Oppad
Bioluminescence
Was gisteraand pragtig om hierdie verskynsel te ervaar. Fotos is maar onduidelik met donker lig. Sommige skermgrepe uit videos
Geert, jy maak my sommer…
Geert, jy maak my sommer jaloers. Ek kan amper nie glo wat jy noem van die Diaz museum. Moet ook sê dat ek seker so 8 jaar laas daar was.
Jy moet ook dalk 'n trippie uitvat Stilbaai en Jongensfontein toe. Gaan eet dan ietsie daar by Drie Pikkewyne of tenminste hulle ROOMYS.
Hartenbos
Môre Geert, ek het die verskynsel ook jare gelede by Hartenbos gesien.
Daar is 'n vreeslike wetenskap agter die verskynsel van "Phosphorescence". Sekere materie [materiale] beskik die vermoë om energie te stoor vir 'n tydjie, waarna die energieverval plaasvind, meestal met die uitstraal van lig.
Die konsep word aangewend in baie praktiese goete, soos "glow sticks" en bordjies wat in donker lokale die uitgange aanwys.
Goeie môre Geert, julle was…
Goeie môre Geert, julle was gelukkig om daai verkynsel te sien, dankie vir die fotos, dit is mooi.
Ons was ook by die Dias museum en het baie interesant gevind, maar soos jy sê, effens verwaarloos.
Daar is heelwat ligtorings om te gaan besoek, en in op te gaan, die moeite werd.
Rooi gety
Dit moes mooi gewees het van julle staanplek af. Dis lekker hoog bo die strand so mens kan ver sien. Soos Wessel het ek dit ook by Hartenbos gesien, maar dit was baie lank gelede. Desember 1993 om presies te wees. Ek onthou dit as ‘n groenerige skynsel, terwyl die op jou foto’s blou voorkom.
Mooi weer
Dit lyk asof julle mooi weer het. Geniet daardie geruis van die see elke aand. Selfs wannneer Dwarswegstrand vol is, is dit voor 22:00 al stil en mense staan ook nie te vroeg op nie. Dan is dit net die see se “geraas” in mens se ore. Dis die lekkerste gevoel om elke keer wat jy wakker word dit te hoor en dan weer lekker verder te slaap of te lê.
Geniet dit Geert. Ek weet…
Geniet dit Geert. Ek weet hier is 'n paar manne wat se hart daarnatoe trek.
soek jy huis daar????
Môre Geert, as mens so lank daar onder in die soutlug rond hang, beteken dit net 1 ding----daar word huis gesoek.
Hoe lyk jou program, waar gaan jy nog aandoen, en wanneer pak jy die slegste pad in die land aan, dis die pad terug Gauteng toe.
Dieselfde pad in teenoorgestelde rigting ry egter baie lekker.
Dankie Geert…
Dankie Geert..................................................ons oorweeg dit as ons volgende bestemming.
Môre Geert, as mens so lank…
Môre Geert, as mens so lank daar onder in die soutlug rond hang, beteken dit net 1 ding----daar word huis gesoe
Ek dink eerder, Geert leer ons hoe om vakansie te hou.
Ons is bly
Nie oor die reën en koue nie, maar dat julle nie afgery het by Voëlklip nie.
Wat 'n uitsig!!!!
sjoe, dit is darem 'n pragtige uitsig oor die see. Ek wonder of mens daar onder by die grotte te voet sal kan uitkom.
R850 burger
Wou vandag burger êrens eet. Kom toe op n plekkie af wat nie eers fancy is nie wat vir n 250g burger R850 vra.
Al is dit Wagyu, ...
... net daar stuur ek hulle in hulle peetjie.
Daai... is ń maatjie van my…
Daai... is ń maatjie van my se plek. Ons twee doen ruilhandel, ek karring aan sy ou goete, en kry Wagju en goeie wyn on ruil. Daai Burger.. is iets besonders, nie ń kermis burger nie.





Porra chicken.
Laat ek my bek heel hou. Vandag ń fris Cornish hen in die Transmongrifier gedraai. 2,5 uur later was dit perfek. Met die Porra spice op die crispy vel....