Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert ... Braai met 'n Weber Chris Boucher -49 minutes ago
Sedgefield November 2026 Jan Meyer -51 minutes ago
Pretoria November 2026 Geert -1 hour ago
ChrisB Braai met 'n Weber Geert -1 hour ago
Brits oorverhit ook November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Rona... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -1 hour ago

Januarie 2025

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

So het 'n jaar waarna ek baie uitsien aangebreek vir vir een groot rede: die einde van ons kampdroogte is in sig!

Dan ook wens ek aan al my forumvriende net die beste vir die jaar wat voorlê met goeie gesondheid en vele heerlike kampe. Mag 2025 al julle stoutste verwagtinge oortref. Julle verdien ditheart

Brits

Wessel Strydom

Mon, 06/01/2025 - 16:18

....gaan vroeg vroeg na Mnr Boucher!!!laugh

Gelukkig is dit 'n wisseltrofee, en kan moontlik binnekort na iemand anders gaan.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 06/01/2025 - 16:44

surprise Ek glo jy skaats op dun ys. Gelukkig dink ek, is jou skouers  breed genoeg om dit wat kom te hanteerlaugh

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 06/01/2025 - 19:08

Die Dakar Toyotas en Fords en Minis en al die ander is dit lyk my die hoofligte en badge wat dit laat uitken. Maar ek glo die enjin in die Ford, kom hopelik uit hulle stal?? Sal darem naar wees as dit ń Lexus  enjin issad 

Dan glo neef dit is maar soos by F1 waar die Ferrari en Mercedes en McLaren  ook net die naam dra maar effe verwyderd van die pad modelle. Het ek  verkeerd gehoor van ń Caddilac masjien?

Soos genoem, die navorsing en tyd, kom tog deur na ons rygoed. Ek het twee motorfietse in my tyd gehad wat sowat 80% Dakar spec was. ń Cagiva Lucky Explorer wat ń 750cc Ducatti Super Sport enjin gehad het met Ohlins Gold suspensie en Brembo remstelsel. Dit was ń ongelooflike fiets. Jy moes egter vinnig ry om die nut van die te ervaar.

Ander een was KTM se 950. Vir die Dakar ontwikkel. Ek het een van die eerste klompie wat ingevoer is op bestelling gehad. Die was ook sowat 80% Dakar DNA. Ongelooflike dierasie. 

Na Fabritsio Mioni die Dakar in die KTM gewen het, is die reels verander na kleiner enjins. Ironies genoeg ontwikkel die ligter 450cc enjins van nou, met die ligter rame, kleiner brandstoftenks, genoeg krag om amper dieselfde top spoed te kan beryk.

Die Classics kry net te min screen tyd, magties dit lyk na pure pret. Daar is ń hele paar van die Audi Quatro replikas wat in Nederkand gebou word die jaar. Wat van die twee dames in ń antieke Citroën 2 CV vol blomme geverf!!! 

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 06/01/2025 - 21:51

As ons 'n aparte draad vir die Dakar gehad het, was hy dalkies al bladsye lanklaugh. 

Omdat ek niks verstaan en omgee oor al die tegniese dinge rondom die voertuie/fietse/goggatjies/classics nie, vind ek die ren pure pret en hou soms asem op (veral vir die trokke). Sjoe, dis vir tawwe ouens en ek haal my hoed af vir die vroue. Sou ook gehou het van meer dekking vir alle kategorieë. Stem saam dat die twee vroue se "blommetjies-kar" heel vrolik lyk (dink hulle is van die Tsjeggiese Republiek). 

Tent-kamp is nie hulle sterk punt nie - dit het maar gesukkellaugh. Ek het hulle jammer gekry toe hulle op die 48 uur rit hul eie tentjies en kos uit blikkies vir die aand moes voorsien in so 'n onherbergsame woestyn. Seker koud gekry ook in die nag.

Henk Lategan en Ross Branch doen darem nog goedlaugh

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/01/2025 - 07:47

...of dan deesdae ArcellorMittal is ook op sy kniege. Ek lees vanoggend in die Daily Maverick hoe die jaar lange gestoei met die tersaaklike regerings amptenary, op niks uitgeloop het. In so 'n mate dat die betrokke persone nie eers opdaag vir vergaderings wat hulle aangevra het met AM nie.

Nou is daar afleggings ter sprake en toemaak van aanlegte. 

Soos die een kommentaar was, nou gaan regering ingryp, moontlik met Chinese hulp in agtergrond. AM het blykbaar verlore stryd gestry teen goedkoop invoere van hoofsaaklik China 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 07/01/2025 - 09:32

Het Accelormittal nie Indiese konneksies nie?  Nou wonder ek hoe werk Brics as een partner ń ander benadeel.  Wat wel seker ń faktor is, en dit is bloot hoorsê, dat Van der Bijlpark omtrent net Re barr maak, en dan  aan die plaaslike industrie voorsien. Intussen het Re barr, ingevoer van China, goedkoper op die rak gekom. Gevolg.....

Nou as jy in konstruksie nie onderhandel en aankoop teen die beste prys nie, sien jy jou gat want jou opposisie sal virseker. En so verkrummel die koekie. En die motorbedryf. Wat volg daarna?? 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 07/01/2025 - 09:32

Wys jou net huidige regering nie ingevoel wat innie land aangaan nie maar ingevoel om geld te mors

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 07/01/2025 - 09:59

Hierdie is nou 'n groot gatslag vir Carlos Sianz Sr en Ford.

"The roll cage viewed to be too badly damaged by the impact of his crash to ensure its effective operation and thus safety. 

A statement from Ford confirms that: "Due to the damage sustained to the safety cage of vehicle No. 225 during the accident in the first part of the 48-hour stage of the 2025 Dakar Rally, in accordance with FIA regulations, it has been decided to withdraw the vehicle.""
 

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 07/01/2025 - 10:10

Boonop het Giniel de Villiers 'n kop aan kop botsing met sy een spanmaat gehad, kos hom iets soos 2+ ure en boonop moes hulle dele van die ander Toy betrokke "leen" om voort te gaan, die ander ou het agv dit iets soos 8 ure verloor. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/01/2025 - 10:22

hier gaan ek niks oor die onderwerp kwytraak nie, behalwelaugh, hoe kry 2 proffessionele tydrenjaers dit reg om te bots??

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 07/01/2025 - 11:15

ArcelorMittal het destyds ontstaan nadat die ou Yskor (wat 'n staats onderneming was) geprivatiseer het, dink dit was rondom min of meer dieselfde tyd wat Sasol ook geprivatiseer het. Sasol was ietwat van 'n sukses storie na privatisering, Yskor minder so. Ene meneer Lakshmi Mittal (ja, hy is Indies, en besit een van die grootste staal vervaardigings besighede ter wereld) het die ou Yskor, toe bekend as Ispat Iscor, teen wat eintlik maar die winskopie van die eeu was gekoop...die gevolge destyds was 'n gatslag vir die Vaaldriehoek met duisende mense wat toe reeds hulle werk verloor het...Yskor was sekerlik die grootste werkgewer in daai geweste, ek is 'n oud-Vanderbijlparker, daar gebore en ook skool daar klaargemaak (1974). Vanderbijlpark was op daardie stadium sekerlik een van die ryker dorpe in die land, nie net was die groter Vaaldriehoek die tuiste van Yskor en Sasol 1 nie, maar ook honderde steun en parallelle nywerhede. Met die eerste klomp groot afleggings destyds by die ou Yskor het 'n "vriendelike" tannie, ene Marietjie Prinsloo met haar Krion Ponzi skema duisende mense se pakket uitbetalings "belê", die tante en haar meelopers het tronkstraf gekry (Marietjie vir 25 jaar), maar die mense wat dom genoeg was om haar te glo is hulle geld kwyt en is vandag nog in armoede gedompel. Hierdie is net ter agtergrond.

Met die nuutste rondte afleggings is dit sekerlik die finale spyker in die plaaslike staal vervaardigings bedryf se doods kis. Die Saldanha aanleg het reeds 'n klompie jare gelede gesluit, noudat die Newcastle aanleg en die Vereeniging aanleg (vroeër bekend as Usko- terloops 'n vorige hoofbestuurder van hierdie aanleg het vir etlike jare elke jaar Junie/Julie langs ons gekamp op Scottburgh) gesluit word, bly basies net die Vanderbijlpark werke oor en die produseer 'n geruime tyd al bitter min. Die groot verlies vir die land is dat sg. lang produkte (soos staal profiele en spoorstawe)  nie meer plaaslik vervaardig sal word nie, en ons sal nou afhanklik wees van ingevoerde Sjinese produckte wat van 'n swakker gehalte is. Hou maar die media dop, ons is vinnig op pad na dieselfde verhaal wat die plaaslike motor bedryf aanbetref. Ek het dit al voorheen genoem, maar ek probeer sover moontlik om Sjinese produkte te vermy en ondersteun eerder plaaslik vervaardigde produkte, sal eerder effe meer betaal en plaaslik ondersteun. Ek dink nie mense besef wat die gevolg is van die sluiting van lang produkte nie, geen plaaslike produkte meer soos bv. spoorstawe, staal profiele (hoekyster, "flat bar", round bar", venster raam profiele, "rebar"), ens. ens. Vir 'n volledige lys kyk na hulle webblad.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 07/01/2025 - 11:27

Rou produkte word uitgevoer en dit wat daarvan gemaak word weer ingevoer. Ek verstaan dit is wat gebeur met die yster erts. Saldanha se aanleg staan stil, maar die trein loop steeds met die erts - net na die hawe toe. En ons koop die yster by die Sjinese. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 07/01/2025 - 12:16

Dankie Grootwind dit is nou raak inligting. En skuus dat ek "rebar" so sleg spel!! My kop is niks lekker nie.

Ek was in Vanderbijlpark op laerskool tot St 2 ,Totius. Pa het by Yskor gewerk. Daarna by die vlekvrye staal fabrieke in Middelburg. 

Self het ek ook ń draai daar gemaak na in 1975 na matriek voordat ek weermag toe is in. Hulle het na aanlegtoetse besluit dat Metalurgie net die beroep vir my was. Was amper dood in die vasgekeerde laboratorium omgewing, en die verskriklike oorskryf van al die data wat versamel was deur die verskillende afdelings. Daar het ons oa die kristalstruktuur mikroskopies van staal bekyk.  Spoorstaal en pantserstaal etc het uiteenlopende karakters wat maar onbekend is met komplekse chemie daar agter.

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 07/01/2025 - 15:25

Klein wereld Neef! Ek was van Gr1 tot Gr5 (1963 - 1969) by Laerskool Oospark, en daarna van Std 6 tot Matriek by HTS Carel de Wet (1970 - 1974) waarna ek eers PUK  toe is. Na diensplig (by 1 Sein, Heidelberg en 2 Sein, Pta) het die uwe einde 1982 getrou en Centurion toe getrek waar ons steeds is. My oorlede Pa was destyds tot en met sy aftrede by Vekor (destyds deel van Dorbyl) net oorkant die pad van die Yskor werke. En dis my verkorte lewens geskiedenislaugh

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 07/01/2025 - 17:27

Vanoggend is op ons GPF gevra dat mense op die uitkyk sal wees vir 'n dubbelas, platbed sleepwa wat op die N4 gesteel is op pad na Witbank. Meer besonderhede sluit in die reg. no., en Vin no. asook 'n foto van die baie netjiese sleepwa. Verder was daar "'n wit Mazda op hom wat grys geverf was met onderlaag verf" - weet nie presies waar die wit dan nou is nie, maar dit is nie ter sake nie.

Wat my eintlik laat wonder het oor karavane en ander vakansiewaens. Mens kan, sonder meer besonderhede, baie bespiegel - "op die N4 op pad na Witbank". Waar was die sleepvoertuig? Of was dit by 'n vulstasie geparkeer en die sleepwa afgehaak en weggery? Ek vra toe vir Daan of dit moontlik is om 'n karavaan/sleepwa sommer net af te haak. Hy reken dis baie eenvoudig en kan blitsig gedoen word, tensy die sleepkombinasie aanmekaar vasgesluit is (wat dit bietjie moeliker maak). Hy sluit skynbaar sy sleepwa meestal so vas wanneer hy op die langpad gaan.

Miskien is so iets al hier bespreek, ek weet nie waar om dit te soek nie, maar dis scary om te dink dat sulke dinge ook gebeur.

0
Lyttelton

Trev

Tue, 07/01/2025 - 21:05

Ek gebruik ‘n Trailercuff om die karavaan aan my sleepvoertuig vas te sluit wanneer ek reis.  

 

Die voordeel van die Trailercuff is dat dit ook gebruik kan word wanneer die karavaan afgehaak is om dit moeiliker te maak dat iemand die karavaan net kan haak. 

 

Hier is ‘n foto van die Trailercuff

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 08/01/2025 - 07:20

N bekende op baie forums en radio man groot kamper is gister oorlede ou Noddy jy rus nou 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus