Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -5 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -6 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -6 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago

Wildehont se nuwe ou Ranger

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Ek begin die gesprekslyn sodat ek ophou om die Alternatiewe sleepvoertuie gesprekslyn te besoedel met praatjies oor die 2013 Ford Ranger 3.2 auto 4x4 wat ek onlangs gekoop het. 
Ek wil nie die goeie raad wat ander lede wat soortgelyke voertuie het/gehad het verbeur nie, so nou kan ons verder daaroor praat hier. 
Almal ken teen die tyd die besonderhede van my aankoop, so ek gaan niks herhaal hier wat reeds gesê is onder Alternatiewe sleepvoertuie nie. 
 

A

Irene

Grootwind

Wed, 07/02/2024 - 18:39

Ek het gemengde gevoelens oor die omseiling/verwydering van die EGR en DPR. Wat lg. aanbetref is dit basies die diesel ekwivalent van 'n katalisator. Die uitlaatpyp gaping wat die verwydering laat word vervang met 'n sg. reguit "down pipe", maw die enjin raak "beter" van sy uitlaatgasse ontslae (maar die is nou vuiler). Daai Ranger behoort na die verwydering so effe meer perde uitskop, maar sal ook effe meer raserig (party sê mooier!) klink. Wat die EGR aanbetref is die idee stokoud, my '73 Datsun het reeds wat destyds bekend gestaan het as 'n "sump vent" gehad, basies 'n pyp wat die olie pan se dampe terugvoer na die enjin. later jare het uitlaatgas gedeeletelik bygekom....Laat ons weet as jy dit laat doen het hoe die trokkie dan voel!

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 07/02/2024 - 19:13

Stem met Len dat dit seker nie die gewete gaan laat goed voel nie. My gevoel is net dat die vermindering in CO2 op baie ander maniere ook verminder kan word wat totaal ignoreer word. Vat bv ons steenkoolkragstasies, lugrederye wat tonne parrafien brand, Openbare vervoer wat in stede moes gewerk het. Treine ipv trokke vir padvervoer. Die klomp in China en VSA is die grootste bydraers maar wat doen hulle, net mooi bokkerol.

Die sump vent is soos jy sê Grootwind, maar dit was vir die paar olidampe verbrand, of dit op die grond laat drup. My ou Ford Ranchero het so downpipe gehad. Maar die dampe is regtig maar min as jou rnjin in goeie toestsnd is. Maar die uitlaatgas hersirkuleer? Sal moet gaan oplees, maar ek verstaan dit verlaag die O vlak vir die ontbranding......en verlaag so....Maar dit bevuil die suiers en kleppe met n laag roet. 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 07/02/2024 - 20:05

Soos die artikel uit Australië hier onder verduidelik kan die verkoeler kraak en jou die enjin kos. Dit is dus nie uniek aan SA nie. Sover ek verstaan kan dit die outo se ratkas ook laat groet. Ek herinner my dat dit met heelparty van die vroeë modelle (soos myne) gebeur het. Die feit dat dit nog nie met myne gebeur het nie beteken presies net dit het NOG nie gebeur nie - nie dat dit nooit sal gebeur nie.

Wat verbeterde werkverrigting betref kon ek nie meer bewys kry as dat eienaars gevoel het die throttle response was beter na die tyd nie. Dis egter nie waarom ek dit laat doen nie. Ek wil nie ‘n enjin of rstkas vervang nie.

A

0
Worcester

Wildehont

Fri, 09/02/2024 - 21:13

Die EGR en sy verkoeler is omseil en die cat is uit. Die sagteware is aangepas sodat bg nie moeilikheid maak met die bakkie se brein nie, en die bakkie is gediens. Amper 10l sintetiese olie en al die filters.
 

R8000 later voel dit of die Ranger se keel lekker skoongemaak is, en dit trek definitief beter. Toe ek saam met Pierre Nolte vir ‘n toets rit gaan het hy die BFG AT bande laat skreeu op wegtrek. Nou gaan ek lekker sleep! Ek hoop die brandstofverbruik neem ook effens af. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 10/02/2024 - 06:27

Magties Wildehont ! Dit is ń fris bedrag.

Ek het weer deur die Ausie artikel gelees, en die wat daar bespreek word, is sekerlik moontlik. Maar.. jy kan baie ander komponente ook uitsoek en ń "worse case scenario" artikel om dit skryf, wat presies dieselfde nagevolge inhou. Ek gaan nie eers probeer opmoem nie, dit sal almal slapelose nagte gee.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 10/02/2024 - 06:42

....soos my duitse werktuigkundige gesê het nadat ek Eseltjie se katalisator laat uithaal het. Mens is geneig om daai dieper grom te geniet, en dan daarvolgens kole te gooi.

Hoeveel van daai R8000 is net vir onderdele en olie ??

0
Worcester

Wildehont

Sat, 10/02/2024 - 08:12

Ek verlaat my op Pierre Nolte se ervaring. Rangers is baie meer gewild as Hilux hier, so hy werk al lank aan baie Rangers en ken die bakkies goed. Hy het self ‘n 3.2 gehad en het nou ‘n nuwe 2l. 

Hy werk al amper tien jaar aan my rygoed, en ek weet hy is eerlik. Hy wys my bv gister wat vra Ford vir ‘n stel GUD filters en wat betaal hy. Lg is wat hy op my faktuur skryf. Vir die omseil van die EGR en uithaal van die cat is sy wins R600, want hy betaal R1200 vir die program wat hy op die Ranger laai. Die werk aan die EGR en cat doen ‘n ander ou en ek betaal hom direk. 

Ek aanvaar darem nie goedsmoeds wat hy aanbeveel nie. Ek het eers baie opgelees op die 4x4community forum en op Aussie en VSA Ranger forums en almal is dit eens dat die EGR op die Ranger nie net duur skade kan veroorsaak nie, maar ongesond is vir die enjin itv opbou van roet en minder effektiewe werkverrigting. Dit het my R5000 gekos om dit te laat omseil, en dis baie goedkoper as ‘n nuwe ratkas of enjin. Die ekstra poeier is ‘n bonus, en dalk verbeter brandstofverbruik maar ek twyfel.

0
Worcester

Wildehont

Sat, 10/02/2024 - 08:28

Toe hulle laas in Worcester was en die kappie wou seel het Salomien die Ranger geleen om te gaan foto’s neem in Hermanus. Hierdie week was die Ranger van Dinsdagaand tot gister uit diens, so die kappie is nog nie geseel nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 10/02/2024 - 12:22

Chris S, ek wil eintlik nie sulke getuigskrifte lees nie, dit laat my bekommer of ek die regte keuse gemaak het.

Staan vanoggend by vulstasie langs 'n ouerige Hilux V6, en skielik kry ek hierdie beklemming in my gemoed, [a] ek moes Eseltjie gehou het of [b] ek moes 'n goeie gebruikte V6 gekoop het. Moontlik sou enige van beide opsies op die lange duur vir 'n pensioenaris meer voordelig gewees het, as om 'n nuwe turbodiesel te gekoop het.   

Wat ek wel weet, met beide die 2.7 en V6 petrol kon ek enige plek in dorp parkeer sonder steel bekommernisse en opspoorstelsels.

Ek wil nie eers die kans waag om na die "Caravan outdoor show" by Callagher te gaan nie. Net dalk kom ek daar uit, en Grompie is weg.

0
Worcester

Wildehont

Sat, 10/02/2024 - 12:51

Wessel, ek dink die risiko dat die EGR se verkoeler kan kraak en lei tot ‘n oorverhitte enjin of ratkas is weens ‘n ontwerpfout op die T6 Ranger (my model se reeks). Ek glo nie Toyota het dieselfde risiko nie.
 

Onthou die EGR is ‘n ou konsep, en dit word vereis om aan emissie standaarde te voldoen. Dit beïnvloed ongelukkig werkverrigting negatief, want die lug wat in die enjin ingaan bevat ‘n sekere hoeveelheid vuil uitlaat gas. Pierre het gister vir my gesê daar is ‘n Hilux by hom waarvan die inlaat aangepak is met roet vanwee die EGR. Hy het ook gesê my Ranger sal reeds na 100000km ook aangepak wees. 

0
Worcester

Wildehont

Sat, 10/02/2024 - 20:11

R5000/R21,28 ‘n liter diesel (wat ek vanoggend betaal het) = 235 liter diesel. Dus minder as 2000 km teen my verbruik. Is dit werklik so duur? Nee. Ek het net nie begroot daarvoor nie. 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 15/02/2024 - 05:48

Ek was gister by die installeerder. Jong outjie sê vir my dit gaan net so 10 minute vat oom. Ek was egter amper ‘n uur daar. Hy het herhaaldelik met ‘n tuinslang teen die kantvensters gespuit elke keer na hy met silicon aan die binnekant geseel het. Toe hy klaar is sê hy jammer dit het so lank gevat oom, ek moes alles af trek en oordoen. Lyk my die fabriek was laks. Hulle moes dit getoets het vir waterdigtheid. Die knaap wat dit Desember geïnstalleer het (‘n ander een as gister) moes ook. Na werk het ek agter in geklim en Salomien lank laat reën maak met die tuinslang. Dit lyk darem asof dit nou nie meer lek nie. 
 

A

0
Worcester

Wildehont

Thu, 15/02/2024 - 07:47

Hier stuif nou wat die plaaslike mense stoffies noem buite neer. So die kappie is net betyds geseel. 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 16/02/2024 - 07:48

Dit het vroeg vanoggend sommer lekker gereën hier in Worcester. Ek glo nie die boere sal te opgewonde wees nie, hulle is nog besig om te oes en wil nie nou reën hê op die druiwe nie. 
 

Dit was egter ‘n deeglike toets vir die waterdigtheid van die Ranger se kappie wat dit met vlieënde vaandels geslaag het. Dit was kurkdroog in die bak vanoggend. 

0
Irene

Grootwind

Fri, 16/02/2024 - 09:34

Finale toets moet seker nog gedoen word vir waterdigtheid? Dis nou die ene waar jy ry in gietende reën. Dis wanneer die binnekant van die kappie onder effense vakuum verkeer en geneig is om water en stof in te suig...as daai toets positief is kan jy maar innie dam met die trokkie gaan speel!

0
Worcester

Wildehont

Fri, 16/02/2024 - 10:08

Januarie oppad terug van Dwarswegstrand af het ons amper die hele ent tussen Albertinia en Swellendam in die reën gery. Toe ons tuiskom was dit kurkdroog agter in die kappie. Die kappie het twee Mueller vents ingebou in die dak om dit onder positiewe druk te hou, en dis waarskynlik hoekom dit nie toe gelek het nie. 
 

Die vensters is in gesinkte rame ingebou in die twee kant deure van die kappie. Sodoende is dit mooi flush met die deur en die res van die kappie. As dit egter nie ordentlik geseel is om die vensters nie, loop die water in by die rante van die rame, en dan in die raam van die kant deur in, wat ‘n lip rondom het aan die binnekant. Van daar af loop dit na die laagste punt in die bak toe. Omdat die Ranger se agterent gelig is, loop dit teen die voorste hoeke van die binnekant van die bak af en gaan lê in die hoeke. Of altans dit het. Hier is ‘n foto of twee van die venster om te illustreer. 
 

A

B

0
Worcester

Wildehont

Sun, 03/03/2024 - 08:04

Die 3.2 is baie dors tot dit op spoed kom. Met die outomatiese ratkas en ekstra gewig van die ekstras moet dit te wagte wees, maar dis nie ‘n dorpskar nie. In die week na die laaste volmaak 23 Feb het ek net hier in Worcester gepoer-poer skool toe, werk toe en terug, en die gemiddelde verbruik volgens die rekenaartjie het geklim tot 15l/100km. Gister is ons Op-die-berg toe vir die kinders se krieket. Dit sluit Mitchell’s pas en Gydo pas in. Toe ek by die huis stop het die gemiddelde verbruik sedert die laaste volmaak gesak na 12,3l/100km. 
 

Dit klink dalk of ek kla, dis nie die geval nie. Mens moet jou eintlik afvee aan brandstofverbruik of ‘n meer ekonomiese ryding koop. Maar ‘n dubbelkajuit bakkie is handig. Ek moet myself net sover kry om die Prado te verkoop, maar ek kan nog nie. En met die dat die Ranger so dors is raak dit nie makliker nie. Op die langpad, selfs met sleep is die Ranger egter baie meer ekonomies. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus