Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Olie prys November 2026 Geert -1 hour ago
olie prys vandag November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Kaapse kobras Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
dis wat... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Hentiesbaai se visse November 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Kgalagadi leeus Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago

Kinders en familie in buiteland/oorsee

Brits
Submitted by Wessel Strydom on

Môre vriende

Na aanleiding van 'n opmerking van Geert, wonder ek, hoeveel van ons het reeds familie en kinders in die buiteland?

Hierdie is sommer net 'n statistiese vraag, en moet nou nie misbruik word om die presiese motiverings en oorwegings te deel nie. Ek ervaar dat in my daaglikse wandel, ek baie persone ontmoet wat reeds veral kinders in die buiteland het.

Ek is een van daardie ouers wie se kinders [almal] oorsee is. My seun is in Dubai, een dogter in Miami, en ander dogter in London. 

Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Tue, 07/11/2023 - 13:17

Ek dink daar is baie min families oor wat  nie iemand het wat in die buiteland werk of daarheen verhuis het nie.

Ons tel onder een van hulle en dis swaar en die verlange is groot...

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 07/11/2023 - 17:01

Ons is van die min gelukkiges in Suid-Afrika waarvan ons drie kinders en hulle gesinne (insluitend kleinkinders) almal in Suid-Afrika is, en boonop in 'n radius van 5km woon almal van hulle om ons. Ek moedig nie ons kinders aan nie maar beperk ook nie hulle denke sou hulle soiets oorweeg nie.

Ons is net dankbaar dat hulle almal hier naby ons is.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 08/11/2023 - 14:00

My oudste dogter Jodien my skoonseun Jacque en 2 kleinkinders besig met reelings , Skyp meetings om te verhuis permanent na NZ ja ek gaan hulle mis soos ek vir Hennie gese het ek verstaan hulle punt en toekoms van kleinkinders sal nooit in hulle pad staan nie maar glo my daai dag wanneer ons groet op Oliver Thambo Lughawe gaan nie lekke wees nie crying

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 15/11/2023 - 10:29

Ek weet nie of ek kinders oorsee het nie.

laugh 

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Wed, 15/11/2023 - 10:54

Ek weet nie of ek kinders oorsee het nie.

Jy weet jou vrou lees ook hier ........ en jy flenter die wêreld vol. 

`n Brawe man sou ek sê 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 15/11/2023 - 11:12

....sê die vader van vele plaaslike kinders is darem lekker wind vermakerig met sy talentelaugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus