erf was? ADT waarsku ons gereeld dat mens goed soos 'n graaf, pik, "crow bar", leer, en so aan altyd maar altyd toegesluit moet hou vir ooglopende redes. Ekself doen dit ook nie altyd nie, maar het pas myne weer gaan toesluit. Terloops, die maters wat hulle inkomste deur steel "verdien" mik deesdae eerste vir 'n kluis, in my geval klompie jare terug die ding sommer uit die muur gebreek en saamgevat. Nuwe kluis net 'n klomp skroewe en goed in wat geraas maak maar totaal waardeloos, gee hulle wat hulle soek en laat hulle dink dis jackpot dag!
Gister gepubliseer...dis nie…
Gister gepubliseer...dis nie net SAPS nie, lyk asof almal deel in kriminele aktiwiteite. Ons is die 7de mees kriminele land uit 193 lande....amper daar vir die Wereldbeker!
Stem saam Grootwind. Nog…
Stem saam Grootwind.
Nog iets wat baie van ons miskyk. 'n Huishouding gooi baie goed daagliks weg. Vir 'n swartsak grouer wat deur vuilgoed sakke krap kan jou gemors wat jy uitgooi 'n aanduiding wees dat die huishouding ryk is of iets kan he wat hy graag wil besit.
Nog 'n voorbeeld is 'n jagter wat byvoorbeeld self herlaai. Lee kruit blikke en slagdoppies in swart vullis sakke is 'n goeie aanduiding dat die huis 'n kluis en wapens het. Maak 'n punt daarvan om nie sulke goed weg te gooi in vullis sakke voor jou huis nie.
As jy 'n moeilike buurman het wat die bokke ondersteun sit sulke sakke voor sy huis.![]()
Jammer SS wat by jou gebeur het.
Ek besef net elke dag meer en meer hoe bevoorreg ons is om in 'n sekuriteitskompleks te bly hier in die suid-weste punt van Suid-Afrika. Alles is nou wel nie altyd honkie-dorrie hier nie, maar ons het in die 18 jaar wat ons in hierdie kompleks bly nog geen inbraak of roof gehad nie, ons het ook nie dromkrappers en andere wat aan ons voordeur klop nie, ook nie gemorspos in ons posbusse nie. Ons vullis word klokslag weekliks verwyder, selfs ook op vakansiedae, ons het altyd water, selfs tydens die verskriklike droogte in die Kaap 'n paar jaar gelede, ons loop ook deur onder beurtkrag, maar in 'n mindere mate omdat Kaapstad sy eie aanvullende hidro-krag opwek. En ons het 'n burgemeester wat nie elke dan en wan deur 'n mosie van wantroue vervang word nie.
Baie om voor dankbaar te wees.
Len, dit is werklik iets om…
Len, dit is werklik iets om na uit te sien as ons gaan verhuis.
GW nee dit was my eie graaf…
GW nee dit was my eie graaf en ja as mens daaraan dink moes die ding seker weggebêre gewees het maar ai soms is dit net nie moontlik nie. hy kon seker ook die swembad besem of enige iets anders gebruik het maar jy is reg ek sal in vervolg meer waaksaam en pro aktief wees
Die hemele alleen weet wat gaan van ons word want alles wat hierbo genoem word is waar maar dit voel al reeds of ek in `n tronk bly.
Die vuillis uitsit is nogals iets wat ek op let want iemand wat ek ken het `n platskerm tv gekoop en die verpakking saam die asdrom uitgesit en daar is die volgende week by hom ingebreek en die tv het opgestaan en weggeloop.
Oom Len
Ek is bly en dankbaar dat julle nie so hoef te leef nie en redelik veilig is maar ongelukkig is ek iemand wat werk met hout saag sweis en en en so kompleks lewe is nie vir my `n opsie nie.
Die 7 weke staking hier by ons is `n probleem want ek betaal R400 pm vir vuillis verwydering en dit gebeur nie maar ek moet steeds betaal. Betaal jy nie word jou krag en water afgesny. Dus moet jy nou iemand anders R70 betaal om jou drom te kom leegmaak en dit is kostes vir jou eie sak en so gaan dit aan en aan.
Ek ken ook mense wat in komplekse gewoon het wat ongelukkig nie meer by die heffings kon bybly nie en agv daarvan moes verkoop.
Wees gereed
Dis verskriklik as ‘n skurk jou privaat ruimte (eintlik jou koninkryk) betree. En dat hulle boonop julle troeteldier doodgemaak het is nog erger. Dis die wêreld waarin ons leef, en ons moet adapt or die.
Toe ons langnaweek deur die weer gekortwiek is, kon ek darem ‘n paar sekuriteit verbeterings aanbring tuis. Die een spreilig langs die huis het geblaas, en ek het dit vervang met ‘n nuwe. Ek het ook ‘n veiligheidshek in die kosyn gesit wat toegang gee tot die hoof slaap gedeelte in ons huis. As ‘n skurk dit verby ons alarmstelsel maak tot in die huis, gee dit my darem ‘n minuut of twee om ordentlik wakker te word en voorbereid te wees.
Ek het nie ‘n skerppunt ammunisie wapen nie, net ‘n pistool wat loskruit patrone skiet met pepersproei in. Ek weet hier is lede wat nie daarin glo nie, maar ek sal dit gebruik as ta probeer om die hek oop te breek. Eers hurk en luister voor ek die slaapkamer deur oopmaak om te kyk of iemand by die hek is, en dan besluit watse aksie om te neem. Die res van my gesin sal gelukkig buite gevaar wees met mure tussen hulle en die rampokker. Mens moet so noodplan ontwikkel en oefen.
Dit help ook om saam met mamma en die kinders as hulle groot genoeg is, oefeninge te doen soos die een hier onder. As mens voorbereid is en die spier geheue opgebou het tydens oefening is jou kanse om so aanval te oorleef baie groter.
Kompleks heffings
SS, ons heffings is darem nog bekostigbaar, R750 pm. Maar ek glo dit kan lol as dit baie hoog is.
Honde rak
Ek het nounet 'n rak teen ons buitemuur gaan afhaal. Die muur is seker so 2.5m hoog met elektriese drade bo-op.
Die doel van die rak was om ons swart vuilgoet sakke op te plaas, sodat straat honde dit nie oopskeur nie. Nou doen die sakkrappers dit elkgeval, en ons het nie meer rondloper honde in die straat nie.
Tikkop kon egter bo op dit staan en dan met effe rek bo by die muur bykom en oorkyk, of probeer oorklim.
Hier ter plaatse loop hulle sommer helder oordag gou in jou erf in en gaps goete. Verlede Saterdag my buurman se hek oopgestoot, gou ingeloop en sy tuinslang, wat besig was om te besprinkel, gegaps.
Ons word fyner dopgehou as wat ons dink. die persoon het goed geweet sy Rottweiler kan nie tot daar kom nie, hy het 'n dubbelhek opstelling..
Een woord Idioot Andersins…
Een woord Idioot
Andersins sou hy geen sinvolle betrekking kon beklee nie.
Dis om van naar te word.
Sekuriteitsdrade
Gisteroggend om 6h45 gaan die kompleksie se alarm af. Hol uit, en gaan skakel af en aan, alles doodstil. So gaan kyk ek na die heining, bo-op 'n 2.5m hoë muur. Die wetters het die onderste 2 drade se "tensioners" uitgeruk en drade hang pap. Gelukkig was die 2mm Al-drade nie af nie.
Dit was nou die 3de keer in 'n maand se tyd. Bokant die drade is ook 'n rol lemmetjiesdraad, so ek dink dis nie so maklik om daar in te kom nie. Of hulle net moedswillig is en skade berokken, en of hulle ons kompleks se reaksietyd toets, sal ek nou wonder.
Ongelukkig is die sekuriteitsdrade bereikbaar met 'n besemstok en hak van die buitkant af. Al oplossing sal wees om dit na die binnekant te skuif waar dit nie deur wetters gehak kan word nie..
More Wessel Dankbaar die…
More Wessel
Dankbaar die moerneukers kon nie inkom nie. Ek het een keer `n dokumenter gekyk waar daar met van die skurke in die tronk onderhoude gevoer was.
Een taktiek is om die alarm aanhoudend the laat afgaan todat die inwoner dink daar is fout met die stelsel of net gatvol raak en dit af los om deur die dag daarna te kan kyk. Dan is wanneer hulle toeslaan hulle weet jy is moeg en het moontlik min geslaap en dan slaan hulle toe.
`n Stel van daai Robor lang afstand beams (Ek dink dis wat hulle dit noem) so paar meter aan die binne kant van die werf as `n tweede waarskuwing is dalk die oplossing. As hy oor die heining kom sal hy `n meter of 2 verder die beam trip.
Ai tog wat ons nie moet doen om veilig te bly nie. `n Kollega het `n plank vol spykers wat boontoe kyk met blare bo op in die hoek van sy erf gesit waar daar meer as een keer iemand oorgespring het. Hy sê hy het die geskree gehoor maar nie eers uitgegaan om te kyk nie. Dit het stil geword en die volgende oggend loop kyk en kon sien hy het `n goeie vangs gehad maar die vis het weggekom
sy woorde
Sterkte
Forte
Ons almal woon eintlik maar in forte, nes tydens die middeleeue. Party op ‘n groter skaal soos Oom Len en Wessel, en ander op ‘n klein skaal soos ek. Afgesien van ‘n alarmstelsel met strale voor en agter die huis en ogies in kamers en sensors op deure, het ek ook van daardie stroke metaal met die skerp punte wat in verskillende rigtings staan op die mure en pallisade gesit en ‘n kamera wat my waarsku as ‘n mens oor vasgestelde lyne op die skerm beweeg.
‘n Rampokker het sowaar een oggend vroeg oor die strook geklim wat op ‘n muur is, en goed uit Salomien se kar gesteel toe sy vergeet het om dit te sluit (wat mens maklik kan sien, want die spieeltjies vou terug as dit wel gesluit is). Hulle sit net stukke karton oor die skerp punte (en gebruik tik). Ek het toe kabels gespan wat dit onmoontlik maak om in die gaping tussen die muur en motorafdak te klim. Soos ek reeds vertel het, het ek ook die afgelope naweek ‘n veiligheidshek ingesit wat die slaap gedeelte van die huis isoleer.
`n Stel van daai Robor lang…
`n Stel van daai Robor lang afstand beams (Ek dink dis wat hulle dit noem)
Ek het 2 van daai RoboGuard beams in my erf.
Môre Wessel, jy kan dalk net…
Môre Wessel, jy kan dalk net kyk of die plek waar die drade uit gehaak is, nie dalk net meer toe geknyp kan word nie.
Ek het onlangs so geval gehad op 'n punt waar die draad teen'n muur eindig, en het net die hake toe gebuig en kabel stoppe ook bo oor die hake gesit, dit het nog nie weer gebeur nie.
Roboguard
Kan die Roboguard strale geïntegreer word met mens se bestaande stelsel? Ek is nie lus vir nog ‘n afstandbeheer nie. Ek het ‘n paar jaar gelede ons paneel laat opgradeer sodat ons kennisgewings daarvan ontvang en dit kan beheer met ons slimfone. As die alarm afgaan kan ek dus dadelik op my foon sien watter sone afgegaan het en daar soek na ‘n moontlike indringer.
Om in 'n fort te woon................
............ja, dit is tragies dat ons onsself so moet beveilig net om rustig te probeer lewe.
Ek moet darem sê soos ek hierbo probeer verduidelik het, ons sekuriteitkompleks is baie groot en net die buite- grense van die kompleks se mure is met elektriese heinings beskerm. Binne-in die kompleks is daar verskeie strate, parke en 'n dam met eende en kolganse. Ons voel beslis nie soos in 'n fort ingehok nie want daar is oorgenoeg beweeg, stap en speel ruimtes vir kinders.
Ons het wel ons eie sekuriteit (ons was voorheen Gautengers !) aangebring wat eintlik onnodig was, maar ek moet sê ons sekuriteitsfirma se ambulansdiens kom deesdae handig te pas met ons twee oues se kort-kort hospitaal-kaskenades.
Voor die werkloosheid in ons land nie drasties aangespreek word nie, sal misdaad nie onder beheer gebring kan word nie - in my leeftyd gaan ek dit ongelukkig nie beleef nie.





It's sad but true. Jammer…
It's sad but true. Jammer vir jou skade en verlies. Ja, dit maak mens moerig