Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.
Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.
Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.
Speel net die wedstryd
Nee wat, die skeidsregter het geen invloed op die wedstryd nie. Hulle is maar net mense wat ook foute kan maak, en onder hoë druk in die beste posisie moet probeer kom om te sien wat aangaan. Soms maak hulle foute in een span se guns en soms in die ander span se guns.
Wat die oogkundige betref is dit nou ons derde wedstryd in die toernooi waarin hy blaas. Na môre sal hy dus die helfte van ons wedstryde in die toernooi geblaas het. As die uitslag van beide wedstryde is wat ons dink dit gaan wees sal hy egter nie die eindstryd mag blaas nie.
Stem 100% saam met jou…
Stem 100% saam met jou gevoel oor die skeidsregter. Goed gestel
Hy het sy werk en die spelers het hulle sin. Altwee maak foute. As die skeidsregter onseker is kan hy hulp inkry deur die ander hulp skeidsregters te vra en dan gesamelik die regte besluit te maak. Soms gebeur dit nie want die skeidsregter soek ook vinnige vloeiende rugby.
Ek drink 'n vuil cokkie op jou vanaand want ons stem saam oor hierdie een. CHEERS.
Sterkte aan al 4 spanne. Laat ons goeie vinnige rugby sien met baie strafkaarte.
Kyk dit sal darem lekker…
Kyk dit sal darem lekker weer as Argentinië die AB's met net so 1 of 2 punte wen. Maar ek dink die kanse is skraal dat so iets gaan gebeur.
Inelkgeval, dit is lekker om die games te kyk en nog lekkerder as jou eie span wen.
Ek laaik die bokspan hierdie jaar en glo as hulle die game speel soos moet gespeel word en nie oorhaastige besluite en kanse neem nie hulle die beker sal vat.
Julle moet die games geniet!
Veels geluk Nieu-Seeland maar
Dit was nou vrek vervelig. Ek het kort na halftyd iets anders begin kyk. Hopelik is vanaand se rugby meer aanskoulik. Ek glo dit gaan wees.
Stem Wildehont. Halftyd…
Stem Wildehont. Halftyd omgedraai en geslaap. En was ek verbaas vanoggend dat wat ek in my gedagtes gedink het die eindtelling gaan wees, in die kol is.
Moet sê, daar was nou regtig nie moerse flair in die olielappe nie, en die Puma's het gespeel soos die bokke se 40 tot 60 minute teen Ierland. Holderstebolder.
Enige voorspellings????
Wie, behalwe Slerpioen gaan waag om uitslae vir vanaand in volgende week te voorspel.
Wel, die mense wat kamtig kleurblind is, of probleme met truie se kleure het, gaan moontlik volgende week lekker kan kyk, na 'n konvensionele wit en swart wedstryd.![]()
Onthou ek kyk na die wedstryde bloot omdat my DSTV pakket nie goeie flieks aanbied nie.
Stiller word?
Miskien gaan ondersteuners van ander spanne nou begin stiller raak aangesien die dag van afrekening nou vinnig nader kom...die easy games wat op n skinkbord weggegee was, is nou verby...LoL![]()
Ja ek het net voor halftyd…
Ja ek het net voor halftyd begin besig raak met ander dinge. Ek weet nie eens wat die eind telling was nie en het teen 37 - 6 geen belangstelling daarin nie.
Die vreugdes vure het nog…
Die vreugdes vure het nog tot vroeg vanoggend gebrand. Dankie dat daar goed soos grandpas is. Well done aan die Mighty All Blacks. As die skoppe almal oor was sou die score nader aan die 100 - 6 gewees het. Op n tyd het ek gedink ou Libbok het n swart trui aangetrek![]()
Ek sien eintlik n bietjie op om vanaand se braai saam met n paar knieknakkers. Die strafdoppe gaan rof wees as hulle eers oor die Skeidsregters en strafkaarte gaan begin kla. Geluukig is daar moontlik loadshedding om ons moontlik te verlos van die tranedal. Gelukkig is dit n visbraai met vars cuta om na uit te sien. Bok ondersteuners kan mos nie n oordentlike vuur maak nie. Dis seker waarom die ou skaaptjoppies so vaal lyk.
Sterkte aan die bok ondersteuners wat net vir 30 minute kan konsentreer en dan aandag afleibaar is. Jy kry pille vir dit. Ek sal vir my vrou se gineloog vra wat is die naam en dit vir julle aangee. Sterkte vir die 30 min wat julle wel die ou Bokkie gaan ondersteun.
Vervelig?
Dit was nou vrek vervelig. Ek het kort na halftyd iets anders begin kyk.
Miskien was gisteraand se game glad nie so vervelig nie.....dis net SA se standaard wat tans so hoog is dat games soos gisteraand sin maar borring voorkom. ![]()
Net die feit dat baie AB's vanaand n noordelike halfrond span ondersteun, voel jy sommer die respek vir die mag van die Bokke
Dis amper soos n ou wat met n opgemaakte Datsun Triple X eerste kom kom by Swartkops raceway. Dit kan opwindend wees op daai plek op daai tydstip, maar vir n persoon wat gewoond is aan F1 en dergliks sal sulke races moontlik vervelig wees![]()
Goed gestel
Dis amper soos n ou wat met n opgemaakte Datsun Triple X eerste kom kom by Swartkops raceway. Dit kan opwindend wees op daai plek op daai tydstip, maar vir n persoon wat gewoond is aan F1 en dergliks sal sulke races moontlik vervelig wees
Krediet waar dit toekom
Waar ek wel vir die varings ‘n pluimpie moet gee is dat hulle die bal vrek vinnig versprei. Dis hoekom mens hulle heeltyd onder druk moet hou soos die Bokke in ons laaste wedstryd met hulle gemaak het. Dan val hulle torre af en begin hulle foute maak. Argentinië het dit gisteraand vir die eerste paar minute reggekry, maar toe die wal eers breek nie weer konstant of vir lank genoeg nie.
Magties maar die Saffas het…
Magties maar die Saffas het lekker gemoker teen die Engelse. Nou ja, laat dit vir hulle rugbyspan n waarskuwing wees.
Gaan nou n groot vuur bou, ribbetjie teen die kant hang, kas bier is al klaar halfpad, netnou n paar Olafs skink. Hoop neef is nog op sy voete 9 uur, wil nou nie skande maak nie
.
Dankie vir die ondersteuning
netnou n paar Olafs skink
Ek aanvaar dis die vuurwater wat ‘n klipgooi hier van my af gestook word. Maar as mens hom goed genoeg ken, kan jy hom seker jou eie troetelnaam gee.
Hier is ‘n bietjie rugby raad:
Altyd gesellig.
Die onderskrif praat so uit die hart uit. Altyd gesellig.







Nee ou Wildehond, Jy kan…
Nee ou Wildehond, Jy kan beter as dit. Moet nie copy en paste nie.
Dis seker die rede waarom Ford Ranger se dubbelkajuite die top verkoper is. Al waarom ons swart lappe gebruik is omdat ons nie meer groenes het nie.
Jou keuse?