Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
VETO stem November 2026 Wessel Strydom -8 minutes ago
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -10 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -13 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -18 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -19 hours ago

Strydoms se SANPARKE toer

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Môre vriende

Ons finale toerprogram en datums is as volg;

Aldam oorslaap--------5 Mei

Mokala NP--------------6 tot 11 Mei

Karoo NP---------------11 Mei tot 16 Mei

Camdeboo NP----------16 Mei tot 22 Mei

Bergkwagga NP---------22 Mei tot 27 Mei

Aldam oorslaap----------27 Mei

Tuis------------------------28 Mei 

 

 

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 02/05/2024 - 09:35

Wessel....skop jou toer een dag vroeer af en staan oor by Joos Becker by oom Len

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 02/05/2024 - 13:32

Jip, al 3 hoedjies is gewas, maar nie gestryk nie.smiley

Wa staan voor die huis, net reg vir pak, MAAR dit is nou 32C buite. Ek gaan eers skuins lê op koue teelvloer, met waaiers ensovoorts.

Die vaste en vloeibare spyse kan later onder agterste bed, in die grotte, gepak word. Wa se koel/yskas sal Saterdag aangeskakel word, en volgelaai word. Gelukkig kan ek Grompie in garage, uit die son uit, pak. 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 02/05/2024 - 14:37

Ek beny julle die 32°, maar ek moet sê ons het aangename weer gehad in April, afgesien van die vreeslike afsny-laag toe die goed so van die brug af gewaai het. 
Julle het darem nog twee volle dae om alles reg te kry, en aangesien julle afgetree is, is dit werklik volle dae. Geniet die voorbereidings. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 04/05/2024 - 12:08

.... is gelaai. Grompie is gelaai, kort net die groot goed soos beursie, biltong, water en die woefie met 15 tande. Woefie se troetelnaam is Beretta.devil

Spesiaal om saam met Herman te kuier,  drie jukskeie versigtig in koerantpapier en swartsakke toegedraai. Hulle name gemerk, tewete, KWV Cabernet, Muratie Pinot Noir en 'n Hermanus Pinot Noir. Om saam met neef weer te kuier is groot gebeurtenis, en mens het paar swaargewig jukskeie nodig vir die geleentheid.wink

Kavango se wieltjies sal bietjie stywer gepomp word, want ek bring maar so paar ekstra 440ml Windhoeke saam, want ek weet dit pas nie in Jurgie se selfvoerder nie. laugh

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 04/05/2024 - 12:34

Ek dink hierdie gaan ook 'n baie interessante toer afgee - lekker plekke en dan nog 'n grooot kuier op die koop toe. Net nie seker of die parke troeteldier-vriendelik is nie...laugh

Chris sal ook trots wees op jou (dalk 'n bietjie jaloers) met jukskeie so uit die boonste rakke!

Ry veilig, geniet die toer, en moet asb. nie suinig wees met terugvoering nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 04/05/2024 - 14:12

Julle moet veilig ry en geniet die toer van beplanning (wat reeds verby is) tot terug by die huis.

Moet nou net nie te swaar raak op daai troeteldiere nie, dit het glo aaklige nagevolge. laugh

Onthou jy moet fotos van die groot kuier laai anders is dit 'n droom wat vertel word, natuurlik ook baie fotos van vertrek tot terug, ek is mos 'n Thomaswink

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 04/05/2024 - 18:52

Veilig sleep Wessel....hoop julle gaan jul trip ter deë geniet. Onthou jou kamera en airtime....ons wil saam toer laugh

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 05/05/2024 - 07:27

Julle moet elke dag geniet Wessel. Sien jou maandag oor ń week. Het  die Leeuknaters en Karoo- goud in ń flessie spesiaal vir die geleentheid. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 05/05/2024 - 07:40

Veilig ry en lekker kuier. Klink my daar lê iets groots voor saam met Neef - veral as daar met die Karoo-leeus se knaters gespeel gaan word.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 05/05/2024 - 08:59

Dis ‘n heerlike vooruitsig. Ry veilig en hou ons ingelig asb. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 08/05/2024 - 06:49

Kom in Wessel, lyk mos daar is een van twee redes vir jou stilte,

1. Geen opvangs in Mokala nie of,

2. Jy geniet dit so daar dat daar nie tyd vir ons tuisblyers is nie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 08/05/2024 - 07:06

Wonder self wat het van hulle geword. Wou hom nie pla met ń WhatsApp nie, dalk wil hy so rukkie wegkom van die stoepsitters.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 08/05/2024 - 19:49

Naand vriende, eindelik sein om te gesels. Veilig gesleep tot hier. 

Klip op voorruit gekry naby Kroonstad, gelukkigregs onder hoek. Kraak sommer dadelik geloop, mooi reghoek gemaak, en onder vasgeloop. Kraak kan nie verder nie.

Maandag gesleep tot in Mokala, wat 'n pragtige wildtuin en staanplek. Gelukkig nie gesteur aan GPS, en eie kop gevolg, om by Mosu ingang in te gaan. Grondpad, 25km, was geheel skaflik, kon so 80km/hr handhaaf.. Dan gronpaadjie van hoofhek tot by ontvangs, en verder tot by Motswedi, redelik rybaar, maar padwa sal baie stadig moet ry. Dit moes onlangs hier gereen het, plekplek is pad erg klippe en slote.

Al ses staanplekke is in half sirkel, wat uitkyk op 'n suiping. Almal het lekker koeltebome, MAAR genoeg son vir panele.

Lyk my sein gaan nie laai van fotos toelaat nie

 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 08/05/2024 - 20:22

Lekker Wessel. As ek reg onthou het ons die grootste Elandbulle ooit in Mokala gesien. Reuse bulle !! Vergelyk maklik met die Livingstone's. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 08/05/2024 - 20:23

Net jammer van die klip. Gelukkig kan die ruit nie verder kraak nie. Geniet dit daar!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus