Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -16 minutes ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -4 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago

Neef Herman verjaar

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on

Neef jy moet 'n lekker dag hê. Ek en Ralie wens jou nog baie gelukkige 11 Novembers toe.

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 11/11/2022 - 07:01

Baie geluk met jou verjaarsdag, geniet die bederf voluit. 👏🎊🍷🥂

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 11/11/2022 - 08:06

 Gaan vanaand op almal van julle se voorspoed, geluk en gesondheid n glasie wyn lig. Dankie, en mag ons mekaar raak-kamp in die jare wat nog gespaar is.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 11/11/2022 - 08:32

Baie geluk Herman

Ons hoop dat daar nog vele verjaarsdae voorlê. Mag die komende jaar net goedheid en guns inhou, daarby ingesluit ook veel beter gesondheid.

Hoe laat moet ons die glase lig , ons moet sinkroniseer. Anders het ek rede om van 17hoo elke halfuur 'n glasie te lig tot....laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 12/11/2022 - 06:04

Môre Herman

Nou het ek 'n hoofpyn eant jy het nie gesê hoe laat die heildronk sou wees nie. Ek hoop Yvonne het jou ordentlik bederflaugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 11/11/2024 - 06:02

Lekker verjaarsdag jou toegewens. As ek reg onthou, is jy mos die week op wittebrood met jou broek vol planne. Geniet!!

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 11/11/2024 - 06:37

Môre Herman

Mag jy 'n heerlike verjaarsdag hê, met baie bederf. Ek wens jou toe 'n gesonde en baie gelukkige nuwe lewensjaar.  

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 11/11/2024 - 17:59

iets maak jou baie spesiaal met 'n eie verjaardag-draadlaugh. Ek wens vir jou nog baie mooi jare en dat die einde van vandag se lekker nog lank nie in sig is nie.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 11/11/2024 - 18:20

Baie geluk Herman ...........................................en vele meer gelukkige jare en goeie gesondheid word jou toegewens. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 11/11/2024 - 19:51

Dankie maters. Die lewe is ń lied.

En die beste was laat vanmiddag het 3 walvisse ń groot vetroning gegee hier reg voor ons huisie. Tot nou donker aangehou. Sterte slaan, finne klap en uitspring was ongelooflik mooi. Vanaand slaap ons met die branders se gedreun. Heelnag met ń glimlag. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 11/11/2024 - 20:13

Klink omtrent of Oom Neef lekker verjaar! Geniet die res van die vakansietjie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 12/11/2024 - 06:37

...is jy iemand wat visvang/hengel???

Ek weet jy hou van stap en buitelewe, maar skielik wonder ek, of julle lekker klomp boeke/leesstof ingepak het om tyd te verwyl.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus