Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Donker Lag 'n slag Voortrekker -1 hour ago
14 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -22 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -22 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago

4x4 AWD oorwegings

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Soms kry mens mos so 'n gatjeuk hunkering, na iets wat eintlik verkwistend kan wees. Ek is nou daar waar ek hunker na iets wat vir my onnodig gaan wees, maar tog 'n  baie interessante onderwerp is om te PROBEER verstaan.

Raak ek toe verstrengel in die aandryf meganismes van Hiluxe, Land Cruisers en Prado's. Dit dek omtrent 'n veld van 4x4 deeltyds, gewone bekostigbarelaugh4x2 soos Grompie, tot permanente alle wiel aandrywing [AWD] stelsels. 

Daarby  word gevoeg opsies soos laestrek ratkaste [boere low range] en al die sluitbare ewenaars, voor, agter en midddel. Dan nog al die ander foefies soos, ekonomies, normaal en sport modes. Dan kom die onderliggende opsies soos sand, modder, gruis, klippe ensovoorts. 

Geen wonder dis makliker om 'n vliegtuig te loods, as om 'n superdoeper 4x4 te bestuur nie. Dit verklaar seker ook die vreeslike pryse vir die begeerlike voertuie,wat veel aantrekliker is  as 'n meisie in leerkleertjies, vir my elkgeval.

Om nou kop of stert uit te maak daarvan, dis nou die 4x4's en nie die kleertjies, kyk ek toe 'n paar opleidings videos van die onderwerp. O gaats, dit maak mens eers deurmekaar!!!! Op die nuwe Land Cruiser 2.8 td is daar op die voorwiele ook nog 'n stelbout wat mens moet stel op auto of lock voordat mens werklik die 4L en 4H funksie kan skakel. Dit weerspreek op sigself die stelling dat die Cruiser 'n AWD is.

Nou wonder ek, waar gaan 'n leek soos ekke vir opleiding as ek so 'n voertuig aanskaf. Ek twyfel of die plaaslike verkoopspersoneel dit kan verskaf. Die info op die internet kan moontlik misleidend wees. 

Moontlik is 'n deeltydse 4x4, met 'n laestrek ratkas die goedkoopste beste opsie vir iemand soos ekke. Ek kan dan inskryf vir opleidingsessie by onse neef Herman, met praktika in Swartberge, Baviaanskloof, en  Die Hel se roetes. 

Op ernstige noot----die Hel [Bybel] kan nie as aantreklik bemark word nie, daarom word die pad soheentoe so aanloklik gemaak op aarde.  

 

  

Worcester

Wildehont

Sat, 16/11/2024 - 11:10

As jy na die Hel in die Swartberge toe wil gaan, is dit ‘n opsie. ‘n Kampeervriend van ons ry hierdie naweek die To hell and back fietsresies. Hulle ry sowaar van bo op die pas af tot onder in die Hel, slaap daar en ry dan weer uit. Twee weke gelede het hulle (vir oefening) van Worcester af Wellington toe en terug gery oor Bainskloofpas. Op een dag. 
 

Deesdae se 4x4’s het allerhande foefies in wat elektronies namens jou besluit en dit seker baie makliker maak om nie vas te val nie en veiliger ook. Tussen modelle in dieselfde reeks verskil dinge ook. Die Prado se traction control (wat wiele onder aandrywing wat gly effens rem - basies die teenoorgestelde van ABS) kan bv nie afskakel nie. Ouer 120 modelle kon. As mens duine ry neem die traction control basies krag weg, want elke keer wat ‘n wiel effens gly rem dit daardie wiel. Gelukkig beplan ek nie om duine te ry nie. Dink net wat die brandstofverbruik dan sal wees!

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 16/11/2024 - 11:43

Die " To hell and back" begin ń hele ent voor die pas by die Cango bergoord. Dan is dit pas op, pas af tot in die hel waar hulle oornag. Móre, Sondag. Is dit pas op die hel uit en pas af en dan you weer by die oord. Dit is ń tawwe ene.

Die beste vir jou Wessel is om ń permanente 4 wiel dryf te kry. Dan draai jy net die knoppies en die res gebeur. Soos Wildehont sê, jy móet die traction controll afsit op sand. Anders staan jy botstil want sodra ń wiel net effe gly, word dit gerem, en sodoende briek dit al wat ń wiel is. Het my oorgekom net nadat ń nuwe Disco 3 gekry is. Gelukkig het ek onthou wat die tyd verkoopsman genoem het toe ek daar sit met ń kar wat net kreun en gladnie beweeg nie. Lees mos nie handboeke nie.

Die voorste hubs op die Cruiser het ń auto en lock funksie. Dit is amper soos die free wheel hubs wat ons op die ou Series landrovers gesit het. Die was ook nie permanent 4x4 nie, maar die voorwiele het die ewenaar en dryfas laat draai, so jy het bietjie brandstof gespaar waneer jy dit in free sit. Die Cruiser se Auto is ook ń soort van free funksie, maar sodra jy 4H op die transfer box engage, dan draai die aste, of dan side shafts, en trek die hubs automatics in. In reverse ontkoppel dit, so as jy 4x4 gaan ry, dan lock jy dit met die bout waarvan jy praat. Die bout is terloops nie ń " bout" nie, jy gebruik jou wielspanner om te draai. Dit het net ń 90°  draai nodig om te sluit of te Auto.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 16/11/2024 - 12:23

....klink maklik. Die gefoeter is egter die keuse!!! seker maar dikwiel, met outydse three speed, of eerder enige-iets tussen 6 tot 21 spoed. Net te veel opsies vir mylaugh

Kry mens 'n tandem in 2x2 aandrywing??laughDan kan ek effe minder trap as Mariedevil

Ek vermoed dat voertuie en selfs modelle oor verskillende jare van dieselfde produk so kan verskil, dat dit 'n onbegonne taak gaan wees om 'n eenvoudige begrip op te bou.

Ek dink mens besluit op 'n 4x4 tipe voertuig, koop die ding en leer om daardie spesifieke voertuig se rit-opsies deeglik onder die knie te kry. 

Nagedagte:

1] Sommige versekeringsmaatskappye vereis dubbel opspoorstelsels in 4x4 voertuie, ongeag of dit Toyota is, of nie. Dis in groter aanvraag as 4x2's.    

2] Algemene vraag, het LC79, LC76 en Prado ook die laestrek ratkeuse, of maak dit net staat of ewenaars wat kan sluit.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 16/11/2024 - 12:38

Herman, ek wonder of selfs dit maklik is. As ek jou en Chris S se insette lees, is ervaring/opleiding steeds uiters belangrik. Wanneer om wat af/aan te skakel.

Ek is nie nou besig om so-iets te koop nie, dit is net 'n lekker onderwerp. Deesdae se brosjures bied werklik min inligting hieromtrent, daarom gesels ek sommer hier.

Soos 'n voertuig meer permanent 4x4 word, en daai ry knoppies langer word, styg die prys eksponensieel. Ek vermoed die langtermyn instanthouding van die ekstra bewegende dele, laat die' koste ook eksponensieel styg, of nie??  

0
Worcester

Wildehont

Sat, 16/11/2024 - 12:59

Al die Land Cruisers (bakkies, stasiewaens en SNV’s) het laestrek. Ek het lanklaas met ‘n 79 gery, maar hulle was nie voorheen permanent 4x4 nie. Hulle was ook almal handrat met ‘n tweede hefboom om tussen 2H, 4H en 4L te skakel. My Prado het net ‘n ewenaarslot op die ewenaar op die oordragkas. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 16/11/2024 - 13:21

Ek dink nie hier is vreeslik baie 4x4 mense nie, daar is ń ander forum met baie 4x4 hardebaarde. As jy daar die vrae sou vra, gaan die manne voorstel dat jy dalk ń paar doppe in die 4x4 klub se kroeg gaan drink. devil 

Wessel laestrek ratkas verander die ratverhouding , daarom word dit ook donkierat genoem. Jou voertuig sal bv net tot 15km/ uur kom in eerste rat voordat die rpm hoog raak. Dit is net beskikbaar waneer jy in permanente 4x4 is anders sal jy maklik aste afdraai. Dink aan hoe pulleys werk op ń block en takle waarmee boorgatpype opgetrek word.

Ewenaar grendel verander nie ratverhoudings nie, dit koppel net die twee wiele vas sodat albei trek, al hang een los in lug. So jy kry beter traksie waneer van die wiele begin gly. Sou jy Grompie se een agterwiel oplig, en probeer wegtrek, gaan dit stilstaan. ( Moet dit nie probeer nie) Het jy ń diff lock, sal die teenoorgestelde wiel ook trek, en so kom jy weg.

Die Cruiser het voor en agter diff locks. Daar is egter ń ongeskrewe reel wat sê dat jy diff lock net onder uiterste omstandighede gebruik. Sou jy begin vasval en jy sluit agter kom jy dalk reg. Val jy nou weer vas en jy sluit voorste ewenaar, en jy val weer vas, is jy in jou maai in vas. Dan bid jy vir ń trekker om jou te kom help.

 

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 16/11/2024 - 15:36

Ek is geen 4x4 fanatikus nie, maar my twee Pathfinders wat ek sedert 2006 ry, is albei 4x4 modelle  -  nie dat ek dit wou gehad het nie, maar die ingevoerde Pathfinders was net as 4x4 modelle beskikbaar.  Die aandryfkeuses is Auto, 2-Wheel, 4x4 High range en 4x4 Low Range.  Die keuses word elektronies ingeskakel met 'n verstelknop op die paneelbord.  Ek het dit maar selde gebruik, net op grondpaaie in 4x4 High Range en wel by 'n paar geleenthede in 4x4 Low Range waar dit klipperige twee-spoor paadjies was teen opdraendes uit.  Ek hou egter nie daarvan om my voertuie op sulke paaie te ry nie en geniet dit nie.

As ek 'n keuse sou gehad het, sou ek nie die 4x4 modelle gekies het nie.

0
Durbanville

Jeanne Jones

Sat, 16/11/2024 - 15:46

Middag almal. Ons was nou 14 dae bietjie weg Mosselbaai en toe Beaufort  Wes toe, my tuisdorp, het Jimny agter Avalon gesleep. Op Beaufort het ek en my vrou, my suster en man besluit om n slag die dorp se koppie uit te ry wat ons 12 jaar gelede gedoen het. Die 2 spoor paadjie word nie onderhou nie, maar van daar bo af sien jy die hele dorp. Nou ja al 4 mense in klein Jimny, halfpad op die paadjie gestop, druk 4x4 en 4x4L. Daai klein karretjie klim daar uit sonder dat n wiel glip. Tot heelbo en af hou die L gear hom terug, hy kruip daar af. Ons was regtig verbaas en TROTS...

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 16/11/2024 - 17:21

Jeanne, as daar ń keuse is om met ń voertuig Everest te wil aandurf, is die Jimney die ene. Die goedjies is onstiutbaar, en as jy probleme kry, en julle is 4 jong bulle, tel jy dit op, en sit dit langs die probleem neer. Dit het ek met my eie oë gesien.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 16/11/2024 - 19:23

....seker die mees onderskatte 4x4 tans. ek het nog net gelees waar persone die knapie se lof besing. 

Dit gaan seker nie werk voor 'n Kavango nie, bloot uit die wet en gewigte, maar om af te draai van die gewone paaie , is dit bobaas. 

Ek dink die 4 deur met luik agter, is lekker gemaklik en hoog in aanvraag.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 16/11/2024 - 19:25

..... jy het eintlik 'n baie goeie 4x4, vir daai geleenthede wat onverwags opduik.

Dink as volg, jy kan al die paaie in KarooNP ry, sonder 'n skuldige gewete, want jy het 'n volwaardige 4x4.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 17/11/2024 - 10:51

Sedert my aftrede het ek al meermale spyt gekry dat ek nie meer oor 'n 4x4 beskik nie. My seun het my destyds oortuig om 'n 4x4 te koop - wat ek toe gedoen het. Sy grootste motivering om sy pa te oorreed om eerder 'n 4x4 te koop, was sodat ons twee 4x4's beskikbaar het (indien nodig) as ons Hentiesbaai toe gaan. Hy't gesê dat ek die ekstra R50 - R60k, wat 'n 4x4 destyds versus 'n 2x4 gekos het, sou terugkry as ek dalk die voertuig inruil - wat wel die geval was.

Maar na 3 jaar, waartydens ek nooit die 4x4 opsie gebruik het nie, het ek besluit om terug te keer na 2x4 - nou reeds my tweede 2x4 na my kortstondige eienaarskap van 'n 4x4.

Nou sal ek wat wou gee om 'n 4x4 te besit. Daar is nou plekke, waarvoor ek die tyd het, wat ek graag wil besoek, maar waarvoor ek 4x4 benodig. Ek dink aan o.a. die Richtersveld, Bitterpan in Kgalagadi, Baviaanskloof en ja, Hentiesbaai as ek en Ralie alleen wou gaan. Ons was sedertdien saam met my seun en sy gesin Henties toe. Ons het op ons eie tot daar gery, maar wanneer ons gaan hengel moes ons noodgedwonge 6 persone in een 4x4 prop.

Maar nou ja - die koeël is deur die kerk. Ek kan nie meer bekostig om 'n nuwe voertuig aan te koop nie (wat nog te sê van 'n 4x4). Dus, diegene wat oor 'n 4x4 beskik - klou daaraan vas.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 17/11/2024 - 11:58

spyt dat ek nie vasgetrap het en Grompie in 4x4 gewaad gekoop het nie. Soos Chris B noem, nou het ons die tyd, gesondheid, en ek selfs reeds die boswa.

Na aanleiding van Chris B se laaste paragraaf hierbo, nuwe of gebruikte 4x4, wonder ek;

1]wat is risiko om by handelaar 'n gebruikte 4x4 te koop. Die kanse dat voertuig moontlik goed [mis]gebruik is, is soveel groter as met 'n 4x2.

2] sekerlik baie kleiner risiko om privaat te koop by 'n bekende persoon, wat net teerpad daarmee gery het.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 17/11/2024 - 14:07

Dalk moet ek oorweeg om my seun se huidige 4x4 (Hilux 2.8 GR) oor te neem wanneer hy weer vernuwe. Hy't sy bakkie ongeveer 2 jaar en hy hou 'n voertuig nie langer as 4 jaar nie. Ek weet dat hy sy voertuie uitstekend oppas, maar hy sit baie kilometers op gedurende die 4 jaar. Afgesien van ander gebruik, loop dié voertuig elke Vrydag en Maandag Worcester toe en terug (vir kinders in die kosskool). En minstens eenkeer 'n jaar Henties toe en wildtuin toe. Andersins is dit mammie se voertuig, wat ook nogal baie ry.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 17/11/2024 - 15:10

Sjoe, jy is bevoorreg om so 'n kans te kry. Jy weet wie s'n dit is, hoe dit opgepas is, EN dis 'n 2.8 GR.

Ai tog, ek wou jou nie in versoeking lei nie.wink

0
Worcester

Wildehont

Sun, 17/11/2024 - 16:04

Andersins is dit mammie se voertuig, wat ook nogal baie ry.

Koop hom vir jou vrou. Dis altyd ‘n goeie idee om vir jou vrou ‘n geskenk te koop wat jy eintlik wil hê.  

0
Worcester

Wildehont

Sun, 17/11/2024 - 16:20

wat is risiko om by handelaar 'n gebruikte 4x4 te koop. Die kanse dat voertuig moontlik goed [mis]gebruik is

 Ek sou nie bekommerd wees oor ‘n 4x4 wat redelik gereeld as een gebruik is nie. Solank hulle nie in modder of water geneuk het nie is daar nie veel behalwe kosmetiese skade (wat ooglopend is) en bande wat beskadig word wat kan foutgaan van 4x4 ry nie. Tensy iets onder die voertuig ‘n stamp kry. Afgesien van mense wat 4x4 as ‘n stokperdjie doen en gereeld 4x4 roetes of gymkana ry (nie gymkhana met ‘n perd nie) kan die normale werkende persoon ‘n 4x4 maar min inspan as ‘n 4x4. So hoe groot is die risiko werklik?

Julle sal onthou my idee was om die Prado vir sleep te gebruik en ‘n 4x2 bakkie te koop toe die RAV4 begin lol het. Toe kom die Ranger oor my pad en eintlik moet ek die Prado verkoop, maar ek kry dit nog nie oor my hart nie. Ek het dit so ordentlik laat deurgaan en voorkomende onderhoud daarop laat doen (wat ‘n hele paar Rand gekos het). Ek is seker dis nog goed vir ten minste 125000km. En dit ry so lekker…

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 17/11/2024 - 17:26

4x4 by handelaar koop is nie ń probleem nie. Vat nou Len se Pathfinder, dit kom nooit op ń rowwe pad nie. Of Chris se, in die oog Gazoo Racing Hilux 4x4. Hy noem een keer per jaar Henties toe.  Selfs my Cruiser wat ek werklik baie in 4x4 gebruik sal dit seker op die meeste 10% van totale km afstand wees van nuut af.

As jy ń mynvoertuig koop, dan is daar ń kans vir een wat strawwe werk gedoen het. Anders is dit ń Mall Crawler gewees van die begin af.

Koop nou daai Mahindra Suv 8 sitplek Wessel. Ek sien op We Buy Cars is daar ń onlangse model met min kilos op. Jy gaan geld oorhou as jy die Hilux swaai. En hy gaan nie ge' hijack word nie

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 17/11/2024 - 18:11

....nie sommer 'n SNV nie. Op my ouderdom het ek geen praktiese behoefte aan meer as 5 sitplekke nie. Kleinkinders is almal oorsee, en kom selde by ons kuier.

Soos ek gesê het, sekere persone se voertuie sal ek amper blindelings koop. My vorige Hilux was 2de hands, 'n petrol 4x2 wat ek eers deur 'n onafhanklike werktuigkundige laat "onder" soek en ry het.  Weliswaar moes ek in die verlede meestal 2de handse voertuie koop.

Chris S: jy het mos lugkussings ook op Prado laat aanbring. Dis juis vir al die goedjies wat jy hierbo noem, wat ek as leek nie sal waarneem nie, wat my huiwerig maak om 2de hands te koop. Op my ouderdom wil mens nie 'n kat in die [geld]sak koop nie.

Ek moet ander plaaslike vriende kry. Kom vanoggend by die kerk, noem ene vir my----ek het my dubbelkajuit LC v8 [Kavango kleur] met net 16000km verkoop, en maar 'n nuwe Prado bestel. Daai V8 bakkies is net ongelooflik gewild hier by ons.  

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 21/11/2024 - 08:12

Ek dink ons praat[skryf] soms lekker by mekaar verby, en soms kan ons net glimlag daaroor. Meng daarby ouskool persepsies, akademiese oplees kennis, en dan praktiese ervare kundigheid, en dan gee dit aanleiding tot misverstande.

So was ek al in die verlede tereggewys oor begrippe en terminologie wat ek gebruik het, deur ander wat effe ander tegniese woordeboek gebruik. 

As dit kom by aandryfstelsels, en komponente is daar legio sulke terme, dink aan;

permanente 4x4: al 4 wiele word altyd aangedryf

AWD---all wheel drive. In wese dieselfde term as bostaande of nie??

deeltyds 4x4 soos in tweewiel drywing, maar waar oorskakel kan word sodat al 4 wiele aangedryf kan word  

laestrek ratkas : ekstra ratkas wat ongeveer ekstra 2.3 rat verlaging toevoeg tot bestaande ratkas

oordragkas: dit bied die vaste koppeling van voorste dryfas aan agterste dryfas. Dit is sekerlik nie ook sommer die laestrek ratkas nie. Laasgenoemd is seker 'n  aparte komponent in aandryfstelsel, tussen ratkas en oordragkas. 

Sentrale ewenaar: dit vervang die funksie van oordragkas by AWD voertuie. Omtrent soorgelyke werking as ewenaar op normale 4x2 bakkie agter.  Indien dit gesluit word, word dit ook 'n vaste koppeling soos 'n oordragkas.

Sluit ewenaars: Harde 4x4 voertuie het dan boonop die keuse om een of almal van die drie ewenaars te sluit.

Soos Herman heel korrek as kundige opgemerk het, begin in veld met 4x4 skakeling na 4H [as dit deeltyds 4x4 voertuig] is.  Dan volgende skakel 4L [laestrek ratkas] in. Val jy vas, sluit die agterste ewenaar, en indien nodig dan ook voorste. As jy dan vassit, soek koelte en wag vir'n trekker.

Snelratte: ratte met verhouding kleiner as 1. Dit is om revolusies te verlaag soos spoed verhoog en brandstof te spaar.

"direct drive": die rat waar verhouding 1:1 is. In my Hilux is dit 4de rat. Dit is die rat wat almal in oudae aanbeveel het om eerder mee te sleep, sodat snelratte nie breek nie. Dit is nie 'n harde vaste koppeling nie, maar die verhouding tussen enjin revolusies en uitset is 1:1

Groot ratte: dis die waarvan die ratverhoudings groter as 1:1 is. Dit is wat ons gebruik om teen steil opdraendes op te sleep teen lae spoed en verhoogde wringkrag. Die verhouding word al hoe meer, soos ons afrat na 1ste rat toe.

 

Gesels saam, voeg terme by en korrigeer asseblief bostaande beskouings waar verkeerd.

    

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus