Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Afrigting span Springbok rugby Jan Meyer -24 minutes ago
Amper... Springbok rugby Rona du Plessis -1 hour ago
rugby... Springbok rugby Wessel Strydom -3 hours ago
Benoud! Springbok rugby Rona du Plessis -5 hours ago
Dankie Johann... November 2026 Rona du Plessis -5 hours ago
Oppie strand Geert - Ballito Wessel Strydom -13 hours ago

Buffelsbaai - Maurits

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Maurits, wat tans in Buffelsbaai kamp het dié foto's gestuur. Ek plaas dit namens hom.

Buffelsbaai

Buffelsbaai

Buffelsbaai

Buffelsbaai

Buffelsbaai

Buffelsbaai

Buffelsbaai

Buffelsbaai

Buffelsbaai

Buffelsbaai

Ekself het nog nooit daar gekamp nie, maar ek weet dat mense liries raak oor hierdie plek. Geniet dit Maurits en Martie. Ons woon om die draai van mekaar af, maar het mekaar nog net by twee geleenthede raakgekamp.

 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 24/02/2024 - 11:50

Dis eintlik 'n netjiese plek. Ek is verbaas om dit so vol te sien. Ons het April 22 daar gaan eet, en so 'n draai gery, maar nie ingegaan nie. 

Het iemand nie onlangs genoem dat die see daar amper tot onder sy tent gestoot het nie. ? Ek sien hier en daar 'n stormnet, die ander ouens kom seker van Gauteng aflaugh

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 24/02/2024 - 12:24

As jy jou kamp gaan opslaan 20km van jou agterstoep af, dan moet dit spesiaal wees. En dit is wat ons gedoen het. Menigte buite seisoen langnaweke gemaak. Slaan kamp op donderdag middag, lekker swem en slaap met die branders se geluide.

Kinders ry saam my, laai hulle by skool af. Ma gaan haal en vat Buffels toe, ek maak my dag effe korter en klok 4 uur in. Ghoef en maak ń lyntjie nat, goeie tye.

Buffelsbaai het ń baie lekker swemstrand, kilometers se stap op strand ooswaarts, en stap jy wes, van die beste rots hengel wat te vinde is. Die pizza is ook puik. Op die stoep met n koue sit jy en staar oor die branders.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 24/02/2024 - 13:15

Het iemand nie onlangs genoem dat die see daar amper tot onder sy tent gestoot het nie.

Dit was ‘n vriend van ons se ouers. Die oom het penne getrek en met die sleutel in die bakkie se aansitter gesit terwyl die tannie kyk hoe die water al nader kom. 
 

Dit lyk na ‘n lieflike plek, maar dis bietjie wyd vir my. Dieselfde eienaars as Glentana sover ek weet.

0
Sandbaai

maurits

Sat, 24/02/2024 - 14:17

Die kampterrein behoort aan Knysna munisipaliteit. Dit word op n 5 jr. termyn op tender uitverhuur. Die persoon bedryf dit dan met die wins wat syne is. Ek moet noem dat die geriewe werklik baie skoon is. Maurits

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 24/02/2024 - 14:34

Die tariewe vir Desember is nog duurder as Dwarswegstrand se seefront staanplekke! Dit sal ons gesin R1440 per aand kos  

A

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 24/02/2024 - 22:01

Ons het laas maand op die verste hoek gestaan...die wind het ons behoorlik getoets. Dit was die naaste wat ek nog aan die see gekampeer het.Paar plekke van ons af het n lank staaner gestaan wat se windskerm se pale hierdie swaar Y-standard heining pale is.....hy is reg vir rowwe winde Verlang terug as ek na Maurits se foto's kyk

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 25/02/2024 - 07:22

Môre, jy sê die wind het julle getoets, maar ek sien dan nie toue aan jou gazebo nie??

Hoe hoog bo hoogwater is daai staanplek.?? As ek dink aan daai rowwe springgety van laasjaar, wat die oorde so verniel het, sal ek nie daar gaan staan het nie.Dit is baie mooi, maar ek sou onrustig slaap.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 25/02/2024 - 07:36

Die staanplek is die een waar ons ook altyd gestaan het, regtig lekker privaat, en eenkant.

Buffels is nie altyd winderig nie. By die see trek mos maar n luggie, maar nie elke dag lastig nie. As jy veral in Maart, April, daar staan, gaan jy met ń swaar gemoed kamp afslaan. Beste weer.

Wessel die springety kom nie tot by jou staanplek nie, daar is ń hele stukkie droeë aarde tussen in. Die bewys is dat die gras groei. Seewater is te sout vir grasperke. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus