Oppad
Geert, gaan jy bietjie meer…
Geert, gaan jy bietjie meer vertel hier op die forum van jou "Kaapse Draai."
Terug in Pretoria
Ons is terug in Pretoria na n heerlike Kaapse vakansie
Ons het 5800km afgelê in hierdie vakansie....kilometers tel vinnig op in die Kaap as jy oral gaan inloer by besienswaardighede
Ons het by 12x plekke gaan bly tydens die toer
1. Vluytjeskraal in Orania
2. Karoo Nasionale Park
3. Kleinplaas in Oudthoorn
4. Die Hel....maar nie met karavaan nie, in hul huisies
5. Ebb en Flow - Noord kamp
6. Victoria baai karavaan park
7. Heroldsbaai karavaan park
8. Dwarwegstrandoord
9. Buffelsbaai karavaan park
10. Stormrivier Sanparks
11. Addo Olifant park
12. Forever Gariep
Alle oorde was heerlik gewees.
Vertel bietjie meer. Ek het…
Vertel bietjie meer. Ek het wel jou gevolg op die ander forum en dan op FB. Soveel mooi plekke wat julle besoek het.
Kom nou Geert
Ek het verskeie van jou foto's en verslaggies op CPC se forum gesien, maar is nie op FB nie. Laat waai 'n bietjie met foto's en terugvoering hier ook.
Foto's laai
Die rede hoekom ek so baie foto's en selfs videos laai op facebook is omdat mens daar maklik 80x fotos in soms n kwessie van n minuut of twee kan laai. Op beide forums is dit baie tydsaam...meeste van die keer hier laai ek die foto's saam met skryfwerk, dan wil stelsel nie foto's wys nie....dan moet ek eers die skryfwerk plaas en dan op edit click en foto's weer oor laai. Gewoonlik werk dit dan, maar kry ook soms boodskap dat stelsel nie formaat ondersteun nie, dan moet ek eers screenshot vat van eie foto en dan weer plaas





Geert en Addo
Jis, ek hoop Geert het ongeskonde deur Addo gekom. As dit nie olifante is nie, is dit apies/bobbejane wat tante Frieps daar gerakel het.
Geert skeep ons rerig af met foto's en diesmeer.