Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
VETO stem November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -13 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -14 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -16 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -21 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -21 hours ago

Februarie 2024 saamgesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Goeie môre vriende, daar breek die nuwe maand aan. Ons is alweer sterk oppad na Krismis toe.

Kom kuier saam en gesels saam. veral nuwe lede en ou lidmate wat hou van stilbly, kom gesels saam. Dit sal verseker dat ek nie aanmekaar ou koeie uit die sloot moet haal nie.  laugh

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 13/02/2024 - 07:33

Toe ons laasjaar vir Ebb & Flow bespreek het, was dit n kanselasie wat middernag opgeduik het wat ek direk bespreek het. Dan het jy nie keuse om maar kaart besonderhede te gee nie. Moet ook dan direk volle bedrag betaal....het nie keuse van 50% deposito nie. Voordeel is dat jy 5% afslag kry op bespreking. Gelukkig gebruik Sanparks goeie sekuriteit stelsel om kaart besonderhede te beskerm

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 13/02/2024 - 09:50

Ek bespreek eerder per e-pos, want dan hoef ek nie dadelik die volle bedrag te betaal nie. Die deposito en later die res van die betaling maak ek sommer aanlyn by my bespreking op hulle webwerf.
 

Met die dat mens deesdae die transaksie op jou foon moet goedkeur voor dit deurgaan is ek glad nie bang daarvoor om met my kredietkaart sulke transaksies aan te gaan nie. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 13/02/2024 - 10:33

In die verlede het ek nog al die jare dadelik voluit betaal as my bespreking suksesvol was. Maar hierdie keer, gegewe die Loaders se gesondheid-mallewales, het ek aanvanklik net die deposito betaal.  Vrydag het ek die balans betaal (nog steeds lank voor die vervaldatum) en gister my finale bevestiging ontvang.  Nou behoort my siel te rus die volgende 82 dae.

Ek betaal ook per internetbank en ontvang dan die volgende dag my finale bespreking.  Hierdie keer, omdat ek op 'n Vrydag betaal het, moes ek tot na die naweek wag.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 13/02/2024 - 14:24

Ek hoop dis okay om hier te vra. Ek het klompie jaar terug MS Office 2016 gekoop....die een wat mens nie jaarliks hoef te hernu nie. Nou skielik wil sisteem nie werk nie, want microsoft stuur boodskappe dat ek subskripsie op MS office 365 moet betaal. Ou MS office 2016 wys steeds as program op rekenaar, maar met boodskappe dat ek maandelikse/jaarlikse subskripsie van Ofiice365 moet betaal. Iemand ook so iets oorgekom? wat kan ek doen? Ek het al myself siek ge-google om probleem op te los met voorstelle om files te upgrade en download, maar niks werk nie

Ek het my rekenaar na Incredible Connection geneem om probleme uit te sorteer. Sover het hul die probleem net 1000x groter gemaak. Hulle het my hele profile is delete....al my eposse is weg....al my dokumente is weg. Gister weer soontoe gegaan....hulle sou alles recover, vandag weer rekenaar gekry.....alles deurmekaar.....ongelisensieerde programme daarop, word 2016 glad nie sigbaar nie.....seker 1% van eposse recover.....geen dokumente nie. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 13/02/2024 - 16:39

Dis nou 'n ding....dink jy moet by hulle gaan kamp, letterlik, en weier om te loop totdat dit reg is. Watter Incredible tak is dit?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 13/02/2024 - 17:01

.................gewerk het is seker 'n kader ge-ontplooide werknemer !  Swak, absoluut swak !

Ek is in die gelukkige posisie dat my seun sy eie rekenaar-ondersteuning onderneming het met 'n klompie dokters, prokureurs en kleinsake-besighede as kliënte  -  net genoeg dat hyself 'n eenmansaak bly en al die werk self doen.  My ou paar rekenaar probleempies word dus gelukkig sonder kostes herstel, maar inruil vir die "bystand-diens" doen ek darem sy boeke op Pastel, ook sonder koste.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 13/02/2024 - 18:31

Watter Incredible tak is dit?

Die een in Menlyn winkel sentrum. Het rekenaar weer soontoe geneem. Toe ek vir die persoon wat amper 3 dae op rekenaar gewerk het noem dat meeste van data nou weg is, vra hy my: Wie het dit gedoen? My maar vererg vir hom. Daar is Office 2019 op wat ek nie gekoop het nie en ook nie werk nie. Maar n fustrasie. Ek wag nou maar weer dat hulle bel dat ek rekenaar weer kan haal

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 14/02/2024 - 10:15

....by die forum. Jy sal mettertyd uitvind dat hier heelwat dames op die forum is. Neem asb deel aan gesprekke.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 14/02/2024 - 10:20

Tussen gisteroggend en vanoggend is al my besprekings betaal en bevestig.  Nou moet ek net onthou om al die papiere in Grompie te laai met vertrek.

Ek wonder of die lot by die ontvangste op rekenaar kan sien dat mens bespreek en betaal is. Dis nou as mens die papiere by die huis los/vergeet.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 14/02/2024 - 10:32

Hulle het dit Wessel. Ek druk nooit iets uit nie. Vat n screenshot van die brief en maak n aantekening in my dagboek van die besprekingsnommer. By ontvangs gee ek die nommer en hulle sien die hele itinerary op skerm.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 14/02/2024 - 14:04

gaan ek vir n rukkie stil raak (net n rukkie).

Na ernstige kajuitraad gisteraand het ons besluit om die bouery waarmee ons besig is met mag en mening te voltooi. Dit meng nou te veel in met ons toerplanne, wat nie n goeie ding is nie.

Ek sal darem van tyd tot tyd hier lees. Intussen, geniet julle beplanning en uitsien na die vakansies xxx

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 14/02/2024 - 15:13

Ken iemand hierdie oord? Makele. Hulle is naby die N4.....op die afrit na Sudwala grotte. Sal terugvoering waardeer

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 14/02/2024 - 15:29

Nie regtig n gadget mens nie, maar die het my aandag getrek.

Gadget

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 14/02/2024 - 18:28

Ek het laasjaar November so een gekoop met die doel om miskien in KNP te gebruik. Sal probeer n keer gebruik en terugvoering gee. Hy is heelwat kleiner as wat ek gedink het hy is

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 14/02/2024 - 19:09

Sal gaaf wees Geert. Ons kyk taamlik voëls, en die sal die identifikasie beslis vergemaklik. 

My verkyker is ń 10x40 Zeis, en ek moet lekker stabiel vashou anders bewe die beeld. 8x40 werk eintlik beter vir voëls, my opinie. Die model hier is ń 12 x ?? Klink my die lens is hier by 25mm as jy sê dit is klein. Maar die 12x gaan ek vrot fotos neem so met mik en druk. Seker te bewerig. Cheers, die Boeing is oor.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 14/02/2024 - 20:43

Herman, jy moet maar 'n 3-poot of 1-poot saamdra vir die bewe. Ek soek ook nog na lekker praktiese venster klamp vir 'n kamera.

'n Boontjiesak werk nie vir my nie, die ding foeter altyd buitentoe af.

Onthou net, soos jy weet, hoe kleiner die lens, hoe minder lig in beeld.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 14/02/2024 - 21:27

Dit gaan sukkel om die driepoot hier binne die kar te operate Wessel. smiley .

Neef het darem nog nie Parkinsons nie, maar om vryhand, met n nuwe kameraverkyker met ń 12x vergroting fotos te neem, van ñ klein bruin voëltjie in ń boom sal dit ń beeld stabiliseerder of iets dergelyks moet het.

Ons laaste trip Kalaghadi toe was dit merkbaar die " scafolding" dit is my beskrywing van die pype en klampe wat teen die kant van die Fortuners vasgemaak is vir die kanon- lense se stabilisering. Die foto's wat ek gesien het was uitstekende kwaliteit.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 15/02/2024 - 07:49

Suster kuier op die oomblik in Changsha die hoofstad van die Hunan provinsie in China by haar dogter en skoonseun en kleinseun. Hulle werk en bly al jare daar. Sy is ń skoolhoof, hy onderwyser. Die familie praat die taal vlot

So kry ek daagliks n reeks fotos van haar dit is absoluut ń indrukwekkende stad. Als is silwerskoon,netjies en baie modern. Hulle woonkomplekse is 30 verdieping geboue, maar pragtige tuine, en groen areas.

Sy noem dat die regering baie goed na die mense kyk. Almal hou by die reels. Geen diefstal nie. 15c vir n budkaartjie, R15 vir privaat dokters ondersoek. 90% van trokke busse,karre,scooters is elektries met laaiplekke orals.

Min kontant in omloop, jy betaal met jou foon. By supermark pak jy jou goedjies on ń " bin" wat dit selfde tyd scan, tap jou foon en jy is klaar. Niks toue en kasiere nie.

Ons lyk soos n land wat vêr agter geraak het. En die wat glo die Chinese is agterlik, lyk my maak ń groot fout.

Gaan google gerus " Changsha" dit is indrukwekkend hoe ń stad met 8 miljoen mense kan funksioneer. Eenvoudig indrukwekkend. 

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 15/02/2024 - 08:23

... dankie dat jy dié met ons gedeel het. Dit laat my dink aan dit wat my dogter-hulle ook in Calarasi ('n dorp seker min of meer die grootte van Worcester) in Roemenië beleef. Openbare vervoer is seker nie op dieselfde "level" nie en kostes 'n bietjie hoër - soos bv dokters. 

Maar sommige van die tegnologie stem nogal heelwat ooreen. By 'n groot afdelingswinkel (Kaufland - 'n Duitse groep), pak jy ook jou items op 'n band en dit word automaties ge-"scan". Jy "swipe" jou foon - en voila, alles afgehandel. Soos wat die items aan die ander kant van die band uitkom, pak jy dit weer terug in jou winkeltrollie waarmee jy kar toe stap en dit daar in jou eie sakke pak.

'n Winkeltrollie kan jy slegs bekom as jy 'n spesifieke koepon (lyk soos 'n muntstuk) by die betrokke winkel koop. As jy klaar is gaan parkeer jy die trollie weer op sy plek en m.b.v. 'n sekere meganisme kry jy jou koepon weer terug.

China is tans nog 'n kommunistiese land. Roemenië is 'n voormalige kommunistiese land. Maar hulle is ons klaarblyklik ver vooruit met moderne tegnologie. Die "piepols" sal seker protesteer as dergelike tegnologie by ons ingestel word, want baie van ons oud-modiese praktyke word onderhou ter wille van werkskepping.

Jy kan maar 'n paar foto's plaas van Changsha.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 15/02/2024 - 08:27

Ek het gou vinnig gaan "google". Lyk indrukwekkend.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus