Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Afrigting span Springbok rugby Jan Meyer -1 minute ago
Amper... Springbok rugby Rona du Plessis -39 minutes ago
rugby... Springbok rugby Wessel Strydom -3 hours ago
Benoud! Springbok rugby Rona du Plessis -5 hours ago
Dankie Johann... November 2026 Rona du Plessis -5 hours ago
Oppie strand Geert - Ballito Wessel Strydom -13 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Brits

Wessel Strydom

Sat, 11/11/2023 - 10:21

Ek glo dat Chris nie sal omgee nie, ek het nounet met hom gepraat. Hy is volstoom oppad huistoe met daai Ranger.

Die sein was effe swak, dus kon ek nie mooi hoor waar hy nou ry nie, en daai enjin grom vreeslik in agtergrondlaugh Die man roer die pedale om Beaufort Wes te haal vanmiddag.

Hy het nog 'n krismis bonus bygekry, 'n 2de spaarwiel. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 11/11/2023 - 11:33

Ek het gou gaan soek op internet na die ratverhoudinge van genoemde bakkie. Hieronder is sy ratverhoudings en wringkrag op wiele vir elke rat. Ek het 470Nm as enjin wringkrag geneem.

Rat  verhouding    Wringkrag [Nm]

1        4.17                7310

2        2.343             4108

3       1.521               2666

4       1.143              2004

5       0.867             1520

6       0.691              1211

diff   3.73                

Opvallend dat 4de rat nie 'n 1.0 verhouding het nie. Die trokkie gaan sleep in 4d rat.

 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 11/11/2023 - 21:11

Ek het 12,5 ure nadat ek weggetrek het uit Silver Lakes voor die baie netjiese huisie gestop waar ek vanaand slaap op ‘n plaas Quaggasfontein op die N12 so entjie Suid van die. N1.

El het goed gery, en net een noue ontkoming gehad toe ‘n vragmotor botstil staan op ‘n deel van die N1 wat net 1 baan aan my kant het. Sonder noodligte of ‘n driehoek en nie in die geel streep nie. As ek met my foon doenig was (wat ek vermy het) as ek onder hom in teen 120kph. Gelukkig was daar nie aankomende verkeer nie, en kon ek verbygaan. Ek sou nie betyds kon stop nie. 
 

Ek is baie bly ek het nie gesleep vandag nie. Daar was ‘n sterk dwarswind van Bloemfontein af, soveel so dat hy die bakkie pluk as ‘n vragmotor (en daar was baie) in die teenoorgestelde rigting verbygaan. 
 

Ek het my vandag voorgeneem om nooit weer die N1 tussen Johannesburg en Drie Susters te ry nie. By Soweto het ek oorweeg om die N12 te vat, maar gedink dis te veel van ‘n ompad. Pleks het ek. Na Grasmere was daar klomp stukke wat net een baan oop is. Tussen Bloem en Hanover was daar ‘n stuk of sewe stop/ry gewees. Dit het my ten minste ‘n uur en ‘n half gekos, waarskynlik meer. Dis goed dat hulle aan die pad werk, maar dit het my erg moerig gemaak. 
 

My indrukke van die voertuig sal ek later gee. Ek is nou te moeg moerig. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 12/11/2023 - 05:56

Toe ons gisteroggend in Silver Lakes was om die bakkie te gaan haal, was dit langs die eienaar se nuwe Ineos Grenadier geparkeer. Dis ‘n netjiese voertuig. Hy beskryf dit as die love child van die vorige Defender en die Galendewagen - nogal ‘n raak beskrywing. Ek sou nou nie daardie kleur gekies het nie, maar Nick (die eienaar) sê hy hou daarvan. Hy beplan reeds sy eerste toer daarmee na South Luangwa in Zambië. Hy gaan die hele voertuig laat wrap met deurskynende plastiek film om die verf te beskerm. Die Ranger se neus het voor daarvan op. Sy dorpskar is terloops ‘n wit Porsche Cayenne. 

A

B

C

D

E

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 12/11/2023 - 07:21

Daai beheerpanele tussen die sitplekke, teen die dak en die volgrootte PC-skerm, laat my eerder dink aan 'n Boeing se uitleg. 

Wat maak 'n mens daarbinne, soek seker net die "auto pilot" knoppie. Dit moet seker lekker wees om sulke speelgoed te kan bekostig, maar wat maak mens as iets elektronies oppak in sentraal Afrika. Ek twyfel of "control, alt, delete" die ding gaan doen. Haal dan maar die sattelietfoon uit, en bel die agente.

Desnieteenstaande, die eienaar stel 'n mooi voorbeeld. Op 70 jare beplan hy nog 'n uittog Zambië toe. Seker saam met 'n paar ander manne met Hiluxe, indien die agente nie hulle foon antwoord nie.devil

Ek moet ernstig selfondersoek doen, wil nie eers Mosambiek toe waag nie. Binne 2 minute my fout opgespoor, tekort aan finansies en geduldlaugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 12/11/2023 - 13:43

Ek was selfs betyds vir kerk, en het klaar die bakkie gewas. 
 

A

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 12/11/2023 - 15:04

Middag Chris,

Jy kan omtrent breëbors staan, dis omtrent 'n trok vol ekstras. Boonop lyk dit baie goed en omtrent ongebruik. Net die buffer, ligte en snorkel is ook alreeds 'n paar kiloRande werd.

Dit lyk of die agterbuffer nog standaard kan wees. Trap nou vas en sit 'n RhinoCab of iets soortgelyks op. Moenie kortpad vat met 'n seiltjie nie, dit beperk die pakplek geweldig, en bied nie 'n veilige pakplek nie.

Waar word die 2de spaarwiel monteer? Vir normale gebruik kan mens dit dalk by die huis los.

Ek hoop vir jou part dat Salomien ook in haar noppies is.laugh

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Sun, 12/11/2023 - 19:31

Nice

Baie veilige myle wordjou toegewens. Soos ek genoem het nie Niks beat daai 3.2 nie net perdalks die nuwe 3l V6. Baie mooi bakkie en lyk vreesli mooi opgepas en netjies.

Groetnis

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 12/11/2023 - 19:47

Niks beat daai 3.2 nie 

Ek is bederf omdat ek 11 maande gelede ‘n Prado gekoop het. Die 3.2 gee 147kW wat amper dieselfde is as my 2008 4l V6 Prado. Maar eg druk my nie terug in my sitplek as ek voet neersit wanneer ek op die snelweg klim van ‘n oprit af soos wat lg dit doen nie. Dalk is die sitplekke net beter opgepas (hulle lyk nog splinternuut).  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 12/11/2023 - 22:46

Trap nou vas en sit 'n RhinoCab of iets soortgelyks op. 

My allergie vir skuld noop my om ‘n wit Beekman veselglas kappie op te sit, maar Salomien weier. Dus bly die Prado ons sleepvoertuig en die bakkie my daaglikse ryding. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 13/11/2023 - 05:56

...dan 'n Beekman wat dieselfde kleur as die bakkie is. 

Vind uit of jy 'n gebruikte veselglaskappie kan kry, en hulle spuitverf dit net dieselfde kleur. Wit kappie op daai groen[?] gaan nie mooi lyk nie. 

Ek gesels juis die afgelope week met iemand wat 'n gebruikte RhinoCab vir R12000 gekoop het, en toe net laat oorsprei het vir R2000. 

Voordat jy finaal besluit oor die aanwending, sleep eers die komende naweek met die bakkie, en oordeel dan. Dalk vind jy dan uit dat dit 'n BAIE lekkerder sleepvoertuig, as die Prado is. Kyk weer na die wringkrag beskikbaar in die ratte, soos boontoe gegee, dan kom die Prado kort. 

Jou dieselverbruik met sleep behoort sekerlik veel beter te wees as met die Prado.  

Jy wil tog nie "sprint" met die Kavango nie, jy wil net lekker "cruise" bult op en af.

Allergie vir skuld, verkoop net die RAV so gou moontlik. 

As jy die lewensduur wil rek van die bakkie, met watter manier van gebruik gaan jy die minste kilo's/jaar toevoeg, dorp tjommel of sleepvakansies ? 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 13/11/2023 - 06:58

Ek sal vir seker eers sleep met die bakkie. Ek het sommer ‘n grap gemaak. My idee is juis om ‘n gebruikte Beekman te koop wat ‘n ou daar naby Oom Len adverteer en dit dieselfde kleur (grys/silwer) as die bakkie te laat verf. Die Rhino kappies is baie prakties omdat dit aan die kante kan oopmaak, maar ons het klein kinders wat nog vir lank agter in gaan wil ry in bv die Kruger wildtuin. Ek het dus een met vensters nodig, en die Beekman gaan my selfs na verf R10k minder as ‘n basiese Rhino kos. Die RAV moet vir seker so gou as moontlik verkoop word, maar daar gaan nog baie skuld oorbly. Die sinvolle ding is om die Prado ook te verkoop, maar ai…

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 13/11/2023 - 07:54

Chris, ons wag vir jou verslag van hoe jy die Ranger gevind het met die huistoe ry.  Soos op WA met jou gedeel, hoop julle het baie gelukkige km's met die "nuwe" ryding.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 13/11/2023 - 13:56

Die Prado het my definitief bederf. Ek het 10 jaar gelede laas ‘n bakkie besit, en het vergeet hoe dit is om met een te ry. Die Everest is wel gebou op ‘n bakkie onderstel, maar definitief anders geveer. Alhoewel dit bladvere agter het, is dit nie vir vrag gebou nie. Dit het ek gesien toe ek die Kavango gekoop het en dit die gat sommer laat hang het. Ek het toe helpervere laat insit. 
 

Toe koop ek die Prado amper ‘n jaar gelede en is intussen daarmee Dwarswegstrand, Kgalagadi, Jongensfontein en Kruger wildtuin toe. Elke keer sê ek vir Salomien die voertuig is nou wel vrek swaar op brandstof, maar dit ry soos ‘n droom. 
 

Die Ranger sit lekker vas op die pad, en voel solied. As die padoppervlak mooi gelyk is loop hy ook lekker glad. Maar as daar insinkings of ongelyk, gelapte oppervlak is soos op dele van die N1 dan voel mens dit duidelik. Natuurlik sal mens, want dis ‘n bakkie. Die Tough Dog vering mag dalk stywer wees as die oorspronklikes, maar die skokbrekers is ook Tough Dog en die upper control arms ook en die stelsel is nie oud nie. Nick sê sy Alucab is vier maande oud, en hy het die vering daarvoor laat opgradeer. 
 

Verder ry die bakkie baie lekker en die kajuit is baie gerieflik. Die spoedbeheer is nie te agressief nie, en ek het glad nie moeg geraak nie. Krag is daar genoeg van, en dis net teen steil opdraendes wat die auto afrat 5de toe om by 120kph te bly. Verbysteek is maklik, en dit moes ek vrek baie doen met al die vragmotors.
 

Die lekker grom van die vyf silinder kom egter teen ‘n prys. Met die dwarswind Saterdag het ek net oor 8km/l gekry en gister met minder wind 8,88km/l. Maar dit is ‘n 4x4 met ‘n outomatiese ratkas en dis al die pad met spoedbeheer aan. Die ARB buffer is ook ‘n swaar bykomstigheid en daar is 40l ekstra diesel. Maar verder was die bakkie glad nie gelaai nie - net die ekstra spaarwiel los op die bak en ek met ‘n oornagtassie. Ek sal maar moet kyk hoe dors is dit wanneer die hele gesin in is en die Kavango gehaak. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 13/11/2023 - 14:43

Middag GW, wat seg jy van die laaste paragraaf van Chris S se inset.? 

Dit klink effe aan die dors kant vir my, maar mens kan nie daai trok met myne vergelyk nie. 

As Chris met die N1 huistoe is gister, behoort dit mos plat of afdraende te wees tot by Worcester. Van die Kaap af klim mens steil daar deur die Hexrivier vallei.  

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 13/11/2023 - 15:30

Oppas om nie appels en pere te vergelyk en dan jouself te laat glo dis appels en appels nie! Massa wat ekstra gedra word soos daai voorste buffer, ekstra tenk en ek sou vermoed ander suspensie, ens. maak 'n verskil. Dan sal 'n 4x4 ook effe meer drink as my 4x2 (verliese in die dryflyn, en ook weereens massa). As ek Chris S reg verstaan het hy by heelwat vragmotors moes verby (en sekerlik dan die pedaal so bietjie moes trap sodat die ratkas 'n rat of twee terugskop (en dan gaan enjin omwentelinge op). Daai dwars wind maak ook 'n verskil. Wat die spoedbeheer aanbetref gebruik ek nie tipper s'n baie nie, dit kom ook teen 'n ekstra (brandstof) koste (baie mense beweer dis nie so nie maar ek verskil). probleem met spoedbeheer is dat die ding nie 'n opdraande sien aankom nie en moet wag totadt die snelheid begin afneem waarna weer versnel moet word om by die gekose setting te bly  dit gebruik brandstof. "Voet-drolies" sien mens die opdraande aankom en begin reeds (liggies) die pedaal effe meer trap om by die snelheid te hou, ekk laat meestal toe dat die snelheid afneem selfs tot 100km/h of so...resultaat is beter brandstof verbruik. Alles gesê, daai groot enjin met sy 5 silinders kom met 'n prys in terme van brandstof verbruik. Maar soos ek voorheen reeds erens genoem het, moedertjie natuur vra 'n prys vir alles, niks is verniet nie! Ek het reeds met my Territory vrede daarmee gemaak dat groot enjins almal 'n drink probleem het, maar ek dink die 3.2 Ranger is minder erg as die petrol V6 Prado. Ek meet nie myne se verbruik nie, maar ek weet dat dit beter as die Territory is (bv. van Pertoorsdorp na Harrismith met die Fleetline agteraan het die Territory byna 'n tenk petrol gebruik terwyl die Ranger omtrent 'n halwe tenk diesel gebruik).

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 13/11/2023 - 16:11

Grootwind, ek stem nogal saam met jou oor die nie spoedbeheer bestuur. Lekker gerieflik op plat paaie, selfs met die woonwa aan.

Ek gaan ook meer dikwels met die op/af paaie eerder begin baasskap van die pedaal vat, en sommer van die rathefboom ook.

Ek het onlangs deur WesKaap en Namakwaland sommer die spoedbeheer afgeskakel teen die lang afdraendes. Gravitasie gee dan lekker versnelling en afrat teen opvolgende bult vind later plaas.

Opvallend is dat teen dieselfde spoed, die snelratte [5 en 6] laer verbruik gee as 4de rat [1:1] by Grompie. Dus, omwentelinge gebruik brandstof, behalwe natuurlik teen afdraendes.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus