Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Oppie strand Geert - Ballito Wessel Strydom -1 hour ago
Vroeg oppie strand Geert - Ballito Geert -1 hour ago
Geert, Geert - Ballito Johann L -1 hour ago
Rona, November 2026 Johann L -1 hour ago
Reenbui Geert - Ballito Geert -2 hours ago
Turbulensie Geert - Ballito Rona du Plessis -9 hours ago

Die Ekologie

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on

Na aanleiding van Wildehont se versoek, kopieer ek sy inset na 'n nuwe gesprek lyn,  dit kan 'n baie interesante draad propvol waardevolle inligte bevat.

Die bachelor troppe bestaan uit ramme wat oud genoeg geraak het om ‘n dominante se posisie te bedreig en uit die trop geskop is. Hulle sluit by ‘n trop met net ramme aan, waar hulle deurlopend mekaar toets deur koppe te stamp. Voor paartyd tydens die rut raak hulle bronstig en veg in alle erns om dominansie te bepaal.
 

Die dominante ram maak ‘n harem bymekaar en merk sy gebied met ‘n mishoop waar hy gereeld mis en urineer. Hy verdedig die gebied ook teen ander ramme, jaag hulle weg en paar met die ooie in sy harem. Omdat hy baie energie bestee en nie genoeg tyd kry vir wei nie, verloor hy kondisie en word vervang deur ‘n sterker ram. Die proses kan ‘n paar keer herhaal word in een paartydperk. Weereens is die beweegrede dat net die sterkste diere moet voortplant sodat die sterkste gene oorgedra word en die spesie sterk bly. 
 

Op wildplase waar ramme uitgeskiet word is die voortplantingskoers ook aansienlik hoër as in die reservate waar nie gejag word nie. Dis omdat die ramme minder hoef te baklei en meer tyd het vir paar. 

Attachment Size
Alles oor weerlig 562.44 KB
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 21/08/2023 - 07:12

Von voer die voeltjies, en so is hier in die middag n redelike samedromming in die bome.  Verlede week se sy vir my die een duifie se kleur is effe donkerder as die maat sin, en ek stem saam. Gaan haal sy verkyker en merk op dat die een n Rooi oog duif is en die ander een n Kaapse tortelduif. Die afgelope paar dae paar hulle, en die Rooi oog is die wyfie.

Wonder hoe gereeld dit so in die natuur gebeur, en wat van die afstammelinge, sal hulle nou die gene-poel verander? Gaan dit tekens toon van "hybrid vigour" maw groter as die ouers raak. Steriel wees? Ek sal moet probeer hulle volg en kyk of kan ek die nessie opspoor. Kanse is maar sleg.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 21/08/2023 - 08:45

.... ek maak die aanname dat die rooi-oog duif waarna jy verwys se ander naam die grootringduif is - by sommiges ook bekend as die rinkhalsduif. Nietemin - interessante waarneming.

Ek het nog nooit die gewone tortelduif in Kleinmond waargeneem nie, maar die grootringduif is algemeen. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 21/08/2023 - 10:16

Dankie vir die reghelp Chris.

My direkte vertaling is verkeerd.Red Eyed Dove in Afrikaans is dit die Grootring duif. Vader weet waar die Groot ring sit? En die Cape turtle dove word genoem Gewone Tortelduif, Albei kom landwyd voor. 

Wat opvallend is, is dat volgens my boek die Grootring n groter duif is as die Tortelduif. by hierdie twee is die Tortelduif merkbaar groter.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 21/08/2023 - 13:17

Steriel wees? 

Wanneer twee soortgelyke spesies paar en ‘n afstammeling voortbring is lg ‘n steriele hibried. Dink bv aan ‘n muil - die afstammeling van ‘n donkie en ‘n perd. Dit gebeur meestal nie in die natuur dat twee verskillende spesies paar nie. Veral nie met soogdiere waar spesies se verspreidingsgebiede gewoonlik nie oorvleuel nie. Dink bv aan swart-  en blou wildebeeste. Met voëls is dit natuurlik anders in terme van verspreiding. Tog vreemd dat die verskillende spesies duiwe letterlik by mekaar vlerk sleep. Die feit dat die afstammeling/e steriel is, is seker maar die natuur se versekering dat die spesies nie onnodig verder verdun word nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 28/02/2024 - 08:05

Na aanleiding van Harry se weerligskade, herinner ek lede aan die pdf dokument bo-aan hierdie gesprekslyn. Dit verduidelik alles oor weerlig, en bevat klomp interessante feite. Ek het dit so 14 jaar gelede gekry na ‘n werktuigkundige buite my tydelike kantoor by ‘n myn buite Carletonville dood is, toe weerlig van ‘n lamp paal af gevonk het oor die vragmotor waaraan hy gewerk het en die vragmotor langsaan getref het. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 28/02/2024 - 11:37

Dagsê kampers en veldliefhebbers. Spore kyk en volg is ń baie aangename tyd. Gister die spore op n sanderige kolletjie. Kyk of jy kan iets raaksien. Ek het my idee, maar hoor graag by die ander.

Spore

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 28/02/2024 - 12:01

....na die spoor van 'n kaalvoet inbrekerlaugh

Ek raai julle het 'n verdwaalde luiperd in omgewing. Ek hoop om reg te wees vir julle plaaseienaars se onthalwe.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 28/02/2024 - 13:24

... in Burger Cillie se "Die Soogdiergids van Suider-Afrika" waarin spoorsketse van bykans alle diere gegee word. Maar ek kan nie werklik iets wys word nie. Ek weet nie wat die deursnee van die spoor op jou foto is nie. Al afleiding wat ek kan maak is dat dit "iets" is wat sy naels kan intrek.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 28/02/2024 - 14:39

Wat ek lees, is dit. Heel onder is die regter agtervoet van bobbejaan. Dit lê so effe bo-oor die linker voorvoet. Kyk die duime, wys dit mooi.

Dan is daar die agtervoet, die duidelike spoor van ń Rooikat, wat half bo- op die voorpootspoor sit. Die kat? spore is net so onder 50mm deursnee.

Wat sê Wildehont, vat neef ń kans?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 11/07/2024 - 14:41

Hier onder is ‘n opsomming van ‘n navorsingsdokument oor die afname in bastergemsbok getalle in die Krugerwildtuin. Dit vat nie lank om te lees nie, en help mens verstaan hoe mensgemaakte suipings vir die diere ‘n onbedoelde negatiewe uitwerking kan hê.

A

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 11/07/2024 - 16:30

..........'n soortgelyke navorsingsverslag gelees van 'n privaatgroep, Kruger National Park - The Ecology and Science of Managing a National Park.  Die inhoud daarvan kom ooreen met wat jy hierbo geplaas het.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 14/07/2024 - 17:40

Die wat daar so van bome, en ń liefde vir bome gesels word, wou ek ook iets byvoeg, en gaan soek vir die gesprek. Van die eerste inset als weer gaan lees, en wragties, dit is uitstekend. Willehont se ondervinding, en die puik deel, kan my indink hoe goeie gids hy was.

Hier staan, ek weet nie hoeveel nie, regtig baie, vêr meer as 100. Van Ana bome uit Namibia, Kamereldoring van die woestyn My Ana het in verlede jaar se swartryp omgekom, was al te groot vir toemaak. Kameeldoring is daar een wat nog aan die lewe vasklou, so ou kleintjie. Kremetart vat ook lank om dood te gaan....hou nie van die wêreld nie

Wat ek nou deel, is dat neef ń groot liefde vir bome oa het, kweek ook van saad af. Waneer iemand kom kuier en vra wat kan hulle bring, sê ek. " bring ń boompie". So my is vriende rondom my, elke boom het sy of haar naam en ek sien hulle dus gereeld, al is hulle baie vêr.

Selfs ń boek " In search of Remarkable trees" van Thomas Packenham hier op my rak. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 14/07/2024 - 21:46

as julle so breedvoerig oor die mooi bome van ons land gesels raak ek sooo opgewonde! Dit is so verblydend om te hoor hoe julle ook dit wat eie aan ons is uitbrei en bewaar. Daar is maar net iets omtrent 'n boom. Hy/sy het persoonlikheid en gesels met 'n mens deur seine (trillings) uit te stuur. Dit is hoe ek hulle ervaar, en nee, ek is nie van lotjie getik nie. Iemand wat ook na aan die natuur en tussen bome lewe sal waarskynlik dieselfde sê. Dit daar gelaat....

'n Groot hartseer vir my is die afname van groot bome in die Kruger wildtuin  - iets wat ek feitlik jaar na jaar opmerk. Die redes daarvoor is waarskynlik toe te skryf aan droogtes, vloede (riviere), beheerde veldvure, die liewe olifante met hulle diëet-voorkeure, en wie weet wat nog...Dit sal fantasties wees as iemand my verkeerd kan bewys as ek dink dat daar oor 'n klompie jaar bitter min groot bome gaan oor wees. Mens wil graag net oor die mooi en goeie dinge van die wildtuin praat, maar hierdie is realiteit en ek ken nie die oplossing nie.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 15/07/2024 - 18:05

Die wat so paar van ons nie kamp nie, en boomstories deel een van my. Die Kiepersol op foto, staan amper stokstyf teen ons huisie. Jaar 2001. gaan laai ons jonger dogter, gister was haar 42 ste verjaarsdag af in Bloemfontein by Kovsies. Vir 2 dae was dit rondhang met wat gedoen moet word, daar was so bietjie tyd, en het die botaniese tuine gaan besoek. Ai, dit was erg verwaarloos , en bitter min behalwe waar voorheen ń kwekery was, het daar 4 verpotte Hoëveld Kiepersolle gestaan in kurkdroë sakkies grond. Een het saam gekom huis toe. Dit is genoem die Piepersol omrede dit sowat 200mm hoog was met net 3 asvaal verskeurde blare.

Vandag is Piepersol sterk, en van die sade land in Von se kruietuin waar hulle opkom, en dan uitgeplant word. Die jong boompies is te ougat, maak so ronde bol soos n gholfbal net onder die grond voordat dit begin boontoe groei. Oorlwings strategie glo ek.

Nou nie ń mooi foto nie, nou net met cellfoon geneem.

Kieper

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 15/07/2024 - 18:38

Vanmiddag toe Von vir haar voëltjies saad gooi, kom daar twee pikswart voëltjies by. Swaar bekkies soos vir saadvreters, effe kleiner as die vinke, en lyk soos Kaapse mossies wat in ń koolmyn werk. Bene, ogies, bek, vere, als is pikswart.  Naaste wat ek kon sien is die Flappe? Of Bishops buite broeiseisoen.  Enige idees, nuut vir ons.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 15/07/2024 - 19:42

... Wildehont? Ek's vir 'n 6 geslaan met daardie beskrywing. Ek't die Sasol voëlboek nader gesleep, maar kon niks wys word nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 15/07/2024 - 20:36

Nee gits, daar is niks wat die tyd van die jaar in daardie omgewing die beskrywing pas nie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 15/07/2024 - 20:40

... wat het jy en Yvonne vandag gedrink? En hoeveel?

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 15/07/2024 - 20:47

Ook gesoek en geen saadvreter gekry wat so pikswart is nie. Naaste is die Kortstertflap-mannetjie, maar dié het rooi skouertjies (boonste punte van die vlerk). So wag ek ook en sien uit daarna om meer te weet oor die nuwe geveerdes in julle tuin.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus