Môre maters. Terwyl ons nou vir Wessel wag om sy ry te kry, bou ek vir die arme ou man wie se huisie afgebrand het. Dit was maar ń morsige ou hok gewees.
By buurmense ń paar ou Volstruishokke gskry om af te takel, en die munisipaliteit het hom plate en pale gegee vir ń 3x3m hok.
Daar het ń paar goeie mense vir my so bietjie kontant gegee het en ń ander goeie vriend ń vrag houte en goete van ń huis wat gesloop is.
Nou kry Pointer, die ou man se bynaam ń baie rustic huisie van scrapsies saamgeflans. Gaan die mooiste shack in die omgewing wees. Met n spoeltoilet.

Pointer se vloere in, nogals…
Pointer se vloere in, nogals polished screed. Stoepie se struktuur in plek. Nou die "Es" soos hulle dit hier noem, of kaggel, waarin die houtstofie staan bou, voordat die dakplate opkom.

Die wat hulle ń, Es, noem,…
Die wat hulle ń, Es, noem, is seker ń beskrywing wat kom van die dae toe op ń oop vuur gekook is, binne ń pondokkie. Mens sien dit op die ou Weskus huisies waar die "Es" so teen die kant van die huis gebou is.
Ons mense hier, het so klein gietyster stofie, Welcome Dover no 3?? Wat in die "Es" staan. Word gestook van vanoggend tot vanaand. Koffie, brood bak, kos kook, en die " Central heating.
Wessel. Die footprint is 6 by 7,5m met n loft area van 3 x 6 m. Stoepie is 2,4 x 5m.
Spasie vir .....
.... 'n nasie!!! Sjoe, Pointer gaan nie weet wat om met al die spasie te maak nie.
"Central heating" beteken dan die stofie kom binne die huis om welkome hitte in winter te verskaf. Die huisdak wat onsigbaar op laaste foto is, is die deel wat nog plate moet kry.
Bedrywig
Het gister binne begin. Die binnekant van die buitemure word met herwinde paletplankies toegespyker. Binnemure kry bekleding van ń leeftyd se bymekaarmaak lang lengtes T&G. Was vir oudag se getimmer gebêre. Vloer is ń soort van " polished" screed.
Als is rof, maar tog netjies, met ń lekker gevoel.

Goeie môre Neef Herman
Pointer se huis. As ek dalk reeds vir jou gesê het dat jy 'n wonderwerk verrig het met hoofsaaklik gebruikte materiaal en dat dit sooo salig lyk daar, dan sê ek dit maar weer - well done!
Sal dit waardeer as jy moontlik vir my raad kan gee. Dit gaan oor die finale laag van die vloer. Ons het vir 'n eerste keer 'n self levelling concrete vloer gedoen vir 'n huis - met redelike sukses, dit lyk vir my mooi. Nou moet die finale laag geverf word en ek trap bietjie klei met die produk. Ons het reeds 'n seëlaar gekoop en 'n toets gedoen, maar ek is nie baie gelukkig met die resultaat nie.
Wat ek graag wil sien is steeds die sement voorkoms. Dit beteken dat dit 'n deurskynende (clear) produk moet wees. Dit moet ook bietjie van 'n glans hê - nie matt nie, maar ook nie te blink nie. Is 'n solvent basis die enigste of kan jy 'n goeie waterbasis produk aanbeveel?
Google bring my nêrens - elke produk belowe die son, maan en sterre.
Wat het jy op hierdie vloer geverf? 'n Bietjie aanmoediging kan dalk ook net help, baie dankie solank.
Staaltroffel
Ek sien nou eers dat dit moontlik jou finale afwerking is, jammer. Sit egter nog steeds en kopkrap aan hierdie kant![]()
Rona, my badkamer is …
Rona, my badkamer is gepolishde screed, staaltroffel, wat 2 lae Plascon PUC 1 op het. Dit is helder, het n glans en is geweldig duursaam. Is ń enkel pak polyurethane produk. Die Akriliese produkte ken ek nie.
Pointer se vloere gaan geverf word. Daar gebruik ek Plascon roofcote voor, hy praat van blou
.
Die produk word nou Plascon…
Die produk word nou Plascon Floortech 2000 sb genoem.
Nou is ek op die regte pad!
Baie dankie Neef Herman. Gaan kyk om die Plascon produk te kry. Voel skoon opgewonde
. Ek waardeer jou hulp en tyd. Altyd beter om raad by 'n expert te kry....my les geleer.
Na ń lekker Karoo leeglê, is…
Na ń lekker Karoo leeglê, is ek die week weer volspoed aan die gang. Het die " loft ladder" gebou, handreelings van wattle droppers, ou opwasbak op sy plek, en ouer handewasbak en 2de handse toilet geplaas.
Het n 160w solar paneel, mppt charger bestel. Het ń ou battery wat gaan lig maak. Paar USB punte vir fone. Sal eendag krag insit, te duur vir nou.



Kan ek een bestel?
Ek sal graag een vir ons bywoner (my skoonsuster) wil laat bou. Verkieslik ook in die Karoo…
Ek sal graag een vir ons…
Ek sal graag een vir ons bywoner (my skoonsuster) wil laat bou.
Hoe lekker lag ek nou. Ek het nie besef sy is nogsteeds by julle nie. Jy is 'n goeie man Chris.
Hermann, dit lyk al te spoggerig. Ek hoop hulle besef dat oop vure nie gaan werk in daai houthuisie nie.
Die vuurherd word volgende…
Die vuurherd word volgende week gebou. Hulle gebruik ń Dover stofie wat binne dit staan. Sy ou huisie het verbrand omdat sy kleinseun van 3 jaar met vuurhoutjies ń bed aan die brand gesteek het. So sal enige huis afbrand.
Solar
Hier is ń foto van die plaasmekaniek se solar instellasie by die huisie. Daar is 9 liggies van 5watt elk. Die battery is n 105a/h battery wat spaar rondhang. Die 150 watt paneel, is fisies maar klein, seker 1,2 x ,9. Die is gekoppel aan die 75 15 mppt Victron controller. Die kabels gaan eers deur ń 2 pole isolater( regte naam?) Het regte draad gebruik. By die paneel op dak is ń 20amp fuse.
Die battery gaan ook deur n isolator , vir waneer die battery vervang moet vervang word. Moontlike kortsluitings uitskakel.
Die ligte is gekoppel deur ń 10 amp blade fuse op die "load" van controller. Controller sal die load afsit sodra die battery by 12v kom. Dit kan laer verstel word.
Gister 14h00 was die battery op float. Op die solar input is 24volt gemeet. Die battery het 14volt gemeet oor die pole. Met die battery isolator af, lees dit 13,75 volt.
Die stelsel is so eenvoudig, ek sal dit maklik aan Jurgie kan koppel en dan die 500watt inverter wat tans vir skokdraad bystands doen vir yskas gebruik. Ek hoor van start up currents....

Is die battery net daar vir…
Is die battery net daar vir die liggies? Dit lyk nie of jy 'n omsetter gekoppel het. Dit kan lekker werk.
Ek het 19 liggies gekoppel gehad in my huis in Roodepoort, en dit was op 'n 8A/h battery gekoppel. Die battery was natuurlik gelaai deur 'n gewone klein slim laaier. Daarna my ordentlike solar installasie gedoen en het die liggies toe direk op 12v laaier gekoppel gehad en die battery ontkoppel.





Ou sinke gee karakter
Die ou sinkplate lyk eintlik mooi, en pas beter in by die omgewing as helder geverfdes. So olyfgroen kan seker werk, maar as dit te donker geverf word gaan dit ‘n bakoond wees in die somer. Ek het ons huis se dak jare gelede ‘n ligte grys geverf en die verskil in die temperatuur binne is 3-4 grade minder as tevore toe dit ‘n donkerder grys-groen was. Dit lyk beter ook.
Almal daar gaan nou sulke huisies wil hê Oom Neef. Ek hoop nie die ander steek hulle huisies brand om ook so gelukkig te raak nie