Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
VSA stelsel November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Politiek ---geld.... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago

Dwarswegstrand bly maar lekker

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Twee van ons tien aande van 21 tot 31 Maart 2024 hier is verby. Dit bly ons gunsteling kus oord vir verskeie redes:

  • Dis klein; net 37 staanplekke.
  • Dis op ‘n privaatstrand. Glentana en Grootbrak is die naaste openbare strande, en dis min of meer halfpad tussen hulle. 
  • Dis veilig en kinders kan lekker fietsry en speel.
  • Die mense wat hier kampeer is lekker. Geen partytjies nie en teen 22:00 is dit stil behalwe vir die see se geraas. Mense staan ook nie te vroeg op nie.
  • Hier is baie dolfyne en voëls.
  • Die bestuur het ekstra krane ingesit, en amper elke staan plek het sy eie kraan of een naby genoeg. 
     

 

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 26/03/2024 - 17:44

Volgende jaar is die April vakansie eers van 31 Maart tot 7 April. Ek het vanmiddag gaan uitvind by ontvangs, en daar was net 5 staanplekke oor van 28 Maart tot 6 April. Soos ek kan sien hierdie vakansie neem die grootmense (dis wat bruin mense oues van dae noem) oor hierdie tyd van die jaar. Ek het toe staanplek 17 bespreek. Ons het die afgelope Desember baie lekker daar gestaan. Dit bly maar lekker hier, en dis nie so ‘n duur vakansie nie, want dis net meer as 300km se sleep.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 26/03/2024 - 17:47

Pragtige foto Wildehont.

Die Pansy shells kom nogal gereeld voor in die Knysna strandmeer.

Medaljes wat ek laat maak het klomp jare terug vir ń maraton  het juis soos ń Pansy shell gelyk omrede dit so sinoniem met Knysna is.

Ek glo dit sal skaars wees op ń strand, regtig n brose dingetjie.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 26/03/2024 - 18:06

Sjoe....dis besonders mooi shell daai!

 en daar was net 5 staanplekke oor van 28 Maart tot 6 April.

Sjoe, maar die plek raak nou vreeslik populer. Ek sien hulle het ruk terug op facebook genoem hulle het ekstra personeel aangeskaf omdat karavaanpark nou so besig raak. Laasjaar hierdie tyd  was Hennie Botha daar en het vir my klomp fotos van die staanplekke gestuur wat mooi see uitsig gehad het. Ek kon toe nog lekker kies en keur vir Januarie se verblyf....ek dink toe was net nommer 27 geneem met see uitsig....ek kon toe enige van die ander gekies het. Ek het nou op hul online stelsel geloer....nou lyk prentjie heeltemaal anders.....lankstaners slaan toe op die plek.

Hoe is kampeerders nou daar Wildehont.....oormeerderheid vakansie gangers of oormeerderheid lankstaaners? 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 26/03/2024 - 19:40

oormeerderheid vakansie gangers of oormeerderheid lankstaaners? 

Nee, ons is net vier gesinne met kinders uit die 34 staanplekke. Die res is meestal lankstaners. Ons bure op 30 met die Mobilodge staan nog tot middel Mei. Teen die tariewe wat hulle betaal vir die wonderlike plek kan ek dit verstaan. Paasnaweek is bietjie duurder, maar verder betaal hulle R4000/maand die jaar. Dis hoekom al die seefront plekke gevat is vir 2025 se Maart/April skoolvakansie. Paasnaweek is eers later, so die afgetredenes het reeds die plek beset.
 

Ek is bly ek het vanmiddag gaan vra, anders het ons dalk glad nie plek gekry nie. April 2025 maak eers Maandag oop, maar die dame het gesê sy sal dan ons bespreking van 28 tot 31 Maart verleng tot in April. Dis jammer dat ons nie weer 29 kan kry nie.
 

Dis regtig ‘n lekker staanplek as die weer saamspeel (soos wat dit sover maak tydens die besoek). Ons sien elke dag telkens dolfyne, hulle baljaar en vermaak ons behoorlik. Die voëllewe in die struik voor ons is ook baie goed, Die “paadjie” tussen 29 en 30 bied lekker parkeerplek langs ons wa, en die ekstra gras op die terras onder ons staanplek se grasperkie skep nog plek vir die voëllewe en ruimte om oor uit te kyk.
 

Die kinders kan ook sonder ons op die strand gaan speel , want ons kan mekaar duidelik sien. Ons geniet dit maar nou, want ons gaan dit seker nie gou weer kry nie. Desember wil ek egter nie hier voor staan nie. Ons drie Desembers hier se weer was maar redelik goor en die wind waai definitief baie meer en erger. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 26/03/2024 - 19:42

"So lyk dit hier" het ek veral waardeer, ag, en die pansy shell en die bloublasies en en en.... Waarskynlik 'n baie goeie kamera (veral e.g). 

Ek lees en "kyk" lekker saam, dankie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 26/03/2024 - 20:44

Ons het ons sin by Plettenbergbaai gekry so paar jaar terug. 

My maggies; daar herken ek nou eers die profielfoto. Dis ons eerste een, so nou weet ons hoe dit lyk. Dit kom blykbaar net tussen Plettenbergbaai en Mosselbaai voor. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 26/03/2024 - 20:46

Waarskynlik 'n baie goeie kamera (veral e.g). 

Ek gebruik maar maar iPhone vir foto’s  

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Wed, 27/03/2024 - 08:17

Dan moet dit die persoon agter die kamera wees wat weet wat om te doen. Die regte hoek, die lig en sommer net alles. Goed gedoen Mater. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 27/03/2024 - 08:42

Presies dieselfde gedink Lapskagsmiley. Duidelik weet Wildehont hoe om hierdie toestelletjie te hanteer. Ek is nie so bedrewe nie maar gaan nou 'n poging aanwend om te verbeter...

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 27/03/2024 - 09:04

Ek was besig met ‘n diploma in fotografie toe ek vir Salomien (wat ‘n fotograaf is) ontmoet het. Ek het die diploma voltooi, en ek (en sy) het baie daaruit geleer. Ek het ordentlike toerusting gekoop, en lekker foto’s geneem terwyl ek in toerisme gewerk het.
 

Soos ek al vertel het voorheen, is ek my Canon 5D Mk II digitale SLR kamera body kwyt toe daar iets fout geraak het met Salomien s‘n. Ek het nog ‘n baie goeie Canon 300mm F4 lens met ‘n ingeboude stabiliseerder in die kluis, en vat dit soms saam Krugerwildtuin of Kgalagadi toe. Ek leen dan my kamera by Salomien om die lens te kan gebruik. Maar meestal neem ek maar net foto’s met my iPhone. Salomien het hare opgradeer en haar oue vir my gegee, so ek het nou ‘n 13, en dit het ‘n goeie kamera. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 27/03/2024 - 11:54

Hier val vandag aan- en af ‘n motreëntjie. Ek sit op ons stoep en lees. As die VOX weervoorspelling op YouTube reg is behoort dit môre opgeklaar te wees. Hier het sopas ‘n SANPARKE helikopter verbygevlieg rigting Kaapstad. Ek wonder waarmee dit besig is. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/03/2024 - 12:24

....wat pansy's optellaugh

Dalk moet Len net sekermaak, hy moet dalk môre 28 Maart, en nie April nie, inklok by Krugerlaugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 27/03/2024 - 14:05

Die iPhone 13 het ‘n macro funksie waarmee mens baie naby op goed kan fokus. Kyk bv die slak wat iets in ons braaiplek hier soek. 
 

A

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 27/03/2024 - 14:28

Die tarief wat ons tydens hierdie bespreking betaal het was R420/aand vir die eerste vier persone  buite Paasnaweek, en R525/aand tydens Paasnaweek. Dit teenoor R4000/maand wat pensioenarisse betaal. Geen wonder hulle neem die plek oor nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/03/2024 - 14:56

Daardie tariewe van jou is nie te erg nie, gegewe dis vir 4 persone, weliswaar in julle geval, 2 kleintjies.

Die waargenome tendens van "lankstaners" se fooi, is sekerlik 'n weerspieling van die behoefte aan langdurige inkomste uit hulle besprekings. Dit is noodsaaklik vir 'n oord se oorlewewing en kontinue kontantvloei.

Ek is/was gewoond dat langstaners NIE besprekings oor vakansietye en soms langnaweke kon maak nie. Hulle kon wel in daardie tye in die oord kampeer, maar dan teen dieselfde tarief as die werkendes.  

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 27/03/2024 - 15:23

Ek merk op daar is 'n neiging op sosiale media om lankstaan-kampeerders af te kraak.  Ek vind dit jammer want wat pryse per staanplek betref, geld vraag en aanbod.  Oor spitstye is die vraag hoog en die aanbod skaars en daarom die hoër prys vir dié wat bereid is om die hoër prys te betaal.  Wanneer die vraag buite spits tye daal, moet oordeienaars iets doen om besetting te stimmuleer en verminder dus die prys.  Dis seker geen nuus nie en almal weet dit.  Ons moet eintlik lankstaan-kampeerders en pensioenarisse bedank dat hulle help om oorde finansieël volhoubaar te maak.  Aan die ander kant moet lankstaan-kampeerders besef in 'n kampeer-terrein het hulle nie noodwendig voorregte bo ander kampeerders nie.

Ek is nou wel nie 'n lankstaan-kampeerder nie, maar ek maak ruim gebruik van pensioenaris-afslag wanneer dit buite seisoen beskikbaar is.  Ek kamp nooit meer in spitstye nie, nie noodwendig omdat dit duurder is nie, maar ek gee graag eerder geleentheid vir mense wat noodgedwonge verlof gedurende spitstye moet neem, veral dié met kinders.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus