Môre vriende
Ons finale toerprogram en datums is as volg;
Aldam oorslaap--------5 Mei
Mokala NP--------------6 tot 11 Mei
Karoo NP---------------11 Mei tot 16 Mei
Camdeboo NP----------16 Mei tot 22 Mei
Bergkwagga NP---------22 Mei tot 27 Mei
Aldam oorslaap----------27 Mei
Tuis------------------------28 Mei
Hilux tenk
Môre Chris, as ek dit met besemstok vasstamp, seker so 80l, volgens boekie. Dit gee so onder ideale omstandighede 720km met Kavango. Ek hou nie daarvan om kanse te vat met min diesel nie.
Die kanne ry altyd saam, permanent gemonteer, ek kan dit vir sulke gevalle netsowel vol maak. Ek het nog 2 kanne wat regsvoor langs die neuskas inpas. Hulle het tans plek gemaak vir nog 'n normale "koskas"
Voorbereidings
Het vandag op aandrang van my universiteitsvriend, 'n tuit gaan koop wat op my metaal Jerrykanne pas. Dit knip net so vas, as wat die deksel oor die bek knip. Sommer by kooperasie gekoop. Dit behoort beter te werk as 'n los tregter wat deur 2de persoon vasgehou word.
Ook 'n kort elektriese verlenging opgemaak om by die buite kombuiskas te gebruik. Die kragprop sit heelbo in kas, waar Marie nie kan bykom nie. Nou kan die 1m koord sommer permanent ingeprop bly.
Soos Len uitsien en regmaak vir sy uittog Kruger toe, sien ons uit na die 3 onbekende Sanparke oorde.
Ek skerts sommer Wessel. Die…
Ek skerts sommer Wessel. Die goed is te sterk vir my ! Laaste keer wat vir myself geskink was, was tydens die Herfsblaar saamtrek. Sal n glasie wyn geniet, ek bring n boksie én ń dosie saam.
Die pompie was vol roeserigie stukkies, nie goeie nuus nie, kon dit uitspoel. Jurgie se pompie kom in die kan voor, so ek haal dit uit en bêre dit na elke kamp. Dit lyk my daar bly water in die motortjie agter. Sal ń ander een moet kry, die een het seker al 30 jaar diens gedoen. Was voorheen in ń Landrover Camper wat ek gebou het. Slinger.
Aldam oorslaap
Nog 'n groot taak afgehandel, die bespreking vir oorslaap by Aldam oord. Sjoe mense, dit raak duur om te kampeer. Die aand kos my 'n volle R205 vir ons 2 grootmense.
Seg die dame vir my----nr58 is beskikbaar, asof die hele oord nie elkgeval leeg gaan wees nie.
Ons hou van nr58, langs ablusieblok en tot ek kan woonwa agteruit daar in rangeer. Net reg vir vertrek volgende oggend.
Die 4 dae wat bespreek is in…
Die 4 dae wat bespreek is in Karoo is net so duur. Volle R947.00.
Nuttelose inligting vooraf
Ek deel sommer so bietjie vooraf nuttelose info, ons tyd vir vêr sleep en kampeer kom vinnig nader.
As ek die hoofroete afstande neem, van huis tot terug, sal dit ongeveer 2521km wees. Dan kom daarby 19.5 dae in wildtuine se ry, van ongeveer 100km/dag, 2000km. Totaal is dan 4521km, teen gemiddeld 9km/l en R25/l wat my R12558 vir diesel gaan kos.
Daarby gevoeg kom die kampeerplek koste vir 23 aande, R6616 in totaal.
Ete uitgawes laat ek altyd buite rekening, want ons eet elkgeval by die huis ook maar.
National Luna is waterpas staangemaak, en vleis aankope is halfpad gedoen. Van die aankope word spesiaal in die korrekte porsies vakuum verpak, en dit kry ek volgende week.
Wel, soms dink ek my kop raas, as ek na die koste omvang kyk.
Tog, 'n vriend van my sleep die naweek Khutse toe met sy splinternuwe boswa. Hy maak gereed om 200l diesel en 150l water saam te karwei, want die onsekerheid bestaan of daar ooit diesel beskikbaar gaan wees by die afgelëe vulstasies.
Die nuttelose inligting...
waarvan jy praat, Wessel? Hierdie is dan juis 'n forum waar oor kampeersake gesels (moet) word en behalwe vir die besprekings wat jy reeds gedoen het sien ek hierdie as deel van julle vakansie-voorbereiding - lees lekker saam.
As mens beplan om so 'n lang draai aan te pak sal brandstof seker altyd 'n groot deel van die uitgawes wees, maar solank dit moontlik is, doen dit net! Uiteindelik weet ek nie of die totale som so erg is vir die tydperk wat julle gaan nie, en met al die plekke wat julle beplan om te besoek klink dit darem steeds billik?
Ondersteun jy ook die lekker "Rooibok" slaghuis in Brits? Tops!
Grootste uitgawe
Ek begin altyd hoeveel my verblyf kos, maar deesdae is dit die kleiner uitgawe. Ek sien ook komende naweek wegbreek is brandstof en tol amper dubbel die kampeer kostes.
Rona...
....vanoggend se patrollie is juis Impala toe. Daar moet so bietjie ontbyt vleiskosse aangekoop word. Hulle maak die lekkerste hamburger patties, wat eiers mooi komplimenteer.
Ek sukkel om by die koekie rak, sonder interaksie verby te loop.
Dis net jammer dat die slaghuis effe fokus op grootmaat aankope, en die pryse het aan die duur kant geword. Kwaliteit is egter steeds hoog.
Volg asb Oom Len se voorbeeld
En bring die korrekte datums bo-aan die gesprekslyn aan. Ek moes nou deur die gesprekslyn werk om die datums te vind nadat ek gesien het julle het net 9 dae oor om te pak.
Dit gaan ‘n lekker toer wees
Dankie vir die opdatering van die aanhef met die datums. Ons almal het ons gunsteling plekke, maar mens moet bietjie verken en nuwe (vir jou) plekke ontdek. Ons is baie gelukkig om in so diverse land te bly met so ‘n netwerk van nasionale parke en reservate om te besoek. Ek sien uit na die terugvoer oor hierdie toer en om saam te reis hier op die forum.
Chris S....
....so gemaak, soos jy so mooi gevra het.
Volgende week Donderdag word Kavango uit sy beskermende oortreksels gehaal, en voor huisie parkeer. Blykbaar is my 1ste taak om dit te stofsuig. Daarna mag ek loer of die dak skoongenoeg is.
Teen Saterdagmiddag wil ek klaar gepak wees aan die Kavango en Grompie, wat verkeerdom in garage gepak staan. Sondagoggend is dan net die groot pakkery aan beterhelfte se laaste goedjies.![]()
Grompie se bande word gedurende week gepomp, en diesel ingegooi, Sondag word net gou gestop om die wa se bande te pomp. Dan is dit ek, my laphoedjie en JHB se hopenlik stiller verkeer. Die vlinders bedaar darem as ek by Gordonweg op N1 klim.
Johann....
...dankie ek sal uitstel tot laat volgende week, skoon vergeet dat prys afkom. Dalk maak dit my totale dieselkoste bietjie minder
Môre Wessel, onthou jy kan…
Môre Wessel, onthou jy kan by Springfontein se depo 'n bietjie minder betaal vir diesel in jou toer na die suide, op die N1. Ons sal ook Maandag middag daar ry tussen Colesberg en Bloem oppad noord.
Ekskuus Wessel, ek sien jy…
Ekskuus Wessel, ek sien jy ry eers die 5de Mei, dan is ek en Len al in Gauteng om die 6de by Malelane in te boek.





Hoe groot is die Hilux se tenk?
Dis nogal handig van ‘n ekstra tenk. Die Ranger (wat meer dors is as daai 2,4 Hilux) kan darem so 950km haal. Selfs die Prado wat nog ‘n groter drinkprobleem het kan daar uitkom.