Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.
Dinokeng camp and Leisure
Rona, ek antwoord sommer namens Johann. Hy moet maar kom regstel as ek dit verkeerd het.
Anton Voortrekker
As ek so kyk na "populêr vandag", dan glip iets in die sagteware. Ek kan nie glo dat titels soos;
Februarie 2019 koffiekroeg
Inenting en Invermektien
vandag soveel kere besoek is nie.
Wessel
Ek het die naam reg, Dinokeng Camp & Leisure. Ek kry net die een naby Hammanskraal. Is dit die oord waarheen Johann op pad is? Moontlik my verbeelding, maar ek onthou dat hy gesê het dit is nie die Dinokeng waaraan ons dink nie (naby Hammanskraal). Ons laat dit maar daar. Waar ookal, ek glo dat hulle 'n lekker tyd gaan hê.
Goeie hout...
...hoe gaan dit met jou en die Ama [onder]rok?? Het jy hom toe vir 'n toets-sleep geneem.
Rona,
Ja ons gaan na Dinokeng Camp en Leasure naby Hammanskraal, maar my verwysing het bedoel; daar is twee oorde wat met dieselfde naam spog, die Dinokeng (groot oord met superutbes en meer om mee besig te bly) en dan Dinokeng Camp & Leasure, lg is nie so bekend nie en is ook goedkoper per nag.
Dankie, ons glo ons gaan dit baie geniet.
Dankie Johann...
die groter Dinokeng en dan Dinokeng C&L maak sin. Ek het gewonder of daar twee oorde met dieselfde naam op heel verskillende plekke is - soos Klein Paradys naby Brits en Klein Paradys naby Nylstroom.
Wanneer val julle in die pad? Dit sal gaaf wees as jy ook so af en toe jou ervaring van die oord met ons deel. Ek kuier baie graag in gedagte saam.







Johann,
jy sal my moet help met die oord waarheen julle op pad is. As ek reg onthou het jy iewers genoem dat dit nie die een is naby Hammanskraal nie. Wanneer ek die naam opsoek, is dit al oord waarby ek land. Nou's ek dom.