Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Turbulensie Geert - Ballito Rona du Plessis -6 hours ago
Bygelowig Geert - Ballito Geert -8 hours ago
Geniet Ballito Geert - Ballito Rona du Plessis -11 hours ago
12 dae Geert - Ballito Geert -14 hours ago
Dinokeng Camp and Leisure November 2026 Geert -14 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -14 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sun, 21/04/2024 - 18:00

Wessel, nadat my vorige Ranger in Desember 2018 voete gekry het het ek hard probeer om daai tyd se Mitsubishi Triton te koop....ongelukkig was die plaaslike agent hier in Centurion minder as behulpsaam, sowat van trae verkoops personeel het ek lank laas gesien...toe ek vra om ene te toetsbestuur weet hulle te vertel dat hulle nie 'n demo model beskikbaar het nie, maar ek kan oor 3 weke skakel, moontlik het hulle dan ene (LW...ek moet die skakelwerk doen, nie hulle nie). Byna dieselfde ervaring gehad met die plaaslike Isuzu en Toyota agente....so terug na Ford was dit vir my, en die res is geskiedenis. Terug na die nuwe Triton,.... dit lyk regtig na 'n netjiese trokkie maar as die mense nie Verkope 101 onder die knie kry nie gaan die geskiedenis met swak verkope homself herhaal.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 21/04/2024 - 19:23

...ek het natuurlik ook 'n fobie om buite Brits besigheid te doen. Hier is nie 'n Triton agentskap nie, dus neem ek net kennis van alternatiewe sleepvoertuie. 

Ek hoop egter dat ek nie gedwing gaan word om weer iets te koop nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 21/04/2024 - 20:04

As jy ‘n Triton koop kan jy ook redelik seker wees niemand anders wat jy ken of raakloop het een nie. Hulle verkoop omtrent vier en twintig ‘n maand, en SA is groot. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 29/04/2024 - 12:28

In Amerika word die 1-ton Toyota bakkie nie ‘n Hilux genoem nie, maar ‘n Tacoma. Die nuutste een is nie lelik nie, maar ek verstaan nie die werkverrigting en spesifikasie syfers nie want hulle haak nog vas in die Imperial stelsel. Die bakkie geskoeide SNV heet 4Runner, nie Fortuner nie - en die nuwe een is regtig ‘n mooi voertuig. Lyk lekker onbeskof. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/04/2024 - 13:29

Ek wonder of dit 'n petrol masjien is. Die TRD model word gelys as 'n 4 silinder turbo,

maar 278hp teen 6000rpm. Omgeskakel as 202kw. Hoog vir 'n diesel

Wringkrag van 317lb.ft omgeskakel volgens my metriese waardes word 424N.m. 

2.4 Hilux GD-6 lewer 110kw @ 3400rpm en 400N.m tussen 1600 en 2200rpm.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/04/2024 - 13:59

...blykbaar net met 'n petrol masjien beskikbaar. Dalk gaan die 2.8Td van Hilux daarin gebruik word.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/04/2024 - 15:11

....daar is sterk sprake dat dit wel die geval gaan wees, maar dan met diesel turbo masjiene. Lyk geheel aantreklik vir my, maar dalk nie vir my beursie nie.

Plaaslik begin ouens hulle Hiluxe inruil op Isuzu's, en hulle sê reguit, dis vir veiligheidsredes. 

Ek het ook al info begin versamel, die 1.9l lyk effe pap, en die 3l het kwalik meer wringkrag as Grompie op die wiele. Dieselfde ratkas, maar 2.4 Hilux se ewenaar verhouding is heelwat groter as 3l Isuzu s'n. Laasgenoemde het egter meet krag [kW]  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 29/04/2024 - 15:23

Is dit nou om kaping te voorkom dat hulle die Hilux verruil vir Isuzu? Trek eerder Wes-Kaap toe. Hier waar ons bly is die Hilux en Ranger nie so hoë risiko nie. Versekering vereis nie eens ‘n opsporingstelsel nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/04/2024 - 15:30

Volgens my vriend moes hy elkgeval in Brits omgewing 'n opspoorstelsel laat insit. Sy versekering vereis op ALLE 4x4 voertuie 'n opspoorstelsel. Baie ironies, ons stop langsmekaar by die kerk, en albei sit ook maar nog 'n stuurwielslot ook aan. 

Blykbaar is die 4x4 bakkies eers gewild by die diewe/kapers. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 15/05/2024 - 13:41

Ek sien GWM gaan ‘n groter (en mooier) P-reeks bakkie en die groter Tank 500 hierheen bring. Ek sal nog nie een koop nie, maar dis nie onaardige voertuie nie. Te oordeel aan die krag behoort die voertuie lekker te sleep. 
 

Ek het Sondag by die kerk ‘n nuwe Ford Territory gesien. Dis glad nie ‘n lelike voertuig nie, maar ek kan nie onthou of ek al die sleepkapasiteit raakgelees het nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 07/06/2024 - 09:37

mens kan nie help om te wonder of mens se eie trokkie/SNV/platkar ook nie is wat ons glo dit is nie....

N.a.v Groot Wind se plasing op Oom Len se Krugerwildtuin gesprekslyn ‘n paar gedagtes. 
 

Die kraglewering wat in jou sleepvoertuig se spesifikasies aangedui word is by seespieel. In Johannesburg se dun lug gaan dit minder lewer. 
 

Pierre Nolte, wat die afgelope nege jaar sedert die Everest se diensplan verstryk het al my voertuie diens, is nie net ‘n bedrewe (en eerlike) werktuigkundige nie. Hy is ook betrokke by motorsport met stock cars. Hy het ‘n dynamometer in sy werkswinkel waarmee hy onder andere die karre tune vir optimale werkverrigting. Dit gee vir hom die werklike syfers rondom kW, Nm ens. Hy sê meeste standaard karre en bakkies lewer nie wat hulle spesifikasies sê nie. En hy praat nie van ‘n paar kW verskil nie, sommer 20 minder as wat aangedui word in sekere gevalle.
 

Dis ‘n welbekende feit dat baie voertuie deur die vervaardigers ge-detune word sodat die enjins langer hou. Dit beteken ook dat hulle nie die volle potensiaal lewer waarvoor hulle ontwerp is nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/06/2024 - 09:50

Ek twyfel of enige trokkie werklik die gespesifiseerde krag en wringkrag lewer.

nou moet die tegnies sterkmanne bietjie insette gee. Kan deesdae se enjins werklik nog "ge dyna tune " word, of kan dit net ware uitset meet??

Lankgelede kon mens net werkverrigting rerig verbeter deur veral uitlaat spruitstukke te herontwerp en te poleer. Daarby is die nokaste gesny om uitset te verbeter.

Deesdae "chip" die mense die elektroniese beheer.

Ek is egter te konserwatief vir beide bogenoemde metodes. Te veel gehoor waar persone dit gedoen het, en na 'n ruk is enjin kapoet.

Blykbaar is die masjien wat ordentlik "ge de tune" is, bloot om 'n lang dienslewe te kry, die V8 in die Land Cruiser voertuie. Dit is glo die rede waarom dit soos 'n donkie voel teenoor die nuwe Cruiser met die 2.8 Hilux masjien. Laasgenoemde is glo weer baie meer ingestel vir effektiewe kraglewering.

Laaste opmerking, hoe meer uitset hoe meer kole moet gebrand word. Tot Eskom verstaan darem die begrip. 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 07/06/2024 - 10:18

Kan deesdae se enjins werklik nog "ge dyna tune " word, of kan dit net ware uitset meet?

Soos meeste dinge beheer die rekenaar die paramters wat moderne voertuie se tuning bepaal. My kop is te plat om te verstaan hoe dit alles werk, maar dit kan verander word. Om voertuie te chip was (is dalk nog) ‘n algemene gebruik. Maar dit neem nie alles in ag nie en ek glo ook dit kan meer kwaad as goed doen. 
 

Pierre Nolte het ‘n agentskap/lisensie gekoop om die kar/bakkie se sagteware te verander. Eers word dit op die dynamometer gesit met ‘n klomp sensors wat lugvloei, temperatuur en en en meet. Die lesings word gebruik om ‘n program vir die spesifieke voertuig te skryf, waarmee die sagteware opdateer word om die parameters te verander en die enjin meer effektief te laat werk. 
 

Dis maar hoe vervaardigers op verskillende modelle verskillende kraglewering met dieselfde enjin kry. Mens moet egter onthou dat die drivetrain ontwerp is vir die ontwerp uitset. Die LC V8 kan bv aansienlik meer krag lewer, maar dan moet die koppelaar vervang word. As mens laat torring aan ‘n moderne voertuig moet die een wat torring weet wat hy doen. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 16/06/2024 - 11:54

so kom parkeer my vriend langs my by die kerk vanoggend, dis nou met sy LC dubbelkajuit. Staan so en gesels oor nuwe Prado, seg hy mos---ek wil net eers die bakkie verkoop. Dis nou die bielie V8, met net 10 000 km agter die rug.

Weliswaar het die beste deel van die diens by my verbygegaan, sit mos toe en dink, hoe gaan ek by die beterhelfte verby gemotiveer kom. Wragtig, sluit die prediker af met----hou op begeer en wees tevrede met wat jy het. Ek dink die man kon my kop lees van die preekstoel af.wink

Sjoe, daai V8 in sand kleur sal darem mooi lyk en pas voor die Kavangodevil

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 16/06/2024 - 13:48

... jy't nou-al verskeie gatjeuk goed genoem. Raak nou ontslae van die jeuk en koop minstens een - hetsy 'n nuwe wa (het jy by geleentheid gepraat van 'n Gecko?), of die LC (wat jy hierbo noem), of verhuis Wes-Kaap toe waarnatoe jy hunker. Dit moet hinderlik wees om so 'n gejeuk in jou agterent te hê.devil

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 16/06/2024 - 14:46

Stem saam Chris. Ons ou maat sal van ń kant af moet begin, en die jeukplekke aanspreek. Dit hou mens naderhand uit die slaap uit.

Gister sien ek die markte het vreeslik goed reageer op ons koalisieregering, sommer stewig op. Kan ons nie dalkies weer so 5 jaar stewige groei kry nie. Groot asb.  Wessel, dan vir krismis 2030, spandeer jy, of ons, groot. Ek ook sommer ń nuwe Land Rover.

Gelukkig teen daai tyd, is ons wat ek hoor die manne van praat  deur, " snipers lane". Dit is glo die jare tussen 60 en 70 vir ń man. Daarna is dit net plain sailing. Of dalk net "pyn en lyding"?

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 16/06/2024 - 15:29

Ek sal maar 'n muntstuk moet skiet, om te kies tussen bakkie of woonwa. 

As muntstuk of sy randjie bly staan, verhuis DA land toe.laughNog so 2 jaar, dan is ek uit Herman se genoemde "snipers lane". Die afrikaans klimk baai erg----doodsakker!!! 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 16/06/2024 - 19:27

.............heeltemal veby die "snipers lane" .  Hierdie periode is glad nie so erg nie, net een hartaanval, 1m dunderm verloor, eers hefte van dikderm verloor en daarna die res, en les bes, ontslae geraak van 'n galblaas.  Glad nie te erg nie, maar ek is bly ek is al daardeur en julle moet nog daar verby kom !

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus