Môre vriende
Ons finale toerprogram en datums is as volg;
Aldam oorslaap--------5 Mei
Mokala NP--------------6 tot 11 Mei
Karoo NP---------------11 Mei tot 16 Mei
Camdeboo NP----------16 Mei tot 22 Mei
Bergkwagga NP---------22 Mei tot 27 Mei
Aldam oorslaap----------27 Mei
Tuis------------------------28 Mei
Moenie bekommer nie Hennie
Jy sal in Durbanville kan kameeldoring koop. Hier is die skakel. Durbanville is vir my net te ver en ek betaal R1/stuk vir wattel afgelewer en gepak. Ons het dus maar aangepas.
Dankie Chris. Nou besoedel…
Dankie Chris. Nou besoedel ons Wessel se draad.
Besoedeling
Alles reg, ek lees ook lekker saam.
Sodra ek die toer in konkreet gegiet het, en besprekings gemaak het, gaan ek 'n vars gesprek begin oor hierdie rondrits.
Ek wag egter nog vir insette oor watter tyd van die jaar die beste gaan wees.
Soos dit deesdae gaan
watter tyd van die jaar die beste gaan wees.
As hierdie jaar ‘n maatstaf is vir seker nie Aug/Sept nie. Ek sou eerder in Maart gaan. April kan seker ook werk, maar ek hou nie van koud kry nie.
Koud vs nat
Middag maters
Ek het geen probleem met koue nie, solank dit net droog is. Dit bly maar gagga om in reën te kampeer. Ek gaan ernstig dink om dan April plek te kry.
Sal van Ezibookings gebruik maak om te bespreek..
Mokala ???
Sit en kyk na datums vir ons Sanparke rondrits, en die spreekwoordelike probleem kamp gaan dalk Mokala wees. Dit wil voorkom of dit 'n baie gewilde plek is. Beskikbaarheid daar, hetsy om te begin by Mokala, of dit vir laaste te hou, kan dalk die toerdatums bepaal.
Ezibookings versoek
Middag vriende
Versoek ge-epos aan genoemde reisagente. Volgens Sanparke is Mokala se kampplekke omtrent almal oop vir eerste helfte van April'24. ![]()
Ek sal agente môre oggend ligdag bel. Nou moet ek maar net duim vashou dat alles mooi uitwerk, volgens my datums, gebaseer op Mokala beskikbaarheid.
Ten minste kan ek nou geld spaar deur die warm periode van nou tot dan, om dan lekker hier af te sleep. Julie'24 is dit weer in die pad Kruger wildtuin toe. Hopenlik sal die Kavango darem dan kan reguit loop
Oumens afslag
Môre vriende
Nadat ons oral plek gekry het in April'24, besef ons dat die 40% afslag nie vir April geld nie. Nou wag ek vir my aangepaste besprekings om dit in Mei'24 te doen.
Genoemde afslag is nie te versmaai nie. Ek plaas sommer volgende jaar se afslag datums, slegs vir kampering hieronder. Dit geld vir alle kampe.
23 Januarie tot 20 Maart
6 Mei tot 13 Junie
19 Augustus tot 19 September
7 Oktober tot 28 November
Plekke gekry
Nounet my my besprekings gefinaliseer vir Mei volgende jaar.
Ons gaan nou as volg kamp;
Mokala binneval die 6 de Mei, tot 11 Mei
KarooNP van 11 tot 16 Mei
Camdeboo van 16 tot 22 Mei
Bergkwagga van 22 Mei tot 27 Mei.
Die 40% korting maak 'n groot verskil, al geld dit NIE vir Vrydae en Saterdag-aande nie.
Terwyl julle nou daar is
Dit klink na ‘n lekker toer. Ek hou daarvan dat die wat die geleentheid het (nie meer werk nie of ys besigheid het en geen kinders op skool nie) daarvan gebruik maak om lekker toere aan te pak.
Terwyl julle so naby is, gaan loer in by die oorde in en om Port Alfred waaroor ons onlangs gepraat het, dan raak julle toer sommer so week langer.
Kruger datums
Nee man, dan kruip ons terugkeer datum te na aan regmaak vir Kruger toer wat vroeg Julie begin. Onthou, oumense is stadig met afpak, skoonmaak, klerewas en derglike dinge. Dan weer alles begin regsit en inpak vir volgende uittog.
As ek te na aan Bellville draai, dan voel ek verplig om nog daar ook te gaan draai.
Ek sal maar die Oos Kaap se kusoorde los, die wind kan my dalk weer plat waai.![]()
Wessel ..
.... as ek jou toerdatums so bekyk, beny ek jou - alhoewel ons darem self gedurende Mei 2024 in die wildtuin bespreek is. Ek reken jou 5 nagte per park is ideaal.
My "ou lady" staan nou al vir amper 'n jaar geparkeer in haar garage en roep om gebruik te word. Na ons lang kuier in Roemenië is ek egter verplig om myself 'n bietjie in die bek te ruk wat uitgawes aanbetref. Gevolglik beplan ek nie om voor Februarie se 16 aande by Ebb & Flow te haak nie. Behalwe vir die brandstof is die verblyf darem gelukkig ten volle betaal.
5 nagte/kamp
Middag Chris B
Die 5 nagte is bloot om onsself tyd te gee vir die op- en afslaan. Ons gaan by sommige kampe laat aankom, en dan is dag 1 verby met op pad wees, en wa staanmaak.
Ons verkies ook om die vorige middag, voot vertrek, 90% af te breek en op te pak, dan is daardie namiddag ook "afgeskryf".
Uitgawes speel groot rol by ons ook. Gelukkig van middel September tot middel Maart kampeer ons nie eintlik nie. Dis ook goedkoper op diesel vir ons om die oorde so aanmekaar te hak, as om na elkeen op sy eie te sleep.
Ons sal ook die vêr sleep toere begin beperk, maar gelukkig reken ek darem die sleep Kruger toe, is NIE in die "vêr" sleep groepering nie. Tog bly dit goedkoper, selfs vir ons naby blyers, om 1 maal/jaar lank te gaan, instede van paar maal per jaar vir korter tye.
Die 40% afslag vensters by Sanparke is ook maar net effe oop.
Ons gebruik was ook..................
..........vir jare 6 kampe van 5dae by elke kamp wat vir ons uitstekend gepas het. Maar nou dat die jare aangestap het en die krankhede ons iewat kortwiek, het ons afgeskaal na minder kampe en langer tydperke per kamp.
Ek dink 5dae per kamp is die absolute beste, maar dan moet jou eerste kamp naby 'n ingangshek wees sodat jy nog steeds goeie kampplek kry. As dit nie moontlik is nie, probeer 'n oornag staanplek kry naby 'n hek sodat jy die volgende dag 'n lekker staanplek by jou eerste volwaardige kamp kry, byvoorbeeld Maroela, Malelane, of Krokodilbrug.
Mokala het nie vulstasie nie.
Ek sien gister op Sanparke se nuwe "ongemaklike" blad dat Mokala nie 'n vulstasie het nie.
Mokala is 52km van Modderrivier se vrotterige vulstasie en
97km vanaf Hopetown se vulstasie.
Omdat ons 5 dae daar gaan wees, en ek nie kan stilsit in 'n wildtuin nie, sal ek vir die eerste keer wat ek dit het, 40liter diesel saamry in jerrykanne.
Ons gaan van Mokala af KarooNP toe, dus wil ek nie eers terugry Modderrivier toe, om te gaan diesel ingooi nie.





Is dit ons Hennie Botha van…
En daar is ek in die moeilikheid. Ek moet hierdie hout maar geniet terwyl ek hierbo is.