Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Onze Rust Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -18 minutes ago
Onze Rust, Colesberg Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -36 minutes ago
nuwe Isuzu enjin Alternatiewe sleepvoertuie Wessel Strydom -1 hour ago
Daar is nie veel oor in my… Onrus woonwapark Voortrekker -1 hour ago
soos Heinz Konsalik se boek.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -2 hours ago
Onrus sal my altyd laat… Onrus woonwapark Voortrekker -2 hours ago

Wildehont se nuwe ou Ranger

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Ek begin die gesprekslyn sodat ek ophou om die Alternatiewe sleepvoertuie gesprekslyn te besoedel met praatjies oor die 2013 Ford Ranger 3.2 auto 4x4 wat ek onlangs gekoop het. 
Ek wil nie die goeie raad wat ander lede wat soortgelyke voertuie het/gehad het verbeur nie, so nou kan ons verder daaroor praat hier. 
Almal ken teen die tyd die besonderhede van my aankoop, so ek gaan niks herhaal hier wat reeds gesê is onder Alternatiewe sleepvoertuie nie. 
 

A

Brits

Wessel Strydom

Wed, 12/06/2024 - 12:09

Ek wonder nou ook oor die slimgeit. Dinge so;

1] of ou Grompie so slim is,

2] hoe lang periode is nodig om bestuurstyl aan te leer.

3] is daar 'n styl vir dorpry, wildtuin kruie en ooppad solo.

4] dan ook nog vir sleep tydperke. 

Ek hanteer Grompie op ingewing van oomblik. Oor die algemeen rustig, veral met wegtrek, maar soms vererg ek my bloedig en dan moet Grompie spring. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 12/06/2024 - 13:08

Jou kapteintjie kan bly wees dat die platkop AO  hom nie onder hande gekry het nie. Vermetel.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 13/06/2024 - 06:56

Ek het bietjie gaan oplees om te verstaan wat die verskil is en waarom

a) baie wringkrag goed is

b) baie krag goed is

My gevolgtrekking is dat baie wringkrag goed is teen laer revolusies en baie krag teen hoër revolusies. Dis duidelik uit bv my Ranger se grafieke wat ek eergister geplaas het. Die maksimum wringkrag word vinnig ontwikkel en die maksimum krag eers later. 

Hier is twee aanhalings uit die artikel wat ek gelees het:

A high torque enables efficient and energy-saving driving. A high engine power enables a car to accelerate quickly and reach a high top speed.

Contrary to popular belief (i.e. what your friends think), in everyday life with a car, the torque of an engine plays a more important role than the (maximum) engine power. This is because, in order to conserve resources – the environment, people’s wallets and their nerves – engineers want drivers to drive with good traction in the low engine speed range.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 13/06/2024 - 07:12

Jou bakkie het nou 'n lekker plat kurwe vir beide. Ek sal raai dat die lekkerste sleep, met die beste brandstofverbruik gaan wees met omwentelinge tussen 2200 en 3000rpm.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 13/06/2024 - 07:24

....nee man, jy is nou weer roekeloos.laugh Die boperk is vir sleep in lae ratte, soos 4de teen bulte. Ek wonder hoeveel van daai baie torque gaan via ratkas en ewenaar by wiele op die pad uitkom.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 13/06/2024 - 08:06

... kyk na my inset van 15/12/23 op die gesprek. Verhoog net die waardes vir jou Ranger met die verhouding 560/460. 

Jy gaan daai Kavango se dop van sy onderstel af trek.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 13/06/2024 - 09:27

Die Ranger het voorheen lekker gesleep, maar ek sien uit daarna om DV Saterdag die N1 te vat.  Nou moet ek eers nog ‘n klomp twak hier by die werk in die bed sit. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 02/07/2024 - 13:52

Met die probleem wat Wildehont nou het van die belt en pulley, het ek gaan opkyk aangaande die enjin en belt, en onderhoud. Phalaborwa het genoem dat hulle " gereeld" belde kry wat breek, en om die pulley draai, wat my laat wonder het hoekom, dit is nie normaal dat die belde net bréêk nie.

Die belt het ń leeftyd van 50 tot 100k km. Afgangende van toestende en of ouderdom van 5 jaar. Dan word aanbeveel dat die idler pulley, soos in Wildehont se geval, en die tensioner pulley gevoel vir spelling en selfde tyd vervang.

Wildehont se Ford was baie off road gebruik deur vorige eienaar, so die vervangtyd sou in die korter tydperk van 50 000km wees. Ek weet nie waar die kilos nou staan nie. 

Dit klink my ons sit hier ook met ń geval waar die aanbevole dienstydperk van komponente deur die werkswinkels ignoreer was. Of hulle was onkundig daaromtrent, bv Duitse mekanieksdevil

  As  die pulley en belt op regte tyd vervang was, sou die kanse dat so iets gebeur, bitter skraal wees. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 05/07/2024 - 11:19

Met verwysing na Oom Neef se inset hier bo die volgende:

Ford se tegnikus (dis wat hulle hom noem) het nie gesê dat hulle gereeld serpentine belts kry wat breek op die Rangers nie. Wat hy gesê het is dat wanneer so ‘n belt wel breek, dit algemeen is dat van die stukke wat afbreek agter die crankshaft pulley inklim en vasdraai om die pulley  se as. Dit lei daartoe dat die plaat agter die pulley wat die tydketting bedek buig, wat op sy beurt daartoe lei dat die crankshaft pulley se seel begin lek.

Toe ek die Ranger gaan haal het, het ek hom gevra om die plaat vir my te wys. Aan die crankshaft pulley se kant (buitekant) kon ek die merke sien waar die stukke belt wat agter die pulley vasgedraai het teen die plaat geskuur het, en dit gebuig het. Aan die tydketting se kant (binnekant) was daar selfs merkies waar die tydketting teen die plaat geskuur het omdat die plaat gebuig het.

Nou terug na die oorsaak van die belt wat gebreek het. Ek glo nie dit het enigiets te doen gehad met ‘n belt wat langer as die verwagte lewensduur gebruik is nie. Dit was agv die idler pulley waarvan die laer gegroet het. Pierre Nolte gaan altyd my voertuie se pulleys na wanneer dit gediens word, en het my in Februarie aangeraai om die alternator pulley te vervang. Hy het vir my sy gereedskapstelletjie geleen en ek het dit sommer self gedoen.

Vandat die Ranger laas by hom was totdat die laer van die idler pulley gekalf het, het die Ranger 2592km gery. Meeste daarvan was langpad, maar met die Kavango op sleeptou en ‘n vol vrag. Die res was in die Krugerwildtuin teen lae snelhied. Toe ek die tegnikus by Ford vra of dit algemeen is dat dieidler pulley op die Rangers breek, het hy gesê hy het nog net een vervang van ‘n Ranger wat in ‘n ongeluk was. Hy kon nie ‘n verklaring gee vir waarom die een op my Ranger gebreek het nie.

Nou terug na die risiko van lang pad (bedoelende sowat 2000km) sleep om in die Kruger wildtuin te kom met ‘n ouer voertuig. Is dit werklik groter as die risiko om 400km daarheen te sleep? My logika oortuig my dat langpad ry, selfs terwyl mens sleep, nie so hard is op ‘n voertuig as wat ry in die dorp is nie. Dis natuurlik solank mens nie in te hoë ratte sleep nie. Die ryery in die wildtuin is wel teen lae snelhede, maar daar word baie stilgehou en weggetrek.

Die slytasie op die enjin se bewegende dele moet ook aansienlik minder wees met ‘n diesel as met ‘n petrol oor dieselfde aantal kilometer. Die Ranger loop op die oop pad as ek sleep teen gemiddeld ten minste 1000 omwentelinge minder as die Prado. Die pulleys op die Prado draai dus baie meer en vinniger as op die Ranger vir elke kilometer gery.

Ek is nie kwaad vir die Ranger nie. Dis ‘n lieflike sleepvoertuig en het vrek baie plek. Die feit dat die bak afsonderlik van die kajuit is, beteken ook dat wat ookal daarin is amper 100% stofvry is. Ons ry met oop vensters in die wildtuin, en al maak mens dit toe wanneer ‘n ander kar op ‘n grondpad verbykom, kom daar steeds baie stof in die kajuit in. In die Prado en Everest het dit beteken dat die yskas en battery en alles anders wat agter in die bagasieruim was ook met stof oortrek was.

Wat gebeur het met die Ranger voorverlede Sondag, was ‘n uitsondering op die reel vir die spesifieke voertuig. Ek het my skoolgeld betaal, en sal nie weer aanneem dat ‘n belt wat klaarblyklik raas sommer net weens stof is nie. En al was my woonadres in Tzaneen, en nie in Worcester nie, sou die uitkoms en gevolge dieselfde gewees het met wat 6km van Shingwedzi se hek af gebeur het. Die enigste verskil sou gewees het dat ek nie 24 uur lank huis toe hoef te ry na die voertuig herstel is nie.

Sal ek weer met die Ranger Krugerwildtuin toe gaan? Ja, ek sal as ek gespaar bly en besprekings kry vir 2025 op 23 Julie. Ek sal met die Prado (wat 5 jaar ouer is en meer as 3 keer soveel km op het) ook gaan, maar die Ranger sleep lekkerder en is meer prakties.

Soos iemand (ek dink Oom Neef) elders genoem het; die enigste manier om ‘n makliker uitkoms met so ‘n situasie te verseker is om met ‘n nuwer voertuig te ry wat nog onder waarborg is. Dalk sal Ford dan self die voertuig kom haal en herstel, en moontlik vir mens ‘n courtesy car gee. Ongelukkig is ek nie finansieel daartoe in staat om die paaiement elke maand te betaal nie. Hierdie gaan reeds ‘n baie dun maand wees met die eenmalige uitgawe wat die insident veroorsaak het.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 05/07/2024 - 11:34

....in om nou halsoorkop van die Ranger ontslae te raak nie. 

Ek sal egter jou aanraai om die trokkie na Pierre te neem sodat hy die werk gedoen in PBorwa deeglik nagaan vir goeie vakmanskap. Dit sal jou gemoedsrus gee.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 05/07/2024 - 12:23

Met Wessel, dit is baie raar dat daai belde breek en dat jy vir Mnr Nolte moet vrae om die werk na te gaan.

Sal ook nie nou die Ranger verkoop nie, ry eerder 'n spaar belt saam vir die toekoms, en maak dadelik 'n plan as jy iets vermoed.

Die breek van belde is iets wat met enige voertuig kan gebeur, behalwe dat die belt nie  nie die spesifieke gevolg kan veroorsaak nie. Timing belde en kettings gaan groter nadeel tot gevolg hê as dit fout gaan.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 05/07/2024 - 13:27

My inset het gegaan oor die verwagte leeftyd van die belt. Net dit. Dat die belt op nagenoeg 50 000km en weer op 100 000km vervang moet word, by off road toestande het ek gelees, nie uit duim gesuig nie.

Verder gee ń laer baie kennis as dit begin ongelukkig raak. En dat indien die belt al in die verlede vervang is dat die speling gevoel sal word. Let op ek praat van, afhaal, om sodoende bearings met n lever te wikkel sonder dat ń belt teen dit druk.

Nolte het sekerlik gedoen soos jy sê Wildehont, ek bevraagteken nie die man nie. Dit lyk of jou geval van ń bearing wat so vinnig faal, jou" bad luck" was, en ongewoon.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 05/07/2024 - 14:03

ek praat van, afhaal, om sodoende bearings met n lever te wikkel sonder dat ń belt teen dit druk

Ek gaan dit in die vervolg sommer self doen voor ‘n toer. Ek weet hoe om die belt af te haal en terug te sit.  

0

Ek lees nou weer van Wildehond se teespoed op sy vakansie lyn, en dan hier. Ek moet se jy beindruk my meneer.

So het jy ver bo ander verbruikers gestyg deur nie die produk of die handelaar sleg te maak nie, en ek glo dit kon vir jou maklik gewees het. Soveel keer het ek al gelees en gehoor van mense, met minder rede as jy wat vertel hoe sleg produk is, en dan praat ons nie van die handelaar wat net glad nie als wou laat vaar om hulle te help het nie.

Daar was 'n advertensie wat gese het "Give that man a Bell's", meneer jy verdien een.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 10/07/2024 - 09:14

Ek is nie vasgemaak aan ‘n handelsmerk as dit by rygoed kom nie. Daar is sekere handelsmerke wat ek nie sal koop nie, maar dis maar persoonlike voorkeur.

Tussen my en Salomien het ons al vier Toyota’s, vier Ford’s, ‘n Hyundai, Mitsubishi, Audi, Nissan, Mazda, Datsun en Volvo besit. Die laasgenoemde twee was ons eerste karre by ons ouers gekry. Net twee van die spul was nuwe voertuie gewees, die res almal tweedehands. Die ergste meganiese probleme wat ek nog ervaar het was met die Colt, waarvan die vyfde rat gebreek het.

Die probleem wat ek onlangs gehad het met die Ranger het heelwat ongerief veroorsaak agv waar dit gebeur het, en het ook baie gekos. Alhoewel ek dink Ford Phalaborwa kon ons ‘n paar ure vroeër op die pad gekry het verlede Dinsdag, het hulle darem probeer om die koerier se fout die Maandag reg te stel deur ‘n drywer te stuur om die onderdeel te gaan opspoor. Onder omstandighede is ek nie kwaad vir hulle nie.

Wat die handelsmerk self betref, sal ek weer ‘n Ford koop. Veral tweedehands bied hulle baie beter waarde as Toyota. Ek dink nie daar is fout met ander bakkies soos Isuzu, Nissan of Mitsubishi nie, maar ek glo nie ek sal een van hulle sommer koop nie. Die laaste twee is eenvoudig nie vir my baie mooi nie, en alhoewel Isuzu betroubaar is en lank hou dink ek hulle is ‘n tree of wat agter Ford en Toyota. Die lg twee het waarskynlik ook die grootste netwerk deur die land

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 13/09/2024 - 20:24

Gister toe ek die kinders by die skool gaan aflaai wil Jnr sy venster oopmaak om vir ‘n maatjie te groet. Dit wil egter nie werk van my deur of syne nie. By die werk lees ek eers op in die handleiding. Die agter ruite werk van een sekering af en Kara se ruit werk. Gistermiddag ontkoppel ek die battery vir ‘n ruk in die hoop dat dit iets sal reset maar dit werk steeds nie. Ek aanvaar toe die motor het gegroet, want dit werk nie van my of sy deur se skakelaar af nie. Probeer solank uitvind wat ‘n vervanging gaan kos, want ek het besluit om dit self te doen. Die video hier onder verduidelik mooi - in Hindi of iets. 
 

Ek haal toe na werk die besigheid uit mekaar, en toets die skakelaar met ‘n multimeter. Daar kom krag uit. Die Indiër beduie van ‘n proppie uitprop by die motor en lyk of hy die kontakte skoonmaak en as hy dit terugprop werk die ruit. Ek prop die proppie uit, maar alles lyk silwerskoon. Toe ek dit terugprop werk die venster weer. Ek was baie verlig, en baie bly ek het nie die bakkie na Hein toe gevat nie. Dan het dit my geld gekos. Op YouTube kan mens enigiets leer. 

video
0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus