Natalse draai
Daar is nie fiesies staanplekke nie...net groot grasperk
Daar is nie fiesies afgemerkte staanplekke nie...net groot grasperk waar jy staan waar jy wil. Ek dink hul laat net 3x karavane op n slag toe. Ek het bespreek maar jy betaal eers as jy hier is....was maar R150 per nag
Betaal by vertrek
Hier betaal jy by vertrek jou rekening....selfs jou verblyf. By aankoms vul jy eers n papier in met al jou besonderhede. Soos jy die restaurant gebruik sê jy net dat jy van karavaan staanplek 1 is en hulle plaas dit op jou rekening. Basies net soos hotel, maar hier word verblyf ook saam op rekening geplaas
Lake eland
Dankie, ek toer lekker saam. Jy moet tog vertel hoe die ablusieblokke daar uitsien, werkend, skoon met warm water![]()
As ek so na die fotos.....
....kyk, kom daar dadelik 'n frase in my kop-----Groen is die land van Natal.
Dit is maar net weer 'n ander tipe natuurskoon.
Seker ‘n aardige gevoel
Dit moet ‘n belewenis wees om oor die hangbrug te stap, maar seker ‘n aardige gevoel ook!
Ek stem saam met Wessel, Natal se klimaat staan my nie aan in die somer nie maar dis ‘n mooi provinsie. Van bosveld tot sub-tropiese kuswoude.





Geniet dit
Julle moet veilig ry en dit geniet!