Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -1 hour ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -1 hour ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -1 hour ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -2 hours ago

Len & Kie se Desember 2024 Hartensbos vakansie.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

.

Soos elders vermeld, gaan oons vir die eerste keer in 6 jaar by ATKV Hartenbos vanaf Woensdag 11 Desember tot Vrydag 20 Desember, kamp.  Die bogemelde foto is geneem by die D-kamp, maar hierdie jaar kamp ons by die F-kamp, nr. 139.  Ons het voorheen jaarliks in Hartenbos gekamp, maar sederdien dit 'n bietjie afgeskaal.

Dit gaan heerlik wees, want dit is 'n mini-familie saamtrek, drie karavane en drie tente.  Ons bespreekte staanplekke is almal in die F-kamp, maar nie bymekaar nie, maar tog nie te ver van mekaar nie.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 13/11/2024 - 12:56

Nog boggerol gedoen  -  hoe ouer ek word hoe meer werk ek suksesvol onder druk.

Die Exclusive se buitelig het met ons laaste besoek in die Wildtuin kennis gegee van amper ingee en ek het toe self een gebou met LED beligting.  Ek was baie in my skik met hierdie mooi en helder lig wat ek oor en oor by die huis getoets het.  Met ons aankoms by Karoo Nasionale Park in Oktober, wou ek spog by my oumens-kampvriende oor hierdie oulike lig, maar o weë, morsdood !  Ek vermoed toe my soldeerwerk het seker gefaal en los dit toe maar.  Tuis het ek die spul uitmekaar gepluk en die fout opgespoor.  Ek het die lig se bedrading gekoppel aan dié van die karavaan met 'n koneksie-blokkie, maar die een skroefie te styf ingedraai en die draadjie mors afgedraai.  Met die ryery het die los draadjie uit die blokkie geskud en daar is die lig toe dood.  Probleem darem nou herstel.

Verder nog niks gedoen nie  -  bou so 'n bietjie druk op voor ek lostrek.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 13/11/2024 - 13:07

Die afgelope ses jaar se kampe, meestal in die Wildtuin, het ons net die stoeptent opgeslaan. My medekampeerder het besluit dat ons soos gebruiklik by Hartenbos, die volle tent sal opslaan.  Dus, ek sal baie seker moet maak dat die regte tentdak, panele en tentpale ingepak word om chaos te voorkom.

Ek sal maar soos in die verlede, Hartenbos se tent-opslaners moet kontrakteer om te help om die tent opgeslaan te kry.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 13/11/2024 - 13:17

Nou dat ek daaraan dink, Hartenbos het nie braaiers by staanplekke nie, jy kan dit wel iewers huur as jy wil.  Ek het my eie braaier wat ek nie geruik en saamneem Wildtuin toe nie  -  daar gebruik ek hulle braaier.

My braaier sal moet ingepak word  -  miskien moet ek hom 'n bietjie afskuur en oor verf.

.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 13/11/2024 - 13:43

...daai braaier lyk nog spiekeries. Gaan eers see toe daarmee. As dit dan kolkol roes, kan jy net daardie dele NS4 [swart] verf, en dan jou swart bolaag.

Anders verf jy nou die hele braaier, en met 1ste vuurmaak en braai, dop die verf elkgeval af. Dan moet jy terug by die huis weer skuur en verf.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 13/11/2024 - 17:11

Ek ken NS4 goed, gebruik dit altyd as 'n onderlaag.  Ek gaan die braaier maar skoonmaak, met NS4 verf en daarna met hitte bestand swart spuitverf verf.  Sou dit tog by die see roes, bêre ek die braaier tot ek dit volgende keer weer gebruik.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 13/11/2024 - 17:49

....ek is sommer jaloers, sal môre Wessel tuisbly se trokkie sommer was en poleer.

Hou my besig met hier en daar huis instanthouding, maar o jene, dis te warm by ons, om na 9h00 in son te vroetel.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 13/11/2024 - 18:47

Julle manne ken verf. My ondervinding is net dat Ns4  goed is vir roesvoorkoming, maar nie vreeslik hitte bestand nie. Daar gebruik ek Coastcote etch primer Black. Dit is waarmee die ingeboude en losstaande kaggels etc geverf word. Plascon produk.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 13/11/2024 - 18:59

...dankie vir die raad. Ek het agtergekom dat NS4 nie vuur-hitte bestand is nie. My braaier se kolepan het met 1ste vuur sommer so afgeskil aan onderkant.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 14/11/2024 - 05:35

Braaier saam te neem                                         is vir my die moeilikste ding om in te pak as ons gaan kamp. Alhoewel ek die Ford het en my braaier mooi opvou en in 'n sak pas hou ek nie daarvan nie. Veral as ons by die kamp moet oppak en dit weer laai. Is al of daar nie plek vir hom is nie. Seker maar omdat ek dit nie mooi kan skoonmaak by die kamp nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 14/11/2024 - 06:10

Ek het een van daardie goedkoop braaiertjies wat mens sommer by PnP koop in die Kavango vir wanneer daar nie ‘n braaier by ‘n kampplek is nie. Dit het sover goed gewerk. Gister het ek kos vir die grasperk gaan koop by Builders. As ek daar is loop ek altyd eers deur amper die hele winkel. ‘n Hardeware is vir my soos ‘n speelgoedwinkel vir ‘n seuntjie.
 

Ek sien toe die braaiertjie hier onder. Dit is van 1,2mm vlekvrye staal, en vou mooi plat op om in ‘n dra sak wat daarmee saam kom te pas. Dit het ‘n windskerm ook. Net die rooster is chroom, maar ek sal my vlekvrye staal toeknyp rooster daarop sit sou ek een koop (wat ek sterk oorweeg wanneer ek eendag weer geld het - ek moet nou die Ranger, Prado en Fiesta se lisensies hernu). 
 

A

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 14/11/2024 - 06:48

‘n Hardeware is vir my soos ‘n speelgoedwinkel vir ‘n seuntjie.

..en 'n Woolworths vir 'n vrou. laugh

Daar gebruik ek Coastcote etch primer Black. 

Baie goeie produk. Die pryse verskil net verskriklik tussen winkels. Ek sien by Brights Hardware = R259.95 , Agrimark = R219.99 vir 1 liter blikke. Builder R1529.00 vir 5 liter blik.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 22/11/2024 - 08:51

Soos elders ook gesê, oor 19 dae is dit Hartenbos-tyd en die Exclusive moet gewas word  -  eers moet die wa met die "kruiper"  (ChrisS se vertaling van "mover" as ek dit nie mis het nie) uit die garage gekry word.  My kruiper is 2x4, net twee PowrTutch kruipers op twee van die vier wiele !

Dan moet die rally se tentpale in die tentpale-kas omgeruil word met die voltent se pale volgens instruksies van my bestuurder, volgens haar MOET 'n voltent by die see opgeslaan wees. Daarna moet ek seker maak dat die regte seile vir die voltent nie verwar word met die rally s'n nie, anders beland ek in die skeihof !

Voorbereidings : hier is darem al tekens dat iets besig is om te gebeur.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 22/11/2024 - 09:01

Gegewe Annatjie se bosluis-byt wat sy by ons laaste kamp in die Karoo Nasionale Park gekry het, is haar instruksie dat die Exclusive, voor sy weer daarin klim, met Doom-fogger ontsmet moet word !  Dis 'n eerste in ons 55 jaar van karavaan-kampering.  Vir gemoedsrus (en huweliksrus) sal ek dit dan ook maar doen.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 02/12/2024 - 20:25

  • Exclusive is gewas en mooi blink gemaak
  • Bier is gekoop en ingepak
  • Voltent se pale is gelaai
  • Braaier afgeskuur en netjies oorgeverf
  • Gasbottels is vol
  • Edesa-vrieskassie reeds in die Pathie gelaai en gkoppel, maar nog nie aangeskakel nie
  • Gereedskapkissies is gelaai
  • Toilet chemikalieë gekoop en ingepak
  • Voltent-seile en grondnette in die Pathie gelaai (in die vogorde wat opgeslaan gaan word)
  • Tent-opslaan-hulp bespreek want dis 'n voltent
  • Doom-fogger oor die naweek geaktiveer - Annatjie se siel behoort nou te rus
  • Pathfinder en Exclusive se lisensies verval albei einde November en ek het dit nou net hernu

Ons ry Woensdag die 11de - ongelukkig die dag wat die skole sluit.  Ons gaan dus poog om 4:30vm weg te spring want dit is dan al lig hier in die Kaap

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 03/12/2024 - 07:16

...dit klink of jy halfpad is. Nou nog al die goete wat Annatjie wil saamvat---konfyte, poedings, kleinkoekies en derglike lekkernye.

Ek hoop nie jy moet al daai tente en koelkassie uitpak om Pathie se spaarwiel te pomp nielaugh  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 03/12/2024 - 09:10

Dis darem lekker om tyd te hê om voor te berei. Oor drie weke het ek ‘n dag om voor te berei vir Dwarswegstrand (waarheen ons twee dae later vertrek). Ek werk nog die dag voor dit. 
 

Geniet die laaste voorbereidings. Ek kan dink julle sien uit daarna om weer Hartenbos toe te gaan. Dit gaan lekker besig wees aangesien julle saam met die skool vakansie daar aankom. Ek glo egter die meerderheid werkende mense sal eers van die 13de se koers af begin pad vat. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus