Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.
Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.
Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.
Well done Bokke. Dit was…
Well done Bokke. Dit was naelskraap. Ek sou daarvan gehou het as Fiji dit ook kon gemaak het. All Blacks het makliker wedstryd volgende week, maar ek is positief dat ons die pommies gaan wen.
My kommentaar ???
Ek is bly dat die boerbokke
oor nog 'n hekkie geglip het, MAAR o blik-simentemmer dit was met baie geluk. Alle eer aan die driedrukkers, wat uit 'n getjommel die bal onder beheer kon kry, en kan rieme neerlê.
Die wen is te danke aan Kolbe wat die verdoelskop afgestorm het, en Pollard met daai lang laaste[?] strafskop.
Hulle kan dalk nog ook oor die Engelse hekkie glip, maar sal baie beter moet speel as hulle die All Blacks wil wen.
Weereens my leke indrukke.
Genugtig, wat ń wedstryd…
Genugtig, wat ń wedstryd. Eintlik was al 4 die kwarteind wedstryde baie goed.
My senuwees was op. Well done Bokke.
Sir Clive het die teepot toe nou heel mis gesit![]()
Ek stem saam. Al 4 was…
Ek stem saam. Al 4 was lekker games gewees die afgelope namweek. Well done bokke!
My lyf was so vol adrenalien…
My lyf was so vol adrenalien asof neef self op die veld was. Lekker rugby naweek gewees.
Von se na die tyd, sy gaan nie verder kyk nie. Dit is darem erg dat ń span móet verloor na so klipharde en gelykop wedstryd, en dan die groot sterk manne wat huil vermurwe haar hart.
Moet sê Nieu Zeeland het baie goed vertoon. Hulle gaan tevrede voel met Silwer.
Wie is die ou???
Môre Chris S
Is die persoon dalk onse Skerpioen wat onder 'n ander skuilnaam die stellings maak.?![]()
HAHAHa Oom Wessels. Ek…
HAHAHa Oom Wessels. Ek noem 'n ding soos hy is. Ek like nie 'n Engelsman nie want hulle dink hulle weet alewig van beter. Ek is getroud met 'n vrou wat ook so snaaks praat, maar met haar praat ek nie terug nie. ![]()
Vandag is ek 'n Trotse SWART Skerpioen. My span het goed vertoon. Dissipline het 'n bietjie gelol met 'n duur prys vir 20min met 14 man. Ierland kon verder veloor het as al 15 swart Skerpioentjies vir 80 min gespeel het. Wen of verloor ek ondersteun julle. Julle maak 36Mil Suid Afrikaners TROTS.
Ek is 'n groot voorstaander dat daar nie met skeidsregters se besluite gelol of geargumenteer word nie. In al twee games was die 4 spanne se spel op standaard maar nie die selfde kan vir die skeidsregters gesê word nie. Daar is 4 skeidsregters wat die game moet beheer en mekaar aanvul tot die korrekte besluite. Hopelik word dit beter hoe nader aan die finals.
Oor die Bokke. Wat kan ek sê? Geluk speel een of ander tyd 'n groot rol. 'n Blinde hoender pik ook soms 'n mieliepit raak. Die Franse verdien om te wen. Die bakhandtjie trick het gewerk, ons kom mos van SA af. Ek dink die Bokke het met 'n groot smile hulle tasse na die game weer teruggepak in die hangkas.
Het jy geweet?
Dit lyk of sekere spanne platval wanner dit saak maak. Ierland is definitief rugby se chokers. Hulle kon nog nooit ‘n kwarteind wedstryd wen nie.
Die Franse kon nog nooit ‘n finaal wen nie. Hulle gaan uiteraard ook nie vanjaar nie.
En verder is daar net een span wat nog nooit ‘n rugby wereldbeker finaal verloor het nie…
Goeie wedstryde
Ek het net die twee halfeindstryde gekyk die afgelope naweek, en beide was puik vermaak met die puntevoorloper wat afwissel en beide wenspanne wat verwoed moes verdedig die laaste paar minute.
Komende naweek se werklike halfeind wedstryde gaan waarskynlik ‘n perd van ‘n ander kleur wees. Veral NS teen Argentinië gaan seker maar ‘n vervelige besigheid met eenrigting verkeer wees.
Mens kan seker aanvaar dat SA ‘n “B” span gaan instuur om beserings aan die “A” span te verhoed. Daar kan dus dalk bietjie meer opwinding wees. Ek hoop net iemand duik vir Owen Farrel baie hard. Ek kan die vent nie verdra nie. Iemand stuur vroeër vandag die skermskoot hier onder aan.

Stem saam. Die rugby was…
Stem saam. Die rugby was vinnig en lekker. Ons het jare laas sulke mooi rugby gesien. Dit kon maklik enige kant toe gegaan het. Dis wat dit nog lekkerder maak. Die span wat die beker vashou verdien dit wie dit ook al mag wees.
Die arrogansie van Owen Farrel maak dat almal hom wil "target". Dis ook hoog tyd.
Passievolle ondersteuner
Ek is lankal nie meer op FB nie, maar iemand stuur vanoggend die skakel wat ek darem kon oopmaak. Die video bevat ‘n paar kragwoorde maar dis pragtig om te sien hoe leef die ou hom in en hoe volg hy die spel heen en weer. Ek glo egter nie sy vrou wat die video geneem het dink dis so oulik nie.
Geluk speel een of ander…
Geluk speel een of ander tyd 'n groot rol. 'n Blinde hoender pik ook soms 'n mieliepit raak. Die Franse verdien om te wen. Die bakhandtjie trick het gewerk
Wag, askuus WAT? Watse geluk? Hoekom sal die Franse nou kwansuis verdien het om te wen?
Vertel ook bietjie meer van die bakhandjie storie gekoppel aan die wedstryd?
Passop, jy trap jou swart onderrok erg raak hoor.
Passop, jy trap jou swart…
Passop, jy trap jou swart onderrok erg raak hoor.
Wat verstaan jy nie? Dis in Afrikaans geskryf. Dis my opinie en jy het joune.
Eerder 'n onderrok wat uithang as 'n onderbroek wat te klein is.
Rustig nou rustig. Moenie…
Rustig nou rustig.
Moenie dink almal was gelukkig net omdat jou span gelukkig was om te wen nie. Wonder maar nogsteeds watse bakhandjie trick het hulle in die wedstryd ? Maar jy hoef nie te verduidelik nie. Wil jou nou nie verder ontstel nie![]()
Moer mekaar....
....ek haat vrede!!
Ai vriende, ek lees geheel lekker aan julle onderklere insette.![]()
Moenie dat 'n sport julle so omklits nie, die lewe is te kort daarvoor.







Nou vir....
....vanaand se wedstryd. Ek dink om vir aandete skillies te braai. Dalk sommer 'n bottel Pinot Noir van Muratie oopmaak om die vettigheidjie af te breek.
Geniet julle rugby