Nouja, Petra en ek het vandag ons finale reelings tot einde April volgende jaar afgehandel!
Ry die tweede Mei na Richards Baai vir drie maande, reeds klaar betaal tot einde Julie. Vandaar na Salt Rock tot einde Oktober reeds 50% deposito vir die drie maande betaal.
Drie Berge van Nov 2017 tot einde Jan 2018 - nog niks betaal - hulle wil nie korting gee as ek vooruit betaal nie. Dan Mabalingwe Feb 2018 tot einde April 2018, reeds voluit betaal, hulle gee dit vir my teen hierdie jaar se prys as ek alles vooruit betaal.
Daarn moet ons nog besluit, dink op die oomblik aan Zimbabwe vir die winter?
So my volgende jaar is beplan en groteliks reeds betaal, lekker om te staan en niks te betaal nie!
Nou kan ek ontspan weet ten minste ons het 'n slaapplekkie vir die volgende 12 maande.
Freda wanneer kom jy en…
Freda wanneer kom jy en Colin bietjie bosveld toe vir 'n maand kamp? Beplan julle nie juis 'n maand kamp in Maart '18 nie? - by Mabalingwe? Dit sal darem 'n avontuur wees ![]()
Voortrekker, dit sal…
Voortrekker, dit sal ongelukkig nie gebeur nie. Daar is 'n paar redes hoekom ons nie meer ver sal toer nie. Ons bly maar so in die radius van die huis.![]()
Nouja, hopelik hoor ons vandag van Arie.
Nou ja hier is ek!…
Nou ja hier is ek!
Hier is geen ontvangs vir internet en amper niks vir bel nie, dus sal ek maar skaars wees.
Veilig hier aangekom na 820 km en R2300 se brandstof, pragtige bergpasse gery waar die Pajerotjie maar swaar gekry het, party plekke omtren 8 km in 2 de rat gery!
Soos gewoonlik laat die plek mens baie welkom voel, Bessie (bestuurder) het ons Woensdag so 12 uur gebel om te hoor hoe laat verwag hule ons. Hulle wag ons toe in met lekker yskoue vrugte drwnkies! Al die nodige papier werk klaar ingevul ons kon net betaal.
Toe ons by ons staanplek stop het al ons riende kom groet, en Eileen het vir ons n lekker gebraaide flattie met n aartappel gereg en slaai gebring!
Die ou tannie en die jong man(dis nou ek) het die hele kamp, dubbel tent met add a room bi nne ses ure opgeslaan, alles uitgepak en selfs die TV met skottel opgesit en ingestel. Maar ons het gesweet, dem maar die bosveld is vrek warm!
Ek sit nou hier in die kantoor met aircon en n lekker yskoue sappie en drink terwyl ek julle net op datum bring!
O ja, amper vergeet ek, ou vriende van ons wat by Manzi Maningi staan het spesiaal deurgery om ons te kom groet!
Ras die maintenance man het ook sommer vroeer vandag n arbeider gestuur om storm slote om die tent te grawe.
Kyk dit voel kompleet of ons by die huis gekm het.
Ek sal so nou en dan kantoor toe kom om bietjie by julle in te loer.
Baie welkom by Drie Berge,…
Baie welkom by Drie Berge, Arie en Petra. Julle het omtrent 'n helde ontvangs gekry. Lekker bly daar. Jy moet notatjies maak sodat jy, as jy die slag by die kantoor kom, onthou wat jy ons alles moet vertel. Moet ons darem nie heeltemal afskeep nie. Ons is bly julle is veilig.
Arie ek is baie bly om van…
Arie ek is baie bly om van jou te hoor en ook om te hoor julle is so mooi verwelkom by Drie Berge. Julle is mos V.I.P's daar.
Arie. Ek is bly die reis was…
Arie. Ek is bly die reis was voorspoedig. Geniet nou die kamp en ook die kinders en kleinkinders
Bly julle is veilig Arie,…
Bly julle is veilig Arie, nou kan Petra seker maar maar so bietjie af kry na die harde werk van alleen opslaan, ek dink die vrugte sappie was seker vir haar bedoel.
Nou ja, sit ons lekker hier…
Nou ja, sit ons lekker hier op die stoep en kyk op die swembad, vol jonge dames met sulke piep klein bikinis, hoe te hck moet ek nou konsentreer om iets te skryf?
Vrydag aand was ons genooi na die Ingelsman en sy Sweedse vrou, Ashleigh en Harda, vir "sundowners' 'n ou tradisie wat ons maar probeer aan die gang hou!
Lekker gekuier toe se Ash dat sy nuwe buurman [naweek kampeerder] het gevra of iemand 'n Arie ken? Ek stap toe oor en gaan stel myself voor, sy naam is Johan en hy is 'n roofleser op die forum, hy ken blykbaar my ou groot vriende DK en Jeep?? Ken ook vir Frieda?
Elk geval was redelik besig die naweek en het hom toe nooit weer gesien nie.
Sein is vrek sleg hier, vodacom het blykbaar hul atena gedraai en nou is ons net gelukig as ons so strepie sein kry!
Lekke Drie berge
Klink lekke Arie daar by die swembad ek is n ou wat n foto sal neem vannie mooi dames dan los ek hulle uit ek n ou van opvoeding Arie ek en Berdien het hoeka n naweek gewen by DB sien uit daarna kyk asb n uit vir so drie staanplekke met lekke koelte bome ek verstaan dit kan lekke warm word daar groete
Ons wasbaie lank terug daar,…
Ons wasbaie lank terug daar, toe was daar so groot hobbel/bult na die tennis baan wat jy moes oor. Die Exclusive sal dit nie mask nie, sy voette sal erg sleep.
Hoe lyk dit nou Arie ? Is daar noe 'n swembad by die karavaan park ook ?
Wie wad die roof kyker toe gewees ?
Hello Arie, goed om weer van…
Hello Arie, goed om weer van jou te hoor. Hoekom is ek nie verbaas om te hoor van piepklein bikinis nie? Lyk my hulle volg jou net waar jy gaan.
Colin wil weet hoekom is jy so gelukkig?
Ek ken eintlik nie vir Johan nie. Hy het my so middel Oktober gebel, Colin se nommer op CP forum gekry, om te vra ek moet die mense daar laat weet dat DK in die hospitaal was. Hy het erken hy rooflees net, ek het gedink dit is net op CP maar lyk my hy kuier hier ook, die dat hy van jou weet en dat jy daar is.
Geniet dit daar by Drie Berge.
Wat is 'n roofleser?…
Wat is 'n roofleser?
Arie dit is goed om van julle te hoor. Ons het juis vandag gepraat oor 3 Berge ons 5 naggies wat voorlê. Sien baie uit daarna ![]()
Roofleser
Toe Johan my gebel het, het hy self vir my gesê hy is 'n "roofleser", menende hy lees net maar plaas nie insette nie. Volgens Arie het hy dit ook vir hom gesê. Dus weet ons nou, as jy net lees en nie deelneem nie, is jy 'n roofleser. Ek hoop die rooflesers kry nou lekker skaam.![]()
Roof persoon
Ek het altyd gedog n roof leser is ons Nuus leser .Het julle al gesien hoe beweeg sy ogies as hy probeer lees wat op die tel kaart staan .![]()
Nou ja dit begin weer tyd…
Nou ja dit begin weer tyd raak vir Petra om te begin werk!
Sy sal Maandag moet begin pak, sy pak maar so oor drie dae op, dis nogal vrek warm hier en ek wil nou nie dat sy hitte uitputing kry nie.
Ek sal natuurlik my deel ook doen, ek het vir haar gese dat ek Maandag oggend by die Wimpy sal gaan ontbyt eet en dan vir haar ook 'n toebrooidjie saam brin, dan hoef sy net oor aandete te worry. Sy begin Maandag goed was en wegpak dan wil ek haar die moeite spaar om nog ontbyd ook te maak! Ai dit is jammer daar is nie meer goeie mans soos ek in die wereld nie!
Sy behoort so teen woensdag 12 uur klaar te wees dan kan sy gou die wa buite om was en Donderdag oggend val ons in die pad Mabalingwe toe, gelukig 'n lekker kort trippie so sy sal redelik vroeg kan begin die tent opslaan.
Sien uit om julle klomp daar in Maba te sien, daar sal ook so 4 of 5 couples van ons ou vriende ook daar wees saam met ons.
Petra het vandag wasgoed gewas, ek sien sy het nou net klaar opgehang so ek vermoed sterk dat ek dalk nou 'n koppie koffie sal kry, my keel is al vrek droog, sit nou al 'n uur en 'n half sonder iets om te drink. Ek hoop sy dink daaraan om maar eers vir my koffie te maak voor sy die skottelgoed was?
Dis maar deel van
Arie dis die deel van kamp wat nie so lekke is nie dis daai oppak om te vertrek maar gelukkig gaan julle na volgende kamp toe, ja ek stem jy moenie jou self so oorwerk nie werk as n span





Voories, ek glo ook Arie…
Voories, ek glo ook Arie hulle is al veilig by Drie Berge en hopelik klaar opgeslaan. Dalk sit hy nou al op sy stoep en bekyk die "scenery".
'n Nuwe kamp, so ons kan uitsien na 'n paar nuwe stories.